Wie is Broer Marko?

Kyk ook:

Marko Kiroglu is ’n gewese Moslem uit Turkye.

Hy het groot geword as ’n sekulêre Moslem. Na sy weermagopleiding, in 2001, het hy Jesus ontmoet deur Spreuke 5: Hy het ’n hoorbare stem gehoor wat vir hom gesê het om die boek te lees en die God te glo van die Christene in. Op daardie stadium was hy glad nie geïnteresseerd in enige godsdiens nie en het daarop hierdie stem aanvanklik geïgnoreer. Maar hy het die stem weer gehoor vir drie weke lank. In ’n poging om hierdie stem weg te kry het hy gedink hy gaan ’n Bybel leen en maak asof hy dit lees en hierdie stem flous. Aanvanklik het hy in Matteus begin en was afgesit deur die geslagsregister. Die volgende dag het hy in Spreuke begin lees en was mal daaroor. Toe hy egter by Spreuke 5 kom, toe stort sy hele lewe in duie. Spreuke 5 handel oor ’n man se getrouheid aan sy vrou. In die kultuur waarin hy geleef het was egbreuke egter die normale gang van die lewe. Net daar en dan het hy besef dat as dit die standaard is van hierdie God, dan moet dit die ware God wees en dan hoef jy nie slim te wees om te besef dat jy voor Hom moet neerbuig en hom aanbid nie. En dit is presies wat hy gedoen het: hy het op sy knieë gegaan en ’n voorneme gemaak dat hy God sal dien. ’n Maand daarna het hy ’n by in kerk ingeskakel

In 2009 roep God hom uit Turkye om homself in Suid-Afrika te vestig. Hy is met ’n Afrikaanse vrou getroud en het drie kinders.

Tans is hy die stigtersdirekteur van Countdown to Christ ministries (www.countdowntochrist.com). Hulle gee opleiding aan Christene en dien as profetiese stem deur Christene bewus te maak van dinge soos:

  • Groeiende godloosheid in kerke
  • Probleem van homoseksualiteit
  • Aborsie
  • Toename in Islam in die gemeenskap
  • Groeiende tendens van antisemitisme

Hulle doel is om die Evangelie aan almal te verkondig met ’n sterk fokus op die Bybel en sy wederkoms.

Opleiding

Hy het sy teologiese graad by SATS verwerf en hy is ’n kenner van die Islamgeloof.

Boeke

Hy het die volgende boeke geskryf:

Kontakbesonderhede

Marko kan deur sy webblad gekontak word.

4 thoughts on “Wie is Broer Marko?”

  1. Marko, may the Lord richly bless you ministry and may it grow from strength to strength. What I have sincere appreciation for, it the fact that your turning to Christianity “cost” you dearly, yet the Lord gave you courage to press forward regardless, your eyes fixed on Jesus. The Lord’s shalom peace be with you all!

  2. Nou kom inligting soek oor Marko.
    Ek het op telegram begin luiter na uitsendings. Leer so baie en glo dit is die waarheid wat hy en sy mede-aanbieders oor praat. Die wegraping is naby.
    Om in ’n ander land as jou eie jou te vestig en die woord te versprei kan nie maklik wees nie. En dit in ’n “Christen” land. Mag God jou en jou gesin ryklik seën.
    Ek hoop net die boodskap word in Turkye ook gebring. Wou nog altyd daar gaan toer. Lyk na pragtige diverse land en volk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui