Die probleem van uniformitarianisme

Ek het die volgende brief (261 woorde) en ’n verkorte brief van 167 woorde aan Rapport gestuur vir plasing op 23 Augustus 2020, maar nie een daarvan is geplaas nie (die skakels was nie deel van die oorspronklike brief nie). Die volgende briewe is wel op 23 Augustus geplaas:

******

Die probleem van uniformitarianisme

261 woorde

Daniel Louw

23 Augustus 2020

Ek verwys na Jurie van den Heever se brief “Die gerief van net gló” (16 Aug 20).

Beide Jurie en George Claassen (2 Aug) gebruik kontinentale drywing as voorbeeld dat die aarde baie ouer as 6000 jaar moet wees. Hulle maak die aanname dat die spoed van die kontinente vir die afgelope 200 miljoen jaar dieselfde was. Dit is die beginsel van uniformitarianisme. Dinge soos ’n wêreldwye vloed wat hierdie proses sou versnel, word vanuit ’n ideologiese staanspoor van die tafel afgevee. Die rede: “…we cannot allow a Divine Foot in the door.” (Richard Lewontin)

Dit is egter uiters moeilik om uniformitarianisme konsekwent toe te pas:

  • Volgens die wêreld se huidige bevolkingsaanwastempo (~1.7%) het die eerste mense op aarde slegs 1345 jaar gelede geleef.[Kyk hier]
  • Die aarde se magneetveld word elke jaar swakker. 10 000 jaar gelede sou die magneetveld so sterk gewees het dat die aarde sou smelt.[Kyk hier]
  • Die feit dat daar korttermynkomete (leeftyd van ongeveer 20 000 jaar) bestaan, maak meer sin as ons sonnestelsel slegs 10 000 jaar oud was.[Kyk hier]
  • Vandag vind ons steeds koolstof-14 in dinosourusbene en diamante, wat die ouderdom daarvan beperk tot 250 000 jaar.[Kyk hier]
  • Die see se soutkonsentrasie neem jaarliks toe. Slegs 62 miljoen jaar gelede sou die see geen sout bevat nie. Volgens evolusietydskale is die see egter 4 miljard jaar oud.[Kyk hier]

Daar is nog baie voorbeelde hiervan.

Hoe versoen evolusioniste hierdie feite met evolusietydlyne: hulle wyk bloot af van uniformitarianisme. As skeppingsleerders dit egter doen, dan word hulle woorde toegesnou soos “naïewe”, “voorskoolse”, “verwarde groepie siele”, “oneerlik”, ensovoorts.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui