Bybelse gewigte en mates

‘n Mens lees baie in die Bybel van goud en silwer. Ek het die waarde van goud en silwer vandag geneem om te kyk wat dinge in die Bybel gekos het. Vir die berekeninge in ’n Excel lêer, kliek hier. Interessant, die Bybel is oor die algemeen duurder. Óf dinge was duurder, óf silwer het vandag sy waarde verloor. ’n Paar interessante punte:

  • ‘n Silwermuntstuk in die Bybel was lyk my 11.5 gram (volgens die Afrikaanse Nuwe Vertaling moet ’n mens aflei dat dit 11 g is, maar dit is seker ’n afrondingsfout).
  • As jy aanneem dat dit 2 mm dik was, het dit ’n diameter van 26 mm gehad (digtheid van silwer is 10.49 kg/liter).
  • Teen R8.60/gram silwer, het Judas dus R2830 gekry om Jesus te verloon vir 30 stukke silwer.
  • In Handelinge 19:19 is toorboeke verbrand ter waarde van R4.7 miljoen (50000 silwermuntstukke).
  • In 2 Sam 12:30 het Dawid die Ammoniete se koning se kroon vir homself gevat wat van 34 kg goud gemaak was. Vandag is soveel goud R13 miljoen werd.

Hieronder volg ’n tabel met die (meeste) gewigte en mates in die Bybel.

Bybelse eenheid

Geraamde
Britse
ekwivalent

Geraamde
Metrieke
Ekwivalent

Kommentaar

Gewigte
talent (60 minas) 75 pond 34 kg Eks 25:39; 37:24; 38:27; 2 Sam 12:30; 1 Kon 9:14; 20:39; 2 Kon 5:22; 23:33; 1 Kron 20:2; 2 Kron 36:3; Sag 5:7; Mat 18:24; 25:15-18,24; Openb 16:21
mina (50 sikkels) 1 1/4 pond 0.6 kg Esra 2:69; Eseg 45:12
sikkel (“shekel”)
(2 bekas)
2/5 onse 11.5 gram Gen 23:15-16; Eks 21:32, 30:13; Eseg 45:12
pim (2/3 sikkels) 1/3 onse 9.5 gram 1 Sam 13:21
beka (10 gerahs) 1/5 onse 5.5 gram
gerah (1/20 sikkels) 1/50 onse 0.6 gram Lev 27:25; Num 3:47; Eks 30:13; Eseg 45:11-14
Lengte
cubit 18 duim 0.5 meter Gen 6:13-16; Mat 6:27; Luk 12:25; Openb 21:17
span (1/2 cubit) 9 duim 23 cm Eks 28:16; 1 Sam 17:4; Eseg 43:13
handbreedte
(handbreadth)
3 duim 8 cm Eks 25:25
Volume
– Droë meting
kor/homer
(10 ephahs)
6 bushels 220 liter Eseg 45:11-14
lethek (5 ephahs) 3 bushels 110 liter
ephah (10 omers) 3/5 bushel 22 liter Eks 16:36; 1 Sam 17:17; Eseg 45:11-14; Sag 5:6
seah (1/3 ephah) 7 pint 7.7 liter
omer (1/10 ephah) 2 pint 2 liter Eks 16:22,32-33,36
cab (1/18 ephah) 1 pint 1 liter
– Vloeistof meting
bath (1 ephah) 6 gallon 22 liter 1 Kon 7:26; Jes 5:10
hin (1/6 bath) 4 pint 4 liter Eks 29:40; 30:24; Num 15:4
log (1/72 bath) 1/3 pint 0.3 liter

Bogenoemde tabel is gebaseer op die basis dat:

  • 1 sikkel = 11.5 g
  • 1 cubit = 18 duim
  • 1 ephah = 22 liter

LW: Al hierdie inligting kan nie uit die Bybel afgelei word nie. Die Afrikaanse Nuwe Vertaling laat baie van hierdie terme net weg. Sekere bronne van inligting is ook bietjie teenstrydig, bv volgens een bron is ’n sikkel 14.17 g ipv 11.5 g.

Kyk ook:

1 thought on “Bybelse gewigte en mates”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui