Deuteronomium 18:15-22 (’n profeet soos Moses)

Deuteronomium 18:15-22 (Moses is hier aan die woord)

(15)“Die Here jou God sal ’n profeet onder jou na vore laat kom, een van jou volksgenote. Hy sal soos ek wees. Vir hom moet jy gehoorsaam. (16)Dit sal wees soos destyds toe die gemeente by Horeb bymekaargekom het en jy vir die Here jou God gesê het: ‘Ek kan nie weer ’n keer die stem van die Here my God aanhoor en weer na die groot vuur kyk nie, want dan sterf ek.’ (17)“Toe het die Here vir my gesê: ‘Wat hulle gesê het, is reg. (18)Ek sal ’n profeet vir hulle na vore laat kom, een van hulle volksgenote. Hy sal soos jy wees. Ek sal my woorde in sy mond gee, en hy sal vir sy volksgenote alles sê wat Ek hom beveel. (19)Ek sal self rekenskap eis van elkeen wat nie gehoorsaam is aan my woorde wat die profeet in my Naam sê nie. (20)’n Profeet wat hom dit aanmatig om in my Naam iets te sê wat Ek hom nie beveel het nie, moet sterf. Dit geld ook van ’n profeet wat in die naam van ander gode praat.’ (21)Wanneer jy jou afvra: Hoe sal ek die woorde kan uitken wat die Here nie met die profeet gepraat het nie? (22)moet jy weet: as ’n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie.”

Die vraag is of hierdie ’n profesie op Jesus is.

‘n Mens sou dit kon antwoord deur te vra: Op wie anders is hierdie ’n profesie?

Dit is duidelik dat hier nie na Moses se opvolger, Josua, verwys word nie.

Verder sê God baie pertinent:

  • “een van jou volksgenote” – Jesus was ’n afstammeling van Abraham.
  • “Hy sal soos ek wees.” – Van almal in die Bybel was Dawid die mees onberispelikste karakter in die Bybel. Selfs van Dawid kan ’n mens beswaarlik sê dat hy soos God was. Dit is ook hoogs onwaarskynlik ’n profesie op profete soos Jesaja of Jeremia.

Die logiese gevolgtrekking is dat hierdie wel ’n profesie is wat op Jesus dui.

Dit is daarom dat daar algemeen aanvaar word dat die Messiasverwagting (kyk Johannes 6:14) ontstaan het onder andere uit hierdie vers.

Kyk ook Handelinge 3:22-24.

Bronne

1 thought on “Deuteronomium 18:15-22 (’n profeet soos Moses)”

  1. Moses was the mediator of the Law Covenant between God and the nation of Israel.

    Jesus was the mediator of a new covenant between God and Spiritual Israel that would consist of all nations,tongues and tribes

    When Jesus passed on the wine cup:”he said:This means the new covenant by virtue of my blood that will be poured out in your behalf”

    The Bible makes clear:”There is only one God and one mediater between God and men,namely Jesus Christ

    Jesus also referred to Moses when he said:”that one spoke of me”

    Derhalwe is Jesus die Groter Moses

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui