Geweeg en te lig bevind

Die volgende is geskyf na aanleiding daarvan dat die ASM nie die Koinonia Sinode se versoek tot mediasie toegestaan het nie. Dit is deur die Koinonia Sinode versprei, maar ‘n verkorte weergawe van hierdie skrywe het in Kerkbode verskyn met die titel Brief: ‘Hoe gemaak as die ASM ons telkens terugverwys na verstopte kerkordelike kanale?’

Aan die onderkant van die Kerkbode-berig het Gustav Claassen gereageer (dit verskyn aan die onderkant van hierdie skrywe).

*******

Geweeg en te lig bevind

25 Augustus 2023

In Suid-Afrika is dit vandag mode dat verkose leiers hul posisies misbruik vir eie belang of die belange van ‘n klein groepie eendersdenkende te bevoordeel ten koste van ons land en sy mense. Gevolglik was verskeie politieke leiers al verplig om te bedank omdat iemand die moed gehad het om ’n mosie van wantroue teen hulle in te stel

Maar hoe gemaak as. kerkleiers wat verkies was om ‘n sleutelrol in belang van die NG Kerk in geheel te vervul, dieselfde doen? Hoe gemaak as hulle hul vertrouensposisie in die kerk misbruik om vanaf ‘n verhewe troontjie hul eie ideologiese sienings te bevorder? Intussen hou hulle hul doof vir die noodroep van meer as 100 NG gemeentes met ‘n paar duisend lidmate wat die kerk wil terugroep tot gehoorsaamheid aan die Woord.

Hoe gemaak as verkose kerkleiers kop in die sand steek terwyl hulle toekyk hoe die NG Kerk besigis om te brand?

Hoe gemaak as verkose kerkleiers hulle ore toedruk en weier om te luister en te praat oor die vervalle toestand van die Algemene Sinode?

Hoe gemaak as die ASM drie maal die skriftelike versoeke vir ‘n proses van onpartydige mediasie, botweg weier en steeds hulle aandeel in die kerkskeuring probeer ontken?

Hoe gemaak as die ASM se dagbestuur so selfvoldaan geword het dat hulle hulself die reg toe-eien om die aanbod vir mediasie wat aan die volle ASM gerig was , summier te weier sonder om die hele ASM daaroor te lat stem?

Hoe gemaak as die Algemene Sinode en ASM roem op hul diversiteit en “ruim huis”- benadering, asook hul sogenaamde “Iuister seisoen”, maar steeds weier om in ‘n ordelike mediasie gesprek te tree met die amptelike verteenwoordigers van 56 NG gemeentes? Was die spesiale “Iuister seisoen” nie juis bedoe! om beter na mekaar te luister nie?

Hoe gemaak as die geagte kerkleiers allerlei akrobatiese spronge maak om, uit vrees vir die waarheid, hul christelike plig tot gesprek en mediasie te ontduik? Hul vlug vir ‘n eerlike mediasie-proses, agter ‘n dekmantel dat die 56 gemeentes kwansuis nie “/ocus standi” het om met die ASM te mag praat nie. Nêrens gebruik die Kerkorde hierdie regsterm nie en nêrens beperk die kerk sy taakspanne met wie hulle mag praat en wie nie. Intussen spog die AS met hul ruim huis waar selfs ander godsdienstige groepe, welkom is. Van wanneer af is die ASM so belangrik dat hulle kan weier om met die amptelike afvaardiging van 56 NG gemeentes te praat? Niemand belet hulle nie behalwe hul eie vrees vir oop gespreek.

Taakspanne poog toenemend om selfs buite-groepe, soos die LGBTQI+ bewegings, mediese dokters, wetenskaplikes, maatskaplike werkers, sielkundiges, lidmate van die VGK, ens. te betrek. Almal het blykbaar locus stand! behalwe die 56 NG gemeentes wat met hulle in gesprek wil tree oor hul dwaling.

Hoe gemaak as die ASM uit vrees vir eerlike objektiewe mediasie ons telkens terug verwys na die ou verstopte kerkordelike kanale wat lankal benut én uitgeput is? Almal wat die binnekant van die NG Kerk se sinodale strukture ken, sal weet dat dit f blatante onkunde of anders oneerlikheid is om te beweer dat die dolerende gemeentes nie reeds herhaaldelik die kerklike kanale probeer het nie – net om hulle telkens teen ‘n muuir vas te loop.

Hoe gemaak met ‘n ASM wat toelaat dat ‘n onbevoegde Dagbestuur namens hulle besluit? Miskien is daar net een eerbare weg oop voordat die NG Kerk heeltemal disintegreer: Die ASM se Dagbestuur moet vandag nog bedank sodat leiers aangewys kan word wat meer besorg sal wees oor die belange van die ganse NG Kerk as oor hul eie posisies, eer, belange en ideologiese oortuigings.

Geteken:

  • Anton Knoetze (voorsitter van Koinonia Sinode)
  • Norma Rossouw (skriba)

**************

Oor mediasie en die kerkorde:

Dr Gustav Claassen, die algemene sekretaris van die NG Kerk, reageer by navraag as volg op die versoek om mediasie: “Die kerkorde, die kontrak wat samestellende kerke met mekaar aangegaan en toegestem het, gee genoeg meganismes en prosesse om kerklike geskille te hanteer. Dit is in dié ooreenkoms soos uiteengesit in die verskillende artikels dat die gesprekke en prosesse deur sinodes of samestellende kerke sal plaasvind en nie los daarvan nie. Dit is nie wenslik dat die kerk sy eie reëls verbreek nie. Mediasie is nie ’n proses wat deur die kerkorde voorgeskryf word nie en is ’n proses tussen twee regspersone waarin ’n arbiter ook ’n rol speel. In die gesprek ter sprake het Koinonia nie locus standi nie en is dus nie ’n regspersoon nie. Die uitnodiging is altyd daar vir gesprek maar dan nav die riglyne soos ooreengekom en dit word in die kerkorde vervat.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui