Nagmaal

Die nagmaal is een van die twee sakramente van die Christendom (die doop is die ander sakrament).

Jesus het die nagmaal ingestel in die volgende plekke in die Bybel:

Kindernagmaal

Mense wat gekant is teen die kindernagmaal gebruik 1 Korintiërs 11:17-34 (“Onreëlmatighede by die nagmaal” en “Ongepaste deelname aan die nagmaal”) om hulle argument te staaf. Hier volg ’n paar aanhalings:

(27)Elkeen wat op ’n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. … (29)want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur ’n oordeel oor homself.

Die nagmaal is natuurlik ’n baie heilige gebeurtenis: dit herinner ons aan die lyding wat Jesus aan die kruis moes verdra ter wille van ons sondes. En daarom kan dit nie ligtelik gevier word nie.

‘n Mens sou kon redeneer dat jong kinders wat nagmaal gebruik, dit doen onder die gesag van die hoof van die huis, die “priester”. Hierdie beginsel word byvoorbeeld ook gebruik wanneer kinders gedoop word: kinders van gelowige ouers word gedoop. Die hoof van die huis (die man) neem die verantwoordelikheid hiervoor.

Wanneer kinders klein is, val hulle onder die outoriteit van hulle ouers: as die ouers besluit dat hulle nagmaal kan gebruik, maar hulle is eintlik nog nie reg nie, dan dra die ouers die verantwoordelikheid.

Wanneer kinders ouer word, dra hulle self die verantwoordelikheid.

Presies op watter ouderdom die kind hierdie oorgang maak is egter redelik vaag en wissel waarskynlik van kind tot kind.

In ’n mate kan ’n mens dus verstaan hoekom sommige kerke teen die kindernagmaal besluit. Dit vereenvoudige dinge verseker.

Kyk ook:

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui