Die Bybel oor die gawes van die Heilige Gees

Die gawes van die Heilige Gees word in die volgende dele in die Bybel gegee.

Romeine 12:6-8

  1. Profesie (v6)
  2. Om te dien (v7)
  3. Onderrig te gee (v7)
  4. Om mense te bemoedig (v8)
  5. Om te gee (v8)
  6. Om leiding te gee (v8)
  7. Om ander te help (v8)

1 Korintiërs 12:8-10

  1. Woord van wysheid (v8)
  2. Woord van kennis (v8)
  3. Geloof (v9)
  4. Gesondmaking (v9)
  5. Wonders doen (v10)
  6. Profeteer (v10)
  7. Tussen die geeste onderskei (v10)
  8. Ongewone tale of klanke gebruik (v10)
  9. Ongewone tale of klanke uitlê (v10)

1 Korintiërs 12:28

  1. Apostels
  2. Profete
  3. Leraars
  4. Dié wat wonderdade kan doen
  5. Dié wat mense gesond kan maak
  6. Dié wat hulp te verleen
  7. Dié wat leiding gee
  8. Dié wat ongewone tale of klanke gebruik

Efesiërs 4:11

  1. Apostels
  2. Profete
  3. Evangeliste
  4. Herders
  5. Leraars

1 Petrus 4:11

  1. Preek
  2. Dien

Die volgende tabel gee ’n opsomming

Gawe Rom 12 1 Kor 12 Ef 4 1 Pet 4
Profesie/profeteer/profete 6 10,28 11
Dien 7 11
Onderrig gee 7
Mense bemoedig 8
Gee 8
Leiding gee 8 28
Ander help/hulp verleen 8 28
Woord van wysheid 8
Woord van kennis 8
Geloof 9
Gesond maak 9,28
Wonders/wonderdade doen 10,28
Tussen geeste onderskei 10
Ongewone tale of klanke gebruik 10,28
Ongewone tale of klanke uitlê 10
Apostels 28 11
Leraars 28 11
Evangeliste 11
Herders 11
Preek 11

Kan alle wedergebore Christene al hierdie gawes kry?

Die Bybel sê nie dat een persoon nié al die gawes kan kry nie, maar dit word hoegenaamd nie voorgehou as iets waarna elke Christen noodwendig moet streef nie. Inteendeel, die Bybel sê dat elkeen spesifieke gawes gekry het:

Romeine 12:6-8 gee ’n lys van gawes. Net voor dit word egter gesê:

(3)Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. (4)Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. (5)Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. (6)Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het.

1 Korintiërs 12:28 gee ook ’n lys van gawes. Voor dit, in vers 12 tot 27, word gesê dat die liggaam van Christus net soos die menslike liggaam is: Die menslike liggaam bestaan uit verskillende dele, elk met ’n unieke funksie. Net so het elkeen in die liggaam van Christus ook ’n ander rol. Die woord “liggaam” kom 18 keer voor in hierdie gedeelte.

Vers 29 tot 30 gaan voort met hierdie gedagte en sê: (29)Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen? (30)Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê?

In Matteus 25:14-30 vertel Jesus die gelykenis van die talente: ’n Man het op reis gegaan en vir sy een slaaf vyf goue muntstukke gegee, die ander een twee en die derde een slegs een goue muntstuk. Die eerste slaaf het nog vyf gemaak, die tweede slaaf nog twee en die derde het sy muntstuk begrawe en net so aan die eienaar teruggegee. ’n Mens kan verstaan dat die eienaar tevrede was met die eerste slaaf wat nog vyf goue muntstukke gemaak het nie, maar mens kry nie die idee dat die eienaar minder tevrede was met die tweede slaaf wat ook sy muntstukke verdubbel het nie.

God het ’n baie spesiale verhouding met Moses gehad. In Eksodus 33:11 lees ons dat God met Moses gepraat het soos met ’n vriend: “Die Here het direk met Moses gepraat soos ’n man met sy vriend.

Dit is onder andere die rede hoekom ons volle vertroue kan hê in die feit dat Moses die Joodse wette korrek opgeskryf het. God het egter gekies om nie dieselfde verhouding met Josua te hê nie, ten spyte daarvan dat ons slegs goeie dinge van Josua lees:

  • Josua was slegs een van twee (Kaleb) wat voorgestel het om wel Kanaän in te neem.
  • Josua is ook die een wat gesê het: “…ek en my huis, ons sal die Here dien” (Josua 24:15)

In Romeine 9 lees ons: (15)Vir Moses het Hy gesê: “Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees, en Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.” (16)Dit hang dus nie af van ’n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is.

Daarom, God deel nie gelykop uit nie. Hy deel uit soos Hy goeddink uit Sy wysheid. Dink jy dit is onregverdig indien daar minder aan jou uitgedeel is? Onthou, hoe meer aan jou uitgedeel word, hoe groter is jou verantwoordelikheid.

Verdere bronne

1 thought on “Die Bybel oor die gawes van die Heilige Gees”

  1. Minagting of Bedroewend: Die Heilige Gees en die Kerk (Philip Coetzee)
    Is daar in die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGK) van Suid Afrika “teenoorgestelde” geeste aan die werk, meestal tussen leiersfigure? Daarom, is my vraag; is hierdie “mensgemaakte” geeste/gode besig om die reeds geskeurde kerk finaal te skeur, of is dit die Heilige Gees wat die kerk tot verantwoording roep? Deur verskillende uitsprake en stellings deur akademici en leiersfigure in die NGK, maak mense aanspraak dat hulle gelei of geinspireer word deur die Heilige Gees. Ek vind dit nodig, vanuit die geledere van bekommerde lidmate, om ’n aantal hipotetiese vrae/stellings te stel in die rol wat die Heilige Gees vervul aangaande uitsprake of stellings, want dit regverdig absolute antwoorde.
    What keeps us from truly following Jesus is that our hearts are pursuing something or someone else…. you’re living with is a false god (spirit) that is winning the war for your heart (Idleman 2013. gods at war).
    Gedurende ’n erediens, en uit die bloute, vertel ’n sekere leraar dat sy siening van die skeppingsverhaal in Genesis het radikaal verander tydens sy studie jare aan ’n bekende teologiese kweekskool aangaande die sewe dae skepping verhaal. Daar stop hy en gaan aan met sy preek wat geen betrekking op die genoemde onderwerp het nie, tot verbasing vir baie! Vraag: Heilige Gees geinspireerd of misleiding (dwaling)?
    Rakend dieselfde onderwerp woon ’n paar van ons ’n praatjie by tussen ’n prominente leier (voorsitter van die Algemene Sinode) in die NGK en ’n groep ateiste. Behalwe ’n paar omstrede stelling, deel die NGK spreker sy gehoor mee dat hy nie kan glo dat mense nog in ’n agt of nege dae skeppingsverhaal kan glo nie. Een ateis deel hom mee dat dit net sewe dae was, waarop ’n ander een hulle reg help deur te noem dat dit net ses dae was, die sewende dag was ’n rusdag. Die spreker se antwoord; “What ever”. Vraag: Heilige Gees geinspireerd, gesig koop of dwaling?
    God isn’t interested in competing against other or being first among many. He is God and there are no other applicant for that position. God is saying this not because he is insecure but because it’s the way of truth in the universe, which is his creation. Only one God (Spirit) owns and operates it. Only one God (Spirit) design it, and only one God (Spirit) knows how it works. He is the only God (Spirit) who can help us, direct us, satisfy us, save us. (Idleman 2013. gods at war).

    Openbare stellings deur sekere kerkleiers en akademici
    Die bogenoemde twee voorbeelde noem ek om te demonstreer hoe onverantwoordelik sekere kerkleiers staan teenoor ander en die kerk. Met ander woorde, om ’n stelling geloofwaardigheid te gee, is dit belangrik dat ’n goeie en deursigtige verduideliking gegee word wat op feite gegrond is, en skriftuurlik korrek.
    Siening A (Vernuwe denkrigting)
    a)Seksuele diversiteit (verwysing na homoseksualiteit en ander oriëntasies) is ’n goeie gawe van God; b) Evolusie is nader aan die werklikheid as die skeppingsverhaal in Genesis, dus Genesis een tot elf is ’n mite; c) Daar bestaan nie ’n Satan nie en dus nie ’n Hel nie soos in die Bybel beskryf word; d) Die maagdelike geboorte van Jesus is ’n mite, so ook sy opstanding; e) Meeste van dit wat in die Bybel staan, is relatief tot slegs sy oorspronklike lesers, dus nie ’n absolute (van toepassing) vir alle tye nie; ensovoorts.
    Seining B (Behoudende)
    a)Homoseksualiteit is ’n sonde voor God en word bevestig deur verkeie verse in die Nuwe en OU Testament; b) Die skeppingsverhaal is ’n bewys van God se almag en korrek volgens die onfeilbare Woord; c) Satan is ’n werklikheid en so ook die Hel volgens die Bybel; d) Jesus se maagdelike geboorte en sy opstanding word duidelik regdeur die Bybel verkondig; e) Die Bybel is bedoel vir almal, en is ’n absolute vir kontemporêre en toekomstige lesers (‘n absolute).
    “Posisie van die Heilige Gees volgens kerkleierskap”
    Gegewe die bogenoemde stellings, wil ek nou eenvoudige vrae stel wat deur gewone lidmate gevra word, maar wat ook ernstige introspeksie vir kerkleierskap en akademici in die teologiese wêreld verlang.
    1a. Na die laat 1900 het die Heilige Gees, stelselmatig, ’n nuwe verstaan van die Skrif aan kerkleierskap kom openbaar, maar net aan ’n uitverkore groep? Met ander woorde is hulle, die uitverkore groep (Siening A), ’n eksklusiewe groep wat nou deur die Heilige Gees geinspireerd is en wat dan die ander groep tot oortuiging moet lei?
    1b. Vanaf die ontstaan tot en met die middel tot laat 1900 van die NGK, kan ons met sekerheid aanneem dat die kerk leierskap grootliks gelei was deur die Heilige Gees aangaande hul vertolking en siening van die Skrif, of het hulle die Heilige Gees se leiding nie reg verstaan of vertolk nie? (Siening B).
    As ons nou na altwee senarios kyk, kom die vraag onwillekeurig op; Wat nou van die wat ’n ander siening huldig wat radikaal verskil van mekaar, maar ook van die Skrif? Het ons God dan ’n “veranderlike of tweeledige” Gees wat verskillinde sienings huldig? Want dit maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, daar is twee groepe of tydperke wat aanspraak maak op die leiding van die Heilige Gees (veranderlik). Kan die Heilige Gees twee radikale teenoorgestelde sieninge aangaande die Skrif inspireer? (tweeledig). Dan vra ek die vraag, respekteer die mens God se grense of wil ons sy grense skuif soos ’n pion om ons selfsugtige mags-hebsug te bevredig en om gelykvormig met die serkulêre wêreld te word, ’n hoergees wat nie onderdanig is aan een man (God) nie maar haar uitleen aan die wêreld, sekulier vorming (eie orde)? (Hosea 5:4). Met ander woorde, versoeking kan die denke en handelswyse van ’n persoon ’n gees van verwarring gee (vals lering).
    The gospel brings things back to their created order, the truth and order of God. In terms of relationships, we think that God’s order of relationship is himself and the way he works. And that is why we think boundaries are so important, because he has them and we are to be redeemed into his image. If we try to do his work for him, we will fail. If we are wishing for him to do our work for us, he will refuse. But if we do our work, and God does his, we will find strength in real relationship with our Creator (Dr. Henry Cloud and Dr. John Townsend 2011. Boundaries).
    The power of temptation will darken the mind, that a man shall not be able to make a right judgment of things, so as he did before entered into it. As in the men of the world, the god of this world blinds their minds that they not see the glory of Christ in the gospel (Goold 2009. The Works of John Owen).
    My laaste vraag is dus, hoe sal die kerk se leierskorps dan kan onderskei “aan watter kant van die draad” die Heilige Gees hom toe verbind, en kan hy ook op ’n derde plek wees, by die draadsitters? As die Algemene Sinode dan verklaar dat hulle streef om nie gelykvormig aan die wêreld te wees nie, en nie humanisme en liberalisme omarm nie, hoekom poog om hul “verligte teologie”, ten koste van die Bybel, op ander af te forseer. In teenstelling, hoekom wil behoudende kerkleiers ’n sogenaamde “verkeerde” (volgens verligtes) teologiese verstaan, hul verststaan (relevante net tot die oorspronklike gehoor, volgels verligtes) aan ander op dis? Dus, is daar faksies in ons kerkbestuur, op alle vlakke, wat ’n gees van drome het wat hul gesonde denke oorheers sodat hulle ore en oë gesluit is vir die ware Gees?
    Ons moet baie versigtig wees om nie ons onbewustelike “hoofbestuurdrome” in die kerk te probeer uitleef nie. Die kerkgeskiedenis wys hoe hierdie subtiele vorm van hebsug na meer mag, die kerk, die Christendom en mense, oneindig skade aangedoen het (Hanekom 2015. Groei en kerke wat Sterf).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui