Gereformeerde tradisie is nié dooie tradisionalisme

Kyk ook:

In die brief “Gereformeerde tradisie is nié dooie tradisionalisme” (kyk hieronder) voeg Dr Michiel Strauss sy stem by Fanie Snyman s’n (kyk Fanie Snyman moeg vir verdagmakery). Strauss het tans ’n deeltydse pos by die NG Moedergemeente Kuilsrivier en het op ’n stadium op die kuratorium van die teologiese fakulteit van Stellenbosch gedien.

Met Michiel se brief demonstreer hy baie mooi die probleem in die NG Kerk:

Maar ten spyte van al hierdie feite wat hom in die gesig staar, dink Michiel alles is klopdisselboom en glo hy dat die NG Kerk gesonde teologie beoefen. Prof Johan Janse van Rensburg, wat anders glo, is seker een van die “verdagmakers”.

Michiel het maar net weer bewys dat gesprekke met kerkleiers en die kuratorium (soos Fanie Snyman aanbeveel) hoegenaamd nie ’n verskil sal maak nie. Ons leef in verskillende teologiese wêrelde.

************

Gereformeerde tradisie is nié dooie tradisionalisme | Netwerk24

Deur Dr. Michiel Strauss, Kaapstad

18 Junie 2019

Prof. Johan Janse van Rensburg van Bloemfontein se brief “Daar ís probleme met teologiese opleiding” (13.06) het betrekking.

Johan maak in sy brief, in reaksie op die berig “Moreletapark maak só teologiese fakulteite verdag” (12:06) dié opmerking: “Daar ís ernstige probleme met teologiese opleiding: nie noodwendig met die wetenskaplike gehalte nie, maar met ongereformeerde standpunte.”

Hy hang verder die bordjies van “vrysinnige teologie” en “afwyking van die gereformeerde teologiese uitgangspunte van die NG Kerk” om die nek van die drie opleidingsinstansies van die NG Kerk waar predikante vir die bediening opgelei word.

Ek vind dié brief en uitlatings uiters jammer!

As iemand wat die afgelope meer as 40 jaar in verskeie hoedanighede taamlik nou betrokke was by die opleiding en toerusting van predikante vir die NG Kerk (eers as student en later as skriba van ’n kuratorium en ook lid van die algemene sinode se kommissie vir teologiese opleiding, lid van ’n eksamenkommissie van die kerk, kerklike eksaminator vir die vak praktiese teologie aan ’n teologiese fakulteit, voorsitter van ’n sinode se taakspan vir voortgesette teologiese opleiding en bedieningsontwikkeling en les bes as tydelik deeltydse dosent aan ’n teologiese fakulteit) is dit my beskeie mening dat Johan nie heeltemal die korrekte prentjie geteken het nie.

[Kommentaar: Ek sou sê die feit dat prof Johan so lank betrokke was by die teologiese fakulteit, maak hom baie gekwalifiseerd om ’n ingeligte opinie te hê.]

Van 1977 tot vandag toe het ek die dosente wat deur die NG Kerk beroep is om teologiese studente op te lei (met natuurlik enkele uitsonderings) leer ken as toegewyde en begaafde volgelinge van die Here Jesus.

Dit is mense wat hul lewe wy aan studie en onderrig.

En hulle doen dit nog altyd binne die gereformeerde tradisie.

’n Kenmerk hiervan is om altyd weer onder leiding van die Heilige Gees te vra na ons roeping in ’n altyd veranderende omgewing.

Miskien moet ons weer dink oor dié opmerking van ’n gereformeerde teoloog, Jaroslav Pelikan: “Tradition is the living faith of people now dead. Traditionalism is the dead faith of people now living.”

Gereformeerde tradisie is nooit dooie tradisionalisme nie!

Om gereformeerde teologie uit hierdie hoek te beoefen, is nie “vrysinnig” nie.

[Kommentaar: Kan jy asb vir ons voorbeelde gee waar die teologie in die NG Kerk tans dooie tradisionalisme is, of moet ek raai? Kwessies soos homoseksualiteit, seks voor die huwelik, redding deur Jesus alleen, Jesus se godheid, maagdelike geboorte en liggaamlike opstanding, hemel en hel?]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui