Hof sê gay-uitspraak is ‘geensins onduidelik’

Kyk ook:

Tydens die hofsaak tussen Laurie Gaum en die NG Kerk het Adacsa as ’n vriend van die hof (die tegniese term is Amicus curiae) opgetree. Dit is ’n party wat die hof help met informasie, maar wat nie deel van die besluit is nie. Die hof kan self besluit of hulle die inligting/raad van die vriend gebruik.

Die hofuitspraak het bepaal dat die NG Kerk die 2016-besluit om moet draai (kyk NG Kerk verloor gaysaak).

Ná die hofuitspraak het Adacsa gevoel dat die uitspraak nie duidelik genoeg was nie: dit is onduidelik hoe die NG Kerk gefouteer het:

  1. Prosedureel: Het die NG Kerk hulle eie prosedures/kerkorde oortree?
  2. Grondwetlik: Het die NG Kerk die grondwet oortree deur teen homoseksuele persone te diskrimineer?

Indien die NG Kerk slegs prosedureel gefouteer het, kan die NG Kerk tegnies gesproke weer die 2016-besluit bevestig (die progay 2015-besluit omdraai) deur die regte prosedures te volg.

Indien die NG Kerk grondwetlik gefouteer het, kan die NG Kerk nie teen homoseksuele persone diskrimineer nie en het dit toereikende implikasies vir alle kerke in Suid-Afrika.

Prof Pierre de Vos, ’n grondwetkenner, meen die uitspraak sal nie noodwendig ’n uitwerking hê op ander kerke of gelowe nie. Volgens hom het die uitspraak kortliks gehandel met die inbraak op lidmate se regte, en was dit meer “ ’n tegniese saak” van aard. “Die uitspraak het net betrekking op die NGK,”

Adacsa was egter onseker en het daarom vir die hof gevra vir meer duidelikheid.

Die hof het egter Adacsa se aansoek van die hand gewys omdat Adacsa slegs as ’n vriend van die hof toegelaat is en dus geen wetlike reg het om dié aansoek te bring nie.

Een van die regters het gesê daar is geen dubbelsinnigheid in die hof se uitspraak nie en dat “’n mens tussen die lyne kan lees dat die hof se uitspraak ook op grondwetlike gronde gebaseer was”. (Is Prof Pierre de Vos dus verkeerd?)

As dit vir die NG Kerk geld, geld dit vir alle kerke. Dus lei mens af dat die hofuitspraak alle kerke in die toekoms raak.

Die NG Kerk leierskap het egter besluit om nie te appelleer nie (NG Kerk gaan nie uitspraak oor gay-huwelike beveg). Adacsa het egter aangedui dat hulle moontlik wil appelleer. Die vraag is of hulle sal kan, want hulle was nie deel van die hofsaak nie.

Dus is daar nou orals onduidelikheid oor homoseksualteit in die kerk.

Interessant dat die hof se amptelike antwoord aan Adacsa presies ooreenstem met wat Laurie Gaum in Alliansie van kerke hof toe oor gayregte in NGK (14 April 2019) gesê het:

“As teenargument het Laurie Gaum … in hofstukke aangevoer dat Adacsa nie ’n party in die geding was nie en homself dus nie met die uitspraak moet bemoei nie. Voorts voer Gaum aan dat die uitspraak hoegenaamd nie onduidelik is nie – die NG Kerk het die saak op sowel prosedurele as grondwetlike gronde verloor.”

Interessant…

*************

Hof sê gay-uitspraak is ‘geensins onduidelik’ | Maroela Media

11 Mei 2019

Mariné Lourens

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag beslis daar is geen onduidelikheid oor sy uitspraak dat die NG Kerk sy standpunte oor verhoudings van mense van dieselfde geslag moet wysig nie.

Dit kom nadat die alliansie vir die verdediging van die onafhanklikheid van kerke in Suid-Afrika (Adacsa) ’n aansoek by die hooggeregshof ingedien het waarin hy vra vir meer duidelikheid oor die regters se bevinding vroeër vanjaar teen die NG Kerk.

Die hooggeregshof het in Maart bevind die NG Kerk moet sy standpunte oor verhoudings van mense van dieselfde geslag wysig. Die NG Kerk se algemene sinode het in 2015 besluit kerke kan self besluit of hulle gay verhoudings erken, gay pare in die kerk mag trou en of hulle gay predikante wil aanstel. Die sinodebesluit is egter in 2016 tydens ’n spesiale sitting vervang. Die hof het egter in Maart gelas dat die besluit van 2016 onwettig en ongeldig is.

Adacsa het gevolglik ’n aansoek by die hof ingedien waarin hy aangevoer het dit is onduidelik of die kerk se 2016-besluit weens prosedurele foute tersyde gestel is, en of die hof ook bevind het die besluit was ’n skending van die reg op gelykheid en ander grondwetlike regte.

Dr. Frits Gaum, gewese redakteur van Kerkbode, en die res van die oorspronklike applikante in die saak het dié aansoek teengestaan.

In sy hofstukke verwys Adacsa na ’n artikel van die grondwetkenner prof. Pierre de Vos waarin hy skryf ’n gedeelte van die uitspraak wat verband hou met konstitusionele kwessies kan moontlik net ’n mening wees. Dit is dalk nie noodsaaklik vir die besluit nie en dus nie bindend op ander howe nie.

Michael Swain, uitvoerende hoof van Freedom of Religion South Africa (FOR SA), sê die hof het Adacsa se aansoek van die hand gewys op grond daarvan dat die alliansie in die oorspronklike hofverrigtinge as ’n vriend van die hof toegelaat is en dus geen wetlike reg het om dié aansoek te bring nie.

Volgens Swain het een van die regters gesê daar is geen dubbelsinnigheid in die hof se vroeëre uitspraak nie en dat “’n mens tussen die lyne kan lees dat die hof se uitspraak ook op grondwetlike gronde gebaseer was”.

Swain sê die moontlikheid bestaan dat Adacsa later ’n aansoek om verlof tot appèl kan indien. “Die hof se betrokkenheid by wat eintlik ’n leerstellige kwessie is, naamlik of die kerk gedwing moet word om homoseksuele persone toe te laat om leierskapsrolle te beklee, asook om huwelike tussen mense van dieselfde geslag te bevestig, bly steeds ’n kwessie tot ernstige kommer en stel ’n gevaarlike regspresedent,” het hy gesê.

——————

Pretoria High Court declines to clarify same sex judgment | News24

10 May 2019

Kamva Somdyala

The Alliance Defending the Autonomy of Churches in South Africa (ADACSA) has had its application for clarity on the 2016 same-sex relationships decision by the Gauteng High Court in Pretoria rejected on Friday.

ADACSA asked the court to clarify whether its judgment in Gaum vs General Synod of the Dutch Reformed Church, which declared the decision of the church on same-sex relationships to be unlawful and invalid, was made only on procedural grounds or also on constitutional grounds.

Earlier this year, the Gauteng High Court in Pretoria found that the Dutch Reformed Church’s policy against solemnising same-sex marriages, diminished the integrity of gay congregants.

Reverend Laurie Gaum, his father Dr Frits Gaum and eight other members of the Dutch Reformed Church, launched the High Court application to have the 2016 decision set aside and declared unconstitutional.

In 2015, the church had decided to allow individual church councils to recognise same-sex marriages and also scrapped a rule that gay ministers of the church had to be celibate. A year later in 2016, the church adopted a new policy, scrapping the 2015 one.

The organisation brought the application in March 2019 and, on Friday the court opted not to clarify, saying the organisation had no legal standing to bring such an application. The application was opposed by Gaum and the original applicants before the High Court.

“Following lengthy argument and an adjournment of approximately 45 minutes, the court dismissed ADACSA’s application on the basis that it – being a “Friend of the Court” in the original proceedings, rather than a party – did not have a right to bring the application,” read a statement by Freedom of Religion South Africa (FOR SA), an organisation within ADACSA.

Michael Swain, FOR SA executive director, “one of the judges remarked that there was ‘no ambiguity’, and one could read between the lines therefore that the court’s position was that its judgment was also based on constitutional grounds”.

Swain said the organisation have not abandoned the possibility of appealing the ruling by the court although the group did not immediately argue for leave to appeal.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui