Radiometriese datering deurbraak

Kyk ook:

Hierdie vakansie (Desember 2009) het ons by ’n goeie vriend van my oorgeslaap. Hy was op my verspreidingslys, maar hy het my ’n hele ruk gelede laat weet dat ek hom maar van my verspreidingslys moet afhaal. Ons het die een aand bietjie oor evolusie en miljoene jare gepraat en die volgende oggend sien hy ons seuntjie, Dana, het ’n hempie aan met ’n dinosourus op. Hy vra my toe wie my omgekoop het om hierdie hempie vir hom aan te trek. Ek sê toe vir hom dat ek wel aan dinosourusse glo, maar net nie dat hulle so lank terug geleef het nie. Hy sê toe dat hy gedink het skeppingsleerders glo nie dat hulle bestaan het nie. Ek sê toe vir hom dat om hulle bestaan te ontken sou dieselfde wees as om te sê dat die aarde plat is.

Dit is vir my baie interessant hoe min sommige mense oor hierdie onderwerp weet en dit is presies die doel van hierdie e-posse – om mense meer in te lig sodat hulle die Bybel goed kan verdedig.

Ek het ook onlangs met ’n familielid gepraat oor hierdie onderwerp: hy glo wel nie aan evolusie nie, maar wil glad nie die miljoene jare laat vaar nie. Die rede hiervoor is lyk my die kwessies rondom die heelal (bv hoe mens sterre miljoene ligjare ver kan sien). Hy kon egter nie enige argument uit sy kop onthou nie, dus kon ons nie daaroor debateer nie. En ’n ander ding wat ’n groot rol speel in sy siening is dat soveel wetenskaplikes nie verkeerd kan wees nie (wat baie ironies is, want indien hy nie in evolusie glo nie, dan hang hy ook ’n minderheidsopinie aan). Dit het my laat dink aan Dr. Russell Humphreys se aanhaling:

“There is a little-known irony in the controversy between creationists and evolutionists about the age of the world. The majority of scientists—the evolutionists—rely on a minority of the relevant data. Yet a minority of scientists—the creationists—use the majority of the relevant data. Adding to the irony is the public’s wrong impression that it is the other way around. Therefore, many ask: ‘If the evidence is so strongly for a young earth, why do most scientists believe otherwise?’ The answer is simple: Most scientists believe the earth is old because they believe most other scientists believe the earth is old!”

(Kyk Hoekom is daar soveel wetenskaplikes wat aan evolusie glo, wat hierdie kwessie breedvoerig bespreek.)

****************

Hier volg ’n opsomming van die artikel Radiometric dating breakthroughs:

Die RATE-groep (Radioactivity and the Age of The Earth) (groep van skeppingsleerders) het ’n daadwerklike poging aangewend om te verklaar hoe sommige radiometriese daterings sulke hoë ouderdomme meet. Dr Humphreys en dr Baumgardner het besef dat daar wel groot hoeveelhede radiometriese verval plaasgevind het en dat dit nie foutiewe lesings is nie. Indien die Bybel waar is, moes daar dan op ’n stadium baie vinnige radiometriese verval plaasgevind het en kon dit nie konstant wees vir miljoene jare lank nie.

1. Uraan-lood verval metode:

Uraan (U) verval na lood (Pb) met helium (He) as byproduk. (Atoomgetalle: U = 92, Pb = 82, He = 2)

Zirkon (“zircon”) kristalle is gevind wat uraan bevat wat gedeeltelik verval het na lood. Volgens die uraan/lood verhouding moet hierdie kristalle 1.5 miljard (1.5e+9) jaar oud wees.

Daar is egter ’n beduidende hoeveelheid helium ook in die kristalle gevind, maar helium is veronderstel om baie vinnig uit die kristalle te ontsnap. Volgens die hoeveelheid helium in die zirkon kristalle, moet dit slegs 5 680 (± 2,000) jaar oud wees (teenoor 1.5e+9 jaar oud)

Hier is dus ’n duidelike teenstrydigheid.

2. Koolstof-14 (C-14) metode:

Nog geen organiese materiaal is gevind wat nie C-14 bevat nie. Omdat C-14 ’n baie kort vervaltempo het, beperk dit die ouderdom tot slegs 250 000 jaar.

C-14 is ook gevind in diamante. Die berekende ouderdom daarvan is ’n skamele 58 000 jaar oud. En omdat diamante die hardste ding op aarde is, is die waarskynlikheid van kontaminasie bitter klein (kontaminasie is wanneer jong organiese materiaal die diamant penetreer en dan lyk dit asof die diamant nog C-14 bevat alhoewel dit agv die jong materiaal is wat die diamant gepenetreer het).

**********

Hierdie is twee van baie voorbeelde waar daar baie teenstrydighede is met radiometriese verval metodes. Oor wat die vinnige radiometriese verval veroorsaak het, kan ’n mens net spekuleer.

Die volgende 4 dinge is moontlikhede (http://creation.com/creation-magazine-live, Episode 14: Radio isotope dating – An evolutionist’s best friend?, 47:48):

  • Toestande voor die sondvloed moes 100 keer meer koolstof as vandag hê. Die sondvloed het waarskynlik baie koolstof-14 begrawe (dus lyk dit of daar minder is as wat daar werklik is).
  • Die aarde se magnetiese veld was sterker in die verlede, dus stadiger produksie van C-14 in die verlede.
  • Ons weet nie hoeveel C-14 daar was toe die aarde geskep is nie.
  • Versnelde radio-aktiewe verval.

Terloops, Calvin Smith (’n skeppingsleerder) het eenkeer vir ’n megakronofiel1 gevra wat sou ’n gebeurtenis soos die sondvloed aan C-14 vervaltempo’s doen. Sy antwoord was dat ’n globale vloed amok sou gemaak het met C-14 vervaltempo’s, maar daar was nie ’n globale vloed nie…

Nou is die vraag: hoe kies wetenskaplikes watter ouderdomme hulle gebruik? Die antwoord is dat hulle dié resultate kies wat die beste by die evolusieteorie inpas.2

Die enigste geldige afleiding wat gemaak kan word is dat die wetenskap baie sleg is om die ouderdom van die aarde en heelal te bepaal en dat dit beter is om betroubare ooggetuie verslae, nl die Bybel, te glo.

Voetnotas

  1. Megakronofiel = iemand wat aan miljoene jare glo.
  2. Om te illustreer hoe evolusioniste te werk gaan, kyk die volgende artikels Dating of “oldest pottery” from China is based on assumptions (kyk “Mungo man”), Flaws in dating the earth as ancient en The pigs took it all

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

Bishop John Shelby Spong het die volgende gesê: “And Charles Darwin not only made us Christians face the fact that the literal creation story cannot be quite so literal, but he also destroyed the primary myth by which we had told the Jesus story for centuries. That myth suggested that there was a finished creation from which we human beings had fallen into sin, and therefore needed a rescuing divine presence to lift us back to what God had originally created us to be. … And so the story of Jesus who comes to rescue us from the Fall becomes a nonsensical story. So how can we tell the Jesus story with integrity and with power, against the background of a humanity that is not fallen but is simply unfinished?”
[Spong is wrong]
[Kyk ook What’s wrong with Bishop Spong?]

Wat my net verstom is hoe iemand dit kan sê en nogsteeds beweer dat hy ’n Christen is…

En dit wys maar net weer dat evolsie en die Bybel nie versoenbaar is nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui