Die Bybel oor selfverdediging

Kyk ook:

Die Bybel gee duidelike riglyne oor selfverdediging:

Spreuke 25:26

(26)’n Fontein, ’n put waarvan die water vuil en stink geword het, so is ’n regverdige wat hom tot ’n val laat bring deur ’n goddelose.

Nehemia 4:14

(14)Daarna, toe ek agterkom dit is nodig, het ek die vooraanstaande burgers, die ampsdraers en die res van die volk toegespreek: “Moenie vir hulle bang wees nie. Dink aan die Here, groot en ontsagwekkend, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vrouens en julle huise.”

1 Timotheus 5:8

(8)As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as ’n ongelowige.

Eksodus 22:2-4

As ’n dief inbreek en op heter daad betrap en doodgeslaan word, mag sy dood nie gewreek word nie. As dit egter na sonop gebeur, kan sy dood wel gewreek word.

Die laaste sin kom daarop neer dat indien jy ’n dief in jou huis doodmaak in die dag, word dit gesien as per ongeluk. (Kyk Num 35:9-34, Jos 20:9). As jy vandag iemand per ongeluk doodmaak soos in Num 35:22-28, dan word jy nie gestraf nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui