Waarheen gaan Jesus terugkeer?

Kyk ook:

Waarheen gaan Jesus terugkeer?

2011-06-01 22:51

Beeld

Sakkie Spangenberg

Die teoloog Sakkie Spangenberg voer ses redes aan waarom hy nie meer deel van die hoofstroom- Christelike kerke wil wees nie in reaksie op die Beeld-joernalis Neels Jackson se rubriek “Ek kies steeds die kerk”.

Jackson het in sy rubriek [Ek kies steeds die kerk] gesê die kerk word gekritiseer en tog is daar elke Sondag honderdduisende Afrikaanse mense in die kerk. Hy het vyf redes gegee waarom hy steeds in die kerk bly.

Prof. Spangenberg, Ou Testamentikus van Unisa, het op die webwerf van die Nuwe Hervorming Netwerk (www.nuwe-hervorming.org.za) onder die opskrif “Vyf, nee ses redes waarom ek verkies om nie meer ’n kerklidmaat te wees nie” so gereageer:

“Ek sien Neels Jackson voer vyf redes aan waarom hy steeds verkies om ’n kerklidmaat te wees. Hier is ses redes waarom ek verkies om nie meer deel van die hoofstroom- Christelike kerke te wees nie:

– Kerke hou mense met hul leerstellings gevange in die antieke wêreld met sy idee van ’n drieverdieping-heelal. Daarom verkondig kerke steeds ’n wederkoms wat alle mense op die ronde aarde sal sien. Binne ons uitdyende heelal is dit ’n godsonmoontlike ding.

Buitendien, waarheen gaan Jesus terugkeer? Na Jerusalem of na Galilea?

  1. Kerke verkondig onwaarhede soos dat alle mense in sonde ontvang en gebore word en dat die dood God se straf op die sonde van die eerste mensepaar is. Daar was geen werklike Adam en Eva nie en die storie in Genesis 2-3 het niks met ’n sondeval en met die dood as straf op sonde te doen nie. Buitendien, dinosourusse het uitgesterf nog voordat daar enige mens op aarde was.
  2. Kerke misken die Joodsheid van Jesus en dat hy homself nie met die idee van ’n Drie-eenheid sou vereenselwig nie. Jesus sou as Jood homself nooit aan Jahweh gelyk gestel het nie. Hy sou homself nooit as die letterlike seun van Jahweh voorgehou het nie.
  3. Kerke se evangelie (sondeval-verlossing) het niks met die evangelie van Jesus van Nasaret (die ondergang van die Romeinse Ryk) te doen nie. Jesus sterf nie aan die kruis onder God se toorn nie, maar onder die toorn van die Romeinse Ryk! Kruisiging was ’n vorm van staatsterrorisme om onderhorige volke in bedwang te hou.
  4. Kerke kontinueer die staatsgodsdiens van die Romeinse Ryk en het deur die eeue heen hulle aan die kant van onderdrukkende politieke magte geskaar (en skaar hulle steeds daar). Dis waarom sommige kerke skielik met ander belydenisse vorendag kom. Die drie ekumeniese belydenisse verkondig immers nie ’n God wat aan die kant van die onderdruktes staan nie.
  5. Kerke is onhervormbaar. Hul besluitnemende vergaderings is so saamgestel dat dit onmoontlik is om van uitgediende kerklike leerstellings afstand te doen.
  6. Kerke sal vir altyd van lidmate verwag om te bly glo in ’n sondeval; ’n verlossing van sondes deur ’n goddelike persoon se kruisdood; ’n wederkoms waartydens almal wat hulle nie tot die Christelike geloof bekeer het nie veroordeel sal word en in ’n hel gewerp gaan word.

Ek voeg ’n paar aanhalings van my stellings by. Dis uit die pen van ’n Duitse Katolieke lidmaat wat jare lank by die Katolieke Kerk se kategese-opleiding betrokke was. Hy wys heelwat foutlyne in die ortodokse Christelike geloof uit.

‘The notion that God, the creator of the universe, became incarnate on earth, a cosmic speck of dust, in a human being, a chance product of evolution, could only have been formulated by people whose view of the world was imprisoned in a quite naive geocentricity and anthropocentricity, and who through no fault of their own knew nothing of the real position of human beings in the cosmos.

‘There has been death since the origin of life on earth; it is part of the process of living.

‘Were Adam and Eve the first human beings, who lived in paradise as the ancestors of our race? No, this is not a historical fact!

‘The historicization of myth by the church makes it more and more difficult for present-day people to assent to faith and forces them into unbelief.’

Weber, G. 1998. I believe. I doubt. Notes on Christian Experience. London: SCM.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui