Dinosourusse saam met mense

Kyk ook:

Volgens evolusie het dinosourusse ongeveer 65 miljoen jaar gelede uitgesterf (kyk egter Did dinosaurs really die out millions of years ago?). Daar is egter baie goeie aanduidings dat dinosourusse saam met mense op planeet aarde geleef het. Alhoewel fossiele alreeds baie jare gelede gevind is, is daar eers in die vroeë 1800’s besef dat van hierdie fossiele aan diere behoort wat nie vandag gesien word nie. In 1841 skep Richard Owen die woord “dinosourus” en in 1842 skep hy die superorde “dinosauria”. Vandag kry ons egter prentjies/beeldjies van dinosourusse wat lank voor 1800 geteken/gemaak is. Dus is dit ’n sterk aanduiding dat hierdie diere saam met mense geleef het wat hulle geteken het. Daar is selfs gevalle van mense vandag wat beweer dat hulle diere gesien het wat soos dinosourusse lyk, alhoewel hulle nie van dinosourusse weet nie (soos die Aboriginees in Australië).

Seemonsters

So vroeg as 1734 het mense na bewering seemonsters in die see gesien. In die Illustrated London News, 28 Oktober 1848 was daar spesifiek ’n artikel hieroor.

Sentraal Afrika

Mokele-Mbembe

In sentraal Afrika is daar mense wat ’n dier gesien het wat hulle Mokele-mbembe noem. Sy grootte is iets tussen ’n olifant en seekoei. Dit het ’n bonkige lyf en lang nek. Plaaslike mense wat Mokele-Mbembe gesien het, het dit geteken – dit lyk soos niks wat vandag lewend op aarde herken word nie, maar dit toon verrassende ooreenkomste met ’n souropod dinosourus wat aan ons bekend is deur sy fossiel geraamtes – die vorm soortgelyk aan ’n klein Apatosaurus. Vir meer oor hierdie geval, kyk Mokele-mbembe: a living dinosaur?

Kyk ook Behemoth or bust: an expedition into Cameroon investigating reports of a Sauropod dinosaur.

Australië

Die Kuku Yalanji stam se plesiosourus

Aborginal artist's impression of 'Yarru'

Dennis Fields, wat onder die Kuku Yalanji stam sendingwerk gedoen het in die Verre Noord-Queensland, het aan CMI in Australië vertel van ’n storie wat hy by dié stam gehoor het van ’n dier wat hulle Yarru (of Yarrba) genoem het. Die stam bewoon die bos gebiede, waar daar ’n aantal watergate is waar Yarru na bewering vroeër geleef het. Daar is ’n verhaal van hoe die Yarru ’n jong meisie verteer het. Die sendeling vra toe een van die stam se kunstenaars om die storie vir hom te verf. Die stam-kunstenaar, met baie min formele opleiding, het geen kennis gehad van hoe die sogenaamde prehistoriese diere lyk nie, en het telkens net uit die beskrywings van oorgelewerde stories geskilder. Die prentjie aan die regterkant is wat hy geproduseer het. Dit lyk baie na die uitgestorwe plesiosourus.

alt

Die Geelong Bunyip

Die Geelong Advertiser (Australiese koerant) het in Julie 1845 verslag gedoen van ’n ongefossileerde been. Die koerant het dit aan ’n Aborignee gewys wat dit as ’n “bunyip”-been geïdentifiseer het. Dit lyk duidelik soos een of ander twee-voetige dinosourus.

Engeland

alt

alt

Die volgende brons graverings kan gesien word in die Carlisle katedraal in Engeland. Dit is duidelik twee souropod dinosourusse wat met hulle nekke veg.

Die dier in die tweede prentjie is nie so maklik herkenbaar nie, maar wys tog ooreenkomste met die amfibiese Eryops.

Kambodja

alt

Die prentjie aan die regterkant is uit klip gekap en op ’n tempel van Angkor in Kambodië se woude gekry. Dit lyk baie na ’n Stegosourus. Dit is ongeveer 800 jaar gelede gedoen (1186), dus lank voor fossiele as dinosourusfossiele geklassifiseer is.

Ierland

‘n Ierse skrywer het in 900 nC aangeteken van ’n ontmoeting wat hy gehad het met ’n groot dier met “yster” op sy stert wat agtertoe wys. Sy kop was amper in die vorm van ’n perd se kop. Dit het dik bene met ’n sterk kloue gehad. Hierdie besonderhede stem ooreen met kenmerke van dinosourusse soos die kentrosourus en stegosourus. Beide het skerpgepunte stekels op hul sterte gehad, dik bene, sterk kloue en lang skedels.

Suid-Amerika

Pasop egter vir die Icastene in Suid-Amerika (kyk Ica stones, Acambaro figurines, and good arguments)

Bronne en ander artikels

Boeke en DVD’s

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

Die volgende getuienis is deur CMI se Prayer news, April-Junie 2019, gepubliseer:

I was raised in a church background … In high school my favorite subject was science. When I learned about evolution I said, ‘That’s it. The Bible is just old superstition. I am finished with religion.’ … After 25 years as an agnostic … one of my Christian friends invited me to a Creation Ministries meeting … So I listened to what they said. In less than 10 minutes of informal discussion I realised what was obvious. Random chance mutations cannot create life! It’s so obvious! Why had I never been able to realise this before? My doubts about the Bible disappeared as I learned that the Bible is God’s Word and our only authority for faith. Creation Ministries is invaluable and the material is high qualith. Praise God. – Mark P

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui