Gapings in die geslagsregisters

Volgens die geslagsregisters en ander gegewens in die Bybel kan ’n mens uitwerk dat God die heelal en aarde ongeveer 4004 vC geskep het. Die feit dat daar genoeg inligting in die Bybel is om dit te kan doen, sê alreeds iets oor die volledigheid en betroubaarheid van die Bybel.

Teïstiese evolusioniste aanvaar egter die volgende ouderdomme:

  • Heelal = 15 miljard jaar
  • Aarde = 4.5 miljard jaar
  • Eerste mens = 1 miljoen jaar gelede

Daarom redeneer hulle soms dat daar gapings in die geslagsregisters is. Daar is twee probleme daarmee:

  1. Indien daar gapings is, kan jy dalk ’n paar duisend jaar wen, maar onmoontlik een miljoen jaar nie.
  2. Indien daar gapings is, waar sou mens die gapings plaas?

Kyk:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui