Ope Brief aan die NG Kerk (Andre Bekker, 26 Maart 2020)

Kyk ook:

André Bekker is ’n voormalige homoseksuele persoon wat ook pedofiliese neigings gehad het. Tans is hy die hoof-uitvoerende beampte van Voice of the Voiceless Advocacy (VOTVA) waarvan die primêre doel is om ’n stem te wees vir voorheen homoseksuele persone om vir ander te wys dat verandering wel moontlik is.

Tydens die NG Kerk se 2019 Algemene Sinode het die NG Kerk amptelik besluit om LGBTQI+ persone te akkommodeer. In 2018 (voor die besluit geneem is) het Chris van Wyk in ’n brief geskryf dat indien die kerk LGBTQI+ wil akkommodeer, dan moet die kerk met dieselfde argumente ook pedofilie akkommodeer. Hennie Pienaar, ’n homoseksuele NG lidmaat, het daarop vir Chris by die MRK (Menseregtekommissie) gaan aankla oor hierdie stelling. Intussen het die MRK die saak na die gelykheidshof verwys. Die NG Kerk leierskap het tot op hede geswyg oor hierdie saak.

In die ope brief aan die NG Kerk hieronder voeg André Bekker sy stem by Chris en wys in meer detail dat die NG Kerk baie inkonsekwent is om LGBTQI+ te akkommodeer, maar nie pedofilie nie. Indien homoseksualiteit ’n geldige seksuele oriëntasie is, dan moet die kerk na regte ook pedofilie as ’n geldige seksuele oriëntasie erken.

*********

26 Maart 2020

Ope Brief aan die NG Kerk

Voice of the Voiceless Advocacy (VOTVA) doen voorspraak namens gemarginaliseerde seksuele minderhede, wat binne Bybelse waardes optree. Die doel is om ʼn rolspeler te wees in die verwesenliking van hulle regte, soos verskans in die Suid-Afrikaanse Grondwet.  Die Handves van Regte is ʼn lys van basiese regte, wat alle mense het, bloot eenvoudig omdat hulle mense is, en dit kan nie van hulle weggeneem word nie.

VOTVA deel die besorgdheid van die NG Kerk oor die basiese waarde van respek vir mekaar, wat grootliks in ons samelewing vernietig is.  Die gevolg is die skending van individue en gemeenskappe se regte.  Dit is prysenswaardig dat die kerk met die saak erns gemaak het, en hom in 2013 aan die waardes, vervat in die SEISOEN VAN MENSWAARDIGHEID, verbind het. Dit is ʼn edele doel om die menswaardigheid van alle mense in die breë gemeenskap te wil herstel, deur oor grense heen na mekaar toe uit te reik, en vir mekaar liefde te betoon, soos beskryf in die Inleiding van Loop Saam. Sodoende kry die liefdesgebod praktiese gestalte.

Terwyl die kerk moeite doen, om die LGBTQI+ ten alle koste te akkommodeer, faal hy egter daarin, om dieselfde vir ander seksuele minderhede te bewerkstellig.  Dit is hierdie mislukking, wat dié skrywe noodsaak.  In die verband het VOTVA gekies, om eers ʼn hand van versoening en herstel na die kerk toe uit te reik, alvorens hy hom tot die Gelykheidshof of Die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommissie (SAMRK) wend.

In ’n REEKS mediaberigte en ander korrespondensie tussen 17 September 2018 en 5 Oktober 2018 is herhaaldelike uitsprake gemaak, wat onbillike diskriminasie teenoor randfigure bevorder het, hulle menswaardigheid aangetas het en die stigma jeens hulle verdiep het.  Dit is in die openbare domein deur prominente en invloedryke leiersfigure, dosente en predikante binne die NG Kerk gepleeg.  Die tragedie is dat hulle hulleself selfs op die Seisoen van Menswaardigheid beroep het, om ander van hulle menswaardigheid te beroof.

Die leser sal onthou dat die lont wat die herrie in die media laat ontplof het, ʼn stelling van dr. Chris van Wyk in ’n FACEBOOK-PLASING was.  Die plasing het die Moderator van die NG Kerk, ds. Nelis Janse van Rensburg geadresseer, in antwoord op dié se VERKLARING in Kerkbode.  Die stelling wat dr. Van Wyk gemaak het, is:

Indien jy steeds oortuig is daarvan dat seksuele oriëntasie ʼn gawe van God is, sal jy pedofilie – seksuele aangetrokkenheid tot kinders – ook op soortgelyke wyse moet aanvaar

Hierdie stelling het onder andere daartoe aanleiding gegee dat prop. Hennie Pienaar, ʼn gayregte aktivis binne die strukture van die NG Kerk, dit goed gedink het, om dr. Van Wyk vir haatspraak by die SAMRK te verkla.

Hy begin sy KLAGTE met inleidende opmerkings waarmee hy die agtergrond van sy klagte skets.  Hy gaan voort om te verduidelik dat dr. Van Wyk sy verklaring in die openbaar gemaak het, dat sy ondersteuners dit ondersteun het, en dat die verklaring wyd op Facebook gedeel is, en dat daarop kommentaar gelewer is.

Daarbenewens skryf prop. Pienaar, One of his [Dr. Van Wyk’s] supporters is a so called X-Homosexual, Mr. Andre Bekker.  After Van Wyk’s public letter he [Mr. Bekker] wrote an OPEN LETTER to the writer of this complaint [Pienaar] in which he confess that he is a homosexual pedophile and that he was cured by God.  He also suggest a comparison to homosexuality and pedophilia.

Dit is beklaenswaardig dat prop. Pienaar steeds in 2018 neerhalend na mnr. Bekker verwys as a so called X-Homosexual.  Dit weerspieël iets van die NG Kerk se versuim, om oor seksuele oriëntasie grense heen Ex-gays te omarm, en vir hulle plek te gee in die kerk se waardes soos deernis, sorg en respek.

Valse propaganda, dat ʼn mens Gay gebore word, dra daartoe by dat homoseksueles, wat tot bekering kom, blootgestel word aan gays en hulle ondersteuners se liefdelose optredes, wat nie menswaardigheid bevorder nie.  Dít, omdat die blote erkenning dat ʼn ex-gay bestaan, sou beteken dat gays erken dat seksuele oriëntasie kan verander.  Hierdeur sal hulle, hulle eie ideologie ondermyn.  Tereg het iemand êrens gesê: Demands for tolerance by one group can never justify intolerance or ridicule of another.

Professor Diamond, verbonde aan die Departement Sielkunde van Die Universiteit van Utha, is ʼn navorser wat die vloeibaarheid in seksuele en geslagsuitdrukking onder vroue en mans navors. Sy is van mening dat die feit aanvaar moet word, dat ʼn mens se seksualiteit gedurende die loop van sy lewe kan verander, en sê:

It is time to just take the whole idea of sexuality as immutable, the born this way notion, and just come to a consensus as scientists and as legal scholars that we need to put it to rest.  It’s unscientific, it’s unnecessary and it’s unjust.  It doesn’t matter how we got to be this way.  As a scientist, I think it’s one of the most fascinating questions out there and one that I will continue to investigate.  As a lesbian and a progressive, I think it’s totally irrelevant and just politics.

Waarmee die gay gemeenskap vrede moet maak, is die feit dat God by magte is, om gay mense nuwe skeppings te maak, en hulle  ʼn nuwe identiteit in Christus te gee, soos mnr. Bekker weliswaar van GETUIG.

Prop. Pienaar noem ook, dat He [Mr. Bekker] also suggest a comparison to homosexuality and pedophilia.  Dit is ʼn valse aantyging.  Paragraaf agt van mnr. Bekker se OPE BRIEF aan prop. Pienaar verwys na  ʼn verband tussen homoseksualiteit en pedofilie.  Hierdie verband sal weldra duidelik vir die leser uitgespel word.

Prop. Pienaar skryf voorts, He [Dr Van Wyk] argues that it is difficult and indeed not really possible to see sexual orientation as a gift from God.  Should it be considered in such a way, then, if the Church wants to be consistent it will later have to accept pedophilia as just another sexual orientation as well.  It is here where he crosses the line and makes himself guilty of hate speech by making a moral comparison between same-sex relationship and pedophilia….  As you know pedophilia is considered a pathology and a criminal act.

Dit is moeilik om in te sien hoe dr. Van Wyk se stelling, op haatspraak kan uitloop.  Hou prop. Pienaar homself nie eerder op met onbillike diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie nie? Dis noodsaaklik om ook sy stelling, As you know pedophilia is considered a pathology and a criminal act, onder die vergrootglas te plaas.

Ongeag die Sielkundige Vereniging van Suid-Afrika se Afdeling vir Seksualiteit en Gender se VERKLARING, sou prop. Pienaar dalk anders gereageer het, as hy hom sou vergewis het van bestaande wetenskaplike bevindinge, wat ʼn ander siening ondersteun.

Die algemene verstaan van seksuele oriëntasie is dat ʼn volwasse persoon ʼn seksuele aangetrokkenheid tot ʼn ander volwassene het. Dit kan geïllustreer word aan die hand van die drie mees bekende oriëntasies.

ʼn Man wat aangetrokke is tot ʼn vrou, word na verwys as heteroseksueel.  ʼn Man wat aangetrokke is tot ʼn man, is homoseksueel, en ʼn man wat aangetrokke is tot ’n man en ʼn vrou, se oriëntasie is biseksueel.

Dit is egter nie die volle prentjie nie.  Daar is navorsing wat aantoon, dat individue nie almal ʼn voorkeur seksuele/romantiese aangetrokkenheid tot ʼn volwasse persoon het nie.  Money verwys na die onderstaande moontlike ouderdomsvariasies[1], waartoe ʼn persoon aangetrokke kan voel, as Chronofilies.[2]

  • Nepiofilie (babas / kleuters)
  • Pedofilie (prepuberale kinders)
  • Hebofilie (puberale kinders)
  • Ephebofilie (postpuberale, seksueel-volwasse wordende adolessente)
  • Teleiofilie (jong seksueel-volwasse volwassenes, tipies 20-30)
  • Mesofilie (middelouderdom volwassenes, tipies 40-50)
  • Gerontofilie (bejaarde volwassenes, gewoonlik 60 en ouer)

Waar daar na geslagtelike aangetrokkenheid as seksuele genderoriëntasie verwys word, word bogenoemde as seksuele ouderdomsoriëntasie voorgestel.[3] ʼn Mens het dus beide ʼn genderoriëntasie en ʼn ouderdomsoriëntasie, en dit saam maak deel uit van ʼn mens se seksuele oriëntasie.

As die voorbeeld van die man hierbo voortgesit word, kan die man se seksuele oriëntasie soos volg daar uitsien.  Die man is aangetrokke tot ʼn manlike persoon en is dus homoseksueel.  Die manlike persoon tot wie hy aangetrokke is, is ʼn seun van 11 jaar oud (pedofilie), en is sy seksuele oriëntasie homoseksuele pedofiel.

Vir die doel van die skrywe gaan daar net op pedofilie gefokus word, en is dit nodig dat die inhoud van die Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders, vyfde uitgawe (DSM-5) bestudeer word.  Dit sou prop. Pienaar gebaat het as hy dieselfde sou gedoen het. Hy sou homself van die volgende feite vergewis het.

Deur die inhoud noukeurige te lees, word onthul dat daar ’n onderskeid getref word tussen ’n pedofiliese oriëntasie en ʼn pedofiliese afwyking.  ’n Persoon het ’n pedofiliese oriëntasie as hy bloot seksuele aangetrokke gevoelens het, maar dit veroorsaak nie vir hom wroeging of psigososiale probleme nie, en die gevoelens het ook nie tot seksuele interaksie met prepuberale kinders gelei nie.  Hierdie word nie as ʼn versteuring gereken nie.

‘n Persoon het ’n pedofieliese afwyking wanneer hy nie seksueel aangetrokke voel tot ʼn prepuberale kind nie, maar tog seksuele dade met hom pleeg, of as hy seksueel aangetrokke voel tot ’n prepuberale kind en seksueel met hom omgaan, of as hy seksueel aangetrokke voel tot ʼn prepuberale kind, nie seksueel met hom verkeer nie, maar die aangetrokkenheid veroorsaak vir hom wroeging en psigososiale komplikasies.

ʼn Groot bohaai is gemaak oor die feit dat die Amerikaanse Psigiatriese Assosiasie ʼn VERKLARING in 2013 uitgereik het, wat sê dat dit foutief was om pedofilie as ʼn seksuele oriëntasie te beskryf, en dat die bewoording in die aanlynuitgawe en die volgende gedrukte uitgawes van die DSM-5 reggestel gaan word, en seksuele belangstelling sal lees.  Wat egter op gelet moet word, is dat die bewoording nie verander moet word, omdat daar nuwe wetenskaplike feite na vore gekom het nie maar, omdat die publiek grootskaalse kapsie teen die gebruik van die woord oriëntasie gemaak het.  Die leser word aangeraai om dr. Berlin se artikel, Pedophilia and DSM-5: The Importance of Clearly Defining the Nature of a Pedophilic Disorder te lees.

Om ’n verdere klip in die bos te gooi.  Die feit dat die DSM-5 ʼn onderskeid maak tussen ʼn pedofiliese oriëntasie en afwyking op grond van die feit dat  ʼn persoon met ʼn pedofiliese oriëntasie uiting gee aan sy seksuele gevoelens al dan nie, maak logies geen sin nie.  Die feit dat ʼn persoon uiting sou gee aan sy gevoelens, kan nie die realiteit dat ʼn persoon ʼn seksuele ouderdomsoriëntasie tot ʼn prepuberale kind het, verander nie.  ʼn Mens sou dit eerder kon sien as ʼn soort van bevestiging dat hy so ʼn oriëntasie het, en dat dit daartoe gelei het dat hy  ʼn misdaad gepleeg het.  Dieselfde geld as hy wroeging of psigososiale probleme sou ervaar.

Dr. Jahnke skryf, [4] Pedophilia, that is, a sexual attraction to prepubescent children, has drawn a lot of scientific attention in recent years.  Consequently, our understanding of this particular sexual makeup has evolved rapidly. First, the idea that pedophilia may be best understood as a sexual orientation, which, akin to homo- or heterosexuality, starts early and remains stable over the course of life, is now gaining acceptance amongst the scientific community.

Net soos ʼn persoon oor die algemeen nie sy genderoriëntasie kies nie, kies hy ook nie sy ouderdomsoriëntasie, om soos in die geval van ʼn pedofiel emosioneel en seksueel aangetrokke te wees tot prepuberale kinders nie.  Die oorsaak van ʼn pedofiliese oriëntasie is onbekend.  Selfs die ontwikkeling van aangetrokkenheid tot volwassenes word nie eens verstaan ​​nie.

Verder moet daar dringend ’n regstelling in die begrip van prop. Pienaar, die NG Kerk, publiek en selfs professionele persone plaasvind.  Daar bestaan die persepsie dat pedofilie en kindermolestering sinoniem tot mekaar staan.  Dit is ʼn oningeligte en valse persepsie.  Dr. Jahnke skryf,[5] There is an emerging consensus among researchers that having pedophilic interests (orientation) is not synonymous with child sexual abuse or other amoral behavior.  Nevertheless, misconceptions about pedophilia are highly prevalent among the general public and mental health practitioners.

Dit kom daarop neer dat net soos daar nie gesê kan word dat alle homoseksuele persone pedofiele is nie, kan daar nie gesê word dat alle pedofiele kindermolesteerders is nie.

Navorsing toon dat ’n meerderheid mense wat seksuele oortredings met kinders of adolessente begaan, nie ʼn voorkeur aangetrokkenheid tot hulle het nie, en dus nie ʼn ouderdomsoriëntasie van pedofilie het nie.

ʼn Bekende in NG Kerk geledere is dr. Marlene Wasserman (Dr. Eve), ’n Suid-Afrikaanse kliniese seksuoloog.  Sy is invloedryk en word gerespekteer op haar vakgebied, en verteenwoordig Suid-Afrika op internasionale forums.[6]   Sy verduidelik “there’s still confusion on what the difference between a paedophiliac and a child sex offender is.  She explained paedophilia was a sexual orientation and those with paedophilia disorders have a mental disorder in which they cannot control their urges to have sexual relations with minors.[7] The big differential between a pedophile and someone who has a pedophilic disorder is that a pedophile is very intent on not acting out sexually. Pedophiles are aware that they have what’s called sexual orientation.[8]

In die lig van die voorafgaande word die leser gevra, om in sy geestesoog drie innemende twintigjarige homoseksuele manspersone langs mekaar te sien sit.  Die een is  ʼn pedofiel, die ander ʼn teleiofiel en die laaste ʼn gerontofiel.  Verbeel jou hulle lees en oordink dr. Van wyk se stelling hierbo.  Wat dink jy sou elkeen se verstaan van hierdie stelling wees, en hoe sou hulle daarop reageer?

Die leser word verder aangespoor, om prop. Pienaar se optrede, en die impak wat dit op die lewens van pedofiele, en dan in die besonder ook homoseksuele pedofiele het, te evalueer.  Hou in gedagte dat prop. Pienaar ʼn selfverklaarde homoseksueel en gayregte aktivis is.  Doen verder die evaluasie aan die hand van die waardes, vervat in die NG Kerk se Seisoen van Menswaardigheid.

Die inhoud van die drama, wat hom in 2018 in die media afgespeel het, moet ook teen die voorafgaande agtergrond geëvalueer word.  Dit sal aan die hand van drie insidente gedoen word, alhoewel die VERKLARING van ds. Nelis Janse van Rensburg en dr. Gustav Claassen, en individue se uitlatings in mediaberigte, hier bygevoeg sou kon word.

Op 28 September 2018 word ’n PERSVERKLARING in die Kerkbode aangekondig.  Dit was ʼn petisie wat oënskynlik GEKOÖRDINEER was deur prof. Charlene van der Walt, dr. Nadia Marais en prof. Alphonso Groenewald, en onderteken is deur 65 teoloë.  Hiervolgens het die gesprek in die NG Kerk oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag by ’n kruispad gekom.  In die verklaring word onder andere die volgende stellings gemaak, Daar is ’n merkbare verontmensliking van die ander (LGBTQI+ persone) deur van ’n vreesaangedrewe normatiewe retoriek gebruik te maak, veral wanneer moedswillige en onverdedigbare verbande getrek word tussen selfdegeslagverhoudings, pedofilie en bestialiteit.  Uitsprake in die media waarin instemmende volwasse verhoudings tussen mense van dieselfde geslag vergelyk word met die lewe-ontnemende en skadelike praktyke van pedofilie en bestialiteit is onverantwoordelik en bloot onaanvaarbaar.

Hierdie uitlatings plaas pedofiele nie net alleen op die vlak van nie-menslike wesens nie, maar maak ook ongegronde aannames.  Dit is ʼn aantasting van ʼn pedofiel se menswaardigheid en word sy konstitusionele reg, soos daar in Artikel 10 van die grondwet voor voorsiening gemaak word, geskend.  Hierdie artikel verklaar dat almal inherente waardigheid het en die reg het om hul waardigheid gerespekteer en beskerm te hê.  Dit beteken ook in wese dat almal geregtig is op gelyke respek.

Wat die ontnugterende omvang van hierdie stelings verder uitlig is die inhoud van die paragraaf wat voorafgaan.  Daarin word gesê, Ons vind dit veral vreemd omdat ons onder die indruk was dat die NG Kerk – binne die breër NG Kerkfamilie, alreeds vanaf 2013 – op reis was met die Seisoen van Menswaardigheid, wat bepaal dat alle gesprekke rakende sogenaamde “selfdegeslagsverhoudings” voortaan binne die kader van ’n aantal waardes bespreek sou word.  Die gees van die seisoen sou uitdrukking vind in ’n lewegewende woordeskat wat betekenis sou gee aan waardes soos deernis, sorg, respek en ’n bereidheid om dit wat onbekend is nie uit die staanspoor te veroordeel nie, maar om eerder met sorg te luister en om met deernis ruimte te skep vir meer om ingesluit te word.

Hierin word die ontstellende feit beklemtoon dat die opstellers en ondertekenaars van hierdie verklaring nie pedofiele as menswaardige mense beskou nie, selfs nie hulle wat tot dieselfde geslag aangerokke is nie.  Hulle word eerder as haat-objekte gekarikaturiseer, waarteen volwasse selfdegeslagverhoudings opgeweeg word.  Hierin vind hulle genoegsame rede om pedofiele van die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid uit te sluit en hulle van menswaardigheid te beroof.  Die verklaring se ondersteuners weerspreek hulself dus deur presies te doen waarvan hulle ander beskuldig.  Sou dit nie prysenswaardig gewees het as hulle slotopmerking ook op pedofiele van toepassing gemaak was nie.  Daarin sê hulle, Ons Seisoen van Menswaardigheid dring ons élkeen om die weerlose menslikheid van die ander te erken en te respekteer.

Die voorafgaande tendens gaan voort wanneer dr. André Bartlett en dr. André Agenbag die inisiatief neem om ʼn EPOS uit te stuur met ʼn aanhangsel HOU BY WAARDES VAN SEISOEN VAN MENSWAARDIGHEID, VRA PREDIKANTE, en 175 predikantekolegas werf, om dit te onderteken in solidariteit met hulle.  Volgens die verklaring is hulle ’n groep predikante van die NG Kerk wat hulle vereenselwig met die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid (luister, respek, liefde en omarming) en ook met die verbintenis van die Algemene Sinode van 2013 om selfdegeslagverhoudings aan die hand van hierdie waardes te hanteer.

In skrille kontras met waarmee hulle hulleself vereenselwig, skryf hulle, In die lig hiervan het ons met ontsteltenis kennis geneem van gesprekke op veral die sosiale media waarin verhoudings van liefde en trou tussen mense van dieselfde geslag op dieselfde vlak beoordeel word as sake soos pedofilie en bestialiteit.  Ons meen dat sulke uitsprake die onreg en diskriminasie teen persone met sefdegeslagoriëntasie verder verdiep en bevorder.  Nie alleen is dit in stryd met die erkenning van persone se menswaardigheid nie, maar volgens ons mening in stryd met die evangelie.

Hierdie uitlatings is ʼn onreg teenoor die menswaardigheid van pedofiele, ongeag hulle genderoriëntasie, en word onbillike diskriminasie teenoor hulle aangemoedig, en stigma verdiep en bevorder.  Dit druis in teen Artikel 9 van die Grondwet wat gelykheid beskerm en onbillike diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie verbied.  So weerspreek hulle eie optredes, hul uitlatings, Ongeag wat die verskillende standpunte oor selfdegeslagverhoudings mag wees, meen ons dat die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid die volgende implikasies het:

  • Liefde: dat daar gewaak word teen kwetsende uitsprake en optrede wat die waardigheid van mense in gedrang bring, en daarna gestreef word dat alle uitsprake en optrede getuig van die liefdesbeginsel;
  • Luister: dat daar nie net oor mense gepraat word wanneer hulle lewensituasie ter sprake kom nie, maar dat hulle so ver as moontlik as gelyke gespreksgenote betrek word;
  • Respek: dat daar met groot respek teenoor alle mense opgetree word en dit wat oor mense gesê word, sal getuig van respek vir hulle menswees;
  • Omarming: dat daar gewaak word teen enige uitsprake en optrede wat die indruk mag wek dat mense op grond van hulle seksuele oriëntasie uitgesluit word van volle lidmaatskap van die NG Kerk.

Ook dr. Marietjie van Loggerenberg in haar SKRYWE in Kerkbode sou goed gedoen het om die volle prentjie te skets, oor wat die DSM-5 oor pedofilie sê.  As die NG Kerk se Guru wanneer dit by die sorg en berading van die gay gemeenskap kom, moes sy van beter weet, maar het dit egter anders gekies, deur die fokus misleidend en eensydig op die negatiewe aspek van pedofieliese versteuring te plaas.  Sodoende pas dit haar narratief.  Dit is ontstellend om te lees dat sy sê, Ek wens ek kon sê: “Kom NG Kerk toe.  Ons sal jou omvou met die liefde van die Heer.”  Maar selfs ek is bang, veral as ek uitsprake en innuendo’s lees oor mense wat “anders” is.  Soos met die pedofiel-debakel van onlangs.  Uit die konteks van haar skrywe blyk dit dat ʼn pedofiel nie in haar denkraamwerk pas nie.

Kerkbode het ook nie die pedofiel-debakel reggestel, soos dr. Van Loggerenberg beweer nie.  Dit het eerder onder leiding van Neels Jackson, meegehelp om diepgaande skade aan pedofiele se beeld aan te rig, diskriminasie teen hulle te bevorder en hulle menswaardigheid af te takel.

VOTVA stel dit onomwonde, dat die skrywe geensins ter ondersteuning van kriminele gedrag is, of die bedoeling het om dit op enige wyse te bevorder nie.  Die uitsluitlike doel is om gelykwaardige menslikheid te bevorder.  Daarom moet die NG Kerk kennis neem dat hierdie bykans drie weke se openbare media-aanval, grootliks bygedra het tot ʼn verdere verdieping van die stigma, wat daar reeds aan hierdie randfigure kleef.  Die algemene stereotipes dat hulle gevaarlik en krimineel is, is verder versterk.  Dit gee stukrag vir verdere marginalisering, isolasie, pyn, lyding, vrees en angs.  Hulle word gedwing om “in die kas” te bly, wat weer daartoe aanleiding gee dat hulle nie by broodnodige professionele hulpverlening uitkom nie.  Dit op sy beurt verhoog die risiko dat kinders ingedrang kan kom. Aan al hierdie is die kerk aandadig.

Onbillike diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie is aangehits en bevorder, en die waardigheid van randfigure aangetas.  Hierdie liefdelose, ongrondwetlike hantering van pedofiele asook ex-gays, skaad die beeld van die NG kerk, en behoort ʼn verleentheid vir die kerk te wees, aangesien hierdie optredes indruis teen sy eie voorgestelde en aanvaarde waardes, soos vervat in die Seisoen van Menswaardigheid, waarmee die kerk op reis is.

Dit is VOTVA se wens dat die NG Kerk en sy leierskap eienaarskap neem, van die onreg wat pedofiele en ex-gays aangedoen is, en in die gees van die Seisoen van Menswaardigheid aan hulle ’n openbare verskoning aanbied in die Kerkbode sowel as die hoofstroom media, waarin dié onregte gepleeg is.  Daar is ook die hoopvolle verwagting dat in dieselfde gees hierdie ongeregtigheid in die kerk reggestel, en dié voorneme aan VOTVA op skrif gestel word.

Hierdie kantoor kyk met verwagting uit na die kerk se reaksie op die skrywe, en vertrou dat dit positief sal bydra tot versoening, en die bevordering van die menswaardigheid van alle mense, en die herwinning van basiese respek vir mekaar, soos wat die kerk hom ten doel het, en op beroem.

Seën Groete

André Bekker

Hoof-uitvoerende beampte

Voetnotas

[1] Hier word van Seto se indeling gebruikgemaak, Seto, M.C. (2017).  The Puzzle of Male Chronophilias. Archives of Sexual Behavior, 46, 3-22.

[2] Money, J. (1986). Lovemaps: Clinical concepts of sexual/erotic health and pathology, paraphilia, and gender transposition of childhood, adolescence, and maturity. New York, NY: Ardent Media.

[3] Seto, M.C. (2012). Is Pedophilia a Sexual Orientation? Archives of Sexual Behavior, 41(1), 231-236.

[4] Jahnke, S, (2018), The Stigma of Pedophilia: Clinical and Forensic Implications. European Psychologist 23(2):144–153.

[5] Jahnke, S., Philipp, K., & Hoyer, J. (2014). Stigmatizing attitudes towards people with pedophilia and their malleability among psychotherapists in training. Child Abuse & Neglect, 40, 93-102.

[6] Who is Dr. Eve? https://www.dreve.co.za/who-is-dr-eve/.

Why Dr. Eve? The many facets of Dr. Eve https://www.dreve.co.za/skills-expertise/.

[7]Clinical sexologist, Dr Marlene explains the difference between a paedophiliac and a child sex offender, https://reviewonline.co.za/267431/minor-attraction-can-be-prevented-from-becoming-a-crime/

[8] Why pedophiles are different from child molesters (Dr Eve explains) http://www.capetalk.co.za/articles/261647/why-pedophiles-are-different-from-child-molesters-dr-eve-explains.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui