Brief: Moenie mediasie met arbitrasie verwar

 

************

Brief: Moenie mediasie met arbitrasie verwar | Kerkbode

5 September 2023

Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Johann Ernst van Centurion skryf: Dr Gustav Claassen probeer verduidelik waarom die ASM die Koinonia Sinode se versoek om mediasie namens 56 gemeentes geweier het, maar bak kluitjies.

Eerstens verwys hy na die Kerkorde as ’n kontrak. Ingevolge die kerkreg is ’n kerkorde juis nie ’n kontrak nie. Dit is die interne verbandsreg (jus constitum en jus constituendum) van die kerk. Die jus constituendum is die artikels van die kerkorde wat vir die regering van die kerk gebruik word, soos dit deur Christus vasgestel is en in die Bybel tot openbaring kom. Die jus constitum is nie van Skriftuurlike oorsprong nie, maar dit word aanvullend gebruik om orde te bewerkstellig. Dit berus weliswaar op onderlinge aanvaarding, maar dit maak nog nie van die kerkorde ’n kontrak nie. Die belydenisskrifte berus ook op onderlinge aanvaarding en tog kan die belydenisskrifte nooit as kontrakte aangemerk word nie.

Tweedens is dit onwaar dat die samestellende kerke met mekaar “gekontrakteer” het dat alle gesprekke en prosesse deur sinodes sal plaasvind. In die geval van appèl, beswaar, geskil en gravamen het lidmate, ampsdraers en mindere kerkvergaderinge direkte toegang tot die Algemene Sinode of sy gevolmagtigde ASM. Daarvoor maak Artikel 23.4 van die Kerkorde (jus constituendum) en die Riglyne vir die Beslegting van Kerklike Geskille (jus constitum) voorsiening. Volgens laasgenoemde kan ’n kerkvergadering, waar konflik onder sy aandag kom, persone benoem om die oplossing daarvan te begelei. Artikel 18 van die Kerkorde sluit die Algemene Sinode as kerkvergadering hierby in. Waar ’n geskil ontstaan het weens die Algemene Sinode se eie besluite en/of optredes, kan dit nie van lidmate, ampsdraers, kerkrade en ringe verwag word om hulle eers deur die kanaal van die sinode tot die Algemene Sinode te wend nie.

Die antwoord van die “Dagbestuur van die Algemene Sinode” (sic) aan Koinonia Sinode en die 56 gemeentes verstrek, is onkerkordelik en kom neer op die belemmering, verydeling en dwarsboming van gemagtigde kerklike optrede.

Derdens weet dr Claassen nie wat mediasie is nie. Hy sê mediasie is nie ’n proses wat deur die kerkorde voorgeskryf word nie, maar tog word op ses verskillende plekke in die Kerkorde van kerklike mediasie gepraat. Daarby word mediasie ook deur die Reglement vir die Beslegting van Kerklike Geskille ondervang. Hy praat oor regspersoonlikheid, terwyl dit om gesprek tussen lidmate, ampsdraers, gemeentes en kerkvergaderinge gaan. Hy verwar mediasie met arbitrasie.

Claassen sê voorts die Kairos Sinode het nie locus standi nie, maar die ASM en die Algemene Sinode het ook nie. Locus standi is nie ’n kerklike begrip nie, maar ’n term wat in die burgerlike reg gebruik word om verskyningsbevoegdheid in ’n hof te omskryf. In die kerk as geloofsgemeenskap word juis die toon van burgerlike regspleging vermy. Die ASM en die vergadering van die Algemene Sinode is slegs organe van die regspersoon. So kan die Koinonia Sinode ook as gemagtigde orgaan van die 56 gemeentes funksioneer.

1 thought on “Brief: Moenie mediasie met arbitrasie verwar”

  1. Vele denominasies is gekaap deur die louheid en koudheid en sélfs okkultiese denkrigtings by die deursnit kerklid en/of kerkbywoner, en meesste ontken dit, want elkeen meet hul eie “geestelike” posisie, aan beide hul eie interpretasies, en ánder se interpretasies – wat wissel soos die kleure van ‘n verkleurmannetjie na gelang van die stoel se kleur waarop hul sit – van die Skrif.

    “FREUD PROFETE” is wat mens hul ook kan noem. Die Skrif is hul “Harry Potter Sorting Hat” om absoluut na alle dinge in die lewe te 👁👁 vanuit hul eie “bewitched groupings” se gedagtegange. Hul idee van “God die Vader en Seun en Gees”, práát en ✍ vanuit hul “Bewitched Sorting Hat 🧠”, en hul onken dit ten sterkste – maar wat ‘n geweldige leuengees is dit nie!

    Selfs menige “behoudende platvorm” weier om dié leuengees vanuit eie mond te hóór praat.

    Wat is die toets om dié “leuengees” te eien?

    Die “Johannes 17 OfferLam – Toets” openbaar hul leuentonge: in: hul eie woorde oor ánder se 👣 loop hul, en woorde oor hulself, getuig téén hul. En hul eie 👁👁 en 👂👂 kán dit nie eien, want hul 🧠 is “bewitched”.

    Presies soos die Skrif sê.

    As God sê, breek die bande met leuentonge, bedoel Hy dit. Waarom daaroor debat voer vir jare en jare met mense? Dán is daar mos een massiewe denke probleem óók by die wat sg. ” behoudend” is? God is vir sélfs húl dan, maar net ‘n spaarwiel wat help in kristye, maar nooit die stuurwiel wat onmiddelik van rigting verander, as Sy Skrif so sê nie.

    Wie glo waarlik, waarlik die Skrif?

    Het GOD nie al ‘n “leuengees” na die aarde gestuur om Sy bedoelinge te bewerkstellig nie? Maar die heendaagse kerk – en hul lidmate in hul sekulêre sfere – dink dat húl bietjie jok hier en bietjie daar by die werk en die kerk en op straat, darem nie deel vorm van só “leuengees tong” nie….só meen hul….

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui