Verdeeldheid in kerk oor etiese kwessies bring uitdagings

In 2018 het Hennie Pienaar vir Chris van Wyk by die MRK gaan aankla oor sy uitlating dat indien die kerk homoseksualiteit moet aanvaar, die kerk vir dieselfde redes ook pedofiele sal moet aanvaar.

Die saak teen hom is eers op 9 Oktober 2020 laat vaar (kyk Chris van Wyk – onskuldig!).

Op 8 Oktober, ’n dag voor die saak teen hom laat vaar is, het hy die volgende waarskuwing gerig tydens ’n geleentheid in Port Elizabeth waar hy predikante toegespreek het:

  • Die verdeeldheid in die kerk oor etiese kwessie maak dit baie moeilik om Bybelse waardes te verdedig.
  • Die wortel van die verdeeldheid in die kerk was die opkoms van liberale teoloë wat die gesag van die Skrif ondermyn het.
  • In die NG Kerk het dit in 2004 begin met die aanvaarding dat daar verskille is in die beskouing van selfdegeslagshuwelike. Toe is daar ’n besluit geneem wat ruimte maak vir mense wat nie in die bestaan van die duiwel wil glo nie. En dan was daar ook verskillende sienings oor die opstanding van Jesus.
  • Die resultaat van ’n kerk met verskillende sienings is dat daar op die ou einde nie ’n basis is om oor etiese kwessies te besluit nie.
  • In ’n verdeelde kerk is voorstanders van ’n Bybelse wêreldbeskouing oop vir wetlike aanval wanneer die sekulêre samelewing kan aantoon dat hulle op grondwetlike regte diskrimineer, terwyl ’n ander deel van die kerk nie teen die Grondwet diskrimineer nie.
  • Daarom moet Christene gereed maak vir etiese uitdagings.

Kyk DRC leader facing hate speech charges tells pastors to prepare for ‘ethical challenges’.

1 thought on “Verdeeldheid in kerk oor etiese kwessies bring uitdagings”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui