Storie oor aborsie

if a_single_living_cell_

Ek het hierdie baie treffende storie gekry wat baie goed demonstreer hoe verkeerd aborsie is:

A worried woman went to her gynecologist and said: “Doctor, I have a serious problem and desperately need your help! My baby is not even one years old and I’m pregnant again. I don’t want kids so close together.”

So the doctor said: “Ok and what do you want me to do?”

She said: “I want you to end my pregnancy, and I’m counting on your help with this.”

The doctor thought for a little, and after some silence he said to the lady: “I think I have a better solution for your problem. It’s less dangerous for you too.”

She smiled, thinking that the doctor was going to accept her request. Then he continued: “You see, in order for you not to have to take care of two babies at the same time, let’s kill the one in your arms. This way, you could rest some before the other one is born. If we’re going to kill one of them, it doesn’t matter which one it is. There would be no risk for your body if you chose the one in your arms.”

The lady was horrified and said: “No doctor! How terrible! It’s a crime to kill a child!”

“I agree”, the doctor replied. “But you seemed to be ok with it, so I thought maybe that was the best solution. The doctor smiled, realising that he had made his point. He convinced the mom that there is no difference in killing a child that’s already been born and one that’s still in the womb. The crime is the same!

Kent Hovind gebruik ’n soortgelyke beeld in een van sy gratis DVD’s.

Soek ook vir “Gianna Jessen” op www.youtube.com. Kyk bv Gianna Jessen Abortion Survivor.

Kyk ook “180”-movie (33 minute) deur Ray Comfort, waar aborsie baie treffend vergelyk word met die Sjoa (Hitler se Jode-uitwissing of die Holocaust).

Die volgende gedeelte kom uit die boek Die Hemel is werklik op bl 110-111 (Kyk Heaven is for real. Ook op youtube (Fox News) (12MB)) en bevestig hoe verkeerd aborsie is:

Agtergrond: Colton is ’n 4-jarige seuntjie wat by die dood omgedraai het. Sy pa, Todd, en ma, Sonja, het na die voorval agtergekom dat Colton van dinge praat wat hy net sou kon weet as hy werklik in die hemel was (dus moes hy ’n nabydoodse ondervinding gehad het). Hy het slegs een sussie, Cassie. Hier volg die gedeelte uit die boek:

Een Oktoberaand het ek aan die kombuistafel ’n preek voorberei. Sonja was om die hoek in die sitkamer, besig om die besigheid se boeke na te gaan, bestellings na te gaan en rekeninge uit te sorteer. Cassie het by haar voete met Barbie-poppe gespeel. Ek het Colton se voetstappe in die gang gehoor en vlugtig gesien hoe hy om die bank loop en reg voor Sonja stelling inneem.

“Mamma, ek het twee sussies,” het Colton gesê.

Ek het my pen neergesit. Sonja het nie. Sy het aanhou werk.

Colton het homself herhaal. “Mamma, ek het twee sussies.”

Sonja het opgekyk van haar papierwerk en haar kop liggies geskud. “Nee, jy het jou sussie, Cassie, en … bedoel jy jou niggie, Traci?”

“Nee.” Colton het die woord met mening uitgespreek. “Ek het twee sussies. Mamma het ’n babatjie gehad wat in Mamma se maag dood is, né?”

Op daardie oomblik het tyd in die Burpo-huishouding stil gaan staan en Sonja se oë het gerek. ’n Paar sekondes tevore het Colton sonder sukses sy ma sover probeer kry om na hom te luister. Nou kon ek selfs van die kombuistafel af sien hy het haar onverdeelde aandag gehad.

“Wie het jou gesê ek het ’n babatjie gehad wat in my maag dood is?” het Sonja ernstig gevra.

“Sy het, Mamma. Sy het gesê sy het in Mamma se maag doodgegaan.”

Toe draai Colton om en begin wegloop. Hy het gesê wat hy wou sê en was reg om aan te gaan. Maar ná die bom wat hy laat val het, wou Sonja baie meer wet. Voor ons seun nog om die bank geloop het, het Sonja se stem hard opgeklink: “Colton Todd Burpo, kom onmiddelik hier!

Colton het omgeswaai en na my gekyk. Sy gesig het gevra: Wat het ek verkeerd gedoen?

Ek het geweet hoe my vrou moes voel. Om daardie baba te verloor, was die pynlikste ervaring van haar lewe. Ons het dit al aan Cassie verduidelik; sy was ouer. Maar ons het Colton nie vertel nie omdat ons gedink het dit was bo ’n vierjarige se vuurmaakplek. Ek het vanaf die kombuistafel stil die emosies op Sonja se gesig dopgehou.

Effens senuweeagtig het Colton teruggeloop om die bank en weer voor sy ma gaan staan, dié keer versigtiger. “Dis oukei, Mamma. Sy is oukei. God het haar aangeneem.”

Sonja het van die bank afgegly en voor Colton gekniel sodat sy hom in die oë kon kyk. “Bedoel jy Jesus het haar aangeneem?”

“Nee, Mamma! Sy Pappa het!”

Sonja het omgedraai en na my gekyk. Sy het my later vertel dat sy in daardie oomblik probeer kalm bly het, maar dat sy oorstelp was. Ons baba … was – is – ’n dogtertjie, het sy gedink.

Sonja het op Colton gefokus en ek kon hoor dat sy sukkel om die bewing uit haar stem te hou. “Hoe het sy gelyk?”

“Sy het baie soos Cassie gelyk,” het Colton gesê. “Sy is net ’n bietjie kleiner en haar hare is donker.”

Sonja se donker hare.

Verwante artikels

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui