Haatspraakaanklag teen Dr. Chris van Wyk teruggetrek

Haatspraakaanklag teen Dr. Chris van Wyk teruggetrek

Bron: Joy digital mag

Oorspronklike bron: ChristianView Network

15 Oktober 2020

ChristianView Network verwelkom die terugtrek van die aanklag van “haatspraak” deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) teen dominee Chris Van Wyk omdat hy ’n debat gevoer het teen die aanvaarding van homoseksualiteit.

Die saak is teruggetrek nadat Van Wyk se prokureurs gedreig het om ’n kostebevel teen die SAMRK-amptenare in hul persoonlike hoedanigheid in te stel. Die saak is soortgelyk aan die saak van die joernalis, Jon Qwelane, wat deur die SAMRK vervolg is, in die hooggeregshof skuldig bevind is, vrygespreek is op appèl

[Kommentaar: ’n Mens moet erken dat die saak teen Chris van Wyk en Jon Qwelane baie ooreenstem, maar Qwelane se uitsprake was uitdagend, affronterend en blatant. Kyk Call me names, but gay is NOT okay…. Chris se uitsprake was bloot feitelik gestel.]

Van Wyk en Qwelane het die “reductio ad absurdum”-argument gebruik (bewys van valse aanname uit absurde gevolgtrekking). Qwelane het aangevoer dat aanvaarding van die beginsel van “seksuele oriëntasie” daartoe kan lei dat iemand bestialiteit mag voorstaan, terwyl Van Wyk aangevoer het dat die beginsel logies gebruik kan word om ook pedofilie te regverdig.

In albei gevalle neem hulle aan dat die teenpartye sou saamstem dat bestialiteit en pedofilie onaanvaarbaar is, wat dan bewys dat die ongekwalifiseerde aanvaarding van “seksuele oriëntasie” vals is. Volgens die reg is die term “seksuele oriëntasie” ongedefinieerd en elasties.

Qwelane en Van Wyk se stellings is dus nie “haatspraak” nie, maar is logies korrek en voer ’n argument aan wat nie deur hulle teenstanders weerlê kon word nie. Die teenstanders het toe probeer om die debat te wen deur van boelietaktiek gebruik te maak met ’n aanklagte van ”haatspraak”.

Die ongekwalifiseerde aanvaarding van die “seksuele oriëntasie”-argument is fundamenteel gebrekkig en hierdie voorvalle lê dit bloot. Regter Edwin Cameron se boek, Defiant desire, wat gereeld in “seksuele oriëntasie”-literatuur aangehaal word, bevat onkritiese narratiewe verslae, nie net oor homoseksualiteit nie, maar ook van pedofilie en bestialiteit.

Ander antieke kulture het pedofilie en bestialiteit aanvaar. Daar is betoog gelewer om pedofilie as ’n seksuele oriëntasie in Nederland te probeer wettig en ’n pro-pedofilieparty is toegelaat om die algemene verkiesing te betwis. Dit is nie onredelik om te verwag dat indien die huidige morele agteruitgang voortduur, iemand dit ook in Suid-Afrika as aanvaarbare seksuele oriëntasie sal aanvoer nie.

In Suid-Afrika het die howe die ouderdom waarop kinders wettig seksueel mag verkeer reeds tot 12 verlaag. Die onsedelike en grafiese Omvattende seksualiteitsvoorligting (CSE) word vir openbare skole voorgestel. Inkrementele verdere uitbreiding van die inhoud, kan maklik na pedofilie verskuif.

Die Suid-Afrikaner Hindu Dharma Sabha het onlangs ook ’n klag by die SAMRK teen die evangelis Simeon Chetty inigedien weens sý godsdiensstandpunte. Al hierdie groepe moet ophou om die burgerlike howe te misbruik om rasionele, morele en wettige openbare debatte te probeer stuit.

Ons, Christian View Network, daag die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie uit vir ’n radiodebat oor hierdie onderwerp.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui