ASM sê nee vir mediasie

Tydens die Koinonia Sinode (3-4 Mei 2023) is besluit dat die Algemene Sinode Moderamen (ASM) versoek gaan word tot ‘n proses van mediasie. Indien die ASM nie sou instem nie, sou die burgelike hof selfs genader word. Hier volg die voorstel volgens die agenda:

15.2 Gegewe die feit dat mediasie (beslegting van kerklike geskille) die enigste oorblywende en aanvaarbare uitweg is wat beswaardes se vasgelooptheid ten opsigte van die Algemene Sinode betref, besluit die Koinonia Sinode die volgende:

15.2.1 … om die verskillende mediasie opsies te ondersoek, regsadvies in te win …

15.2.8 Indien die Algemene Sinodale Moderamen as gevolmagtigde van die Algemene Sinode nie voor 30 Junie 2023 instem tot geskilbeslegtiging nie, word volmag gegee aan die aangewese persone om namens die toetredende party die burgerlike hof te nader om die Algemene Sinode te verplig om sonder versuim aan die mediasie proses deel te neem.

Punt 15.2.8 is net so herhaal in die notule as punt 15.2.2

Tydens die ASM vergadering in Augustus 2023 is egter besluit om nie die versoek toe te staan nie. Hier volg ‘n paar artikels in reaksie op die ASM se besluit.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui