Mag Christene mekaar in die publiek oordeel of teregwys?

Mag Christene mekaar in die publiek oordeel en teregwys?

Mag Christene mekaar in die publiek oordeel of teregwys?

Deur Dubois du Toit

1 Augustus 2021

Mag christene mekaar oordeel en teregwys? Meer spesifiek – mag Christene mekaar in die publiek oordeel en teregwys?

  • Dit is immers die spreekwoord van ons tyd: ‘don’t judge me’
    • Of as jy so bietjie meer eie-geregtig is (entitled vir die jonges): ‘how dare you judge me’

Miskien is jy bewus van die vurige gesprekke tans in die NG kerk

  • Veral tussen die twee oorhoofse kampe wat meer en meer prominent geraak het deur die loop van die laaste klompie jare
    • Die sogenaamde ‘liberales’ en ‘konserwatiewes’
    • Nou, ek mag dalk bietije bevooroordeeld wees in wat ek volgende gaan sê, juis omdat ek myself in die laaste kategorie sou skaar
      • Maar in my eie gesprekke en monoloë op publieke platforms – waar ek in ’n mindere of meerdere mate oordeel fel en teregwys vanuit ’n tradisionele verstaan van goeie en slegte Christelike etiek en teologie –
      • is daar ’n geweldige aanslag van die ‘liberales’ wat meen my, en ander wat op dieselfde wyse handel as ek, se optrede strook nie met die Christelike beginsel van ‘broederlike handel’ nie
        • en is dit dus nie liefdevol nie
        • waarmee hulle eintlik bedoel: nie verdraagsaam, inklusief en aanvaardend nie
  • daar word telkens terug verwys na Matt. 18 waar Jesus riglyne gee oor ‘broederlike handel’: “15As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. 16Maar as hy nie luister nie…” en dan volg daar riglyne om dit verder te hanteer
    • ek stem 100% saam: ek sal nooit privaat wasgoed tussen my en ’n ander Christen in die publiek was nie en sal ander ook ontmoedig om dieselfde te doen
      • maar wat daarvan as hierdie Christen ‘broer’/suster nie teen my sondig nie, maar uitsprake maak in die publiek, of so handel in die publiek,
        • dat dit ’n sekere kommentaar lewer op, ’n sekere beeld skep van, of sekere inhoud verklaar oor die Christelike identiteit wat hul met ander deel?

Baie goeie onlangse voorbeelde –

  • Stellenbosch Teologiese fakulteit het in Maart hul legitimasie seremonie van die nuwe proponente publiek ge-livestream – tot op hede 2800 views. Daar is aflyn ook uittreksels van die livestream die kuberruim ingestuur.
    • By hierdie geleentheid het ds. Melani Thirion, met die seënwens van die Wes-Kaapse kuratorium, die preek behartig en in ’n stadium die volgende gesê: “dat God haar verbond bevestig, of Hom, nes jy dit sien”
    • Daar het natuurlik, weens die vreemdheid van hierdie teologiese uitspraak in NG geledere, van beide leke en leraars hieroor ’n sosiale media storm losgebars
    • Die liberale kamp se verdediging van ds. Thirion se uitspraak teenoor die onluste wat dit uitgelok het, het onder andere op die volgende neergekom: hoe durf julle haar so openlik aanval en in die publiek uithaal oor haar publieke uitspraak!
      • So bietjie inkonsekwent as jy my vra
  • Dr. Andre Bartlett is vroeër die jaar in ’n geslote tugondersoek op 5 aanklagte aangekla, deur Dr. Johann Ernst, weens sy handeling rondom dr. Christ van Wyk se publieke uitsprake oor die NG kerk se besluit rakende homoseksualiteit.
    • Bartlett is op een aanklag skuldig bevind: dat hy die 9de gebod oortree het deur valse getuienis af te lê (te lieg, in ’n publieke geskrif) oor van Wyk se uitsprake
    • Daar was ’n geweldige terugslag van diegene wat simpaties staan teenoor Bartlett (amper almal vanuit die liberale kamp) na afloop van hierdie uitspraak.
    • Ernst is onder andere oor die loep gehaal omdat hy nie eerstens die pad van ‘broederlike handeling’ geloop het nie – of dat die hele aanklag ’n klug was en dat dit nie liefdevolle handeling was nie
      • So bietjie inkonsekwent as jy my vra – Bartlett het nie vir van Wyk daardie hoflikheid toegestaan nie, maar dit word teenoor Bartlett verwag
  • Ek self is na aanleiding van my heel eerste video op hierdie kanaal – waar ek ’n publieke paneel bespreking van dosente en ander kerklui oor God se geslagtelikheid op ’n publieke platvorm ontleed en gekritiseer het,
    • op die vingers getik dat ek nie éérs die weg van ‘broederlike handeling’ gestap het met die 4 paneellede nie
    • m.a.w. dat ek nie éérs persoonlike gesprekke aangevra het met die publieke persoonlikhede, wat op ’n publieke platform, publieke uitsprake gemaak het, voordat ek op ’n publieke platform daarop gereageer het nie
      • so bietjie inkonsekwent as jy my vra?

So wat is die storie – mag Christene mekaar in die publiek oordeel en teregwys o.g.v. hul publieke optrede, of moet daar altyd eers ’n ‘broederlike’ pad gestap word?

Afgesien daarvan dat die liberale kamp so bietjie inkonsekwent voorkom in die hantering van terugslag op publieke optrede en uitsprake,

sou ek sê dat 3 faktore in hierdie verband in ag geneem moet word:

  • (1) jou verhouding met die persoon (2) die persoon se aanspreeklikheid (3) die persoon se publieke reikwydte
  • jou verhouding met die persoon
    • die uitdaging is die instinktiewe geneigdheid om anders te reageer teenoor iemand waarmee jy ’n noue verhouding het, as teenoor iemand wat jy nie so goed ken nie
    • dieselfde is waar met hoe jy kan reageer teenoor iemand met wie jy in ’n positiewe verhouding staan, as teenoor iemand met wie jy in ’n negatiewe verhouding staan
    • dit mag ook wees dat jy ’n positiewe of negatiewe verhouding het met iemand wat jy goed ken
    • of ’n positiewe of negatiewe voorveronderstelling het van iemand wat jy nie goed ken nie
      • my voorstel, in ieder geval, is om so konsekwent moontlik te wees, ongeag jou verhouding met die persoon wat jy moet aanspreek – dit is waar jou Christelike integriteit gaan geld.
      • Jesus in Matt. 5:43-44 & 46 “43Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’44Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg. 46As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie?
        • Watter beginsel kan ons hieruit haal – hanteer alle mense, ongeag jou verhouding met- of gevoel teenoor hulle, dieselfde
          • Inkonsekwentheid is, na my mening, een van skandelikste dinge waarvan jy aangekla kan word.
  • die persoon se aanspreeklikheid
    • antwoord vir jouself die vraag: was hul optrede doelbewus en deurdag,
      •  m.a.w., as hul optrede of uitsprake verkeerd was, of selfs verkeerd geïnterpreteer was, moes hulle van beter geweet het?
      • Het hul genoeg verstaan gehad van die speelveld wat hulle betree, genoeg rasionele en emosioneel intelligensie, om te weet waartoe hul aksies en uitsprake sou lei
    • of het hul in onkunde en naïwiteit opgetree
      • as eersgenoemde die geval was, is dit eenvoudig: publieke optrede en uitsprake noodsaak dieselfde vlak van publieke terugvoer en, waar van toepassing, teregwysing
      • as laasgenoemde die geval was, sou ek sê: volg die roete wat Jesus vir ons in Matt. 18:15-20 uiteengesit het –
        • met die voorveronderstelling dat, as die persoon hul fout insien, hul dit op dieselfde publieke platform sal regstel –
        • of moontlik jou foutiewe siening van hul optrede/gedrag sal regstel en dat julle daarin versoen sal wees
    • in die geval van meeste van die onmin in die NG kerk op die stadium, kan daar, myns insiens, nie maklik teruggeval word op onkunde en naïwiteit nie,
      • omdat die betrokkenes beskik oor titels, grade en posisies waar onkunde en naïwiteit met groot agterdog en minagting bejeën word
    • Jak 3:1 “My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word
      • Hoekom sou dit die geval wees? Is dit dalk omdat leermeesters – predikante en dominees in die geval van die NG kerk – ’n beter greep op die Godsleer het (of ten minste behoort te hê) as die gemiddelde lidmaat
        • Of dat hul opinie oor God, die Bybel en die Christelike lewenswandel, ten minste by wyse van hul amp, ’n groot en soms deurslaggewende inspraak lewer in die lewe van die gemiddelde lidmaat?
        • Iemand met ’n groot verantwoordelikheid moet mos streng verantwoordbaar gehou word
          • En as Jesus se optrede teenoor die godsdienstige leiers van sy tyd, in veral ’n teks soos Matt. 23:13-28, enigsins as ’n beginsel gebruik kan word in hierdie geval
          • Is publieke reaksie op mekaar se publieke uitsprake en gedrag, myns insiens, ’n belangrike imperatief wanneer dit kom by predikante, akademici en kerklui
  • die persoon se publieke reikwydte
    • antwoord die vraag: het hul uitsprake of optrede ’n daadwerklike invloed op ’n groot groep se denke, of ’n invloed op die publiek se opinie oor die groep wat hulle verteenwoordig of oor praat?
      • M.a.w., kyk ’n noemenswaardige hoeveelheid mense bv. na ’n betrokke predikant/kerkleier se publieke gedrag en uitsprake
        • en maak hulle dan afleidings oor die Bybelse inhoud en etiese karakter van die res van die NG kerk as gevolg daarvan?
          • Of is die groep wie se sienings beïnvloed word weglaatbaar min?
      • of, nog ’n voorbeeld, word ’n groot gros van NG lidmate en predikante se oortuigings wanvoorgestel deur ander predikante, akademici en kerkleiers wat, uit die verteenwoordigende aard van hul amp en posisie, namens hierdie mense praat?
        • Of is die groep wat wanvoorgestel word weglaatbaar min?
    • As die groep wat beïnvloed of wanvoorgestel word weglaatbaar min is, sou ek sê: heroorweeg of die roete van publieke reaksie die moeite werd gaan wees.
    • In die geval van alles wat tans deur predikante, akademici en kerklui op publieke godsdienstige, sowel as sekulêre platforms gesê en gedoen word
      • In ag genome die feit dat daar alreeds amper 80 gemeentes is wat amptelik doleer – en nog baie meer predikante en lidmate in hul persoonlike hoedanigheid
      • Sou mens met gemak die saak kon uitmaak, dat ’n groot hoeveelheid van hierdie publieke uitsprake nie verteenwoordigend is van ’n groot gedeelte van die NG kerk se lede nie –
        • dat dit eweneens ’n wanvoorstelling is van die inhoud en karakter van hul geloof
        • en dat dit, volgens hulle, ’n baie swak getuienis oor hul oortuigings die ekumeniese en sekulêre wêreld instuur.
          • Gevolglik is publieke reaksie teen sulke wanvoorstelling en implisering absoluut imperatief

Hier is twee NT gevallestudies waarmee ek graag my algehele standpunt wil ondersteun:

  • 1 Kor. 5:1-2 & 9-13 “ ’n Mens hoor werklik van onsedelikheid onder julle, en dan nogal onsedelikheid van so ’n aard as wat selfs onder die heidene nie voorkom nie, naamlik dat ’n man en sy stiefma as man en vrou saamleef. 2En dan verbeel julle julle nog julle is beter as ander. Moes julle nie liewer daaroor getreur het nie? So sou julle die man wat so iets gedoen het, uit julle kring verwyder het. 9In die vorige brief het ek aan julle geskryf om nie met mense om te gaan wat in onsedelikheid leef nie. 10Daarmee het ek glad nie die onsedelikes of die geldgieriges, bedrieërs of afgodedienaars van hierdie wêreld bedoel nie, want om hulle te vermy, sou julle uit die wêreld moes padgee. 11Wat ek geskryf het, was dat julle nie moet omgaan met iemand wat homself ’n gelowige noem, maar wat onsedelik of geldgierig of ’n afgodsdienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieër is nie. Met so iemand moet julle nie eens saam eet nie. Per slot van rekening is dit nie vir my om oor mense buite die gemeente te oordeel nie. God sal oor hulle oordeel. Maar julle moet oor julle eie mense oordeel: “Verwyder die slegte mens onder julle uit!
    • Wat sê Paulus hier? Twee goed
      • 1) Die geloofsgemeenskap het ’n sekere standaard waarteen ons mekaar verantwoordbaar moet hou – m.a.w., ‘do judge professing Christians by Christian standards’ –
        • oordeel belydende Christene volgens Christelike standaarde en stel daardie standaarde sommer nog hoër vir Christelike leiers – vlg. Jak 3:1
      • 2) Hierdie selfde standaard geld nie vir mense buite die geloofsgemeenskap nie – m.a.w., ‘don’t judge non-Christians by Christian standards’ –
        • moenie nie-Christene volgens Christelike standaarde oordeel nie, hulle onderteken nie daardie standaarde nie, God sal uiteindelik oor hulle oordeel
        • net soos wat jy mense se huisreëls gehoorsaam wanneer jy hul erf betree, en dit nie verontagsaam of daarop aandring dat hul huisreëls om jou onthalwe aangepas word nie
        • So is enige iemand welkom in die geloofsgemeenskap, solank hulle hul skaar by die ‘huisreëls’ –
          • in die geval van die Christelike geloofsgemeenskap behels dit: die eties-morele voorskrifte wat ons in die Bybel kry en ook die tradisionele teologiese beskouing van die kern Bybelse waarhede/doktrines
        • as hul dit nie wil gehoorsaam nie, kan hul met liefde doen net wat hulle wil, hulle kan dit net nie in jou huis bly doen nie – dis disrespekvol en jy behou die reg voor om hulle te verban
  • vir Paulus gaan dit hier om die publieke getuienis van die Korintiese geloofsgemeenskap
    • dat hulle lewe sal getuig van die geloof wat hulle bely – ter wille van ’n oorvloedige lewe vir die geloofsgemeenskap, maar ook ter wille van diegene buite die geloofsgemeenskap wat toekyk –
    • die behoud van ’n suiwer getuienis is vir Paulus belangriker as die behoud van ’n lid van hierdie geloofsgemeenskap wat sonder berou die getuienis in die gedrang bring – wat sonder berou, die huisreëls verontagsaam
      • ons MOET in die publiek teregwys en oordeel oor mense wat, in die publiek, die Bybelse-Christelike Godsbeeld en wêreldbeeld wanvoorstel of onteer –
      • ter wille van die behoud van res van die Christelike gemeenskap, sowel as diegene buite die gemeenskap wat toekyk

Gal 2:11-14 “11Toe Sefas egter later na Antiogië toe gekom het, het ek my openlik teen hom verset omdat sy optrede duidelik verkeerd was. 12Voordat daar van Jakobus se mense aangekom het, het Sefas gewoonweg saam met nie-Joodse gelowiges geëet. Maar toe dié mense daar aankom, het hy hom onttrek en hom eenkant begin hou, omdat hy bang was vir die voorstanders van die besnydenis. 13Die ander Joodse gelowiges het ook saam met hom begin huigel, en selfs Barnabas het hom deur hulle huigelary laat meesleep.14Toe ek sien dat hulle van die reguit pad van die evangeliese waarheid afwyk, het ek daar voor almal vir Sefas gesê: “Jy is ’n Jood, en jy hou jou nie meer aan die Joodse gebruike nie. As jy self leef asof jy nie ’n Jood is nie, hoe kan jy dan mense wat nooit Jode was nie, wil dwing om te lewe asof hulle Jode is?

  • Wat gebeur hier?
    • Petrus tree skynheilig op deur homself van die ‘onrein’ heidene se tafel te weerhou toe die Jode daar aankom
    • Paulus meen hierdie publieke optrede van Petrus, wat ook vir Barnabas beïnvloed het, is ’n duidelike afwyking van evangeliese waarheid –
      • Wat behels dat daar in Christus – i.t.v. toegang tot sy verlossing en ook status in die geloofsgemeenskap – geen onderskeid tussen Jood of Griek, man of vrou, slaaf of vry is nie
    • Hy wys om dus in die publiek tereg oor sy optrede, wat so ’n skadelike en skandelike getuienis gelewer het vir diegene wat na hom opgekyk het weens sy verhewe posisie as apostel van Jesus

Om af te sluit – bid ek vir julle die woorde van Fil. 1:9-11 toe “dat julle liefde al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, 10sodat julle die dinge sal kan onderskei waarop dit werklik aankom. Dan sal julle op die dag wanneer Christus kom, onberispelik en sonder blaam wees, 11 en deur Jesus Christus sal julle geheel en al in die regte verhouding met God wees, tot sy lof en eer.”

  • Elke Christen het ’n Goddelike mandaat tot die behoud van die suiwerheid van ons Christelike getuienis
    • Ter wille van die oorvloedige lewe wat Jesus in Joh. 10:10 beloof het en ter wille van diegene buite die geloofsgemeenskap wat toekyk.
  • Elke belydende Christen se woorde en gedrag, veral dié wat in die publiek geleef en gelewer word, moet geweeg word teen die Bybelse standaard –
    • soveel te meer dié van predikante, akademici en kerklui.

3 thoughts on “Mag Christene mekaar in die publiek oordeel of teregwys?”

  1. Drie enige god aanbidders het mekaar sedert 1914 op groot skaal vermoor,verkrag en gemartel omdat die drie enige God nie bestaan nie. Oorweeg die universele definisie van die drie eenheidsleer en vergelyk dit met Psalm 90:2 en Kolossense 1:15 en 16. God Almagtig is die Koning van Ewigheid omdat hy geen begin het nie (Omgeskep). Duidelik het Jesus ’n begin.

  2. Met alle respek gesê,die enigste rede waarom alle drie enige God kerke nog bestaan is omdat God Almagtig ’n operasie van fout laat voortgaan, sodat julle gemeentelede kan hoor wat hulle wil hoor en sodat hulle nie deur die skreiende proses hoef te gaan waar die ou persoonlikheid uit getrek word en die nuwe persoonlikheid aangetrek word nie. En natuurlik is hulle ook nie dag en nag lesers van die Bybel nie. Dit sal ’n mors van tyd wees, want hulle sal nie verstaan wat hulle lees nie. Die NG ledemate is almal deel van die wêreld en hulle denke word gevorm deur die wêreld. Hulle kan nie die Heilige Geheime in die Bybel verstaan nie, want God sal dit nie toelaat nie alvorens hulle hulself eers verwyder uit die invloed van vals godsdiens, of as God hulle dalk trek na sy Seun en sy ware geestelike organisasie op aarde. Watter organisasie reeds vir dekades deur ons Koning, Jesus Christus gelei word, en deur God geseën word.

  3. Christene wat mekaar in die openbaar kritiseer bring oneer oor die naam van God. In teenstelling het Jesus gebid: “laat U naam geheilig word.” Desondanks het Jesus ook gesê: “Regverdigheid word bewys deur sy kinders.” Die reputasie van die NG Kerk is sodanig dat sy lede mekaar nie net kritiseer nie, maar sy lede het ook deelgeneem aan oorloë teen sogenaamde mede Christene waar ontsaglik baie bloed vermors was. Gevolglik is die NG Kerk bloedskuld, want Jesus het gesê sy volgelinge is geen deel van die wêreld nie. Jesus het ook vir Petrus gesê plaas terug jou swaard in sy skede. Enige Christen wat sy broer oordeel, kritiseer en ’n spektakel van hom in openbaar maak, demonstreer dat hy geen geloof in God se perfekte wyse van justisie het nie. Die Bybel sê oor en oor God sien alles raak tot in die hart (diepste denke, motiewe van mens) Dat God almal sal oordeel ooreenkomstig hulle dade. So, wie is die vermetele mens wat sy broer wil oordeel. Daardie tipe oordeel mag slegs binne die gemeente gevel word om ’n onberouvolle sondaar te dissiplineer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui