Voorsitter van kuratorium: God kan ook ’n vrou wees

Stefaan de Jager het op 9 April 2021 die volgende plasing op Facebook gemaak (kyk hieronder) na aanleiding van ’n legitimasiediens op 29 Maart 2021 waarin:

  • Ds Melanie Thirion verwys na God in die vroulike geslag (54m47s)

“Dat God-drie-enig haar verbond bevestig. Of hom. Hoe ookal jy dit sien.” – Melanie Thirion

  • Dr Jana van den Munckhof ’n gebed doen in die woorde van Rosa Smit: “Heilige prisma…” (1h18m)

Legitimasie, 29 MAART 2021, 18:30

Dit is baie veelseggend dat Frederick Marais, die voorsitter van die kuratorium van Stellenbosch, die idee dat God ook as ’n vrou gesien kan word, verdedig (kyk hier en hier).

Hierna was daar heelwat skrywes in die media. Kyk Opsomming: God is vrou, “Heilige prisma” tydens legitimasiediens op 29 Maart 2021.

********

Stefaan de Jager op Facebook

9 Apr. om 21:37

GENDER- EN PRISMA AFGODE.

Op 29 Maart 2021 is `n klompie diensleraars van die NG Kerk in Stellenbosch gelegitimeer. Ds Melanie Thirion, diensleraar by Kenridge gemeente, het die boodskap gebring. Sy het oa na God verwys, “ … dat God drie-enig HAAR verbond bevestig, of HOM, hoe jy dit ook al sien …” God is egter nie `n “haar” nie, maar `n “Hy.” Ons bely immers saam met die kerk oor die eeue heen, “Ek glo in God die Vader, die Almagtige”, en nie in God die moeder nie.

Tydens dieselfde geleentheid het dr Jana van den Munchof die bevestiging waargeneem. Die leraars moes belowe dat hulle beide die Ou- en Nuwe Testament as die onfeilbare Woord van God aanvaar en dat hulle alle leringe wat daarvan afwyk, verwerp. Net daarna sluit sy af met `n afwykende “gebed” deur ene Rosa Smit, “Heilige prisma, ek wat `n klein liggie prik, bid dat jy jou dwarsdeur my sal pluk, dat ek sewekleurig na omhoog in `n loflied jou kan loof.” Hierdie “gebed” het waarskynlik sy wortels in die Hindoeïsme, soos meegaande foto dit illustreer.

Ds Thirion is (hopelik onbewus) besig om `n gender-afgod te verkondig en nie die God en Vader van ons Here Jesus Christus nie. Dr van den Munchoff is (hopelik onbewus), besig om die nuwe leraars aan `n prisma-afgod op te dra, ipv aan die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. Dis te verstane dat haar “gebed” nie in die Naam van Jesus afgesluit kon word nie, want dit sou so goed wees as om hemel en hel te probeer meng.

Here, wees ons asb genadig en bewaar ons van die Bose.

Chris Saayman

ek weet nie hoe enigeen nog twyfel daaroor kan he dat ons hier te make het met ’n manifestasie van ’n vals kerk nie (NGB Artt 27-29). Duidelik soos daglig. Blinde leiers wat ander probeer lei. Maar waarheen…?

Sonja Botha

Chris Saayman..ag dis sad. Bid so vir julle wat God bewaar wat biddend bly en so by die waarheid bly. Mag God ons genadig wees. Dank God dat Hy jou as my fb vriend gestuur het.

Elsabe van Tonder

Chris Saayman ek kry die behoudende predikante bitter jammer.. Mag God u bewaar..

Christo Botha

Elsabe van Tonder die behoudende predikante moet opstaan om getel te word. Wat doen hulle ouderlingrade? Of is dis ouderlingamp al ook so verwater dat hulle nie meer hulle opdrag besef nie? Of is die kerkraad alles?

Coba Maree

Ons as Lidmate wat beswaard voel moet individuele swart bandjies on die arm begin dra as teken van individuele “dolering” om bewusmaking te skep as teken dat ons nie bereid is om Jesus as enigste weg waarheid en lewe te verloen nie

Coba Maree

Chris Saayman Jer 7 :4-11stel dit pragtig

Henrietta Klaasing

Om ’n “gebed” te kies buite die Bybel terwyl die Bybel wemel van die allermooiste seënbedes is erg genoeg , maar om een te kies waar God as”jy” en “jou” aangespreek word is pure Godslastering.

Adriaan van Tonder

Henrietta Klaasing is daar in die brontale onderskeid tussen jy/jou en u of moes dit in hoofletter Jy/Jou/U gesê word? Dit word tog deur konteks bepaal. Ons (verouderde?) kulturele etiket dring aan op u/U. Ek het in my praktiese tyd in Hillbrow en tydens samewerking met sending-eerwaardes lankal daarmee vrede gemaak. Dit het my laat dink aan ’n toegewyde en vreedsame ouderling wat gebid het, “Heere, jy moet maar hiri mense vergewe, hille weet ‘f…n’ niks oor jou nie!.” Ek dink die Here het geglimlag en nie gefrons nie.

Elsabe van Tonder

Adriaan van Tonder is God manlik of vroulik?

Karin Van Breda

Henrietta Klaasing stem saam

Elsabe van Tonder

Adriaan van Tonder is daar in die grondtale onderskeid tussen manlik en vroulik God? 😉

Henrietta Klaasing

Adriaan van Tonder ek dink daar is ’n reuse verskil tussen u eenvoudige lidmaat en die geleerde vroue dominees wat hier aan die woord was. Veral die “doktor” wat die Koning van die Heelal jy en jou. Daniël en Johannes het soos dooies neergeval toe hulle die ontsagwekkende Here aanskou het.

Stefaan de Jager

Henrietta Klaasing, dis gepas dat klein letters gebruik word want dis mos nie God wat aangespreek word nie maar ’n afgod.

Adriaan van Tonder

Elsabe van Tonder God is nie manlik of vroulik nie, God is Gees (Joh.4:24), net soos ons waarskynlik sal wees na die opstanding (Mat.22:30 in die lig van Hebr.1:14)

Die manlike en vroulike verwysings kan dus nie na God se Wese verwys nie want God het nie ’n gender nie.

Die brontale se grammatiese onderskeid tussen god (manlik) en godin (vroulik) kan nie op God se Wese van toepassing gemaak word om gender te bepaal nie. In die Triniteit is Vader en Seun beide grammatikaal manlik maar die Heilige Gees is grammatikaal neutrum, as God dan Een is (en ek bely dat Hy is), wat is die Trinitariese God se gender? Indien ek die Joh. teks bo as verwysig neem na God se wese dan is God se gender dus neutrum.

Die hele gender-debat (veral die aggressiewe manier waarop dit gevoer word) oor iets wat geen ewigheidswaarde het nie (my Matteusteks bo) gaan my verstand te bowe. Ons is besig met ’n geloof+ vereiste – dis strydig met Sola fidei!

Elsabe van Tonder

Adriaan van Tonder vriend, God het Homself aan ons as Vader , Seun en Heilige Gees bekend gestel in sy Woord. Nie as ’n prisma nie. Nie as vrou of moeder nie. Ons is sy bruid. Ons is mense en nie gode nie. Ons het pertinent geslagte, manilk of vroulik. Dis dit.

Ons is nie ’n grys, geslaglose geëvolueerde massa nie. My stelling het niks met homophobia te doen nie. Dis ook sola Christus, sola Gracia, sola Scriptura, soli Deo Gloria en Tota Scriptura, iets waarmee die NGK-belhamels mee sukkel.

O en hul verwar humanisme met liefde

Adriaan van Tonder

Henrietta Klaasing ek wil net seker maak ek verstaan korrek: so wanneer die ‘geleerde’ Skrifgeleerdes en Fariseërs Jesus as ‘U’ aanspreek (dis nou in vertalings – nie die bronteks nie) maar nie in Hom glo nie, is dit aanvaarbaar maar en sy ‘eenvoudige’ dissipels Hom aanspreek as ‘jy’ en in Hom glo, dan is dit nie aanvaarbaar nie? Dit klink vir my nie heeltemal ‘kosher’ nie.

Ek vind die verwysings na Daniël en Johannes van Openbaring vreemd aangesien hulle in ‘vreemde/ bo-natuurlike/ geestelike’ toestand was – die tekste wys dit tog duidelik uit. Die uitsonderlike kan tog nie as die reël geld nie – ek sou dink Jesus se konfrontasie met sy gevangenemers (Joh.18) sal meer toepaslik wees.

Henrietta Klaasing

Ek het seker misgelees die plekke waar sy dissipels vir Hom jy en jou.

Henrietta Klaasing

Jesus self stel die voorbeeld deur Sy Vader altyd as “U” aan te spreek. Die ou Engelse Bybels het “Thy” en “Thou” gebruik. Ek het nooit een keer my eie ouers en skoonouers of ouer familie en ouer mense ge-jy en jou nie.

Elsabe van Tonder

Adriaan van Tonder God is heilig. Daar is geen compromize daarvoor nie. Mense is onheilig en vrot en sal God se straf kry . Sy beloftes staan vas. Slegs in Christus kan enigeen gered word, as daardie persoon werklik uit genade gered word deur geloof wat God gee. Maw uitverkies is.. Calvyn was reg. En hoe meer die NGK wegbeweeg van die God van die Bybel, hoe meer word God se uitverkiessing en sifting tussen kaf en koring duidelik. Die kerk het ’n probleem, want die skape is gatvol vir kaf. Meer as gatvol.

Adriaan van Tonder

Elsabe van Tonder vriendin (is daar nog so iets of is almal nou net vriende? 🧐) – gaan lees weer, veral met verwysing na jou ’tota Scriptura’, Frederick se antwoord elders op die stroom – God openbaar Hom NIE net as Vader, Seun en Gees nie. By Frederick se lys sal ek nog graag ‘verwerpte minnaar’ (Hosea).

Adriaan van Tonder

Henrietta Klaasing want jy lees ’n vertaling, mens! Dis kultureel geklee!

Elsabe van Tonder

Adriaan van Tonder broer en ouboet? 😘

Elsabe van Tonder

Adriaan van Tonder wys my waar Hy Hom as vrou uitbeeld?

Henrietta Klaasing

So Jesus wat Sy Vader as U aanspreek is ook kultureel geklee. Ek is seker nie EEN wêreldse koning sal deur enige onderdaan ge-jy en gejou word nie. Absoluut NIKS met kultuur te doen nie, wel basiese goeie maniere en betoon van respek. Adriaan van Tonder jy en jou JY vir God in jou kanselgebede?

Adriaan van Tonder

Elsabe van Tonder Interessant genoeg ervaar ek as iemand wat eers laat in die Teologie en uiteindelik in die Kerk (teen my sin) beland het, die teenoorgestelde – in die NG Kerk (en ek was by BAIE kerke van allerlei soorte en godsdienste oor ’n periode van bykans 20 jaar), was daar juis voedsel vir my siel, ’n Heilige God wat tussen ons woon, Een bekend met al ons swakhede en Genade daarvoor aanbied.

Die God wat ek in die NG kerk ‘herontmoet” het nadat ek Hom op 16 as Verlosser aangeneem het, is die God wat neerbuig na my toe, nie neerbuigend nie, nee, selfs meer, Hy kniel by my om Sy skouer onder my kruis in te druk op pad na my Golgotha, Hy staan en tuur uit na die pad waarheen ek na die varkhokke geloop het en toe ek na Hom teruggekom het, het Hy my omhels, gesoen, sommer so – in my vuil toiings.

En telkens het ek oor die afgelope 60 jaar van my lewe hierdie ervarings in die besonder gehad by NG leraars en NG mense, dis hoekom ek teruggekom het NG Kerk toe!

Henrietta Klaasing

Adriaan ek neem aan op grond van jou verdediging van albei die dames se optrede dat jy tevrede is met albei se optrede tydens die seremonie?

Henrietta Klaasing

‘n Seun eer sy vader en ’n slaaf sy eienaar. As Ek dan vader is, waar is die eer wat My toekom? En as Ek Here is, waar is die eerbied vir My dan? Dit is wat Ek, die Here die Almagtige, vir júlle vra, priesters, júlle wat My met minagting behandel. Maar… Wys meer

MALEAGI 1:6 ’n Seun eer sy vader en ’n slaaf sy eienaar. As Ek dan vader is, waar is die eer wat My toekom? En as Ek Here is, waar is die eerbied vir My dan? Dit is wat Ek, die Here die Almagtige, vir júlle vra, | Afrikaans 1983 (AFR83) | Laai…

BIBLE.COM

MALEAGI 1:6 ’n Seun eer sy vader en ’n slaaf sy eienaar. As Ek dan vader is, waar is die eer wat My toekom? En as Ek Here is, waar is die eerbied vir My dan? Dit is wat Ek, die Here die Almagtige, vir júlle vra, | Afrikaans 1983 (AFR83) | Laai…

MALEAGI 1:6 ’n Seun eer sy vader en ’n slaaf sy eienaar. As Ek dan vader is, waar is die eer wat My toekom? En as Ek Here is, waar is die eerbied vir My dan? Dit is wat Ek, die Here die Almagtige, vir júlle vra, | Afrikaans 1983 (AFR83) | Laai…

Elsabe van Tonder

Adriaan van Tonder broer ek was 25 jaar lank NGK. Daarna EGK, HK , VGK , APK en nou GK. In die tyd wat my ma onder sensuur was in die NGK het ons charismatiese en pinksterkerke besoek, asook die Ou Apostels. Ek was 2x in die Vatikaan en het alle sektes en kultusse opgeswot en besoek. 2 jaar Islam gestudeer, moskees besoek, Hindu tempel, Budda.. Daar is eintlik nie veel wat ek nie van gelowe weet nie. Animisme en die charismatiese gemors loop saam , asook agnostisisme en politeisme. Dank die Vader Hy het my gekies en nie ek Hom nie. Ons kan hoe ookal om die bos slaan, die NGK het groot probleme met hul Skrifontmirologisering en GB wat hul met die Belhar afwater met sekularisme en Doctrines of demons. Ek stry nie dat daar nie wonderlike mense in die NGK is nie.. maar op die stadium dink ek die RKK is meer behoudend as die NGK😁

Jy het nog nie my vraag geantwoord nie.. wys my waar Hy Hom as vrou uitbeeld?

Elsabe van Tonder

Wat het van oom Adriaan van Tonder geword? 😁😁al plek wat ek aan kan dink is die Skrifgedeelte waar Jesus sê het Hy wou sy volk bymekaar maak soos ’n hen haar kuikens..

Henrietta Klaasing

Elsabe van Tonder wonder ek ook … 😄😄

Adriaan van Tonder

Elsabe van Tonder Jammer, ek het net gou ‘n dringende siekbed besoek moes gaan besoek.

In Deuteronomium 32:18 word God uitgebeeld as Een wat geboorte gee, asook in Jesaja 42:14 en ook Jesaja 66:13, (wat my nogal hier opval is dat die onderskeie tekste waarskynlik pre-eksilies, eksilies en post-eksilies is).

Die vroeë kerk het die Wysheid (Sofia) van Spreuke verstaan as dieselfde as die Logos van Johannes, en Sofia is opsigtelik vroulik en ook die Rabbi’s het dit so verstaan. Die naam JHWH bevat beide vroulike (JH) en manlike (WH) uitgange wat God dus beide vroulik en manlik maak. Die verwysing na God as moederhen is elders ook genoem.

Daar is egter vir my ‘n ander beginsel wat ook ter sprake kom en dit lei ek af uit Numeri 23:19 en dit is dat God nie ‘n mens is nie en dat ons versigtig moet wees om menslike wesenseienskappe, (soos gender) aan God te wil toeken. Soos ek elders reeds uitgewys het, God is Gees (Joh.4:24), pneuma is grammatikaal ‘n onsydige woord, dus nie manlik of vroulik nie. Johannes 4:24 (God is nie enige gender nie) is vir my half in juxta posisie met Exodus 3:14 (God is beide gender).

Vroulike uitbeelding van God is/was waarskynlik nog altyd ‘n minderheidstandpunt, maar dit maak dit nie ‘n ongeldige standpunt nie.

Daarmee is ek nou eers klaar met teologie beoefen, ek gaan nou eers braaivleis aanpak! 😁Maar oor een ding in jou laaste pos stem ek saam: Dankie, Vader dat U my gekies het, dankie Jesus dat U my verlos het, dankie Heilige Gees dat U die Trooster van my hart is – want soos Dawid ook bely – ek beland liewer in die hande van God as ’n hele paar van die skrywers wat ek vandag gelees het! (En voor jy die spesifieke teks soek, dis my parafrase van 2 Samuel 24:14)

Stefaan de Jager

Adriaan van Tonder, ja liewer in die hande van God as in die hande van ’n Godin.

Elsabe van Tonder

Adriaan van Tonder dankie vir die deeglike antwoord. Hoop die persoon word gou beter.. Seën xxx

Elsabe van Tonder

Stefaan de Jager godin= afgod

Henk Olwage

Henrietta Klaasing Ek stem met jou saam oor die respekvolle aanspreekvorm; net billikheidshalwe, in die grondtale is daar nie jy of U nie. Maar ja, ons vertaal so want ons weet hoe praat ons. Selfde in Spaans, Duits, ens.

Adriaan van Tonder

Henrietta Klaasing ek het redelik formeel groot geword, so u/U is geredelik ingeburger by my, en nee, en sal waarskynlik nie self jy/jou (of selfs Jy/Jou 😁) in gebede gebruik nie.

Selfs my Moeder is as “Mevrou” deur my aangespreek toe sy my kliënt in die Bank was en daar was vir besigheid, terwyl van my familie wat saam my gewerk het, haar bloot “Tannie” of op haar naam genoem het.

Ek noem my broer op sy rang by formele geleenthede en hy noem my dominee. Van my eie kinders noem my dominee by formele geleenthede.

Al wat ek sê is, ogv Rom.14:4 is ek nie bereid om ’n mededienskneg te oordeel oor so iets nie. Ek sal dit vir God oorlaat om die persoon daarop te wys as dit Hom nie aanstaan nie want ek is nie bereid om die persoon se toewyding tot God in twyfel te trek itv hierdie aanspreekwyse nie

Wat Jesus se aanspreekvorm betref – daar is NET EEN aanspreekvorm in Grieks, jy/jou versus u is totaal irrelevant want jy/u word bepaal in ONS vertaalkonteks.

Die Engelse Thee/Thou is lankal vervang met you/You – het die Engelse intussen ook hulle respek vir God verloor?

Ons ken mekaar van geen kant nie – spreek ons mekaar nou aan as jy/u in ons gesprek?

Ek beny mense soos u wat sulke wit/swart sekerhede oor alles het – vir my is elke dag met God te veel van ’n genadige ervaring en belewenis om soveel tyd aan so stryery oor woorde te bestee – ek kan in elk geval nie in hoofletters praat nie! 😆Sien onder andere 2 Tim 2:14 in die verband.

Henrietta Klaasing

Adriaan van Tonder so die doktor se prisma gebed waar sy jy en jou is aanvaarbaar vir jou, neem ek aan.

Chris Greyling

Geen wonder dat lidmate ook al meer verward is nie. Tussen vroue op die preekstoele, kelkie of beker, gays en predikante wat hul eie rigting volg is dit te verwagte.

Rheinier Nel

Uit die reaksies op die “wild and sweeping statement” dat Jahweh is n “haar” is die volgende van toepassing. Audi alteram partem. Joh 7: 51. Ons wet oordeel tog nie n persoon tensy hy (sy) eers aangehoor is en daar verneem is wat hy (sy) doen nie.

Die korrekte Kerklike prosedure in die geval is dat die betrokkene kerkordelik aangekla word en n ringsondersoek gehou word. Alle leraars se legitimasie eed stel dit dat niks sal verkondig word wat nie in die belydenis verwoord word as dit nie eers deur die alg kerkvergadering getoets is nie.

Diegene wat beswaar het dat God as n vrou verkondig word die onus is nou op u.

Quo vadis!!

Chris Visser

Rheinier Nel vertel my wanneer laas is n teologiese beswaar of ondersoek van die aard in die NGK enigsins met sukses deurgevoer, met name soos Julian Müller en Ben du Toit as onlangse voorbeelde. En as die voorsitter van die Kuratorium in elk geval klaar duidelik kant gekies het, waarom enigsins met so n pad tyd mors. Dis hoe n groot groep NGK leraars en lidmate dit toenemend reeds beleef.

Rheinier Nel

Chris Visser Die ring vd betrokkene sal di saak moet opneem en n leertug saak eindig op by die As. Deel vd probleem is regsinniges wat se passie uitgebrand/verflou het. Dit word deur die vrysinniges interpreteer as kondonasie

Jan Du Toit

Rheinier Nel jy weet jy veg om te verloor, skeur van die NG kerk en bly suiwer.

Pieter Cloete

Dit is duidelik dat die diensleraars afgerig en gekondisioneer word om hul teologiese meesters na te praat.

Rheinier Nel

Pieter Cloete Dit is ongegrond. Ek is studieleier van 2 studente. Een is gelegitimeer op 29 maart. Die voorgeskrewe boeke is behoudende werke van gerespekteerde teoloe soos WD Jonker, Long, Thompson, Fika v Rensburg ea. Die mitologiese ideologie van god as moeder was waarskynlik gevnd by prof google en kie tydens die prediker se voorbereiding en die geloofsonderskeiding ontwikkel nog vir kettery

Chris Visser

Rheinier Nel kan wees, maar waarom word die dames se mistastende Google preek dan so verdedig deur die voorsitter van die kuratorium. Dis mos darem nie meer nuus dat daar probleme in die opleiding van teologiese studente bestaan nie. Waarom dit dan nie eerlik en grondig ondersoek en regrukplanne instel nie.

Rheinier Nel

Chris Visser Elke regsinnige lidmaat het n verantw vir leersuiwerheid en verdediging daarvan. Gelowiges sal hulle moet bekeer van “to be useful church doctrine idiots.

Pieter Cloete

Rheinier Nel, dankie vir jou perspektief. Wat van die ander studente wie nie onder jou toesig is nie? Die mitologie en ander liberale dwalings is dikwels verpak tussen aanvaarbare inhoud. Die hele diensleraar projek is vir my verdag, juis in hierdie tyd wat dolering as gevolg van nie net die verstaan van Skrifgesag nie, maar ook kritiese teorie vir die verstaan van ook die wêreld en land waarin ons leef al hoe meer onaanvaarbaar raak. Die teologiese fakulteite waar ons leraars en ook diensleraars opgelei is sluit feitlik 100 % liberale teoloë in, insluitende bv dr Frederik Marais. Is jy regtig seker dat dit geen invloed het op wat diensleraars geleer word nie? Net ’n klein bietjie gif is nodig om die hele maaltyd gevaarlik te maak. Word die opleiding van diensleraars nie ondermeer misbruik om die invloed van die sinodale leierskap / fakulteite op die lidmate te versterk nie?

Rheinier Nel

Pieter Cloete Die proses het natuurlik n gevaar kant maar ook n positiewe kant. As die studieleier/mentor regsinnig is dan keer dit kettery. Die ander kant het ook gevare verbonde aan!!!

Pieter Cloete

Rheinier Nel, miskien besef jy nie die impak van teologiese dwaling op lidmate en hul onderskeidingsvermoë nie?

Somerset Morkel

Rheinier Nel

Mens is dankbaar om dit te hoor.

Maar dit is die besliste minderheid.

Deur genade hou Christus self Sy Kerk in stand.

Maar dis moeilik om te sê dat mens énige student uit vandag se kweekskole waar NGK predikante opgelei word, kan vertrou.

Rheinier Nel

Pieter Cloete Ek is deeglik bewus…… En betrokke by leertugsake….. Ek kies n ander metodiek….

Pieter Cloete

Rheinier Nel, moet die leertug nie ook die proffies by ons kweekskole insluit nie? Dit die bron van afwyking in die kerk, maar die kollegas beskerm mekaar.

Henrietta Klaasing

Ek dra ook kennis van studente en pas afgestudeerde predikante wat “die goeie stryd gestry” het. Ons moet ernstig en gedurig vir hulle bid!!!

Coba Maree

Rheinier Nel Hoop dit word aangespreek en reggestel deur die kerkleiers !!

Coba Maree

Rheinier Nel Die kerkleiers gee dubbelsinnige lering. Hulle moet besluit wat hulle Glo of dit Los om mense te “leer”. Dis nie maar net n “foutjie nie

Henrietta Klaasing

‘n Seun eer sy vader en ’n slaaf sy eienaar. As Ek dan vader is, waar is die eer wat My toekom? En as Ek Here is, waar is die eerbied vir My dan? Dit is wat Ek, die Here die Almagtige, vir júlle vra, priesters, júlle wat My met minagting behandel. Maar… Wys meer

MALEAGI 1:6 ’n Seun eer sy vader en ’n slaaf sy eienaar. As Ek dan vader is, waar is die eer wat My toekom? En as Ek Here is, waar is die eerbied vir My dan? Dit is wat Ek, die Here die Almagtige, vir júlle vra, | Afrikaans 1983 (AFR83) | Laai…

BIBLE.COM

MALEAGI 1:6 ’n Seun eer sy vader en ’n slaaf sy eienaar. As Ek dan vader is, waar is die eer wat My toekom? En as Ek Here is, waar is die eerbied vir My dan? Dit is wat Ek, die Here die Almagtige, vir júlle vra, | Afrikaans 1983 (AFR83) | Laai…

MALEAGI 1:6 ’n Seun eer sy vader en ’n slaaf sy eienaar. As Ek dan vader is, waar is die eer wat My toekom? En as Ek Here is, waar is die eerbied vir My dan? Dit is wat Ek, die Here die Almagtige, vir júlle vra, | Afrikaans 1983 (AFR83) | Laai…

Stefaan de Jager

Dalk sou gender behepte dwaalleraars verkies om Matt 5:16 as volg te vertaal: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Móéder wat in die hemel is, verheerlik.”

Chris Visser

Ons kan seker maar lag ook. Ons moet blykbaar die manlike geslag beskerm voor julle ons KANSELLEER.

TODAY IS INTERNATIONAL MEN’S DAY. Why MEN are important ??👨🏻

1. You can’t spell (Madam)👩🏻

without the (Adam)👨🏻in it

2. Neither can you spell (Woman) 👩🏻

without the (Man)👨🏻

3. You also cannot spell (Female)👩🏻

without the (Male)👨🏻

4. Nor spell (She)👩🏻

without the (He)👨🏻

5. You most definitely cannot spell (Mrs)👩🏻

without the (Mr)👨🏻

6. and finally, in prayers, we continue to say (A-men) �

and not (A-women)…

Dedicated to All Wonderful MEN😄

HAPPY INTERNATIONAL MEN’S DAY

Pls forward to every man …stay blessed 🤣🤣🤣🤣

Rheinier Nel

13 diensleraars was gelegitimeer waarvan 9 vrouelidmate is.

Elsabe van Tonder

Kan ’n prent van 1 mens en teks wees

Henrietta Klaasing

https://kerkbode.christians.co.za/…/die-prediking-is…/

Die prediking is vandag in ’n krisis | Kerkbode

KERKBODE.CHRISTIANS.CO.ZA

Die prediking is vandag in ’n krisis | Kerkbode

Die prediking is vandag in ’n krisis | Kerkbode

Francois Deyzel

[04/10, 12:51] Francois Deyzel: Ek het gister n uur en n half met n derde jr teostudent van Gordonsbaai gehad wat by Skelmbos studeer. Het sy ma se een toilet modern oorgedoen.

Al sy redenasies is presies soos al die verval wat ons tit sover hier behandel het. Ook n verdagmakery van die Skrif vanaf Genesis tot Openbaring. Voortdurend gebruik hy buiteBybelse argumente, glimlag as ek dit maklik afskiet, vra twyfelwekkende vrae soos wat hy mee geïndoktrineer is, sidra ek hom wys op die onBybelse wyse lag hy, net om n rukkie later weer dieselfde argumente en vrae te gebruik. Vur n onkundige gelowige sou dit sy geloof n knou kon toedien. Hy het nie verwag dat hy sulke teenstand sou kry van n gewone lidmaat nie.

Gesê ons kan vandag verder gesêls. Vandag gaan hy nou liewers visvang.

Het hom van die gesprekke by Gordonsbaai vertel met Bwn du Toit en Nadia Marais. Hul oneerlikheid om die video so te redigeer dat die teenstand wat hulle beleef het nie meer daar is nie. Asook Nelis se gesprek by die ateïste.(My aim is to dismantle the solid church.) Ens ens. Geen skok of verontwaardiging. Net smiles!! Het hom n jr en n half gelede ontmoet aant huis van mense vir wie ek plafonne en vloere ingesit het. (Man vrymesselaar, vrou ateïs) Daar het ek gesien hoe hy tv programme kyk van gruwelike aard met baie vloekery. Hier by sy ouerhuis dieselfde. Hy gaan hom bekwaam as predikant. Sy pa is n bekende dr hier.

[04/10, 12:52] Francois Deyzel: My vinger was weer te vinnig om die regte letters raak te druk.

[04/10, 14:16] Francois Deyzel: Teen 13h30 vandag maak ek toe klaar met die toilet en teels. Ek (stout) sê toe vir die ma dat ek gister so n lekker gesprek met haar seun gehad het oor die teologie. Ja, sê sy, mens moet mos nou al die godsdienste in ag neem.

Elsabe van Tonder

Francois Deyzel wat oom nou noem is Skrifontmitologisering. En oom weet dit begin by die ontkenning van kern leer soos die skeppingsverhaal , die bestaan van die aardsvaders , het Moses regtig dit of dat geskryf en dan Jesus se maagdelike geboorte en so aan..

Francois Deyzel

Elsabe van Tonder dis reg.

Arnold Nadel

Stefaan de Jager, Frederick Marais, Rhenier Nel, Riaan de Villiers, Henrietta Claassen, Rhenier Nel, Pieter Cloete en al die ander; Dit lyk my dis maar die gewone probleem wat nou weer kop uitsteek – twee kante van Skrifverstaan en -uitleg as jy na die deelnemersse standpunte kyk en ook vorige standpunte oor kontensieuse sake.

Louis Fourie

Francois Deyzel jou kontak info?

Francois Deyzel

Louis Fourie inbox my

 

Elsabe van Tonder

 

0:00 / 1:21

Hennie de Kock

Elsabe van Tonder ’n jammerlike keuse van gebed.

Theo Haupt

Dit is duidelik dat gelowiges en al die kinders van ons hemelse PAPPA Vader terug moet draai na die weg van geloof wat vir ons voorberei is deur Sy geskrewe Woord.

Ons moet wegstap van die valse leerings en nie n godsdiens as n afgod dien nie.

Dit is duidelik dat daadwerklike optrede nodig is.

Dit tyd van praat is verby en die tyd van doen is op hande.

Moet nie oor die gebeure van hierdie tyd verbaas wees nie. Dit staan baie duidelik in Opendaring.

Vir my is dit n besliste teken in HOFLETTERS dat Sy wederkoms BAIE naby is. Herlewing is sterk aan die gang met al Sy uitverkorenes deur die kragtige werking van Sy Heilige Gees.

Heleen Van Niekerk McDonald

Godswoord is in eenvoudige verstaanbare taal. En dis God self wat die oor open om Sy liefdesboodskap RAAK te hoor. Geen hoogdrawenheid. Dwarsdeur Godswoord spreek die God die Vader deur Sy Seun Jesus Christus (manlik). Die Heilige Gees (geen gender) is tot die gelowige se hulp en troos gestuur. Let baie noukeurig op Jesus se laaste opdrag by Sy hemelvaart – evangelie verkondig, dissipels maak en hulle doop en leer. Dis die essens waarmee elke herder hom/haar moet besig hou. Dus, bly by die OPDRAG. Dis duidelik dat Stefan met kommer afdwaling en misleiding aanspreek. Elke gelowige moet uiters waaksaam wees om n ‘jota of tittel’ in verkondiging van die Woord, by te voeg. Dis by implikasie wat Stefan hier aanspreek. Waak teen New Age-denke wat die kerk insluip, waak teen verdraaide waarheid – ‘twisted truth’. God waarsku pertinent dat Sy oordeel eerste in die kerk sal wees. Jy hoef nie n teoloog te wees om Godswoord te verstaan nie – “if all else fails, read the instructions. Back to basics. Back to the very fundamental Truth.” ” Daar is dus vir ons geen ander fondasie as wat in Jesus Christus kom lê is nie,” skryf een van die Apostels. Stefan, staan op vir suiwer Waarheid.

SJ Theron

Ek is speechless!!!

Veral oor die Admissie student…

Koos Botha

Baie hartseer en so word ons gelykvormig aan die wereld.

Adriaan van Tonder

Koos Botha die wêreld waarvoor God so lief is, dat Hy Sy Eniggebore Seun gestuur het!

Stefaan de Jager

Adriaan van Tonder, sodat die uit wêreld wat gló, nie verlore sal gaan nie ….

Adriaan van Tonder

Stefaan de Jager en jy het toegang en insig in die Boek van die Lewe? Aanvaar jy dat almal wat soos jy glo dus gered word en almal wat nie soos jy glo nie, dus verlore sal gaan?

Moontlik moet jy net weer 1 Kor.2:11 gaan naslaan i.p.v. om oor ander men… Wys meer

Pieter Cloete

Adriaan van Tonder, lyk my jy verstaan dat mens maar kan glo soos jy wil en die einde sal wel salig wees? Is almal dan gered omdat Christus vir ons sondes gesterf het, ongeag? Hoop ek verstaan jou verkeerd. So verduidelik asb die tekste wat jy aanhaal … Wys meer

Gerhard Potgieter

Adriaan van Tonder Wel, God is of wie hy sê is, soos hy is, en verwag om gedien te wees soos hy beslis, of hy is ’n stuk klei wat jy maar kan manipuleer tot iets wat jou pas. So dit is nie wie Stefaan de Jager sê wie God is nie – en hy is nogal reg – en lees en verstaan reg. Maar meer as dit – jy manipuleer en gebruik mos nou Bybelversies heeltemaal buite konteks. Eish! Sies man! Dit is mos nonsens, swak maniere en oneer aan God se Woord! Moet nou nie dat ek vir jou Bybelversies daaroor lys nie. Hoe is dit dat ek nou ’n hogere man soos jy moet aanspreek oor so iets? Delete liewer daai stukkie kommentaar want dit eer nie God of jou nie en in jou hart weet jy dit.

Koos Botha

Adriaan van Tonder terwyl n groot deel geskree het kruisig Hom

Stefaan de Jager

Adriaan van Tonder, niemand het insig in die verborge dinge van God nie, totdat Hy dit aan jou openbaar. God het openbaar dat wie Christus as Verlosser ken, gered sal word. Die ander gaan verlore. Dit gaan dus nie of iemand soos ek glo nie, maar saam met my glo dat wie die Seun van God het die lewe het, en dat die wat nie die Seun het nie, ook nie die lewe het nie (1 Joh 5:12).

Elza Schutte

Hoe is sulke dinge moontlik?! My hart pyn! 🤦‍♀️

Koos Botha

Ek is g’n teoloog maar waarom hou ons nie net die teologie eenvoudig en verstaanbaar nie. Pleks dat ons ons besig hou met die praktiese uitlewing van christenskap en wat die Skrif van ons vra en ons daaroor leer, is ons besig om op voetspoor van die “n… Wys meer

Amanda Frampton

Ds Stefaan I will take some fb friends off my profile if it was me. Dont think you need their sayings really

Riaan De Villiers

Dankie Melanie en Jana dat julle uit ’n rykdom van metafore ook hierdie wonderlike en toepaslike metafore gebruik om oor God en sy verhouding tot ons en Sy skepping te praat. Dit tref my altyd dat ons kan sing “Hoe groot is U” maar dan so klein en beperkend oor God kan praat en so dreigend en verdagmakend in die tradisie van die Fariseërs kan staan. God is inderdaad ook soos ’n Moeder vir my en soos ’n Heilige Prisma wat Sy lig in ’n ryke en diverse vertoning van kleur en klank in hierdie wêreld openbaar. Vrede vir julle.

Stefaan de Jager

Riaan De Villiers, LW, sóós ’n moeder en prisma en nie ás ’n moeder en prisma nie. Verduidelik tog die onderskeid aan die twee dames.

Stel jou voor ons moet Sondae in plaas van God die Vader eerder bely, “Ek glo in Godin die Moeder, die Almagtige! Klink of so ’n vroulike almagtige god ’n formidabele Feminis sou uitmaak.

Riaan De Villiers

Stefaan de Jager ek is meer geintereseerd daarin om uit te vind hoekom dit so ’n groot probleem sou wees indien God vir sy kinders ’n Moeder is?

Stefaan de Jager

Riaan De Villiers , dit sou nie `n probleem gewees het as God Hom so openbaar het nie. In Sy Woord openbaar Hy Hom egter as ons hemelse Vader en nie as ons hemelse Moeder nie. Stel jou voor ons probeer God se Woord verander en stel Jesus dan voor waar Hy ons sou leer, “Onse Moeder wat in die hemel is …..”

Riaan De Villiers

Stefaan de Jager Soos ek dit het is God se naam eintlik onuitspreeklik. Toe Moses vir God vra wie moet ek sê het my gestuur… het God gesê, “Ek is wat Ek is” “Ek is” stuur jou.

Verder is God ’n Vader vir sy kinders, Liefde, ’n Rots, ’n Wingerdstok, Brood, ’n Hek, Lig, ’n Skaapwagter, ’n Moeder wat geboorte skenk aan haar kinders en hulle aan haar bors laat drink.

Ek onthou hoe die ooms kleintyd op Pinkster bulderend gebid het Here u is ons Rots of Here u is ons Lig. Hoekom sou ek nie kan bid Here u is ons Moeder nie?

Die Nederlandse geloofsbelydenis beskryf God onder meer as die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is. My Moeder en Vader is oneindig goed vir my. Sy is inderdaad ’n Rots en ’n veilige vesting. Selah.

Stefaan de Jager

Riaan De Villiers, wanneer God in NGB as alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is beskryf word, beteken dit tog nie dat Hy `n fontein is nie. So ook nie `n lig, hek of skaapwagter of`n moeder wat soog nie. Dis soos as iemand sou sê dat jy `n re… Wys meer

Riaan De Villiers

Stefaan de Jager dink jy God is ’n man?

Glo jy vroue moet toegang hê tot die amp van predikant in die kerk? (Want ek sien jy like jou vriend Christo Botha se post wat lees “Die probleem is vroue in die amp!!!” – of seker het jy hom net misverstaan?)

Want as dit so is dan kan ek ook sien waar die eintlike probleem lê…

San Gottschalk

Ongelooflik!! En alles met ń “smile”.

Stefaan de Jager

San Gottschalk, “smile” of smalend?😢

Christo Botha

San Gottschalk die probleem is vroue in die amp!!!!

Giel van Zyl

Na my mening is dit doelbewuste afwykings om randgroepe tevrede te stel.

Frederick Marais

Stefan ek was by die geleentheid teenwoordig en dit was ’n baie besondere diens gewees. In alle opsigte ’n erediens. Jy is welkom om die volle diens op youtube te kyk. Jy sal agterkom dat die diens deurdrenk is deur Chrstelike simboliek en liturgie. Die Woordverkondiging van ds Thirion besonders gewees in haar uitleg van die teks. Haar eksegese was besonders deur die teks binne konteks te plaas en haar uitleg het die hoorder uitgedaag om die broosheid en vervolging van dissipleskap op te neem. Die liedere het ons herinner aan die fondament waarop God Sy kerk bou. Die legitimsie wat dr Jana van den Muckhof waargeneem het, het ’n Trinitariese struktuur gehad en deur ritueel en simboliek is die Diensleraars herinner aan hulle roeping, die opdrag om die skrif te verkondig en vanuit die belydenis te lewe. die gebed waarna jy verwys was ’n uitnodiging tot oorgawe aan God wat soos ’n prisma ons ontbloot, ons openbaar deur soos ’n prisma ons lewens deursigtig te maak. Ironies dat Van Ruler die Nederlandse gereformeerde teoloog dieselfde beeld gebruik om oor die oordeel van God te praat wat die ondeursigtigheid in ons lewens ontbloot. Jou verwysing na ds Thirion se opmerking dat God manlik of vroulik verstaan kan word weet jy mos as leraar, het diep Bybelse ondersteuning deurdat daar op vele plekke na die manlikheid en vroulikheid van God verwys word. Ons is immers almal geskape na die beeld van God,as man en vrou. Dit is interessant dat ek vanmiddag woordeliks dieselfde kritiek in ’n epos van ’n ouderling ontvang het, so ek moet aanneem dat hierdie in ’n rondskrywe is wat aan mekaar gestuur is. Soos wat jy weet Stefan is ek ’n voorstaander van eerlike gesprek waarin ons diep na mekaar luister. ons is immers almal leerders niemand van ons besit die Waarheid nie, ons kan alleen daarvan getuig. En gesprek is daarom lewensbelangrik. Maar wat jy hier doen is veroordeling en verdagmakery sonder dat jy die mense oor wie jy praat of klaarblyklik die konteks en boodskap van die diens probeer verstaan. Ek wil ’n ernstige beroep op jou en ander wat hierdie soort verdagmakery doen te heroorweeg. Julle doen skade aan mense wat julle nie ken nie, aan julleself en aan die integriteit van die Koninkryk. Die twee betrokke jong leraars wat jy so maklik veroordeel, en dan nog opmerk dat hulle hopelik nie weet wat hulle doen nie, is teologies baie goed geskool en onderle en ek sal hulle graag verdedig teen valslike beskuldigings soos hierdie. Almal van ons wat preek en eredienste lei weet dat as iemand met kwade bedoelings jou wil kritiseer kan hulle maar net ’n woord uit jou preek uit konteks aanhaal. Waarom sal een leraar dit aan ander leraars wil doen?

Stefaan de Jager

Frederick Marais, ek het wel die diens volledig op youtube gekyk en daarna geluister. Melanie het buite konteks van haar mooi boodskap die “haar” van God inforseer. Jana se gebed het niks met die trinitariese volgens die Skrif te doen gehad nie. God word nie eers in haar gebed aanbid en geëer nie, trouens, sy aanbid `n Heilige prisma! Sy sou nie daardie gebed kon afsluit in die Naam van Jesus nie. Ongelukkig kan ek dit wat sy gedoen het nie anders sien as wat ek hierbo beskryf het nie. Ek maak hulle nie verdag nie, maar wys uit waar hulle die Bybel as die onfeilbare Woord van God verdag maak.

Jy beskuldig my van verdagmakery, veroordeling en vals beskuldigings teen die twee jonge dames. Dit was nie my bedoeling nie, want veroordeling het te doen met liefdelose kritiek. Wat jy hier van my beleef as liefdeloos is vir my `n heilige onsteltenis wanneer ek dit wat hulle doen beoordeel. Ons mag nie veroordeel nie (liefdelose kritiek), maar moet `n waarde-oordeel kan fel om te onderskei tussen reg en verkeerd. “Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel, maar self kan hy deur geen mens beoordeel word nie (1 Kor 2:15).”

Jy noem dat jy `n voorstander is van eerlike gesprek wat diep na mekaar kan luister. Ek vertrou dat jy op `n dag diep genoeg sal kan luister na wat mense soos oa Fanie le Roux, Chris Saayman en Henrietta Klaasing hierbo skryf.

Fanie Le Roux

Frederick Marais die frase wat jy gebruik: “die teks binne konteks plaas” laat my baie ongemaklik voel. My ervaring met onlangse predikante wat deur ons kweekskole opgelei is, is dat hulle almal die Bybel “binne konteks” wil verstaan en as ek mooi na hulle luister beteken dit dat die Bybelse konteks agtergelaat en gerelativeer word en meer gewig gegee word aan ons huidige konteks. Ons huidige konteks bepaal wat die Bybel beteken en nie andersom nie. Die Bybel word so van sy gesag ontneem en die legitimasiebelofte dat die gesag van die Bybel erken word en voor gestry word, word dan eintlik heeltemaal betekenisloos en ’n grap.

Om die benaming van God as “haar” te regverdig omdat dit ook in die Bybel voorkom gaan ook nie op nie, want daar is bitter min voorbeelde daarvan. Dit lyk eerder na ’n poging om polities korrek te wees en vroueregte te bevorder. Die department van genderstudies het seker hierin ook ’n rol gespeel.

Om Stefan te beskuldig dat hy hulle kwaadwillig vals beskuldig en met kwade bedoelings wil kritiseer is ’n onbewese aanname en kyk die punt mis dat daar ernstige beware is teen die teologie en uitgangspunte waarin hulle so “baie goed geskool en onderlê” is.

Gerhard Potgieter

Fanie Le Roux Ok, lets get down to brass tacks. The following may not be true or relevant. But what if? As hierdie twee hulle woorde mooi gekies het om nie in hierdie konteks en omstandigheid aanstoot te gee nie? Maar tog hulle onderliggende teologie laat deurskemer? Lets say and presume for the sake of argument they were guarded in their choice of words. Ek moet ook sê ek gaan verseker nooit onder hulle prediking staan nie, ek sal nooit en was nooit betrokke by die NG Kerk nie, en die mense sal nooit my “kollegas” wees nie. . So, met die totaal neutrale vertrekpuntek vra myself die volgende. If this is what they said in a very guarded way and it reflects a deeper underlying defective theological perspective which Stefaan de Jager points out. What are they going to preach from church pulpits? When they will have more freedom to preach what they actually believe? Will they more openly and without reserve proclaim the views that we see them obscurely proclaiming as pointed out? Therefore the points and concerns raised by Stefaan is very valid. If this is an indication of underlying liberal, post-modern theology – that will find open expression in their preaching – the danger signs must be noted.

Henrietta Klaasing

What you say is só true Gerhard. The danger signs of “underlying liberal, post-modern theology” have been seen in the DRC for a long time now, and it is allowed to progress with no “higher authority” exerting any church discipline. See where Ben du Toit ended up!!! Post-Christianity. Evil will just go on and on until good men (like Stefaan) stand up and say: ” Enough is enough!”

Stefaan de Jager

Frederick Marais, jy versterk nie jou argument deur te wys op hoe goed die twee dames teologies onderleg is nie. Dr Ben du Toit is ook teologies goed onderleg en het ten spyte daarvan God vaarwel toegeroep. Dwaalleer ontstaan wanneer teologie in verkeerde hande val.

Wat my amper meer ontstel as Melanie se stelling en Jana se gebed, is dat jy as voorsitter van die Kuratori hulle beskerm.

Die tyd is verby om diep te luister na dwaling en dit eerder na die oppervlak te bring en te ontmasker. Ek is dankbaar dat leraars en lidmate se oë al hoe meer begin oopgaan oor wat in ons kweekskole en sinodes aangaan, vandaar dat soveel gemeentes al doleer het.

Ferdie Mulder is destyds by Tuks verguis, maar die wiel het begin draai en oë gaan oop. Ek self het destyds al die rooiligte sien flikker toe “Kletskerk” ontstaan maar gelukkig ’n vroeë dood gesterf het.

Die “Trojaanse perd” was ’n stem roepende in die woestyn, maar hul waarskuwing oor die vyand in ons midde was nie tevergeefs nie.

Ek glo dat die Here Sy (nie Haar nie) kerk weer sal suiwer deur diep na God te luister.

Frederick Marais

Fanie hoe kan dit ’n probleem wees wanneer ’n teks binne konteks uitgele word? Is dit nie wat ons almal in veratnwoordilike uitleg doen nie. Dit is tog ABC van die wyse waarop daar verantwoordlik met ’n teks opgegaan word. Die teks word geplaas binne die konteks van die hoofstuk of boek waaruit dit kom. Ons bepaal die genre van die teks ens ens Dan probeer ons tog altyd die wereld voor en agter die teks verstaan juis sodat ons die betekenis van die teks beter kan verstaan en die hermeneutiese brug kan slaan na vandag toe. deur die teks binne konteks te plaas gee juis meer gesag en betekenis aan die teks. Ek het nie n probleem dat Stefan vrae vra nie- lees weer my reaksie, maar ek het wel ’n probleem indien daar terme gebruik word soos gender afgod gebruik word indien daar verwys word daarna dat God ook vroulik verstaan kan word. HIerdie is ’n teologiese gesprek wat dikwels gevoer word en waaroor gelowiges verskil, maar om mekaar van afgodery te beskuldig omdat jy melding maak daarvan dat mense verskillende hieroor dink en kan dink, is tog duidelik veroordelend. Daar is tog talle voorbeelde in die Bybel wat na die vroulikheid van God verwys ek gee ’n paar ter verduideliking- Die skeppinsverhaal waar God ons geskep het na God se beeld- as man en vrou (Gen 1:27)

Hosea 11:3-4 word die moedelike versorging van God teenoor die volk treffend beskryf

Deut 32:18 verwys na God wat geboorte gee- tog duidelik vroulik

Jes 66:13 God sorg vir ons soos ‘n moeder ook Jes 49:15 en Jes 42:14 waar telkens na God as moeder verwys word.

Matt 23:37 waar Christsus self na God verwys as ‘n hen wat haar kuikens versorg.

Jy dring daarop aan dat God as manlik verstaan word. In Eksodus 3 word God spesifiek neutral voorstel: Ek is wat Ek is, het geen geslagtlike verwysing nie. Ook wanneer na God as Gees verwys word is daar nie geslag ter sprake nie. Die Hebreeuse word “yaweh” wat na God verwys hier is eintlik ‘n samevoeging van ‘n vroulike (yah) en manlike (weh) vorm. so hoe kan dit afgodery wees om na God as vroulik te verwys indien daar hierdie en ander voorbeelde in die Skrif self is wat dit ondersteun.

Chris Visser

Frederick Marais, sou Jesus dan ook kon bid: “Onse Moeder wat in die hemel is…”. Dat daar by geleentheid in die Bybel vroulike beelde van God as ons bewaarder en versorger gebruik word, beteken tog seker nie dat God dan VROULIK ook geplaas kan word nie (asof teenoor MANLIK). Jesus kan dan seker ook maar “haar” word? Verseker kan dit mos nie aanvaar word nie as Bybelse lering nie. Maar die storie kom al van ver… sien die artikel hieronder…

Why is God not female? BBC.COM

Jan Louw

Frederick Marais. Ons is na God se beeld gemaak en Hy het ons manlik en vroulik gemaak. Dit beteken nie dat ons Hom en ek huiwer om dit te sê as n godin mag sien en so kan aanroep nie. Die heidene soos die Grieke het sulke godinne gehad. Jesus het ons geleer om God as Vader aan te roep. God is bo ons menslike geslagtelikheid, genderisme en begeertes verhewe.

Dit is kommerwekkend dat hierdie afgodiese beelde waarmee God by ons teologiese instellings voorgestel word voor jou vaderlike/moederlike oog afspeel. Jy is die voorsitter van die alg kuratorium. Julle doen n groot onreg aan ons jong leraars. Behoudende gemeentes word skepties oor die teologie van nuwe leraars met die oog op beroeping.

Dit is die rede waarom gemeentes begin kyk na alternatiewe opleiding van leraars vir die NG Kerk.

Pieter De Jager

Volgens dr. Frederick Marais word die Godsnaam, Jahwe, opgedeel in ’n manlike “weh” – en ’n vroulike `Jah`-vorm. Waar op aarde hy hieraan kom weet niemand nie. ’n 1e jaar student kan hom reghelp met die onderskeidende betekenis van die begrip: ‘ tetragrammaton’.

Hy praat verder van die Heilige Gees as ’n Onsydige Wese. Maar word die Gees van God dan nie in die Skrif personifiseer as ’n Goddelike “HY” nie? Nêrens leer die SKRIF anders as dat die mistieke verheerlikte en gans andere Genre van die Drie-eenheid Manlik is nie. God het tog as’ MAN’ n vrou geskep en so haar hele vroulikheid vanuit sy denke en gevoel, GEWIL en uit die geskape persoon van Adam gevorm. En moeder-hen met haar kuikens dan? Hier tree Eva as hulp nader! Ewige sorg van God die Vader!

Dr Marais en sy volgelinge behoort deur ’n regsinnige kerk onder leertug geplaas te word. So kan dit nie voortgaan nie!

Francois Deyzel

Stefaan de Jager presies net so!

Francois Deyzel

Frederick Marais soos n moeder en as moeder is regtig nie dieselfde nie. Jy verdedig n windeier.

Adriaan van Tonder

Stefaan de Jager of dalk is die Here net besig om Sy Kerk te suiwer! As ons dinge op die tafel sit – laat ons al die opsies op die tafel sit – God sal in elk geval aan die einde die beslissende stem hê!

Henk Olwage

Pieter De Jager Ruach is wel ’n vroulike woordvorm en Pneuma is onsydig. “Hy” is die vertalings-opsie.

Pieter De Jager

Henk Olwage uit die Hebreeuse sintaksis is dit duidelik dat wisselvorme van “gees en” wind”, soos dit tot uitdrukking kom in die werking daarvan self, te verstaan moet word as ’n personifikasie van die wese van ’n saak self. Uit die dogmatiek leer ons dan dat die Gees van GOD uit die Vader sowel as uit die Seun gegaan het waar die Goddelike persone wat albei manlik is, ’n Gees sou besit het van dieselfde heerlikheid, substansie en genre as die van die Vader en die Seun. Om van die Heilige Gees as ’n HAAR of DIT te praat het nog nooit in die dogma of belydenisskrifte van ons kerk weerklank gevind nie. Dit is maar in die jongste tyd waar geleerdes enigiets nuut wil uit dink en leer, om in tel te kom met die post-modernisme, dat allerhande irrasionele Godskonsepsies mode word.

Nico Vorster

Stefaan de Jager Dit is ook merkwaardig dat ’n predikant van die NGK wat Moslems as kinders van God beskou soos Christene, in die NGK beskerm word.

Daar is erger teologiese verroting as wat vermoed is.

Stefaan de Jager

Nico Vorster, ons kan hierdie verrotting kerkkaping noem.

Ben Stander

Só ervaar/gesien skokkend….. HARTSEER😎🙈

Karen Maré

The more things change, the more they stay the same.

In the 80s old white men fought over white ties, while young black men died over laws these “men of God” endorsed. I think God is very sad that the message She wanted them to deliver (as per the Blood river vow ) somehow got lost.

And in 2021 South Africa? Old white men try to dictate what gender pronouns and gay sexual activity is appropriate, instead of helping the broken and the downtrodden, working on racial reconciliation, diminishing inequality and healing the environment.

Komaan NG Kerk, julle kan beter.

Anita Marais

Hemelse Vader waarheen is dan nou op pad???

Arno Schoombee

Dit gebeur as jy God nie Ken nie en kop kennis het. Ons wat God Ken in Sy drie eenheid Sal nie sulke af wykings aanvaar nie. Hulle het nodig om gered te word en Jesus te ontmoet

Gerhard Jansen van Rensburg

Dit is verskriklik. Haar Ring sal van hierdie dwaling in kennis gestel moet word.

Dewald Steyn

Skokkend!!

Arno Schoombee

Dit is tragies

Johann Boshoff

Die NGK is lankal nie meer n kerk nie ,- dit het n polities korrekte sekte geword – sedert die 1986 kerk en samelewing dokument. Alles wat verkeerd en sonde was is nou normaal en aanvaarbaar. Wanneer laas het iemand nog iets as sonde aangespreek ????

2 thoughts on “Voorsitter van kuratorium: God kan ook ’n vrou wees”

  1. Ek het met verbasing kennis geneem van hoe onakkuraat bepaalde persone in hierdie gesprek met die Bybel omgaan. Tekste, wat die volgende insluit, word voorgehou asof dit die Here God as vroulik sou uitbeeld:

    In Genesis 1:26 kom כִּדְמוּתֵ֑נוּ in die vroulik enkelvoud voor, om grammatikaal die 1e persoon meervoud “ons” mee aan te dui.

    In Psalm 131:2, Jesaja 66:13 en Hosea 11:3-4 word die Here God se optrede met dié van ’n goeie moeder vergelyk. In Matteus 23:37 en Lukas 13:34 word dit vergelyk met ’n hen. In Jesaja 42:14 en 49:15, met dié van ’n vrou. Deuteronomium 32:18 stel dit dat God “verwek” het, en nie “ge-baar” het nie. Net soos wat ons in Matteus 1:18 lees dat Maria swanger was met ’n Kind “vanuit” die Heilige Gees. Alhoewel “Gees” hier in die neutrum is, word manlikheid veronderstel.

    Die woord vir God – אֱלֹהִ֖ים – (Elohim) is manlik, en kom 2,598 keer in die Ou Testament voor, in kombinasie met werkwoorde in die manlik enkelvoud.

    In die Nuwe Testament word God deurgaans as manlik beskryf, waarvan Πάτερ , (pater/vader) as voorbeeld, in geslag en betekenis dubbeld manlik is.

    Die vraag is natuurlik waarom Feministe die Bybel wil verander (en sekerlik ook waarom sekere persone ’n geneigdheid tot feminisme openbaar), want Feminisme kom ook met ’n teologies-afwykende pakket wat dikwels Humanisme en Ateïsme insluit. Dus ’n teologie wat “geslag” en “inklusiwiteit” as nuwe fokus het. Inteendeel, ek ken nie ’n feminis wat nog ’n Bybelse teologie handhaaf nie.

    Punt: Ons opinie moet, per belydenis, gevorm word deur die inhoud van die Bybel. Afwykende teologië, soos in baie bydraes oor hierdie onderwerk, systap of ignoreer die Bybel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui