Onverminderbare kompleksiteit

Onverminderbare kompleksiteit (OK) (Engels=irreducible complexity (IC)) is ’n konseptuele toets vir intelligente ontwerpte komponente of stelsels. Daar word beweer dat as ’n stelsel se komponente nie verminder kan word en steeds funksionaliteit behou nie, dan kan dit nie ontwikkel deur die geleidelike samevoeging van komponente oor opeenvolgende geslagte nie.

Michael Behe het dit geïllustreer met ’n muisval waar al vyf komponente in plek moet wees voor dit kan begin werk. Indien slegs een enkele komponent verwyder word, sou die stelsel geen waarde hê nie.

Ander voorbeelde is die bakteriese flagellum, die oog, bloedstolling, ens.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui