Probleme met evolusie

Die volgende is ‘n lys van probleme vir evolusie.

Mutasies bring nie nuwe inligting

Kyk Mutasies in vrugtevlieë.

Natuurlike seleksie verminder genetiese inligting

Kyk Sekelselanemie.

Genetiese entropie

Sou evolusie verantwoordelik wees vir die diverse lewe op aarde, moet genetiese inligting in lewende wesens vandag nog toeneem. Dit is egter nie wat gebeur nie. Alle wetenskaplikes is dit eens dat ons genetika verswak. Dit word genetiese entropie genoem.

Te min tyd

Selfs al sou daar voorbeelde wees van mutasies wat genetiese inligting vermeerder, sou daar volgens evolusietydlyne hopeloos te min tyd wees om al die diversiteit van lewe op aarde te verklaar. Kyk Haldane se dilemma.

Simmetrie

Indien evolusie ‘n ewekansige proses is, hoekom is feitlik alle lewende organismes simmetries? Kyk Simmetrie in diere bewys teen ewekansige evolusie.

Onvereenvoudigbare kompleksiteit

Kyk Onvereenvoudigbare kompleksiteit.

Tussenskakels

Indien evolusie werklik gebeur het, moes daar miljoene tussenskakels in die fossielrekord wees en selfs in lewende dinge vandag. Al die tussenskakels wat voorgehou word staan egter op baie losse skroewe. Kyk Aanhalings – Vermiste skakels.

Oorblyfselorgane

Indien evolusie waar was, sou daar baie oorblyfselorgane in lewende organismes wees. Dit is organe wat nog nie volledig ge-evolueer het nie, of organe wat nie meer ‘n nut het nie. Kyk Swak ontwerp/oorblyfselorgane (“Vestigial organs”).

Wat evolusioniste self erken

Kyk:

Misleiding

Daar is heelwat voorbeelde waar evolusioniste doelbewus mislei (het). Dit sê tog iets van die motiewe van evolusioniste. As evolusie so ‘n voldwonge feit is, hoekom is dit nodig om te mislei?

Verdere bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui