Het die NG Kerk werklik die gayhofsaak behoorlik teengestaan?

Kyk ook:

Nadat die NG Kerk se 2015 homoseksuele besluit op ys geplaas is het 11 lidmate die NG Kerk gedagvaar. Die hofsaak is in Maart 2019 afgehandel en het ten gunste van die aangeklaagdes uitspraak gelewer. Die verdediging het besluit om nie te appelleer nie.

Die NG Kerk se respondente was Nelis Janse van Rensburg, Dewyk Ungerer, Gustav Claassen en Thijs van der Merwe. Nelis is openlik ten gunste van homoseksuele verhoudings: op 20 November 2016 verwys hy na homself as ’n aktivis en op 17 September 2018 erken hy dit ook openlik. Alhoewel Dewyk en Gustav hulself nog nie in die publiek uitgespreek het nie, is hulle hoogs waarskynlik ook ten gunste van homoseksuele verhoudings.

Dit is daarom bloot logies om die vraag te vra of die verdedigingspan werklik ’n poging aangewend het om die saak te wen? ’n Mens wonder of hulle selfs nie eers met opset verloor het nie (kyk Hofuitspraak laat my wakker skrik).

Met dié dat homoseksuele huwelike oral in die wêreld gewettig word en gayregte van krag tot krag gaan is die vraag is of die NG Kerk se verdediging ’n kans gehad het om die hofsaak te wen.

Die antwoord is: Hoogs waarskynlik!

In A perspective on marriages and civil unions in South Africa (Januarie 2016) skyf Pieter Coertzen onder andere die volgende (eie vertaling en opsomming):

Die groot vraag oor die erkenning van homoseksuele huwelike het in 2002 begin toe die lesbiese paartjie, Fourie and Bonthuys, by die hooggeregshof van Transvaal (tans, die hooggeregshof van Gauteng) daarop aangedring het dat hulle verhouding as ’n huwelik erken word.

In die daaropvolgende jare het meer en meer homoseksuele mense op hulle regte begin aandring. Toe daar klagtes gelê is oor vrywillige organisasies wat teen mense diskrimineer, het dit die Suid-Afrikaanse menseregtekommissie (MRK) (Engels = SAHRC) gedwing om aandag daaraan te gee. Hulle het verskillende partye genooi om aanbiedings te doen. (Dit was waarskynlik tydens hierdie aanbiedings waar Ben du Toit en Kobus Gerber in 2006 gevra het dat homoseksuele huwelike gewettig moes word.) Onder die mense wat aanbiedings aan die MRK gemaak het was professor Woolman wat die Suid-Afrikaanse Raad vir Joodse Onderwys (SARJO) (Engels = South African Board of Jewish Education (SABJE)) verteenwoordig het. Sy argument was soos volg:

Die SARJO het ’n geskiedenis dat hulle nie-Joodse kinders in hulle skole toelaat en ook nie-Joodse opvoeders in diens neem by hulle skole. Hulle skole dring egter daarop aan dat alle studente en werknemers wat tot hulle skole toegelaat word, moet voldoen aan die vereistes van ’n Joodse opvoeding: dit is om in Hebreeus onderrig te word, Joodse godsdienstige gebruike na te kom en aan alle godsdienstige geleenthede deel te neem wat deur die skool befonds is. Die skool se aansoekvorm stel dit duidelik dat die doel van die skool is om Joodse gebruike te bevorder. Dus, alhoewel daar nie teen nie-Jode gediskrimineer sal word nie, sal daar van jou vereis word om al die reëls en gebruike van die skool na te kom. Verder, hierdie Joodse skole is almal privaatskole. Kinders wat dit kan bekostig om by hierdie Joodse skole in te skryf kan baie maklik by enige ander skool inskryf. Dus, val by ons reëls in of soek ’n ander skool.

Daar is twee stelle menseregte op die tafel: Net soos een persoon die reg op gelykheid en waardigheid het, net so het ’n ander persoon die reg op vryheid van assosiasie en godsdiens vryheid. Beide kante staan op gelyke voet. Hierdie vier begrippe is fundamentele menseregte.

Om terug te kom na die NG Kerk se hofsaak:

Die NG Kerk se regspan kon presies dieselfde argumente gevoer het as die SARJO:

  • Enigiemand is welkom in die NG Kerk, mits jy die reëls nakom.
  • As jy in ’n homoseksuele verhouding staan, kom jy nie die reëls na nie en sal jou lidmaatskap beëindig word.
  • Wanneer progays daarop aanspraak maak op hulle regte in die kerk, ontneem hulle iemand anders daarvan om in ’n kerk te behoort wat die Bybel se gesag wil aanvaar.
  • Homoseksuele mense is nie gebonde aan die NG Kerk nie. Daar is ander kerke in die land wat homoseksuele mense aanvaar en waar hulle kan inskakel.

6 thoughts on “Het die NG Kerk werklik die gayhofsaak behoorlik teengestaan?”

  1. Vraag hierbo: “Het die NG Kerk werklik die gayhofsaak behoorlik teengestaan?” Nee. Sleepvoetend. Gedagtig aan AS2019 wat voorgele het en die “foutjies” wat alreeds in 2 Weskaapse gemeentes gebeur het. “They jumped the gun”, hierdie twee gemeentes. Sonder die “seen” van ’n Algemene Sinode. Gekonkel.

  2. En daar moet onderskeid getref word tussen die NG kerk en die liberale figure op die ASM en ATR wat nie die hofuitspraak teengestaan het nie. As dit afhang van gemeentes en streek sinodes sou die hofuitspraak beslis geopponeer gewees het. Sekere figure op die ASM en ATR het hulself so gelaai in die strukture dat hulle die hele NG kerk benadeel het. Die vraag is of hulle aanspreeklik gehou gaan word?

    1. Elmarie, jy is 100 present in die kol. Dit sal goed wees as elke gemeente inligting verkry wie die figure op die ASM en ATR is wat ’n linkse agenda teen die Bybel gedryf het en nog steeds dryf. Eenheid tussen NG kerk gemeentes is baie belangriker as instellings soos die ASM en ATR wat eerder behoort te ontbind omdat die eenheid in die NG kerk versteur, Bybelse teologie ignorer en kontak verloor het met die Bybelse praktyke in gemeentes.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui