In die skaakklub word skaak gespeel

*******

In die skaakklub word skaak gespeel | Netwerk24

Daniel Louw, Secunda

02 Augustus 2021

In “Moet ook nie dié feite ignoreer nie” (26.07) redeneer Jozua Hugo dat die maagdelike geboorte en liggaamlike opstanding op losse skroewe staan en daarom “is die meeste ‘andersdenkendes’ in die NG Kerk (NGK) so moeg vir sommige van hul kollegas se letterlike interpretasies dat hulle stilweg net hul eie ding doen”.

Daar is baie goeie argumente vír die maagdelike verwekking en liggaamlike opstanding, maar dit is ’n debat vir ’n ander dag.

Die punt is, die NGK staan amptelik by die drie formuliere van eenheid, wat die maagdelike geboorte en liggaamlike opstanding insluit. Predikante in die NGK het die volgende in hul legitimasie-eed bely: “. . . so verwerp ek alle dwalings wat teen hierdie leer stry en beloof ek om dit te weerlê, teë te spreek en alles in my vermoë te doen om dit uit die kerk te weer.”

Hugo is wel reg dat hierdie andersdenkendes stilweg hul eie ding doen. Dit is skelm. Hulle verbreek hul legitimasie-eed (negende gebod). Andersdenkendes moet die kerk se belydenis volgens die regte prosedures verander (met ’n tweederdemeerderheid) of hulle moet na ’n ander kerk gaan.

In die skaakklub word skaak gespeel. As jy rolbal wil speel, dan gaan jy na die rolbalklub.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui