Sinode Hoëveld rakende verwarrende teologiese uitsprake

Die Sinode Hoëveld het die volgende in hul 2012-sitting besluit oor verwarrende teologiese uitsprake .

BESKRYWINGSPUNT 1: Verwarrende uitsprake in die media deur teoloë

(1)   Die Sinode daarvan kennis neem dat uitsprake in die Media deur Teoloë van die NG Kerk lidmate verwar en selfs laat twyfel oor geloofswaarhede.

(2)   Om hierdie saak daadwerklik as volg aan te spreek:

2.1    Deur gemeentes: Die Sinode gemeentes daaraan herinner dat dit die opdrag van die Ouderling is om te waak oor die suiwerheid van die leer (Kerkorde Artikel 16.1.5) asook die uitoefening van opsig en tug (Kerkorde Artikel 16.1.4). Indien daar predikante of teologiese dosente is wat onder die toesig van ouderlinge ander geloofswaarhede verkondig wat in stryd is met die Woord en Belydenisskrifte, daar teen hulle opgetree moet word.

2.2    Deur die SDK: Die Sinode die SDK versoek om die kwessie van vermeende dwalings in die NG Kerk wat ontevredenheid onder lidmate veroorsaak, ’n saak van prioriteit te maak en ’n paneel van leraars en ouderlinge saam te stel om:

2.2.1   In die lig van ons seisoen van luister, aandag te gee aan die stemme van ’n aantal persone wat die afgelope paar jaar al op verskeie maniere probeer het om gevaarlike leerdwalings binne die kerk onder ons aandag te bring. Waar prakties moontlik, moet die paneel die persone persoonlik te woord staan bv. Sarel van der Merwe en sy DVD, Nuwe strome in die Teologie, Dr Adrio König met sy boek: Die Evangelie is op die spel, Ferdi Mulder met sy boek: Opgestaan, Besorgde lidmate en leraars se boek: Die Trojaanse Perd in die NG Kerk, asook kerkrade wat beskrywingspunte oor leerdwaling by die Sinode ingedien het. Die paneel moet verslag lewer aan die SDK en aan die Sinode.

2.2.2   Die SDK word versoek om voor die einde van die jaar nog, ’n ope byeenkoms te reël waar hierdie probleem indringend bespreek kan word.

2.3    Deur die Algemene Sinode: Die Algemene Sinode versoek word om duidelik aan lidmate van die NG Kerk te verklaar waar die teologiese toekoms van dié Kerk lê, tov:

(i)   die gesag van die Woord van God;  

(ii)   ons belydenisskrifte;

(iii)   verskillende teologiese strominge in die kerk.

Besluit 2.1 hierbo: Die SDK verwys hierdie besluit na die kerkrade

Besluit 2.2 hierbo: Hierdie besluit is ’n direkte opdrag aan die SDK

Besluit 2.3 hierbo: Die SDK stuur die besluit deur na die skriba van die Algemene Sinode.

—————————————–

2.2 is op 10 Oktober 2012 in Kemptonpark gedoen (kyk Sinode Hoëveld luister na besware maar gaan dit iewers kom?).

Of 2.3 al gedoen is, weet ek nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui