Wie is Richard Dawkins?

Richard Dawkins is een van die bekendste en gehardste ateïste ter wêreld.

Hy het ook die boek The God Delusion (Okt 2006) geskryf. In reaksie hierop het Alister McGrath die boek The Dawkins Delusion (Feb 2007). Ray Comfort het ook op hierdie titel gesinspeel met die fliek The Atheist Delusion (2016).

Dawkins het in sy lewe heelwat interessante dinge kwytgeraak:

Oor evolusie wat ons nie sien gebeur nie, het hy die volgende gesê:

We are condemned to live only for a few decades and that’s too slow, too small a time scale to see evolution going on.

Ons is verdoem om net vir ’n paar dekades te leef en dit is te stadig, ’n te klein tydskaal om evolusie te sien voortgaan.

[Gesê in ’n gesprek met Lawrence Krauss – kyk Something From Nothing?]

en:

“Evolution has been observed. It’s just that it hasn’t been observed while it’s happening.”

Evolusie is waargeneem. Dit is net dat dit nie waargeneem is terwyl dit gebeur het nie.

[Uit Evolution has been observed?
en ‘Battle over evolution’ Bill Moyers interviews Richard Dawkins]

Dawkins het erken dat evolusie dit vir ateïste makliker maar om hulle wêreldbeskouing uit te leef:

An atheist before Darwin could have said, following Hume: “I have no explanation for complex biological design. All I know is that God isn’t a good explanation, so we must wait and hope that somebody comes up with a better one.” I can’t help feeling that such a position, though logically sound, would have left one feeling pretty unsatisfied, and that although atheism might have been logically tenable before Darwin, Darwin made it possible to be an intellectually fulfilled atheist.

Voor Darwin kon ’n ateïs na aanleiding van Hume gesê het: ‘Ek het geen verduideliking vir komplekse biologiese ontwerp nie. Al wat ek weet is dat God nie ’n goeie verduideliking is nie, so ons moet wag en hoop dat iemand met ’n beter een kom.’ Ek kan nie help nie om te voel dat so ’n posisie, alhoewel dit logies geldig is, ’n mens onbevredig sou laat voel het, en alhoewel ateïsme logies verdedigbaar sou gewees het voor Darwin, het Darwin dit moontlik gemaak om ’n intellektueel vervulde ateïs te wees.

[Uit Positive Atheism’s Big List of Richard Dawkins Quotations]

Ook in 2012:

Oh I would probably believe in God if I were pre-Darwin.

[Uit Richard Dawkins admitted ONE thing would make him believe in God]

In ’n debat tussen Dawkins en Jaron Lanier (‘n rekenaarwetenskaplike) is die volgende gesê:

Jaron Lanier: ‘There’s a large group of people who simply are uncomfortable with accepting evolution because it leads to what they perceive as a moral vacuum, in which their best impulses have no basis in nature.’

Richard Dawkins: ‘All I can say is, That’s just tough. We have to face up to the truth.’

[‘Evolution: The dissent of Darwin,’ Psychology Today 30(1):62, Jan-Feb 1997.
Uit Evolution: no morality (Dawkins)]

Oor die doel van die lewe het Dawkins die volgende gesê:

we live in a universe which has no design, no purpose, no evil and no good, nothing but blind, pitiless indifference

Op ’n stadium is daar aan Dawkins gevra of hy ’n voorbeeld kon gee waar genetiese inligting waarneembaar vermeerder het:

“Can you give an example of a genetic mutation or an evolutionary process which can be seen to increase the information in the genome?”

Hy het egter lelik klei getrap, gevra dat die kamera tydelik afgeskakel word, en toe iets gesê wat glad nie op die vraag van toepassing was nie. Kyk Was Dawkins Stumped? en Richard Dawkins stumped by creationist’s question.

In Ben Stein se dokumentêr, Expelled: No intelligence allowed, sê Dawkins ’n baie interessante ding oor die ontstaan van eerste lewe op aarde: Hy erken dat niemand weet hoe dit ontstaan het nie. ’n Moontlikheid is dat lewe êrens anders in die heelal ontstaan het en dat die eerste lewe hierheen gebring is. En hy erken dat ons tekens van ’n ontwerper sien in die huidige biologiese strukture. Dit kom neer op die geloof in panspermia. Kyk Aanhalings – Panspermia om te sien wat hy gesê het.

Debatteer nie met skeppingsleerders nie

Dawkins het homself ook voorgeneem om nie in debatte te tree met skeppingsleerders nie. Sy rede, natuurlik, is dat dit net te belaglik raak (kyk Why Richard Dawkins Doesn’t Debate Creationists). ’n Mens wonder maar oor sy rede. Kyk What Is Dawkins’ Real Motive for Not Debating Creationists? en World atheist convention rejects Australian creationist debate challenge.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui