Wil skeppingsleerders God en die Bybel wetenskaplik bewys?

Kyk ook:

Sommige mense dink dat skeppingsleerders God en die Bybel wetenskaplik wil bewys en dit maak hulle sommer uit die staanspoor negatief teenoor skeppingsleerders. Dit is egter nie waar nie.

Om God te bewys

Om skeppingsleerders se benadering te demonstreer oor God, kyk die volgende aanhaling uit The creation information argument—how does it stand up to the charge of circular reasoning, and more?:

In fact, the evidence for design in living things is inescapable. See, e.g., Cuttlefish inspire TV design and if you still need more, then look at this: Design Features Questions and Answers. Of course, when confronted by this, sceptics often will then challenge creationists to show evidence that God exists (i.e. not just evidence for a creator). On this point, there is actually no way of ultimately resolving this question by empirical scientific method, which cannot, by definition, legislate on the existence or non-existence of God. CMI makes it very clear that our belief that God is Creator is an axiom, a pre-suppositional belief.

Dus glo skeppingsleerders in God terwyl ateïste glo dat materie, energie en inligting vanself kan voortkom en dat die wetenskap ons moontlik nog ’n verklaring hiervoor sal gee.[1]

MAAR, ek wil net byvoeg, as iemand nogtans nie wil glo dat daar ’n god is nie, ten spyte van al die bewyse vir ontwerp, dan geld Ps 14:1 vir hom/haar: “Die dwaas dink daar is geen God nie”. So ’n persoon maak doelbewus ’n besluit teen God.

Kyk ook:

Om die Bybel te bewys

Alhoewel daar baie wetenskap en argeologie is wat die Bybel bevestig, is dit net so moeilik om die Bybel wetenskaplik te bewys – net soos dit baie moeilik is om enige geskiedkundige gebeurtenis wetenskaplik te bewys. Sal iemand bv wetenskaplik kan bewys dat Jan van Riebeeck in 1652 in die Kaap geland het? Nee. Skeppingsleerders se uitgangspunt is om te wys dat evolusie en miljoene jare nie wetenskaplik bewys is nie en daarom nie die Bybel (wat hoofsaaklik ’n geskiedenisboek is) verkeerd bewys nie.

Kyk ook:

Sommige mense sê dat dit ’n swak manier van debateer is: om ’n ander een se teorie aan te val en so jou eie teorie te versterk. Dit is egter nie altyd ’n swak metode van argumentering nie. Twee opmerkings daaroor:

  1. Evolusie is ’n teorie wat juis ontwikkel is om dinge te verklaar sonder God. Indien jy dus evolusie verkeerd bewys, dan is jy baie nader aan die argument dat ’n god geskep het (kyk Hoe evolusie (en liberalisme) mense se geloof beïnvloed). En natuurlik gebruik skeppingsleerders baie die “ontwerp”-argument – daar moes ’n intelligente ontwerper wees wat geskep het.
  2. Skeppingsleerders wil juis demonstreer dat, net soos ons nie God en die Bybel wetenskaplik kan bewys nie, net so min kan mens evolusie en miljoene jare wetenskaplik bewys of bewys dat God dit gebruik het om te skep. En as evolusie en miljoene jare nie wetenskaplik bewys is nie, hoekom nie die Bybel glo in Genesis 1-11, wat opgeteken is deur mense wat daar was en wat duidelik is oor hoe God geskep het nie (kyk bv Is Genesis poetry / figurative, a theological argument (polemic) and thus not history?).

Voetnotas

[1] Ek het eenkeer met ’n ateïs gesels en toe vra ek hom waar materie en natuurwette vandaan kom. Om ’n lang storie kort te maak, sy antwoord was dat dit nog altyd daar was. Toe sê ek vir hom dat dit is net soos Kent Hovind (van wie hy niks dink nie) sê: “Ons glo aan God en ateïste glo aan ’n klip.” Hy vra my toe waar God vandaan kom. Ek kon seker nog allerhande argumente soos in Who created God? gebruik het, maar toe antwoord ek hom bloot dat dit presies die punt is: beide van ons glo in iets. Ateïsme is niks meer wetenskaplik as geloof in God en die Bybel nie.

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

In prof Julian Müller se artikel Dít wat ons nié dink (6 Maart 2010) sê hy:

Met die ontwikkeling van die wetenskaplike wêreldbeeld waar daar nie meer ’n bo en onder in die heelal is nie en waar daar bewyse is van ’n evolusionistiese ontwikkeling oor miljoene jare, word dit vir die denkende mens toenemend moeilik om aan ’n teïstiese God te glo. (my onderstreping)

Dus erken prof Müller hier baie duidelik watter invloed die aanvaarding van evolusie as wetenskaplike feit op sy siening van die teologie en ook sy geloof gehad het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui