Roeping en Riglyne 2008-08

Kyk ook:

Kliek hier vir Roeping en Riglyne, die Augustus 2008 weergawe.

Kyk spesifiek na die artikels:

  • Perspektiewe met betrekking tot veranderings in ons Skrifbeskouing – Ds J.J. (Hanan) Viljoen
  • Die gesag van die Skrif – Geneem uit: Ek glo in die Bybel, deur dr W. Marais

Hier volg:

Die gesag van die Skrif

Geneem uit: Ek glo in die Bybel, deur dr W. Marais

Die woord gesag is afgelei van die stam: om te sê. Dit is die reg wat iemand het om iets te sê, dit wil sê seggenskap te hê. Dit kan ook beteken om iemand of iets anders iets te laat sê. Dit is dus die reg om oor andere besluite te neem en om aan hulle opdragte te gee, dit wil sê om oor andere gesag uit te oefen. Gesag is dus ter wille van orde en dissipline, vrede en harmonie ingestel, aangesien die sonde tot onrus, ongebondenheid, ongehoorsaamheid en wanorde aanleiding gee.

God alleen beskik oor volstrekte, onbegrensde gesag. Alle aardse vorme van gesag bly dus afgeleide of verleende gesag. In hierdie opsig neem die heilige Skrif ’n unieke plek in, want dit is God self wat in die Skrif aan die woord kom (vgl. Rom. 9:17) en verklaar dat die Skrif oor Goddelike gesag beskik wat deur alle mense eerbiedig moet word: Moses het vir die kinders van Israel gesê: “Julle moet die gebooie van die Here julle God en sy getuienisse en sy insettinge wat Hy jou beveel het, ywerig onderhou” (Deut. 6:17). Verder het hy hulle beveel om ’n afskrif van die wet wat voor die Levitiese priesters lê aan elke koning te gee sodat hy dit kan lees en leer dat hy al die insettinge daarin moet onderhou en nie links of regs van dié gebod afwyk nie (Deut. 17:18-20). Moses het sy bediening afgesluit deur die kinders van Israel te beveel: “Gee ag op al die woorde waarmee ek julle vandag waarsku, dat julle dit julle kinders beveel om al die woorde van hierdie wet sorgvuldig te hou” (Deut. 32:46).

In Prediker 12:13 lees ons: “Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is: Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.” Die woord van die Here het tot Jeremia gekom en gesê: “En Ek sal oor dié land bring al my woorde wat Ek daaroor gespreek het – alles wat geskrywe is in hierdie boek, wat Jeremia geprofeteer het oor al die nasies” (Jer. 25:13). C.F.H. Henry skryf: “The prophet Jeremiah does full justice to the dynamic vitality of God’s dabar, yet declares that the words of Yahweh are to be recorded in the ‘roll of a book’ so that the written word may turn Israel and Judah from their wicked ways (Jer. 36:2, 3). The written word may therefore be viewed as no less potent than the spoken word.

Ek kan dus saamstem met G.L. Bahnsen waar hy aanvoer: “Throughout its record the Bible pre-suposes its own authority. For instance, the Old Testament is often cited in the New Testament with such formulas as ‘God says’ or ‘the Holy Spirit says’ (as in Acts 1:16; 3:24-25; 2 Cor. 6:16). What Scripture says is identified with what God says (e.g., Gal. 3:8; Rom. 9:16). For that reason all theological arguments are settled in the formula ‘it stands written’ (literal translation). The same authority attaches to the writings of the apostels (1 Cor. 15:1-2; 2 Thess. 2:15; 2:14), since these writings are placed on a par with the Old Testament Scriptures (2 Pet. 3:15- 16; Rev. 1:3). Apostolic Scriptures often has the common formula ‘it stands written’ applied to it (e.g., John 20:31). Therefore the Old an the New Testaments are presented in the Bible itself as the authoritative, written, Word of God.”

In die Nuwe Testament lê Jesus dit byvoorbeeld in die mond van Abraham om vir die ryk man te sê: “Hulle het Moses en die profete; laat hulle na dié luister” (Luk. 16:29). Sodoende het Hy verklaar dat die Skrifte met gesag beklee is. Die Bybel bevat beslis nie slegs leidrade nie, maar wel duidelike gebooie, voorskrifte en bevele wat deur alle mense gehoorsaam moet word (vgl. Pred. 12:13; Matt. 8:4; 2 Tess. 2:15; 1 Kor. 11:17), en die Skrif beveel: “Hou jou binne die perke wat God gestel het” (1 Kor. 4:6 – 1983-Vertaling). Paulus skryf: “Maar wat ons reeds bereik het – laat ons volgens dieselfde reël (kanon) wandel …” (Fil. 3:16; vgl. 2 Kor. 10:13, 14; Gal. 6:16). Hy gebruik die woord kanon; dit is ’n geloofsvoorskrif, rigsnoer, outoriteit en beteken om te heers of te kontroleer. Die opdrag van Paulus beteken om vas te hou aan die geloof wat die apostels bely het (Rom. 12:6; Heb. 13:7); want daar was reeds vroeg geskrifte in omloop wat valslik onder die name van die apostels en Nuwe Testamentiese skrywers verskyn het (vgl. 2 Tess. 2:2).

“As an example, two important Christian Church writers, Tertulian and Jerome, tell us that a presbyter from Asia (Turkey) published a counter epistle that he claimed the apostle Paul had written. Church leaders instantly instigated an ecclesiastical trial to examine this claim. They subsequently convicted this counterfeiter and repudiated this spurious forgery. Their rejection of this forgery was widely published to other churches throughout the empire” (G.R. Jeffrey). Jeffrey sê voorts: “All scholars acknowledge that the New Testament was widely copied and translated into many other languages during the first few decades following the resurrection of Christ. Numerous ancient manuscripts of the New Testament have survived in different languages. These manuscripts confirm that there were no differences in the texts regarding doctrine or factual matters … In addition, the widespread copying and translation of the Scriptures made it absolutely impossible for anyone to corrupt the legitimate text of the New Testament by introducing an invented story of a miracle or of a false doctrine into a counterfeit copy … Any textual differences would instantly identify a counterfeit text as a forgery. The profound love of the saints for the New Testament during the first centuries of the Church age assure us that they were vigilant in their defense and preservation of the integrity of the Scriptures. This fact allows us to have total confidence that we possess today the same New Testament that was given for the Church by the inspired writers.” F.N. Lee skryf: “Die groot wiskundige, Panin, het beweer dat die patristiese Kerk sodanig vanuit die Skrifte geleef het en dit so kwistig aangehaal het, dat, al sou alle Griekse en Hebreeuse kopieë van die Bybel verbrand word, jy die ganse Skrif – buiten elf verse daarin – ook vanuit die aanhalings daarvan in die patristiese lektuur 100-160 n.C. sou kon terugwen.”

Hierdie afleiding word ook bevestig deur die getuienis van talle kerkvaders: “Furthermore, the immense number of quotations made from the New Testament by the early Christian writers is witness to the growing consciousness that these were of inspired authority, indeed, they were quoted or alluded to as of equal authority with the Old Testament Scriptures. Dean Burgan, in his great index of patristic quotations, discovered 22 534 in the writings alone of Justin Martyr, Irenaeus, Clement of Alexandria, and Origen; and these quotations are from the Gospels, Acts, the Pauline and Catholic Epistles, and the Apocalipse” (Scroggie).

Tesame met die geskrifte van die kerkvaders het daar ook spoedig apokriewe geskrifte ontstaan. Maar hulle is “spoedig onderken as vals, oneg, onbetroubaar, vrome bedrog, ondanks ’n historiese kern waaromheen gefantaseer is” (J.J. Müller). Origines (185-254 n.C.) skryf byvoorbeeld: “Quatuor Evangelia hebet Ecclesia, haeresis plurima” (die kerk het vier Evangelies, die ketterye baie). “By die derde konsilie van Carthago in die jaar 397, waar die Nuwe-Testamentiese kanon sy finale beslag gekry het, is uitdruklik besluit dat ‘behalwe die kanonieke Skrifte’ (wat die Nuwe Testament betref, die sewe en twintig boeke wat ons tans het) niks in die kerk gelees mag word onder die naam van heilige Skrifte nie” (Müller). Scroggie skryf: “In any case, we know that by the end of the fourth century the books which make our New Testament were universally acknowledged to be Holy Scripture.”

Ons begryp dus die bevel van Paulus: “Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie” (1 Tim. 5:21) en ook: “En dan, broeders, staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is óf deur ’n woord óf deur ’n brief van ons” (2 Tess. 2:15). ’n Bietjie verder volg hy dit op met: “En as iemand aan ons woord in hierdie brief nie gehoorsaam is nie, teken dié man en hou geen gemeenskap met hom nie, sodat hy skaam kan word” (2 Tess. 3:14). Dat die voorskrifte in die Bybel vir Paulus ’n saak van groot erns is, blyk uit die waarskuwing wat hy reeds aan die begin van die brief laat hoor het, deur te sê dat die Here Jesus Christus wanneer Hy kom “ … wraak (gaan) uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie nie gehoorsaam is nie. Hulle sal as straf ondergaan ’n ewige verderf … ” (2 Tess. 1:7-9).

Daar staan geskryf: “ … en die boeke is geopen” (Op. 20:12). Een van dié boeke is die boek van ons gewete of van ons hele lewe, want “daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie” (Luk. 12:2). Dit geld natuurlik nie van dié wat gered word nie, want daar is geen veroordeling vir die wat in Christus is nie (Rom. 8:1); hulle sondes word gereinig deur die bloed van die Seun (1 Joh. 1:7) en aan hulle sondes en oortredinge word nooit meer gedink nie (Heb 8:12). Die boek van ons gewete of van ons lewe begin al vóór ons geboorte, omdat ons in sonde ontvang en gebore word (Job 14:4; Ps. 51:7; Rom. 3:22, 23; 5:12; Ef. 2:1-3). In Adam het ons ons voorreg op die ewige lewe verbeur (Rom. 5:12). Dit is die skuld van ons sonde. Maar die oordeel gaan ook oor ons verborge sondes (Pred. 12:14; Rom. 2:16); oor ons begeertes (Eks. 20:7); ons gesindhede (1 Joh. 3:15); ons gedagtes (Mark. 7:21, 22); ons woorde (Matt. 12:36 en ons werke (Op. 20:12).

’n Ander boek wat oopgemaak word, is die Bybel. Jesus het gesê dat die woorde wat Hy gespreek het ons sal oordeel op die laaste dag (Joh. 12:48). Op dié dag geld die vrae: Was ek versigtig soos ’n slang en opreg soos ’n duif? (Matt. 10:16); het ek slegte geselskap vermy? (1 Kor. 15:33); het ek gevlug vir die begeerlikhede van die jeug? (2 Tim. 2:22); het ek kuis gelewe? (1 Tim. 5:22); het ek my ouers geëer? (Ef. 6:1, 2); het ek gedurig gebid (1 Tess. 5:17); het ek die onderlinge byeenkomste versuim, soos sommige die gewoonte gehad het? (Heb. 10:25); het ek my hart, dit is my hele lewe, vir die Here gegee? (Spr. 23:26).

Nog ’n boek wat oopgemaak sal word, is die boek van die lewe van die Lam. Sal my naam uit dié boek afgelees word? Die vraag is of ek my al beklee het met Jesus? (Rom. 13:14), of ek Hom al as my Saligmaker (Joh. 1:12) en as my Here (Kol. 2:6) aangeneem het? Elkeen sal vir homself aan God rekenskap gee (Rom 14:10, 12). Die oordeel sal regverdig wees (Hand. 17:30, 31). Net wat ’n mens saai, sal hy ook maai (Gal. 6:7, 8). Almal sal nie ewe swaar gestraf word nie (Luk. 12:47, 48). Nie almal sal dieselfde loon ontvang nie (Dan. 12:3). Ons lees: “En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees” (Op. 22:12).

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui