Israelvisie: is dit ’n geldige siening?

Israelvisie is ’n term wat gebruik word vir die siening dat slegs mense wat afstammelinge van die Jode is gered kan word. Dit is egter ’n gruwelike dwaling. Daar is verskillende variante van Israelvisie. Een so ’n variasie is mense wat glo dat swartmense nie gered kan word nie. Dit lyk of die hoof motivering van hierdie siening rassisties van aard is. Volgens die Bybel is alle mense egter familie van Adam en Eva en later ook Noag en sy familie. Vir meer hieroor, kyk die volgende artikels:

Die volgende Bybelgedeeltes is baie duidelik dat die evangelie vir almal bedoel is:

Soek vir die woord “heiden” of enige woord wat “heiden” bevat in die Nuwe Testament of “nie Jode” (veral Handelinge en Romeine) of “Griek” (wat by implikasie nie-Jood beteken). LW, as daar na “heidene” verwys word, bedoel dit nie-Jode (mense wat nie Jode is nie). Die woord “heidene” verwys nie slegs na Jode wat afvallig geraak het nie (kyk Handelinge 21:21).

Ek het ook nie eers in ag geneem waar Paulus oral sendingwerk gaan doen het nie. Ek is seker dat dit ’n verdere bewys sal wees dat hy sendingwerk gaan doen het op plekke waar daar nie Jode was nie.)

1 Konings 8

(43)Luister tog uit die hemel, u woonplek, en doen alles wat die vreemdeling U in sy gebed vra, sodat al die volke van die aarde u Naam kan ken en ook aan U gehoorsaam kan wees net soos u volk Israel, en dat hulle kan weet u Naam is uitgeroep oor hierdie tempel wat ek gebou het.

Hier is dit Salomo wat bid. Dus word daar alreeds in die Ou Testament die wens uitgespreek dat al die volke God moet aanbid.

Psalm 67

(6)Mag die volke U loof, o God, mag al die volke U loof! (7)Die land het sy oes gelewer. God, ons God, het ons geseën. (8)God het ons geseën. Die mense op die hele aarde moet Hom eer.

Jeremia 12

(16)En as die buurvolke die gebruik van my volk aanleer om in my Naam ’n eed af te lê met die woorde: “So seker as die Here leef!” net soos hulle my volk geleer het om in die naam van Baäl ’n eed af te lê, sal hulle ’n plek kry onder my volk.

Jona

Weereens word andere volke reeds in die Ou Testament opgeroep tot bekering. Die groot rede hoekom Jona onwillig was om die boodskap aan Nineve te bring is omdat Nineve ’n heidense (nie-Joodse) volk was.

Sagaria 8

(23)…Daardie tyd sal uit al die nasies tien man een Judeër aan die klere gryp en sê: “Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor God is by julle.”

Maleagi 1

(11)Van waar die son opkom tot waar hy ondergaan, word Ek deur die nasies geëer. Oral word daar vir My offers gebring, rein offers.

Johannes 4:1-43

(Hier verkondig Jesus self onder nie-Jode die evangelie en Hy noem dit “om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.” (v34))

(5)Hy kom toe by ’n dorp in Samaria met die naam Sigar, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.

(9)Die Samaritaanse vrou sê toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat ’n Jood is, vir my, ’n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie. (10)Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My ’n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.”

(15)Die vrou het vir Hom gesê: “Meneer, gee vir my van daardie water, sodat ek nie weer dors sal kry en hier hoef te kom water haal nie.” (16)Hy sê toe vir haar: “Gaan roep jou man en kom terug hierheen.”

(34)Maar Jesus het vir hulle gesê: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi. (35)Sê julle nie: ‘Nog vier maande, dan is die oes daar’ nie? Maar Ek sê vir julle: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes.

(38)Ek het julle gestuur om ’n oes in te samel waaraan julle nie gearbei het nie. Ander het gearbei, en julle pluk die vrug van hulle arbeid.” (39)Baie van die Samaritane in daardie dorp het tot geloof in Jesus gekom op grond van die woorde van die vrou wat getuig het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.” (40)Toe die Samaritane by Hom kom, het hulle by Hom daarop aangedring om by hulle te bly. Hy het twee dae daar gebly. (41)Nog baie meer van hulle het toe tot geloof in Hom gekom op grond van wat Hy gesê het; (42)en hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.” (43)Ná die twee dae het Jesus daarvandaan na Galilea toe gegaan.

Handelinge 10

(28)en hy sê vir hulle: “Julle weet dat ’n Jood nie met iemand van ’n ander volk mag omgaan of by hom in die huis mag kom nie, maar God het vir my gewys dat ek geen mens as onheilig of onrein mag beskou nie.

(34)Toe het Petrus aan die woord gekom en gesê: “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, (35)maar in enige volk die mense aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is.

(45)(10:45-10:46)Toe die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, hoor hoe die mense ongewone tale of klanke gebruik en God prys, was hulle baie verbaas dat die Heilige Gees as gawe uitgestort is ook op mense wat nie Jode is nie. En Petrus sê: (47)”Hierdie mense het net soos ons die Heilige Gees ontvang. Wat kan dan verhinder dat hulle nou met water gedoop word?” (48)Toe het hy beveel dat hulle in die Naam van Jesus Christus gedoop moet word. Daarna het hulle hom gevra om ’n paar dae by hulle te bly.

Handelinge 11

(1)Die apostels en die ander gelowiges in Judea het gehoor dat mense wat nie Jode is nie, ook die woord van God aangeneem het. (2)Toe Petrus dan in Jerusalem kom, het die Joodse gelowiges hom verwyt: (3)”Jy het mense besoek wat nie besny is nie en het selfs saam met hulle geëet.” (4)Petrus het toe vir hulle alles mooi uiteengesit:

(9)’n Tweede keer het ek die stem uit die hemel gehoor: ‘Wat God rein verklaar het, mag jy nie onrein ag nie.’ (10)Dit het drie keer gebeur, en daarna is alles weer in die hemel opgetrek. (11)”Terselfdertyd het daar drie mans wat van Sesarea af na my toe gestuur is, by die huis aangekom waar ons tuis was. (12)Die Gees het vir my gesê dat ek nie moet aarsel om saam met hulle te gaan nie. Ek en hierdie ses broers is toe saam met hulle, en ons het in Kornelius se huis ingegaan. (13)Hy het vir ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het, wat vir hom gesê het: ‘Stuur iemand na Joppe toe en laat vir Simon daar haal wat ook Petrus genoem word. (14)Hy het ’n boodskap vir jou waardeur jy gered sal word, jy en jou hele huisgesin.’ (15)”Skaars het ek begin praat, of die Heilige Gees kom op hulle net soos op ons in die begin. (16)Toe dink ek aan die woorde wat die Here gesê het: ‘Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.’ (17)Hulle het net soos ons in die Here Jesus Christus geglo, en God het aan hulle ook dieselfde gawe as aan ons gegee. Wie was ek dan om God te probeer verhinder?” (18)Toe die gelowiges dit hoor, was hulle tevrede. Hulle het God geprys en gesê: “God het selfs mense wat nie Jode is nie, tot inkeer gebring om aan hulle die lewe te gee.

Handelinge 13

(43)Nadat die sinagoge uit was, het baie van die Jode en van die mense wat vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Dié het met hulle gepraat en hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou.

(46)Paulus en Barnabas het reguit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan julle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, gaan ons nou na die mense toe wat nie Jode is nie, (47)want so lui die Here se opdrag aan ons: Ek het U gegee as ’n lig vir die nasies, sodat U verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde.” (48)Toe die heidene dit hoor, was hulle baie bly oor die woord van die Here en het hulle dit toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword.

Handelinge 14

(1)In Ikonium het Paulus en Barnabas op dieselfde manier opgetree. Hulle het weer na die Joodse sinagoge toe gegaan en daar gepreek, met die gevolg dat ’n groot aantal Jode en Grieke gelowig geword het.

(27)By hulle aankoms het hulle die gemeente bymekaargeroep en vir hulle vertel wat God alles deur hulle gedoen het en dat Hy vir die heidene die deur van die geloof oopgemaak het.

Handelinge 15

(7)Na ’n lang bespreking het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: “Broers, julle weet dat God my lankal uit julle geledere gekies het om die evangelie aan die heidennasies te verkondig sodat hulle kan glo. (8)En God, wat die harte ken, het dit bevestig deur die Heilige Gees aan hulle te gee net soos aan ons. (9)Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie: Hy het ook hulle harte deur die geloof gereinig. (10)Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies ’n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie?

(16)Daarna sal Ek terugkom, en Ek sal die vervalle huis van Dawid weer opbou, en Ek sal sy bouvalle herstel en dit weer regmaak, (17)sodat al die ander mense die Here kan soek, ja, al die heidennasies wat Ek geroep het om my eiendom te wees, sê die Here wat hierdie dinge doen. (18)”Dit is van ouds af bekend. (19)Daarom meen ek dat ons dit nie moeilik moet maak vir die heidene wat hulle tot God bekeer nie.

Handelinge 20

(21)Ek het sowel die Jode as die Grieke ernstig vermaan om hulle tot God te bekeer en in ons Here Jesus te glo.

Handelinge 26

(17)Ek sal jou beskerm teen die volk Israel en teen die heidennasies na wie toe Ek jou stuur. (18)Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer. Deur in My te glo, sal hulle sondes vergewe word en sal hulle deel word van die volk van God.’

Handelinge 28

(27)Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak, sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand verstaan en hulle bekeer en Ek hulle gesond maak nie. (28)Julle moet nou goed verstaan dat God se boodskap van redding na die heidennasies toe gestuur word. Húlle sal luister.”

(Hierdie sluit heel moontlik aan by Matteus 22:1-10)

Romeine 1

(5)Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring.

(13)Maar, broeders, ek wil julle nie daarvan onkundig laat dat ek my dikwels voorgeneem het om na julle te kom nie en ek is tot nog toe verhinder sodat ek ook onder julle een of ander vrug kan insamel net soos onder die ander heidene. (14)Teenoor Grieke sowel as nie Grieke, teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek ’n skuldenaar. (15)Vandaar die verlange van my kant om ook aan julle wat in Rome is, die evangelie te verkondig. (16)Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is ’n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek.

Galasiërs 1

(16)om sy Seun aan my te openbaar sodat ek die evangelie oor Hom onder die heidennasies sou verkondig, het ek nie dadelik daarna mense geraadpleeg (17)of Jerusalem toe gegaan na dié wat voor my al apostels was nie. Nee, ek is Arabië toe, en daarvandaan het ek teruggekom Damaskus toe. (18)Eers drie jaar later het ek Jerusalem toe gegaan om met Sefas kennis te maak, en ek het twee weke by hom gebly.

Openbaring 7:9

(9)Hierna het ek ’n groot menigte gesien wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan. Hulle het wit klere aangehad, en daar was palmtakke in hulle hande.

Nog verse:

*******************

Verse gebruik deur voorstaanders van Israelvisie

Die volgende is verse in die Bybel word blykbaar deur voorstaanders van Israelvisie gebruik om te argumenteer dat slegs Joodse afstammelinge gered kan word:

Openbaring 2

(9)Ek ken julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk. Ek weet ook van die kwaadstokery van die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar tot die sinagoge van die Satan behoort.

Openbaring 3

(9)Kyk, Ek beskik dat van die lede van die sinagoge van die Satan, die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar lieg-kyk, Ek sal maak dat hulle kom en voor julle kniel en erken dat Ek julle liefhet.

Romeine 9:11-15

(11)(9:11-9:13)Toe haar kinders nog nie gebore was nie en ook nog niks goeds of kwaads gedoen het nie, toe is al vir haar gesê: “Die oudste sal die jongste dien.” Daar staan ook geskrywe: “Vir Jakob het Ek liefgehad, maar vir Esau het Ek gehaat.” Die besluit van God is gegrond op uitverkiesing; dit hang dus nie af van wat ’n mens doen nie, maar van Hom wat jou roep. (14)Wat moet ons hieruit aflei? Dat God onregverdig is? Beslis nie! (15)Vir Moses het Hy gesê: “Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees, en Ek sal My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.”

Maleagi 1:1-4

(2)Ek het julle lief, sê die Here. Maar julle vra: “Hoe het U ons lief?” Esau was tog Jakob se broer, sê die Here, en tog het Ek vir Jakob liefgehad (3)en vir Esau gehaat. Ek het sy bergland ’n verlate plek gemaak, sy woongebied vir die woestynjakkalse gegee. (4)As Edom sou sê: “Ons is verpletter maar ons sal die puinhope weer opbou,” sal die Here die Almagtige sê: Laat hulle maar bou, Ek sal weer afbreek. Hulle sal bekend staan as die goddelose land, die volk op wie die Here se toorn vir altyd rus.

Johannes 8:31-44

(31)Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; (32)en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” (33)Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’?” (34)Jesus sê toe vir hulle: “Dít verseker Ek julle: Elkeen wat sonde doen, is ’n slaaf van die sonde. (35)’n Slaaf bly nie vir altyd by ’n huisgesin nie; ’n seun bly vir altyd. (36)Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees. (37)Ek weet julle is die nageslag van Abraham. Maar julle wil My doodmaak omdat my woorde nie ingang by julle vind nie. (38)Ek praat oor wat Ek by my Vader gesien het; en julle doen wat julle by julle vader gehoor het.” (39)Hulle het vir Hom gesê: “Ons vader is Abraham.” Daarop sê Jesus vir hulle: “As julle kinders van Abraham was, sou julle doen wat Abraham gedoen het. (40)Maar nou wil julle My doodmaak, vir My wat die waarheid wat Ek by God gehoor het, aan julle verkondig. Dit is nie wat Abraham gedoen het nie. (41)Julle doen wat julle vader gedoen het.” Hulle sê toe vir Hom: “Ons is nie uit owerspel gebore nie. Ons het net die een Vader, naamlik God.” (42)Maar Jesus sê vir hulle: “As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het van God af gekom, en hier is Ek nou. Ek het immers ook nie uit my eie gekom nie, maar Hy het My gestuur. (43)Waarom begryp julle nie wat Ek sê nie? Omdat julle my boodskap nie kán verstaan nie! (44)Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af ’n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is ’n leuenaar en die vader van die leuen.

Efesiërs 2:10-22

(10)Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. (11)Hou dan in gedagte wat julle vroeër was. Van geboorte was julle heidene, en julle is “onbesnedenes” genoem deur dié wat hulleself “die besnedenes” noem, al is die besnydenis net mensewerk aan die liggaam. (12)In dié tyd was julle sonder Christus, uitgesluit uit die burgerskap van Israel, ver van God af sonder deel aan die verbonde en die beloftes wat daarmee saamhang, sonder hoop en sonder God in die wêreld. (13)Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus. (14)Christus is ons vrede, Hy wat dié twee, Jode en nie-Jode, een gemaak het. Deur sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos ’n muur skeiding gemaak het. (15)Die wet van Moses met al sy gebooie en bepalings het Hy opgehef, en deur vrede te maak, het Hy in Homself dié twee, Jode en nie-Jode, tot een nuwe mensheid verenig. (16)Deur sy dood aan die kruis het Hy ’n einde gemaak aan die vyandskap en dié twee met God versoen en tot een liggaam verenig. (17)Toe Hy gekom het, het Hy die goeie boodskap van vrede gebring: vrede vir julle wat ver van God was, vrede ook vir dié wat naby was. (18)Deur Hom het ons almal, Jode en nie-Jode, deur die een Gees vrye toegang tot die Vader. (19)Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. (20)Julle is ’n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, ’n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is. (21)In Hom sluit die hele gebou saam en verrys dit tot ’n heilige tempel vir die Here, (22)in wie julle ook saam opgebou word as ’n geestelike huis waarin God woon.

Esegiël 37

(22)Ek sal van hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel, en hulle sal een koning hê. Hulle sal nooit weer twee volke wees nie, nooit weer in twee ryke verdeel word nie.

Jeremia 31:31-40

(31)Daar kom ’n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ’n nuwe verbond sal sluit. (32)Dit sal nie wees soos die verbond wat Ek met hulle voorvaders gesluit het toe Ek hulle aan die hand gevat en uit Egipte laat trek het nie. Hulle het daardie verbond wat Ek met hulle gesluit het, verbreek al was Ek getrou aan hulle, sê die Here. (33)Dit is die verbond wat Ek in die toekoms met Israel sal sluit, sê die Here: Ek sal my woord op hulle harte skryf en dit in hulle gedagte vaslê. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees. (34)’n Man sal nie meer vir sy buurman of vir sy broer voorhou: “Jy moet die Here dien” nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal hulle oortredings vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie. (35)So sê die Here, Hy wat die son bedags laat skyn, die maan en sterre beveel om snags te skitter, Hy wat die see onstuimig laat word, wat sy golwe laat druis, wie se Naam Here die Almagtige is: (36)Eers as hierdie dinge uit my teenwoordigheid verdwyn, sê die Here, sal die nageslag van Israel ophou om vir altyd in my teenwoordigheid ’n nasie te wees. (37)So sê die Here: As die hemel daarbo afgemeet kan word en as die fondamente van die aarde daaronder vasgestel kan word, sal Ek die hele nageslag van Israel verwerp oor alles wat hulle gedoen het, sê die Here. (38)Daar kom ’n tyd, sê die Here, dat hierdie stad vir My herbou sal word van die Gananeltoring af tot by die Hoekpoort. (39)Die maatlyn sal van daar af reguit loop tot by die Garebheuwel en dan sal dit swaai na Goa toe. (40)Die hele dal waar lyke en as weggegooi word, en al die terrasse tot by Kedronspruit en ooswaarts tot by die Perdepoort sal aan die Here gewy wees. Dit sal nooit weer uitgeruk of platgeslaan word nie.

En ook:

  • Hebreërs 8:8 Maar God bestraf die volk oor hulle tekortkoming deur te sê: “Kyk, daar kom ’n tyd, sê die Here, dat Ek met Israel en Juda ’n nuwe verbond sal sluit.
  • Jakobus 1:1 Van Jakobus, ’n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete!
  • 1 Petrus 1:1 Van Petrus, ’n apostel van Jesus Christus. Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon in die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië.
  • Matteus 10:6 Gaan liewer na die verlore skape van die volk Israel toe.
  • Matteus 15:24 Jesus antwoord: “Ek is net na die verlore skape van die volk Israel toe gestuur.”
  • Johannes 4:12 Jy is tog nie tot meer in staat as ons voorvader Jakob wat hierdie put vir ons gegee het en self saam met sy seuns en sy diere daaruit gedrink het nie?”
  • Ester 3:8 Toe sê Haman vir koning Ahasveros: “Daar is ’n volk wat versprei is oor al die provinsies van u koninkryk en wat hulle self apart hou van die ander volke. Hulle gebruike verskil van al die ander nasies s’n en hulle gehoorsaam nie die wette van die koning nie. Dit is nie in die koning se belang om hulle te laat begaan nie.
  • Psalm 147
  • Psalm 83:4 Hulle sê: “Kom ons roei hulle uit dat hulle nie meer ’n volk is nie, dat niemand meer die naam Israel sal onthou nie.”
  • Genesis 27:40 Jy sal van oorlog leef en jy sal jou broer dien, maar as jy jou kans afwag, sal jy sy juk van jou nek afgooi.”
  • Esegiël 20:34 Ek sal julle met mag en krag tussen die volke uitbring en julle bymekaarmaak uit die lande waarheen Ek julle verstrooi het en my toorn oor julle laat losbreek.
  • Jeremia 23:3 Maar Ek sal self dié van my kudde wat oorgebly het, gaan bymekaarmaak in al die lande waarheen Ek hulle verstrooi het. Ek sal hulle terugbring na hulle weiveld toe waar hulle vrugbaar sal wees en baie sal word.
  • Jesaja 53:8 Terwyl hy gely het en gestraf is, is hy weggeneem, en wie van sy mense het dit ter harte geneem dat hy afgesny is uit die land van die lewendes? Hy is gestraf oor die sonde van my volk.
  • Lukas 1:68 “Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk.

1 thought on “Israelvisie: is dit ’n geldige siening?”

  1. Wat is hierdie mense se siening oor Kersfees? en die Nuwe Testament? Glo hulle aan Christus as ons Verlosser?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui