Die Bybel oor alkohol

Kyk ook:

In die volgende artikel word baie van Strong se Konkordansie gebruik. Daar kan toegang verkry word daarna by studybible.info/KJV_Strongs. Elke woord kan opgesoek word by studybible.info/strongs/xyyyy, waar x=”H” vir Hebreeus en “G” vir Grieks en yyyy is die woord se nommer.

Opsomming

Sommige Christene glo dat dit sonde is om alkohol te gebruik. Hulle argument is soos volg: Beide alkoholiese wyn en druiwesap word bloot as “wyn” in die Ou Testament vertaal is, maar in die Hebreeus word onderskei deur die woorde “tirosh” (druiwesap), “jajin” (alkoholiese wyn) en “shekar” (sterk drank). Dit in ag geneem is die Ou Testament teen die gebruik van enige alkoholiese wyn. In die Nuwe Testament maak die oorspronklike Grieks nie hierdie onderskeid nie en kan ’n mens aflei wat druiwesap en wat wyn is op grond van wat daarvan gesê word in die Ou Testament.

Dit is so dat “tirosh”, “jajin” en “shekar” slegs as “wyn” vertaal word, maar daar is hoegenaamd geen aanduiding in die Bybel dat mens jouself heeltemal moet weerhou van alkohol nie: nie in al die wette van Moses in Eksodus tot Deuteronomium nie en ook nie in die Nuwe Testament nie. As die drink van alkohol verkeerd was, sou Jesus nie water in wyn verander het by die bruilof in Kana nie (Joh 2). In die hele Bybel is daar slegs twee gevalle wat genoem word waar mense hulle heeltemal moes weerhou van alkohol:

  1. Wanneer die priesters in die tent van ontmoeting diens moes doen (Levitikus 10:8-9)
  2. Wanneer jy self besluit het om die nasireërgelofte af te lê vir ’n tydperk (Numeri 6:1-5)

Die doel van hierdie artikel is egter nie om mense aan te moedig om alkohol te gebruik nie.

’n Baie belangriker kwessie is nie óf dit toelaatbaar is of nie, maar die verantwoordelike gebruik daarvan.

Die Bybel is baie duidelik daaroor dat die oormatige gebruik van alkohol sonde is (kyk bv Spreuke 23:29-35, 1 Korintiërs 6:9-11, Galasiërs 5:19-21 en Efesiërs 5:18). Maar hoeveel is te veel?

Dit gaan alles daaroor of dit jou Christelike getuienis kan belemmer en of jy ander tot struikeling kan bring.

God verwag van ons as Christene om altyd onberispelik te leef sodat ons as getuies vir Hom kan dien (kyk Efesiërs 1:4, 1 Timoteus 3:2; 5:7, Titus 1:6, 2 Petrus 3:14).

’n Persoon wat te veel gedrink het, dwing nooit respek by mense af nie en dit vernietig jou Christelike getuienis. Indien jy alkohol gebruik, moet jy jouself altyd afvra wie jou sien en hoe jy self reageer op alkohol.

Paulus sê ’n paar keer dat ons nie dinge moet doen wat ander kan laat struikel nie (Romeine 14:13, 1 Korintiërs 8:13 en 1 Korintiërs 10:29). Dus moet Christene baie versigtig wees voor wie hulle alkohol gebruik. Jy mag dalk, sonder dat jy dit besef, iemand tot struikeling bring.

Daarom is dit soms net baie makliker om niks te drink in sekere situasies nie.

1 Korintiërs 10:23

Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie.

Matteus 10:16

Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.

What the Bible REALLY Says About Alcohol (Mike Winger)

Inhoudsopgawe

1. Inleiding

2. Wat sê die Ou Testament?Nasireërgelofte

3. Wat sê die Nuwe Testament?

4. Alkoholkwessie vs eet van onrein kos

5. Wat sê die Bybel van te veel drink?

6. Hoeveel mag ’n mens drink?

7. Gevolgtrekking

8. Verdere bronne

9. Bylaag A: The evil of liquor

10. Bylaag B: Verskillende terme in Strongs

1. Inleiding

Daar is sommige Christene wat glo dat dit sonde is om enige alkohol te gebruik. In Bylaag A word gewys wat sommige van hierdie mense se redenasies is. Die argument is in kort die volgende:

In Hebreeus is daar drie woorde wat as “wyn” vertaal word (latere vertalings maak nie onderskeid tussen hierdie nie):

  • Jajin (of yayin) [H3196]: Dit is wyn wat alkohol bevat.
  • Tirosh (of ti^yro^sh) [H8492]: Dit is “nuwe wyn” wat ongegiste druiwesap is wat nie alkohol bevat nie
  • Shekar (she^ka^r) [H7941]: Soos jajin, beteken dit ook alkoholiese drank of selfs sterk drank.

In die Griekse terminologie van die Nuwe Testament word hierdie onderskeid nie getref nie en word dit bloot as “wyn” vertaal. As ’n mens egter na die inligting in die Ou Testament gaan kyk, dan is dit baie duidelik dat Christene hulle moet weerhou van alle alkohol. Jesus het dus in Johannes 2, ongegiste tirosh gemaak het, nie jajin wat alkohol bevat nie. Die idee dat Jesus wyn gemaak het wat alkohol bevat is teenstrydig met die Bybel en sulke argumente kom reguit van die duiwel af.

Hierdie artikel ondersoek hierdie argument.

2. Wat sê die Ou Testament van die gebruik van alkohol?

In Young’s analytical concordance to the Bible, deur Robert Young word die verskillende terme vir “wyn” gegee op bladsy 1058.

Strongs maak ook die onderskeid tussen die verskillende terme vir wyn. In Bylaag B word gewys dat “jajin” (of “yayin”) gegee word as H3196 en “shekar” as H7941, wat sterk drank beteken.

Die woord “shemer” (H8105 – iets wat gepreserveerd is) word ook na verwys as wyn (Jes 25:6).

Kom ons kyk dus wat die Bybel oor jajin, shekar en shemer (alkoholiese drank) sê:

Levitikus 10:8-9 (Strongs)

(8)Die Here het vir Aäron gesê: (9)“Jy en jou seuns mag geen wynH3196 of bierH7941 drink wanneer julle moet gaan diens doen in die tent van ontmoeting nie, want dan sal julle sterwe. Dit is ’n vaste voorskrif, ook vir julle nageslag.

Die voorskrif word gegee dat Aäron se seuns nie alkohol mag gebruik indien hulle diens doen in die tent van ontmoeting nie. Die afleiding wat ’n mens maak is dat hulle dus wel alkohol mag gebruik wanneer hulle van diens af is. Kyk ook Esegiël 44:21.

Levitikus 23:13 (Strongs)

(13)sowel as ’n graanoffer van drie kilogram meel aangemaak met olyfolie. Dit is ’n offer wat deur My, die Here, aanvaar word. Daarby moet een liter wynH3196 as drankoffer gebring word.

Let wel dat hier na jajin verwys. Indien alkoholiese wyn ’n slegte ding was:

  1. Hoekom kon mens dit as ’n offer aan God gee? (Alle offers moes vir die Here aanneemlik wees. Kyk Levitikus 22:17-25.)
  2. Hoekom kon mens dit enigsins in jou besit hê?

Numeri 6:1-5 (Nasireërgelofte) (Strongs)

(1)Die Here het aan Moses opdrag gegee (2)om met die Israeliete te praat en vir hulle te sê: “Wanneer iemand, ’n man of ’n vrou, ’n besondere nasireërgelofte aflê om hom aan die Here te wy, (3)moet hy hom weerhou van wynH3196 en bierH7941. Hy mag geen druiwe-asyn of ander asyn drink nie, geen druiwesap [sap van druiwe] nie en ook nie druiwe of rosyntjies eet nie. (4)Die hele tydperk van sy wyding mag hy hoegenaamd niks eet wat die wingerdstok voortbring nie, selfs nie druiwepitte of -doppe nie. (5)“Vir die volle duur van sy nasireërgelofte mag hy nie sy hare of sy baard skeer nie. Hy is iemand wat vir die Here afgesonder is, en hy moet sy hare vrylik laat groei totdat die tyd van sy wyding aan die Here verby is.

Hier word die voorskrifte gegee van iemand wat besluit het om die nasireërgelofte vir ’n tydperk af te lê. Dit sluit die weerhouding van alkohol in. Dit is dus duidelik dat die Israeliete nie verbied was om alkohol te gebruik nie behalwe wanneer ’n persoon self besluit het om die nasireërgelofte af te lê.

As jy na hierdie voorskrifte vir die nasireërgelofte kyk, dan was Jesus self nie ’n nasireër nie: ’n Mens kan aflei dat Jesus wel Sy hare gesny het en dat Hy dinge geëet en gedrink het wat die wingerstok voortgebring het. Dus, word dit definitief nie van almal verwag nie.

Deuteronomium 14:26 (Strongs)

(26)Daar moet jy met die geld koop net wat jy wil: bees, skaap, wynH3196, bierH7941, of enigiets anders wat jy wil hê. Dan moet jy en jou familie dit daar in die teenwoordigheid van die Here jou God eet en bly wees.

Dus kon Israeliete drank (selfs sterk drank) vir hulleself koop.

Deuteronomium 28:39 (Strongs)

(39)Jy sal wingerde plant en bewerk, maar jy sal nie wynH3196 daarvan drink of druiwe daarvan oes nie, want wurms sal dit opvreet.

In Deuteronomium 28 word gesê wat sal gebeur wanneer mens ongehoorsaam aan God is. Een van die gevolge van ongehoorsaamheid is dat jy wingerde sal plant, maar nie die wyn daarvan sal drink nie. Dus is dit duidelik nie verkeerd om wyn te drink nie. Inteendeel, dit word as ’n voorreg gesien.

Deuteronomium 29:6 (Strongs)

(6)Julle het nie brood geëet en wynH3196 of bierH7941 gedrink nie sodat julle kon leer dat die Here julle God is.

Hierdie gedeelte sê nie dat die Israeliete nie wyn en bier mag drink nie, want dan mag hulle ook nie brood eet nie. Dit sê dat hulle sekere luukshede nie gehad het nie sodat hulle nader aan God kon kom. Dit is dieselfde beginsel as om te vas.

Psalm 104:14-15 (Strongs)

(14)U laat gras uitspruit vir die diere, en groen plante vir die mens sodat hy sy kos uit die aarde kan kry: (15)wynH3196 om mense se harte bly te maak, olie om die gesig te versorg, kos om die mens nuwe krag te gee.

Die Psalmskrywer (geïnspireerd deur die Gees) het duidelik hier gedink dat (alkoholiese) wyn ’n gawe van God was en nie iets wat ten alle koste vermy moes word nie.

Jesaja 25:6

(6)Op hierdie berg gaan die Here die Almagtige ‘n feesmaal gereed maak vir al die volke, ‘n feesmaal met die beste om te eet en te drink, goeie kos en geurige wynH8105.

H8105 verwys na iets wat gepreserveerd is. Dit is algemeen bekend dat ongegiste druiwesap nie gepreserveer is nie. Wyn kan egter jare lank goed bly omdat dit gepreserveer is.

Die Amplified gebruik: “A banquet of aged wines”

Dit is ook ‘n slag vir die argument dat die wyn wat in die Bybel gedrink is, “nuwe wyn” was.

Jeremia 35:2-10 (Strongs)

(5)Ek het kanne vol wyn en bekers voor die Rekabiete gesit en vir hulle gesê: “Hier is wynH3196, drink dit.” (6)Maar hulle het geantwoord: “Ons drink nie wyn nie, want ons voorvader Jonadab seun van Rekab het ons beveel: ‘Julle mag nooit wyn drink nie, nie julle nie en ook nie julle kinders nie.

Die Rekabiete het uit toewyding aan God nie wyn gedrink nie. Dit is dieselfde beginsel as die Nasireërgelofte in Numeri 6:1-5. Verder in Jeremia 35 (vers 13 tot 16) betreur God nie die feit dat Sy volk wyn drink nie, maar dat Sy volk ongehoorsaam was aan Hom deur ander gode te aanbid.

Jeremia 40:10 (Strongs)

(10)Ek gaan hier in Mispa bly om tot beskikking te wees van die Galdeërs wat hier na ons toe kom. Julle kan wyn,H3196 vrugte en olie bymekaarmaak en bêre en in die dorpe gaan woon wat julle beset.”

Weereens word daar positief na alkoholiese wyn verwys.

Daniël 10:3 (Strongs)

(3)Ek het die volle drie weke geen lekker kos geëet nie, my mond nie aan vleis of wynH3196 gesit nie en geen reukolie gebruik nie.

’n Mens kan hieruit aflei dat Daniël normaalweg wyn gedrink het, maar in hierdie geval het hy homself van wyn weerhou omdat hy gevas het.

*******

Daar is nog baie dele in die Ou Testament, maar hierdie is genoeg bewys dat wyn nie verbode was nie.

3. Wat sê die Nuwe Testament oor die gebruik van alkohol?

In die Nuwe Testament, wat oorspronklik in Grieks geskryf is, word daar nie ’n onderskeid tussen wyn, sterk drank, of nie-alkoholiese druiwesap gegee nie. As die Ou Testament egter so duidelik is daaroor dat daar niks fout is om alkoholiese wyn te drink nie, kan ’n mens aanneem dat wanneer daar van wyn gepraat word in die Nuwe Testament, dit wel na alkoholiese wyn kan verwys.

Johannes 2:1-11 (Strongs)

(9)Die seremoniemeester het nie geweet waar dit vandaan kom nie, maar die kelners wat die water uitgeskep het, het geweet. Toe die seremoniemeester die water proe wat wynG3631 geword het, roep hy die bruidegom (10)en sê vir hom: “’n Mens sit gewoonlik eers die goeie wyn voor, en as die mense goed gedrinkG3184 het, dié van swakker gehalte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe teruggehou.”

As ’n mens gaan kyk na die betekenis van die woorde “…as die mense goed gedrink het…”, beteken dit volgens Strongs (G3184) die volgende: “to drink to intoxication, that is, get drunk: – drink well, make (be) drunk (-en).”

Dus is dit foutief om te beweer dat Jesus nie-alkoholiese wyn gemaak het uit die water. Daar is nie kwessies daaroor dat die Bybel sê dat ’n mens nie dronk moet word nie, maar indien dit sonde was om enigsins wyn te drink, sou Jesus definitief nie water in wyn verander het nie.

In vers 4 antwoord Jesus aan Maria: “Waarom sê u dit vir My? My tyd het nog nie gekom nie.” Dit gaan nie oor ’n onwilligheid om wyn te maak nie, maar oor die feit dat dit nog nie tyd was om wonderwerke te begin doen en só vir mense te wys wie Hy was nie.

Johannes 19:29-30 (Strongs)

(29)Daar het ’n kan vol suur wynG3690 gestaan. Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. (30)Nadat Jesus die suur wyn gekryG2983 het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” Toe het Hy sy kop vooroor laat sak en die laaste asem uitgeblaas.

Die Afr83 (ANV) vertaling gebruik die woorde “suur wyn” en die Afr53 (AOV) vertaling gebruik “asyn”. Volgens Strongs is die definisie van G3690 die volgende: “From G3691; vinegar, that is, sour wine: – vinegar. Poor wine.”

Die “suur wyn” waarvan hier gepraat word, was waarskynlik posca. Volgens Ancient Rome and wine (Wikipedia), die volgende:

The finest wine was reserved for the upper classes of Rome. Below that was posca, a mixture of water and sour wine that had not yet turned into vinegar. Less acidic than vinegar, it still retained some of the aromas and texture of wine and was the preferred wine for the rations of Roman soldiers due to its low alcohol levels.

Verder as in ag geneem word dat wyn/asyn een van die dinge is wat iemand wat die nasireërgelofte gemaak het, nie kon gebruik het nie, is dit ’n goeie afleiding om te maak dat dit wel alkohol bevat het. (Kyk Numeri 6:1-5. Vers 3 in die AOV: “moet hy hom van wyn en sterk drank onthou; wyn-asyn en asyn van sterk drank mag hy nie drink nie, ja, geen druiwesap mag hy drink nie en geen vars of gedroogde druiwe eet nie.”)

Dus het Jesus wyn wat alkohol bevat (alhoewel klein hoeveelhede), aan die kruis ingeneem.

(LW, moenie hierdie gedeelte met Matteus 27:34 verwar waar Jesus nie ’n mengsel van wyn en gal wou drink nie. Later in Matteus 27:48 word dieselfde gesê as Johannes 19:29-30. Kyk ook Markus 15:36 en Lukas 23:36.)

Romeine 14:20-22

(20)Moenie oor kos afbreuk doen aan die werk van God nie. Alle kos is rein, maar dit is verkeerd om deur wat jy eet, aanstoot te gee. (21)Dit is goed as ’n mens nie vleis eet of wyn drink of enigiets doen wat jou broer laat struikel nie.

Hier word die eet van vleis en die drink van wyn binne dieselfde konteks gebruik – dit word afgeraai indien dit iemand anders tot struikeling kan bring.

Dit is onseker na watter vleis hier verwys word. Dit kan enige van drie opsies wees:

  1. Offervleis
  2. Onrein vleis (eet van onrein diere)
  3. In vegetariese sin (‘n mens kry die idee dat Romeine 14:2 van mense praat wat net groente eet, met ander woorde, vegetariërs)

Paulus is egter duidelik dat nie een van hierdie drie ‘n beperking plaas op wat gelowiges mag eet nie.

Om terug te kom by die verwysing na wyn: die wyn waarvan hier gepraat word kan nie na nie-alkoholiese druiwesap verwys nie, want dit kan nie ander tot struikeling bring nie. Daarom moet dit verwys na alkoholiese wyn. Dus hanteer Paulus die drink van alkoholiese wyn dieselfde as die eet van enige vleis: daar is geen beperking op gelowiges nie, mits dit nie ander tot struikeling kan bring nie.

1 Korintiërs 11:20-21 (Strongs)

(20) As julle dan as gemeente saamkom, is dit nie meer die nagmaal van die Here wat julle vier nie, (21)want by die gemeenskaplike maaltyd eet elkeen gou sy eie eetgoed, met die gevolg dat party honger bly en party te veel drink.G3184

G3184 is dieselfde woord wat in Johannes 2 ook gebruik word: “to drink to intoxication, that is, get drunk”

Hieruit kan ’n mens aflei dat mense tydens nagmaal wel wyn gebruik het wat alkohol bevat het. Die probleem was egter nie die alkohol nie, maar die oormatige gebruik daarvan.

Efesiërs 5:18 (Strongs)

(18)Moet julle nie aan drankG3631 te buite gaan nieG3182; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul,

Hierdie gedeelte gaan duidelik oor die oormatige gebruik van wyn.

1 Timoteus 5:23 (Strongs)

(23)Moenie langer net water drink nie. Gebruik ’n bietjie wynG3631 vir die maag en vir jou herhaalde ongesteldhede.

Na alles wat ons totdusver gelees het, is dit redelik om te aanvaar dat hier van wyn gepraat word wat alkohol bevat.

Dit lyk of Timoteus nie wyn gedrink het nie waarskynlik uit toewyding aan God (soos die Rekabiete in Jeremia 35). Paulus moedig hom egter aan om tog wel ’n bietjie wyn te drink vir medisinale gebruik. Dit is dus nie sonde nie.

4. Alkoholkwessie vs eet van onrein kos

Vergelyk die alkoholkwessie met die eet van onrein kos:

Onrein kos: Die wet van Moses is baie duidelik daaroor dat die volk nie onrein kos kon eet nie. In die Nuwe Testament word hierdie voorskrif egter tot niet gemaak (kyk Die Bybel oor onrein kos). Ten spyte daarvan is daar steeds mense vandag wat nie onrein kos wil eet nie.

Alkohol: Nêrens in die Ou of Nuwe Testament is daar enige voorskrif dat mense ten alle tye nooit alkohol mag gebruik nie.

Dus, maak dit nie sin om te glo dat die drink van alkohol verkeerd is nie, maar die eet van onrein diere wel toelaatbaar is.

5. Wat sê die Bybel van te veel drink?

Alhoewel dit glad nie verkeerd is om alkohol te gebruik nie, is die Bybel baie duidelik oor die oormatige gebruik daarvan. Efesiërs 5:18 gee die rede hiervoor: Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul,

Oormatige alkoholgebruik gaan met losbandigheid gepaard en losbandigheid is sonde.

Die eerste keer waar ons in die Bybel lees van oormatige gebruik van alkohol is in Genesis 9:21 toe Noag dronk in die tent was. Hy sou nooit in so ’n verleentheid gekom het as hy nie te veel gedrink het nie.

Spreuke 23:29-35

(29)Wie is dit wat sug en steun, wat rusie maak en kla, onnodig seerkry en bloedbelope oë het? (30)Dit is dié wat tot laat sit en drink, dié wat aanhou proe aan drank. (31)Moenie dat die wyn jou verlei as dit so rooi is, so vonkel in die beker, so lekker smaak nie. (32)Agterna pik hy soos ’n slang, spoeg hy gif soos ’n kobra. (33)Dan sien jy vreemde dinge en praat jy verkeerde dinge; (34)dit voel of jy op die oop see lê, of jy bo-op ’n seilskip se touwerk lê, (35)en jy dink: ek het dan nie seergekry toe hulle my geslaan het nie; ek het nie gevoel toe hulle my aangeval het nie! Wanneer word ek wakker? Ek wil maar weer iets gaan soek om te drink.

Dronkenskap is duidelik nie opbouend nie. Dit lei tot jou eie nadeel.

1 Korintiërs 6:9-11

(9)Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen (10)of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie. (11)En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God.

Om te veel alkohol te gebruik is dus baie duidelik sonde. Daar word so ver gegaan as om te sê dat dronkaards nie deel sal kry aan die koninkryk van God nie.

Galasiërs 5:19-21

(19)Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, (20)afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, (21)afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie.

Hier word dronkenskap genoem as een van die praktyke van die sondige natuur.

1 Timoteus 3:2-3,8

(2)’n Ouderling moet onberispelik wees, getrou aan sy vrou, nugter, verstandig, beskaaf, gasvry en bekwaam om te onderrig; (3)hy moenie aan drank verslaaf [given to wineG3943] of ’n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie.

(8)Net so moet diakens ook manne van goeie karakter wees. Hulle moenie uit twee monde praat nie en nie aan drank verslaaf [givenG4337 to muchG4183 wine,G3631] of op oneerlike winsbejag uit wees nie.

Vers 3: Die Grieks vir “given to wine” is “me paroinos”. Dit beteken “staying near wine”, that is, tippling (a toper): – given to wine.

Vers 8: Die volgende woorde word gebruik: “me oino pollo prosechontas”. Indien direk uit Grieks vertaal word, beteken dit in Engels “they should not be given to much wine”.

’n Mens lei af dat mense wat in ’n bediening staan ook alkohol mag gebruik, maar dat hulle nie daaraan verslaaf mag wees nie en vanselfsprekend dit in matigheid moet gebruik.

Kyk ook 1 Timoteus 3 oor alkohol.

Daar is nog baie voorbeelde waar die Bybel baie sterk gekant is teen die oormatige gebruik van alkohol: Deuteronomium 21:20; Spreuke 20:1; Spreuke 31:4-5; Jesaja 5:11,22; Jesaja 28:3,7-8; Joël 1:5; Lukas 21:34; Efesiërs 5:18; Titus 1:8; Titus 2:12; 1 Tessalonisense 5:6; 1 Petrus 1:13; 1 Petrus 4:3; 1 Petrus 5:8.

6. Hoeveel mag ’n mens drink?

Die werklike kwessie is nie óf ’n mens alkohol mag drink nie, maar hoeveel ’n mens mag drink. En of ’n mens enige tyd en plek kan drink.

Die belangrikste ding om in ag te neem is jou Christelike getuienis en of jy ander tot struikeling kan bring.

’n Persoon wat onder die invloed is, dwing nooit respek by mense af nie en dit vernietig jou Christelike getuienis. Jy moet jouself afvra wie jou sien drink en hoe jy self reageer op alkohol.

God verwag van ons as Christene om altyd onberispelik te leef sodat ons as getuies vir Hom kan dien (Efesiërs 1:4, 1 Timoteus 3:2; 5:7, Titus 1:6, 2 Petrus 3:14).

Paulus sê ook ’n paar keer dat ons nie dinge moet doen wat ander kan laat struikel nie:

Romeine 14:13:Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot ’n val kan bring nie.

1 Korintiërs 8:13:Daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie.

1 Korintiërs 10:29-33:(29)Ek bedoel nou nie jou eie gewete nie, maar dié van die ander man. “Waarom,” sou jy vra, “moet my vryheid beperk word deur ’n ander man se gewete? (30)As ek iets met danksegging geniet, waarom word daar van my kwaad gepraat oor iets waarvoor ek God dank?” (31)Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God. (32)Moenie aanstoot gee nie, nie aan Jode of aan Grieke of aan die gemeente van God nie. (33)Maak soos ek: ek probeer om almal in alles tegemoet te kom. Ek soek nie my eie belang nie maar dié van baie ander, sodat hulle gered kan word.

Hy praat hier in terme van die eet van vleis wat ’n afgodsoffer is, maar dit geld ook vir die gebruik van alkohol of enigiets anders. Dus moet Christene baie versigtig wees voor wie hulle alkohol gebruik. Jy mag dalk, sonder dat jy dit besef, iemand tot struikeling bring.

Drank maak ook vrolik. Met vrolikheid kom baie woorde en met baie woorde bly die sonde nie uit nie:

  • Spreuke 10: (19)Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig.
  • Prediker 5: (2)… baie praat lei tot onverstandige woorde.

Hier volg ’n paar riglyne oor die gebruik van alkohol:

  • Die maklike eerste: Indien die regering of jou werkgewer enige regulasie oor alkohol het dan moet dit ten alle koste nagekom word. Dit gaan jou nie net potensiële moeilikheid spaar nie, maar dit is wat die Here van ons verwag met ’n onberispelike lewe (Romeine 13:1-7).
  • As jy soveel alkohol gedrink het dat jy dinge begin doen wat jy nie andersins sou doen nie, dan gaan dit jou getuienis belemmer en dan het jy te ver gegaan.
  • Indien jy tussen mense is wat ’n probleem daarmee gaan hê indien jy selfs net een drankie drink, ongeag of dit jou dronk maak of nie, moet jy dit nie doen nie. As jy maklik drie drankies kan drink sonder om die gevolge te voel, maar dit kan sekere mense die indruk gee dat jy te veel drink, dan moet jy dit nie doen nie.
  • As jy ’n drankie weg het en lawwe dinge aanvang, kan mense dit interpreteer dat jy te veel gedrink het. Dit kan jou Christelike getuienis belemmer.
  • Indien jy bekend is as iemand wat ’n naby pad met die Here loop en ’n broer wat sukkel met alkohol sien jou iets drink in ’n restaurant, mag dit hom dalk laat struikel.

As jy baie mooi daaroor dink, is dit soms net baie makliker om niks in die openbaar te drink nie.

7. Gevolgtrekking

Nêrens in die wet van Moses (Eksodus tot Deuteronomium) óf in die Nuwe Testament word mense belet om alkohol (in matige hoeveelhede) te gebruik nie. Inteendeel, dit is baie duidelik dat dit ’n algemene gebruik was om alkohol te gebruik. Jesus het selfs water in wyn verander tydens die bruilof in Kana en het heelwaarskynlik posca, wat alkohol bevat het, aan die kruis ingeneem.

Daarom moet ons versigtig wees om aan mense voor te skryf dat alkohol geensins gebruik mag word nie (kyk ook 1 Timoteus 4:3 en Kolossense 2:16-17, 20-23).

Die Bybel is egter baie duidelik daaroor dat die oormatige gebruik van alkohol sonde is.

Christene wat wel alkohol gebruik het egter ’n baie groot verantwoordelikheid om dit met uiterste verantwoordelikheid te gebruik. Nie net ter wille van jouself nie, maar veral ter wille van ander mense.

1 Korintiërs 10:23Daar is mense wat sê: “Alles is geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is geoorloof,” sê hulle. Ja, maar alles is nie opbouend nie.

Matteus 10:16Wees dus versigtig soos slange en opreg soos duiwe.

8. Verdere bronne

9. Bylaag A: The evil of liquor

Die volgende is ’n argument deur mense wat glo dat Christene geen alkohol mag gebruik nie.

Van bibleguide.co.za. (Kyk ook Die sonde van drink en rook.)

A big problem, also in ancient times, is drunkenness. Paul describes it as the opposite of a life under control of the Holy Spirit. Unlikely as it may sound, there are nevertheless people who try to justify the use of alcohol from the Bible. One of the most common arguments used by them is that Jesus made wine. It is a blasphemous to allege that the Son of God promoted the liquor industry by His miracle at the wedding in Cana. This act of Jesus was a miracle through which he demonstrated His deity. The Son of God would never have done anything that would detrimentally affect people’s lives. The same Jesus who warns us in His Word not to drink will not do anything which contradicts His teachings.

From the Old Testament it is obvious that different terms are used for liquor. This allows us to make a clear distinction between the types of liquor which God condemns and that which He recommends:

Jajin. This word occurs 133 times in the Bible and is consistently translated as wine. It is a well known fact that jajin was fermented, intoxicating wine. It is often condemned by the Lord (cf. Prov. 23:29-36; Hab. 2:15).

Tirosh. This term is used 38 times in the Bible. In 11 cases it is translated as new wine, 26 times as sweet wine and once in a neutral form. It is generally accepted that tirosh is unfermented grape juice, which is positively evaluated by the Lord (cf. Jer. 40:10,12; Ps. 104:15). [Hierdie twee tekste word foutiewelik aangehaal. “Jajin” word in beide gevalle gebruik, nie “tirosh” nie.]

Shekar. This term is encountered 29 times and is always translated as strong drink or intoxication drink. The Lord condemns it, e.g. in Proverbs 20:1, where He says: “Wine is a mocker and intoxicating drink arouses brawling, and whosoever is led astray by it is not wise.”

In the Greek terminology of the New Testament, no distinction is made between the various types of liquor, and they are only translated as wine. But from information in the Old Testament one can easily determine which kind of wine Jesus would have made at the wedding in Cana – definitely unfermented tirosh.

The allegation that Jesus made intoxicating wine contradicts the whole Bible, and such allegations come straight from the devil. He is the big liar who comes in a highly deceptive way as an angel of light to deceive people (2 Cor. 11:14). It is in his nature to justify intoxicating liquor, and to defend and promote its use.

Who influences and controls your life? Is it the god of liquor, Bacchus, the god of money, Mammon, or any other idol or sin? “For by whom a person is overcome, by him also he is brought into bondage” (2 Pet. 2:19). The Lord Jesus has come to destroy the works of the devil (1 John 3:8). He sets us free so we don’t need to be slaves of sin. In the new life which He imparts to us we are filled and controlled by His Holy Spirit.

10. Bylaag B: Verskillende terme in Strongs

Verskillende terme in Strongs. (H = Hebreeus en G = Grieks)

H2560 cha^mar (khaw-mar’) A primitive root; properly to boil up; hence to ferment (with scum); to glow (with redness); as denominative (from H2564) to smear with pitch: – daub, foul, be red, trouble.
H2561 Chemer (kheh’-mer) From H2560; wine (as fermenting): – X pure, red wine.
H3196 yayin (yah’-yin) From an unused root meaning to effervesce; wine (as fermented); by implication intoxication: – banqueting, wine, wine [-bibber].
H3423 ya^rash ya^re^sh (yaw-rash’, yaw-raysh’) A primitive root; to occupy (be driving out previous tenants, and possessing in their place); by implication to seize, to rob, to inherit; also to expel, to impoverish, to ruin: – cast out, consume, destroy, disinherit, dispossess, drive (-ing) out, enjoy, expel, X without fail, (give to, leave for) inherit (-ance, -or), + magistrate, be (make) poor, come to poverty, (give to, make to) possess, get (have) in (take) possession, seize upon, succeed, X utterly.
H7941 she^ka^r (shay-kawr’) From H7937; an intoxicant, that is, intensely alcoholic liquor: – strong drink, + drunkard, strong wine.
H8492 ti^yro^sh ti^yro^sh (tee-roshe’, tee-roshe’ From H3423 in the sense of expulsion; must or fresh grape juice (as just squeezed out); by implication (rarely) fermented wine: – (new, sweet) wine.
G2983 ?aµßa´?? lambano¯ (lam-ban’-o) A prolonged form of a primary verb, which is used only as an alternate in certain tenses; to take (in very many applications, literally and figuratively [probably objective or active, to get hold of; whereas G1209 is rather subjective or passive, to have offered to one; while G138 is more violent, to seize or remove]): – accept, + be amazed, assay, attain, bring, X when I call, catch, come on (X unto), + forget, have, hold, obtain, receive (X after), take (away, up).
G3178 µe´??, methe¯ (meth’-ay) Apparently a primary word; an intoxicant, that is, (by implication) intoxication: – drunkenness.
G3184 µe??´?, methuo¯ (meth-oo’-o) From another form of G3178; to drink to intoxication, that is, get drunk: – drink well, make (be) drunk (-en).
G3631 ???????, oinos (oy’-nos) A primary word (or perhaps of Hebrew origin [H3196]); “wine” (literally or figuratively): – wine.
G3690 ??´???, oxos (ox’-os) From G3691; vinegar, that is, sour wine: – vinegar.
G3844 pa?a´, para (par-ah’) A primary preposition; properly near, that is, (with genitive case) from beside (literally or figuratively), (with dative case) at (or in) the vicinity of (objectively or subjectively), (with accusative case) to the proximity with (local [especially beyond or opposed to] or causal [on account of]). In compounds it retains the same variety of application: – above, against, among, at, before, by, contrary to, X friend, from, + give [such things as they], + that [she] had, X his, in, more than, nigh unto, (out) of, past, save, side . . . by, in the sight of, than, [there-] fore, with. In compounds it retains the same variety of application.
G3943 pa´??????, paroinos (par’-oy-nos) From G3844 and G3631; staying near wine, that is, tippling (a toper): – given to wine.

(Die terme “tippling” en “toper” word gebruik in die konteks waar daar te veel alkohol gebruik word.)

G4183 p???´?, p????´?, polus polos (pol-oos’) Including the forms from the alternate “pollos”; (singular) much (in any respect) or (plural) many; neuter (singular) as adverb largely; neuter (plural) as adverb or noun often, mostly, largely: – abundant, + altogether, common, + far (passed, spent), (+ be of a) great (age, deal, -ly, while), long, many, much, oft (-en [-times]), plenteous, sore, straitly. Compare G4118, G4119.
G4337 p??se´??, prosecho¯ (pros-ekh’-o) From G4314 and G2192; (figuratively) to hold the mind (G3563 implied) towards, that is, pay attention to, be cautious about, apply oneself to, adhere to: – (give) attend (-ance, -ance at, -ance to, unto), beware, be given to, give (take) heed (to, unto) have regard.

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui