Yôm

Genesis skipperaars (Christene wat Genesis 1 tot 11 nie letterlik wil interpreteer nie om die Bybel te versoen met miljoene jare en/of evolusie), beweer dat ons die “dae” in Genesis 1 as tydperke moet lees. In die oorspronklike Hebreeus word die woord “yôm” egter gebruik vir dag in Genesis 1 – dit beteken een, 24-uur dag, soos ons dit vandag ken. Hoekom juis hierdie woord? Daar is baie ander Hebreeuse woorde wat gebruik kon word indien dit werklik lang tydperke was:

  • Qedem – term vir “antiek/oeroud” (“ancient”)
  • Olam – “ewigdurend” of “ewigheid”
  • Dor – “’n Revolusie van tyd” of “’n leeftyd/tydperk”
  • Tamid – “voortdurend” of “vir ewig”
  • Ad – “onbeperkte tyd” of “vir ewig”
  • Orek – “lengte van dae”
  • Shanah – “’n jaar” of “revolusie van tyd”
  • Netsach – “vir ewig”
  • Eth – ’n algemene term vir tyd
  • Moed – “Seisoen” of “feestye”

Wat verder ook baie interessant is, is dat die betekenis van “dag” slegs in Genesis 1 bevraagteken word en nêrens anders in die Bybel nie. Niemand bevraagteken bv dat Jesus slegs 3 dae dood was nie en dat Jona drie dae in die vis se maag was nie.

Verdere bronne:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui