Mutasie

Mutasies is doodeenvoudig DNS kopieerfoute. Wanneer DNS gekopieer word, word DNS wat foutiewelik gekopieer is, vernietig. Daar sluip soms egter foutiewe DNS deur. Indien hierdie foute nie te ernstig is nie, beïnvloed dit nie die organisme te veel nie, maar dra die foute gewoonlik oor na die volgende geslag.

Mutasies en natuurlike seleksie is die twee pilare waarop evolusie rus.

Natuurlike seleksie is nie ’n probleem vir skeppingsleerders nie. Daar is genoegsame bewyse dat dit gebeur. Trouens, seleksie word gebruik om verskillende dierspesies te teel.

Skeppingsleerders het egter ’n probleem met die vermeerdering van genetiese inligting deur mutasies. Mutasies kan nie nuwe genetiese inligting skep nie. Dit is nog nooit waargeneem nie. Dit is om te glo dat indien jy vir ’n aap ’n boek gee om oor te tik gaan die foute wat hy maak ’n nuwe storie vorendag bring.

Daar is al ge-eksperimenteer deur vrugtevlieë te bestraal en sodoende mutasies te veroorsaak. Al die mutasies was nadelig en het nie nuwe genetiese inligting veroorsaak nie.

Voordelige mutasies

Dat daar voordelige mutasies voorkom is waar, maar dit gaan altyd gepaard met ’n verlies van genetiese inligting. ’n Voorbeeld hiervan is die volgende: wanneer besies wat op ’n eiland woonagtig is hulle vlerke verloor agv ’n mutasie, is die kans kleiner dat wind hulle in die see sal inwaai.

Hierdie tipe mutasies kan nie verklaar hoe ’n vis, wat die DNS vir kieue en skubbe het, ’n landdier kon word met die DNS vir longe en hare nie.

Kyk ook Het varkgriep geëvolueer? wat ’n lys voorbeelde gee van voordelige mutasies.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui