Radiometriese datering verkeerd

Hoe bereken ’n mens die ouderdom van iets met radiometriese datering?

Kom ons neem die K-Ar (kalium-argon) metode as voorbeeld: Daar is gevind dat kalium in ’n monster verval na argon. Die tempo waarteen dit plaasvind, kan baie akkuraat in ’n laboratorium bepaal word – die halfleeftyd van kalium is bepaal op 1.31 miljard (of 1.31e+9) jaar. Die halfleeftyd is die tyd wat dit neem vir die hoeveelheid kalium om te halveer. Dus, indien ’n stuk kalium vir 1.31 miljard jaar laat staan word in ’n lugdigte houer, sal daar 50% kalium wees en 50% argon gas. Na nog 1.31 miljard jaar sal daar 25% kalium wees en 75% argon, ensovoorts. Die volgende formule geld:

radio dat_formule1

Hierdie formule kan in die volgende grafiek uitgebeeld word:

radio dat_kalium_argon_grafiek

Om die ouderdom van iets te bepaal, moet die hoeveelheid kalium en argon bepaal word en moet die boonste forumule soos volg herrangskik word:

K = K0(0.5)t/HL
K/K0 = (0.5)t/HL
log(K/K0) = log(0.5)t/HL
log(K/K0) = (t/HL)log(0.5)
t/HL = log(K/K0)/log(0.5)

Dus:

radio dat_formule2

Daar word aanvaar dat indien lawa (gesmelte rots) na die oppervlak kom, sal enige argon gas ontsnap en daarom behoort daar slegs kalium in die rots te wees en geen argon nie. Indien die rots stol, kan die argon nie meer ontsnap nie en bou dit dus op in die rots. Dus, indien daar argon in die rots vasgevang is, beteken dit dat sommige van die kalium verval het na argon. Daar is dus slegs twee aannames wat gemaak moet word:

  1. Aan die begin was daar geen argon teenwoordig nie (dit het alles ontsnap toe die rots lawa was).
  2. Die vervaltempo van kalium na argon is altyd konstant.

Dit lyk nie na onredelike aannames nie en daarom lyk dit of hierdie metode ouderdomme baie akkuraat behoort te kan bereken. Maar is dit so? Wat sê die praktyk?

Voorbeelde van verkeerdberekende monsters

Daar is baie voorbeelde waar radiometriese datering monsters van bekende ouderdom heeltemal te oud gemeet het. In die tabel hieronder word ’n paar voorbeelde gewys.

Geval Werklike ouderdom (jaar) Berekende ouderdom (miljoen jaar) X keer te hoog gemeet Bron
Hawai 1800 nC 169 1.6 9470 1, 4
Hawai 1800 nC (2de monster) 169 1.41 8340 1, 4
Etna 122 vC 2091 0.25 119 1, 4
Etna 1792 nC 177 0.35 1980 1, 4
Mt Lassen 54 0.11 2040 1, 4
Sunset 905 0.27 297 1, 4
Sunset (2de monster) 905 0.25 275 1, 4
Mt Ngauruhoe, Nieu Seeland 25-50 7200-93300 2
Mount St Helens 12 0.34 – 2.8 28000-233000 3
Mt. Stromboli, Italië ~35 2.4 68600 4
Glass Mountains, Kalifornië 12.6 25200 4
Hualalai basalt, Hawaii ~200 22.8 114000 4
Rangitoto basalt, Auckland, NZ 0.15 187 4

Bronne:

  1. Skeppings & Evolusie – Onversoenbaar!, bl 204
  2. The Cause of Anomalous Potassium-Argon “Ages” for Recent Andesite Flows at Mt. Ngauruhoe, New Zealand, and the Implications for Potassium-Argon “Dating” en Radioactive ‘dating’ failure
  3. Excess argon within mineral concentrates from the new dacite lava dome at Mount St Helens volcano en Radio-dating in Rubble.
  4. “Excess Argon”: The “Archilles’ Heel” of Potassium-Argon and Argon-Argon “Dating” of Volcanic Rocks

Let op dat die resultate nie eens konsekwent verkeerd is nie: As ’n mens bv die Hawai en Etna resultate vergelyk, sien mens dat die jonger Hawai monsters baie ouer gemeet word as die ouer Etna monsters. Kyk ook hoe wisselvallig is kolom “X keer te hoog gemeet”.

Opsomming

Dit is duidelik dat een of beide van bogenoemde twee aannames nie geld nie:

  1. Aan die begin was daar geen argon in die monster nie.
  2. Die vervaltempo is altyd konstant.

Party mense sal redeneer dat hierdie metodes nie akkuraat is vir jong monsters nie. Dit is juis nie waar nie, want hierdie vervaltempo’s word in ’n laboratorium bepaal oor ’n relatief kort tyd. Dus behoort hierdie metode juis baie akkuraat te wees vir jong monsters.

Hierdie is ’n reuse penarie vir radiometriese datering: bogenoemde voorbeelde bewys dat die aannames wat gemaak word baie onseker is. Dit impliseer dat radiometriese datering glad nie vertrou kan word nie.

Wat baie interessant is, is dat evolusioniste die resultate van radiometriese datering in elkgeval slegs gebruik wanneer dit hulle pas. In die artikel The pigs took it all, word dit baie mooi opgesom met die volgende woorde: “Hoe weet mens wanneer mens goeie monsters het vir datering? Die antwoord is dat “goeie” monsters ouderdomme gee wat ooreenstem met die evolusie voorveronderstellings. “Swak” monsters lewer ouderdomme wat nie ooreenstem met evolusie[tydlyne] nie – hierdie is ’n klassiek voorbeeld van sirkelredenering.” (Kyk ook die geval van Mungo man – Was Adam from Australia?.)

Verwante artikels

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

Uit “CMI Extra”, Maart 2010

“Just a note to tell you how much of a blesing CMI really is… Recently, my seventh grade daughter was subjected to the evolutionary theory at school… Debunking evolution should be part of any Christian’s witness. Evolution is so damning to so many peoples’ worldview. So, thank you all for the excellent resource that is CMI.” – Mike F.

“I am thankful to our Lord for your ministry form Him. I grew up in an atheist/evolution home, married a ‘JW’ [Jehovah’s Witness], ended up a demonised witch by the time the Lord, our creator saved me at 46, 11 years ago [1999]. Almost all the Christians I’ve met don’t think it is important to take Genesis literally. I have hang on to the hard truth of God’s word. … Thank you so much. My faith grows as I read and listen to [you].” – Jeannie J.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui