Sekelselanemie

Daar is mutasies wat voordelig is wat die lewende organisme help om aan te pas by ’n sekere omstandigheid. As mens egter nader ondersoek instel, dan sien mens dat die mutasie altyd gepaard gaan met ’n verlies in funksie – iets is gebreek of ’n proteïen funksioneer nie reg nie.

Sekelselanemie is ’n tipe bloedarmoede (anemie = bloedarmoede) waar die rooibloedselle misvorm is. Instede van ’n mooi ronde vorm, het hulle die vorm van ’n sekel. Hierdie misvormde bloedselle kan nie soveel suurstof dra as wat hulle moet nie, en dit is geneig om bloedstolling en blokkasies te veroorsaak.

Nou hoe is dit voordelig?

As jy hierdie verskriklike siekte het, is jy nie so vatbaar vir die malariaparasiet nie. In sekere gebiede waar malaria baie sterftes veroorsaak, verruil jy dus basies een siekte vir ’n ander. Dit is dus beter om sekelselanemie te hê, waar jy siek is, maar nie dood is nie, as om malaria te kry en te sterf. Dit is dus ’n baie vreemde idee om te dink dat sekelselanemie ’n voordelige eienskap is. Evolusioniste gebruik egter hierdie voorbeeld omdat daar so min voorbeelde van voordelige mutasies is.

Verdere bronne

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui