Kortlikse perspektiewe op Nelis Janse van Rensburg

Hierdie is ’n opiniestuk. Die skrywer se standpunte weerspieël nie noodwendig dié van GlodieBybel nie.

Deur Clif van Vuren

September 2019

Nelis se aktivisme

Nelis Janse van Rensburg is ʼn bekende LGBT aktivis. In Julie 2015 het hy, Kobus Gerber en Nelus Niemandt ʼn baie groot rol gespeel om die gay agenda vir Oktober 2015 se algemene sinode sitting te dryf. Nelis het in die Rapport van 20 November 2016 erken dat hy ʼn aktivis is naamlik: “Die dag toe ek verkies is, het ek besef my dae van aktivisme is vir eers verby, my rol is anders. Ek het die afgelope jaar ontsaglik hard gewerk daaraan, maar ek het dit met ’n blye hart gedoen. As mense my van slegte goed beskuldig, weet ek dit gaan nie oor my nie, maar die rol wat ek vervul. Dis die kruis wat ek nou dra.”

Sy regsekerheid taal

Van die begin van 2016 en het Nelis deurlopend gebruik gemaak van taal soos “dis nie ʼn slegte idee om regsekerheid te kry nie”. Na die 2016 algemene sinode sitting het hy weer daarna verwys toe Hanlie in Rapport 20 November 2016 met hom praat en hy aantoon “Dis net die hof wat kan regsekerheid gee.”
Die probleem met sulke taal is dat dit niks anders is as om op ʼn sagte manier aan te dui dat die hof genader moet word nie. Dit skep ʼn kultuur in die kerk dat as daar geskille is, hofsake die oplossing is.

Nelis het oorweeg om te bedank

In dieselfde artikel in bogenoemde Rapport van 20 November 2016, word aangetoon dat Nelis dit oorweeg het om te bedank ná die 2016 algemene sinode sitting. “Dit sou onverantwoordelik wees om dit nie te oorweeg nie. Die appèlproses het bevind daar’s tegniese foute gemaak by die vorige sinode en ek moet verantwoordelikheid daarvoor aanvaar.”
Het Nelis ná dit met die kerk gekommunikeer hoekom hy nie toe bedank het nie? Is dit ʼn verleentheid vir die geloofwaardigde beeld van die NG kerk dat ʼn voorsitter onseker en onduidelik is?

Die hofsaak in Augustus 2018 en seksuele oriëntasie

Iewers ná die hofsaak in Augustus het Nelis vir die eerste keer in die publiek verklaar dat seksuele oriëntasie ʼn gawe van God is. Miskien het die hofsaak vir hom vrymoedigheid gegee om dit te doen of dit was strategies of toevallig dat hy ná die hofsaak na vore gekom het met dit?

Die hofuitspraak in Maart 2019

Ná die hofuitspraak in Maart 2019 het dit ook geblyk dat Nelis besondere vrymoedigheid gekry het om die hofuitspraak ná te praat.

Nelis se dubbel rol en ADACSA

Daar is verskeie aanduidings dat Nelis agter die skerms die 12 aansoekers wat die NG kerk hof toe gevat het, 100 persent ondersteun het in al hulle handelinge. Ek het geen twyfel daaroor dat as hy nie voorsitter van die ASM was nie, hy net soos André Bartlett openlik verklaar het dat hy die 12 aansoekers ondersteun. Wat seker die ergste hiervan is en dalk neerkom op algehele oneerlikheid, is dat Nelis ook een van die vier respondente van die ASM was. Hoe kry iemand dit reg om hom aan die een kant in dieselfde hofsaak te vereenselwig met die saak van die 12 applikante, maar aan die ander kant een van die respondente te wees? Dit maak nie sin nie, want hy moes op geen manier toegelaat gewees om as ʼn respondent op te tree nie (geen persoon kan regter in sy eie saak wees nie). Miskien is dit een van die goed wat die meeste skeef geloop het. Gustav Claassen wat ook 2015 en die 12 applikante agter die skerms ondersteun het, was ook een van die vier respondente. (Gustav kan ook nie regter in sy eie saak wees nie). Watter rol het Gustav en Nelis gespeel in hierdie verband om die 12 applikante te bevoordeel en die NG kerk te benadeel?

Die NG kerk was baie dankbaar dat ADACSA as vriend van die hof toegetree het tydens die hofsaak in Augustus 2018 asook hulle aansoek by die hoogeregshof wat geskied het na die hofuitspraak van 2019. Nelis het ADACSA heeltemal ontken en geen waardering en erkenning vir hulle belangrike rol gegee nie. Dit is een van baie aanduidings dat hy agter die skerms die 12 aansoekers se agenda ondersteun.

Nelis se verklaring in die Kerkbode 29 September 2018

In My gewete is gebind deur die Bybel en ons belydenisskrifte vra Chris van Wyk die volgende vraag: as ons seksuele oriëntasie as gawe van God erken en daarom goedkeur, hoekom nie ook pedofilie nie? Nelis se verklaring in die Kerkbode 29 September 2018 was onaanvaarbaar. Het hy ʼn versoek van André Bartlett ontvang om die verklaring te plaas? Waarom het hy nie op ʼn kerklike wyse die saak waaroor dit gaan eers by die dagbestuur van die ASM as forum hanteer nie. Die dosente, predikante, afgetrede predikante en Nelis se verklaring het gemaak dat daar valse beskuldigings van haatspraak gevolg het. Hy het nie ʼn vinger verroer om die dosente se dreigemente te kritiseer en reg te stel nie.

Voorsitter by die Wes Kaap sinode sitting

By die onlangse Wes Kaap sinode sitting het Nelis vir Smuts Janse van Rensburg wat kerkordelik ʼn kundige predikant is, “onbillik” hanteer. Smuts het ʼn amendament ingedien. Nelis het dit verwerp en aangetoon dat dit ʼn teenvoorstel is. By die komende algemene sinode moet afgevaardigdes baie wakker wees. Dis beter om amendamente klaar by die huis te skryf of te tik en deeglik voor te berei. Afgevaardigdes maak baie keer ʼn groot fout om amendamente eers by ʼn sitting te skryf. Hoe later goeie amendamente ingedien word, hoe beter want as daar byvoorbeeld naas die oorspronklike voorstel 5 amendamente volg, word eers gestem vir amendament 5 en as dit deurgaan dan verval die ander amendamente en die oorspronklike voorstel op die tafel.
Met ander woorde, amendamente moet nie te gou of te laat ingehandig word nie. Die liberale figure ken die spel van amendamente baie goed. Miskien sal dit goed wees as afgevaardigdes dubbel seker maak wat die verskil tussen teenvoorstelle en amendamente is. Kerkreg kundiges wat gekontak kan word is dr. Johan Ernst, prof. Johan van der Merwe, dr. Jorrie Potgieter en dr. Gert Duursema.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui