Die Bybel oor pedofilie

Die Bybel sê niks direk teen pedofilie nie.

Die kort antwoord daaroor is dat die Bybel seks beperk tot ’n huwelik tussen ’n man en ’n vrou. Trouens, Jesus sê dat indien jy slegs na ’n vrou (waarmee jy nie getroud is nie) kyk en haar begeer, pleeg jy egbreek:

Matteus 5: (28)Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.

Dus is dit baie logies om af te lei dat om selfs ’n kind seksueel te begeer, sonde sou wees.

Wat van om met ’n tienermeisie te trou?

‘n Mens neem aan dat dit wel in Bybelse tye gebeur het. Vandag is dit nie net sosiaal onaanvaarbaar nie, maar is daar praktiese, emosionele en selfs fisiese risikos vir veral meisies wat te vroeg seks het. Dit is daarom dat landswette in die meeste lande bepaal dat mens 18 jaar oud moet wees voor jy mag trou.

Ander bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui