Jean Oosthuizen en ander oor “Lewenslank selibaat al opsie vir gay Matie”

Kyk ook:

Die volgende gesprek het op Jean Oosthuizen se Facebook plaasgevind op 4 Desember 2011 in reaksie op Lewenslank selibaat al opsie vir gay Matie:

(Van hier gekopieer.)

Alle kommentare is nie gekopieer nie.

**********

Jean Oosthuizen

Die berig slaan my dronk. Ek sukkel om enige sensitiwiteit daarin raak te sien. Die opskrif alleen weerspreek enige sweem van deernis.. Lewenslank selibaat al opsie vir gay Matie. Dit is niks anders as ’n lewenslange vonnis vir ’n gay persoon wat ’n predikant in die NG Kerk wil word nie.

Nelus Niemandt sê seks buite die huwelik druis in teen die Woord van God soos wat dit deur die NG Kerk verstaan word. Maar is dit regtig so eenvoudig? Dan het ek die NG Kerk se afgelope sinode heeltemal verkeerd verstaan. In die verslag oor saamwoon en die huwelik blyk dit baie duidelik dat nie alle saamwoon verhoudings indruis teen die woord van God nie. Maar afgesien daarvan sal ek dan graag wil weet waarom kan ’n gay predikant wat wettiglik in ’n burgerlike verhouding met iemand anders van dieselfde geslag staan nie ’n predikant word nie.

Braam Hanekom ontduik ook die beskuldiging dat daar teen gay teologie studente gediskrimineer word omdat hulle moet onderneem om selibaat te wees. Hy sê hy weet nie van ’n vorm wat sulke student moet onderteken dat hulle selibaat sal wees nie. Daar is dalk nie so ’n amptelike vorm nie maar die betrokke student is wel gevra om so onderneming te gee. Wat is die verskil? Waarom word gay studente gevra om so onderneming te gee en nie heteroseksuele student nie. Dit is niks anders as blatante diskriminasie nie.

Ek kom nou mense word asseblief groot! Dink julle regtig alle straight tokkelokke is selibaat! Dan leef julle werklik in ’n gekkeparadys. Waarom moet hulle nie ook so onderneming gee nie?

Maar dit is goed dat hierdie saak weer op die tafel kom. Die inkonsekwente sinodebesluit van 2007 sal onder die volle soeklig van die media en die publiek op die tafel kom. Die NG Kerk sal van voor af moet besin oor die saak. Alle oë sal op die kerk en sy leiers se uitsprake wees. Tot dusver lyk dit glad nie goed nie. Om te sê die saak is met sensitiwiteit en deernis hanteer is belaglik. Daar kan hoogstens gesê word die kuratorium het “korrek” opgetree ingevolge 2007 se sinodebesluit. Maar so het die apartheidsregering ook “korrek” opgetree ingevolge sy destydse apartheidsbeleid toe daar teen mense gediskrimineer is. Verander die beleid of bly stil. Maar moenie beweer dit is sensitief en vol deernis nie. Jy kan nie mense se lewens met deernis opfoeter nie.
http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Lewenslank-selibaat-al-opsie-vir-gay-Matie-20111203

Gerhard Bothma

Dis baie jammer dat die gesprek wat tot met die vorige sinodesitting so goed verloop het nie verder geneem is nie. Dis tyd dat ons sonder omhaal van woorde sê: om gay te wees is nie sonde nie en dis ook nie ’n siekte nie. In terme van hulle seksuele oriëntasie het gays nie ’n toestand waaruit hulle weer gebore moet word nie. Hulle het ook niks om van genees te word nie, behalwe van die pyn en die letsels wat hulle oor die jare heen deur onkundige – en verwaande – mense toegedien is.

Gerhard Bothma

ons sal ook daaroor moet gesels of seks buite die huwelik om sonde is. net omdat ons dit nie wil goedpraat nie en omdat ander mense dit geniet beteken nie dat verkeerd is nie? of hoe? ek sê nie, ek vra.

Deon van Niekerk

Nou, dít vind ek ook gewoon inkonsekwent en wreed: om te sê iemand moet selibaat bly “omdat seks buite die huwelik sonde is” – asof mense se verhoudings net deur seks gedefinieer word – MAAR DAAR IS IN ELK GEVAL NIE DIE KEUSE VAN ‘N HUWELIK MOONTLIK NIE! Dan word die belofte van selibaatheid ’n afswering van die uitlewing van jou seksualiteit… Tereg word gevra hoekom hierdie eis nie op dieselfde wyse aan heteroseksuele mense gestel word nie. Dit bring ons by die Rooms-Katolieke posisie van algemene selibaatheid. En kyk hoe gaan dit daar by hulle mbt die hantering van seksualiteit…

Willie Rossouw

Ek skaam my nou dood oor hoe hierdie uiters sensitiewe saak hanteer word!Hoe minder die Kerk nou se hoe beter sal dit wees…..Jean noem elders en ek stem saam…”oor n paar jaar sal ons weer trane , verskonings en n gevoetewassery uit en ander wereld sien….Siesa!

Renier Cronje

En die gebeure oorvleuel met die “16 Days of Activism for No Violence Against Women and Children”. Ek is van mening die besluit van die NG-kerk is ’n daad van geweld… ’n wreedaardige psigologiese messteek op Lulani. Is daar nog NGK-leiers ruggraat? Waarom al die ontwykende antwoorde en verduidelikings? Wees eerder teen gay-persone dat hulle duidelik kan weet hulle is nie werklik welkom in die kerk nie. Dink hierdie jare lange gryse valse hoop van “gays is welkom in die NGK!” moet ’n end kry. My hart gaan uit na Lulani en alle gaypersone in die NGK!

Jean Oosthuizen

Well said Renier!

Barend Nel

Ek het gister ’n openbaring ontvang oor hoe ons die probleem kan oplos van mense wat dan uit teologiese oorwegings sê dat die huwelik (net) ’n verbintenis tussen ’n man en vrou is. Die antwoord is dat ons iets anders moet kry wat ’n ander naam het, maar verder in alle opsigte ekwivalent daaraan is. Die staat het presies dit gedoen. Ek het dit op Kerkbode se FB blad geskryf, maar ek is te dom om ’n link na die spesifieke plasing hier te sit. Ek plak dit maar hier, want ek sal aftree voor die volgende sinode en ek soek dus iemand om openbaring daar voor te dra.

Barend Nel

Hier is die plaksel nou:

Ek wil probeer om ’n positiewe voorstel te doen en hoop dat ons hoofmanne oor honderd dit ernstig sal oorweeg. Terwyl ons nou in hierdie gemors sit agv ’n kompromis. Kom ons maak nog ’n kompromis om ons daaruit te kry.

Ek stel voor dat ons mense toegee dat die HUWELIK, soos ons dit ken, ’n wettige verbintenis is tussen ’n man en vrou. Dit is tog trouens ook soos ons staat dit tans nog omskryf en daarom kan niemand in die RSA twee mense van dieselfde geslag wetlik in die huwelik verbind nie.

Maar kom ons laat twee mense van dieselfde geslag wat mekaar lief het en onderneem om vir altyd aan mekaar geTROU te bly, toe om in en met die seën van die kerk te TROU. En dan doen ons sinode namens die predikante (net die wat die versoek) aansoek by die departement van Binnelandse Sake, om hulle ook as bevestigers van “burgerlike verbintenisse” aan te stel… dit is al manier hoe twee mense van dieselfde geslag tans in die RSA kan “trou”.

Soos die staat die “burgerlike verbintenis” (civil union) as wetlik ekwivalent beskou aan die huwelik, kan ons dat ook die “troue” as eties en teologies ekwivalent aan die “huwelik” beskou.

Ek dink in elk geval die benaming “trou” is veel meer gepas vir dit wat die diepste behoefte van paartjies is. Vir diegene wat nie ’n agtergrond in Bybelse tale en teologie het nie, is dit dalk net goed dat ons verduidelik waar die woord “huwelik” vandaan kom. Dit kom uit die ou Nederlandse woord HIWILIK, die stam van die woord HIWILIKIN. Dit is op sy beurt ’n sametrekking van “hier-wil-ik-in”. Die huwelik (of soos die Hollanders gesê het hiwilik) het sy oorsprong volgens ’n apokriewe boek in die paradys, net nadat Eva in de boom geklim het om van die verbode vrugte te pluk. Sy staan toe op ’n tak en roep vir Adam om vir hom ook vrugte aan te gee. Maar toe Adam opkyk sien hy iets anders wat hy nog nooit opgemerk het nie. Hy vergeet toe van die vrug en sê: “Hier wil ik in” (Adam en Eva het daardie tyd nog Hoog Hollands gepraat) . Soos uit die verhaal blyk word die woord “huwelik” reg van die begin af so sterk geassosieer met daar waar Adam wou in, dat dit alle ander assosiasies verdryf. Dikwels is dit ongelukkig die (enigste) dryfveer vir baie huwelike. In die proses word God se woorde “dit is nie goed dat die mens alleen is nie, Ek sal vir hom iemand maak wat by hom pas” heeltemal vergeet. Die woord “trou” roep egter vir my hierdie assosiasie op en laat my dink aan mense wat soos die eerste paartjie daar in die paradysr aanvul, vir mekaar ’n hulp is en soos een mens word.

Elsabe Brits

‎@ Barend: “Dit is tog trouens ook soos ons staat dit tans nog omskryf en daarom kan niemand in die RSA twee mense van dieselfde geslag wetlik in die huwelik verbind nie.” Is jy daarvan bewus dat die huwelikswet in 2005 verander is en dat dit lui: between two people? Die bewoording “between a man and a women” is uitgehaal.

Barend Nel

Nee, ek is nie daarvan bewus nie! En as huweliksbevestiger behoort ek daarvan bewus te gewees het, want dan sou dit beteken dat ek twee mense van dieselfde geslag kan trou. En soos ek dit het kan nie. Nie net omdat die kerk vir my sal kwaad wees nie, maar ook omdat die staat dit nie toelaat nie. Kan jy vir my ’n verwysing na die betrokke wetswysinging gee.

Ek weet dit was voorgestel deur omtrent al die regskenners dat dit is wat moet gebeur, maar MY INLIGTING was dat die staat die huwelikswet op die ou end net so gelos het soos dit was en net ’n nuwe wet geskryf het oor “civil unions”. Prakties gesproke geld al die wetlike aspekte rondom ’n huwelik ook vir ’n “civil union”, behlawe dat by die civil union daar nie die bepaling is dat dit ’n man en vrou moet wees nie. Hetero paartjies kan dus ook ’n civil union aangaan, maar homo paartjies kan nie ’n huwelik aangaan nie. Mense wat as huweliksbevestigers geregisitreer is kan nie outomaties ook “civil unions” bevestig nie. Jy moet spesiaal daarvoor aansoek doen. Predikante kan nie individueel aansoek doen vir registrasie vir enige van die ampte nie, dit moet deur hul sinode namens hulle gedoen word.

Daar is dus op die oomblik DRIE verskillende en totaal teenstrydige “huweliks” wette. Daar is bogenoemde twee… en dan is daar nog ’n afsonderlike wet vir die bevestinging van huwelike tussen SWART mense! Die verskil is o.a. dat swart mans WETLIK met meer as een vrou mag trou, waar niemand anders dit mag doen nie. Dit is natuurlik MOERS diskriminerend en inkonsekwent… hoekom mag swart mans iets doen wat wit en bruin mans nie mag doen nie? En hoekom mag ’n vrou dan nie ook meer as een man hê nie? Dié wet kom uit die apartheidsera en is totaal in stryd met ons apartheidsera en is heel in stryd met ons konstitusie. Hoekom het die wetskrywers dan nie vir eens en altyd die wet behoorlik geskryf en die vorige wette almal herroep nie? Ek kan maar net raai dat dit moeilik moes wees met die president wat self ’n klomp vroue het, onder die wet vir swart huwelike.

AS MY INLIGTING VERKEERD IS SAL EK REGTIG BLY WEES AS JY MY OP DIE REGTE PAD KAN BRING. (Ek gaan uitstedig wees tot Woensdag, maar sal dan hier kom loer)

Elsabe Brits

Volgens die wet kan gay mense en ander kies, soek hulle ’n civil union of ’n huwelik. Dit moet spesifiek aan geteken word. Maar enige een kan kies. The civil partnership formula especially makes provision for a same-sex couple to decide whether to refer to their union as a civil partnership or a marriage. Civil partnerships will be solemnised by a marriage officer designated by the Minister of Home Affairs in terms of the Marriage Act.

Elsabe Brits

Die Amended Marriage act of 2006

Nico Geldenhuys

Vaderland… Nes mens jou geloof in die kerk voldoende herwin, gebeur só iets.

Jean Oosthuizen

Die ding moet stop. Ons kan nie so aangaan nie. En om te sê die kerk se gewig lê op die behoudende kant aan die een help niks. Die kerk se gewig het ook aan die “behoudende” kant gelê ten opsigte van apartheid, dans, dominees wat skei, Sondagsport en ’n magdom ander goed.

Ons wéét nou mos al seksuele oriëntasie is ’n gegewe en nie ’n keuse nie. Dit het tyd geword dat mens opstaan om getel te word.

Kompromisbesluite soos die van 2007 se sinode bring ons nêrens nie. Die student onder bespreking wou haar lewe aan haar kerk en aan God wy. En wat kry sy daarvoor? Sy word met “deernis” “begelei” om te sê dankie maar nee dankie, jy is nie goed genoeg nie.

Oor die lees van tekste en sekere mense se uitleg van die “Woord” oor homoseksualiteit is genoeg gepraat. Dit het tyd geword dat elke dominee in die kerk van die moderator tot by elke enkele ander dominee sê waar staan hy of sy persoonlik ook die saak afgesien van sinodebesluite.

Dankie aan die dominees op hierdie draad wat sonder huiwering standpunt inneem. Ek respekteer julle.

Nico Geldenhuys

Ek is só ontnugter, dat ek nie weet wat om te sê nie. ’n Mens keer terug na die kerk, jy dink redelike mense is nou in charge, jy dink die kerk het aangepas by die 21ste eeu. En nou… DIT. Ek wéét daar is goeie dominees in die NG Kerk, sowel as goeie lidmate. Maar vandag kry ek skaam vir my lidmaatskap. Ek voel verleë dat ek vir die kerk intree by my mede-ongelowige vriende, terwyl gay mense só behandel word. God weet, dit kan nie só aangaan nie.

Elsabe Brits

‎@ Nico ek hoor wat jy sê, ek het ongelooflik baie respek vir jou Nico. Maar ek is lankal ontnugter, want dieNG- kerk het nog nooit gay mense aanvaar nie. Hulle standpunt was nog altyd: “aanvaar die sondaar, maar nie sonde nie”. Hulle verwag van gay ledemate om ook selibaat te lewe, asook hulle sg gay predikante. Dis hoekom hulle destyds vir ds Laurie Gaum uitgeskop het. En kyk wat het met dia gay orrelis gebeur. Hulle weier ook dat enige van hulle predikante gay mense trou.

Jean Oosthuizen

En wat moet ek sê Nico? Dis inderdaad ’n skande. As die kerk se leiers maar wil sê dit is ’n sindebesluit maar hulle gaan werk om dit te verander sou ek dit nog kon verduur. Maar die verskonings wat aangevoer word om dit te regverdig maak mens siek. Ek gee nie om wat die sinode besluit het nie. Ek wil weet wat elke dominee se persoonlike staandpunt is. Ook die moderatuuur s’n.

Daniel Louw

Nico, baie interessante opmerkings van iemand wat nie in God glo nie…

Jean Oosthuizen

My maggies slaan my met ’n pap snoek. Is dit tog nie Daniel Louw van glodiebybelsoosonswil faam wat hier op my muur uitslaan nie. Wil jy meer. Ek dink die gay issue so effe bokant sy vuurmaakplek. Hy worstel nog met die vraag of die slang in die paradys Aramees, Grieks of Hebreeus gepraat het.

Ralph Barnard

Jean, navorsing wil al meer daarop dui dat die slang nie in een van daardie tale gepraat het nie, maar in Kerktaal …

Jean Oosthuizen

Ha ha ja-nee hier is beslis iewers ’n slag in die gras. Maar nou ja as iemand wat homself ’n kreasionistiese fundamentalis noem ook hier lees kan hy tog dalk net iets leer. Wie weet. Maar ek skat dit is eerder om ammmunisie bymekaar te maak vir daai godsdienstig ver regse webtuistetjie wat gekant is teen almal en alles behalwe hulleself.

Andre Voigt

Of soos n pastoor nou die ander dag gese het “n soort hemelse taal”.

Nico Geldenhuys

Ek hoop net nie ek betrap Daniel ooit dat hy spare ribs in die Spur bestel nie.

Jean Oosthuizen

Oeee en wat van skulpvis!

Albert Cruywagen

Al praat ek mense- en engele-tale…!

Daniel Louw

Sê hulle, Albert, sê hulle!!!

Johan van der Merwe

Julle ken sekerlik hierdie brief aan dr Laura – loop al sedert 2000 rond, maar bly skitterend! http://www.snopes.com/politics/religion/drlaura.asp

Jean Oosthuizen

Ja dis goed om weer ’n slag die brief te lees. Maar die arme Daniel Louw sal nie ’n oog toemaak vanaand nie. Ek dink nie hy besef hoe gereeld hy sondig nie.

Cecil John Brunette

ek is ’n “straight” ou, maar kan nie verstaan hoekom daar in hierdie tyd nog teen gays gediskrimineer word word nie. In my beroep, het ek oor die jare met baie gay mense te doene gekry, mense waarvoor ek nie skaam hoef te gewees het nie!

Hans Pietersen

Ek stem dat diskriimasie teen gays, swartes, ens so blasé is, Maar ewe uitputtend is selfaangestelde martelaars. ’n Rooinek kan nie by die Broederbond wil aansluit en dan bitch as hulle hom nie wil hê nie.

Ben du Toit

Heel aan die begin van hierdie gesprek het Deon van Niekerk ’n baie belangrike vraag/stelling gestel/gemaak: van mense word verwag om seks net binne die huwelik te he, maar vir gays is “DAAR IS IN ELK GEVAL NIE DIE KEUSE VAN ‘N HUWELIK MOONTLIK NIE! Dan word die belofte van selibaatheid ’n afswering van die uitlewing van jou seksualiteit.” Dis waarskynlik een van die kernargumente in die hele sage. Wat van gays verwag word is om hulle seksualiteit te ontken. Dis onmenslike. Dis die miskenning van hulle menswaardigheid. Dis geweld. Van ’n geloofsgemeenskap wat instem met die protes van 16 dae teen geweld teen vroue en kinders… 1 Kor 7:9 kry nuwe betekenis

Jean Oosthuizen

Hans ek dink nie jy is op dieselfe golflente as die gespreksgenote hier nie. Ons het reeds kennis geneem van jou standpunt.

Ben du Toit

I kor 7:9: Maar as hulle nie in onthouding kan leef nie (ongetroudes en weduwees vers 8), moet hulle trou, want dit is beter om te trou as om deur hartstog verteer te word.

Daniel Louw

Jean, ek is geneig om met Hans saam te stem.
Ben, dit is baie ironies dat jy die Bybel aanhaal. Is jy seker mens moenie daardie gedeelte anders interpreteer nie?

Jean Oosthuizen

‎Daniel Louw ek is geneig om van jou te verskil. En jy het geen idee hoe bly is ek daaroor nie. Dalk moet jy en Hans gaan koffie drink. Dis goed om te hoor julle het iets in gemeen.

Elsabe Brits

dis eintlik erg onnosel want gay mense kan en mag trou, dit gaan dus nie oor getroudheid aan n maat binne die huwelik nie, maar oor die verwerping van gay mense. Die vuil ou onderrok hang so ver uit, dis moeilik om hom nie raak te trap nie. Ga sies.

Hans Pietersen

Lewenslank selibaat AL opsie vir Matie? Siestog. Wat van n ander, gay vriendelike kerk? Wat van eiendomme verkoop? O, die marteling! O, die onreg! O, die aandag!

Johannes Bertus De Villiers

Ek het na die vorige algemene sinode van die NG Kerk vir baie mense gesê daar is ’n nuwe gees van akkomodasie, volwassenheid en deernis in die NG Kerk te bespeur. Het selfs ’n berig met daai strekking vir die koerant geskryf. Nou sit ek bietjie met eier op my gesig.

Jean Oosthuizen

Oi Johannes jy sal ’n jammerlappie moet kry om daai eier van jou gesig af te vee. Daai RSG program van ons moet nog uitgesaai word Sondag oor ’n week. En besef jy hoe het jy die kerk daarin geprys vir die “nuwe gees” wat vaardig is. 🙁 Ons moes daai program nou opgeneem het.

Johannes Bertus De Villiers

Ja wel, so leer mens maar uit jou glipsies.

Gerhard Bothma

ek hoor Nelus en Braam neurie heeldag lank “One day at a time …”, maar hierdie saak moes nooit oorgesien gewees het nie. Die momentum wat tot met die vorige sitting opge4bou is, is verloor en al die energie is op Belhar gefokus. Ek hoor ’n klok lui. Hopelik is die gesprek gou op ’n tafel en oop in die media. Ons kan nie nog vier jaar wag nie. Thou shallt not be a bystander

Renier Lourens

Daar is soveel drade op soveel bladsye oor hierdie gesprek; ek maak my laaste comment hier: Die NGK het ’n groot geleentheid verloor- ’n geleentheid om sy evangelie-hart ten toon te stel aan alle gemarginaliseerde groepe en mense. Hoe gaan ons voortaan praat oor God wat mense aanvaar en liefhet sonder voorwaarde? Nou is my preek vir komende Sondag in sy moer. Ek wou praat van genade en vrede en liefde, maar nou sal ek voorwaardes moet gaan inskryf en erg terugverwys na ons fundamenalistiese vriende se Levitikus.

Daniel Louw

Mense, dit is nou belaglik om te sanik oor hierdie insident. Het die NGK nie reg in lyn opgetree met hulle amptelike verklaring nie? NG Sinode verslag oor homoseksualiteit 2007. Of verstaan ek nie iets nie?
Dit voel vir my asof die manne nou amptelik uit hulle kassies klim hier: Jean, Gerhard, Johannes de Villiers, Ben du Toit. Dis goed, moenie skaam wees nie.

Barend Nel

Elsabe, ek het gaan opkyk en en kry nie daai Amended Marriage Act van 2006 waarvan jy praat nie. Ek kry wel die Civil Union Act van 2006. En jy is daarin korrek dat paartjies wat onder DAARDIE wet trou wel na hulle verbintenis as ’n “huwelik” (marriage) mag verwys. Maar dan spesifiek ’n “CIVILE UNION Marriage”. Ek haal aan uit die dept se webblad: “CIVIL UNIONS:
The Civil Union Act (effective from December 2006) allows anyone – regardless of their sexual orientation – to marry either through a civil union, a civil marriage or a customary marriage.”
Onder die voorgeskrewe dokumente wat ingehandig moet word is o.a. “A completed Form DHA-1764 (Registration of a Civil Union) in which the couple must indicate whether or not they are entering into a CIVIL UNION MARRIAGE or a CIVIL UNION PARTNERSHIP”

Die probleem is dat slegs huweliksbevestigers wat INGEVOLGE DIE CIVIL UNION WET VAN 2006 AANGESTEL IS Civil unions (partnerships of marriages) mag bevestig. Huweliks bevestigers wat (slegs) ingevolge die huwelikswet aangestel is, maar dus steeds nie selfdegeslag huwelik verbind nie, want daardie wet is steeds nie verander nie… (As die verander was, sou die Civil Union wet mos nie nodig gewees het nie!) Ek het destyds persoonlik by Binnelandse Sake navraag gedoen of ek Civil Unions mag bevestig en hulle het vir my gesê NEE! Jy moet spesifiek volgens daardie wet aangestel word en kerklike huweliksbevestigers, mag nie persoonlik aansoek doen nie, daar moet namens hulle deur hulle denominasiie aansoek gedoen word.

Gerhard Bothma

Ja, Daniel, ek het uit die kas gekom. Daar is sekere dinge waaroor n mens nie mag stilbly nie. Ek sal opstaan waar en wanneer ook al christene mense van hulle waardigheid ontneem. Die manier waarop bona fide gays behandel word is onChristelik en onaanvaarbaar.

Jean Oosthuizen

Gerhard ek weet nie eers waarom reageer jy nog op ’n homofoob soos Daniel Louw se geskriffies nie. Daai klompie godsdienstig ver regse aartsverkrampte fundamenaliste is min of meer net so relevant soos die HNP of die AWB.

Daniel Louw

Gerhard, dit is interessant dat jy altyd Christene aanval wat bloot die Bybel glo, maar nooit die Bybel aanval wat dit verkondig nie:

  • Dink jy Jesus het christelik opgetree toe Hy die handelaars met swepe uit die tempel uitgejaag het (Joh 2:14-16)? Moes Hy dit nie op ’n baie meer christelike manier gedoen het nie?
  • Wat sê jy oor die feit dat Jesus in Mat 10:34 sê: “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard.” Was dit christelik van Hom?
  • Wat dink jy van Jesus se diversiteit/verdraagsaamheid in Mat 23:13-39 waar hy die woorde gebruik: “Ellende wag vir julle”, “huigelaars”, “Blinde dwase!”, “Julle blindes!” en “Julle slange, addergeslag!” teenoor mense wat van Hom verskil?
  • In Luk 13:27-28 sê Jesus: “Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Niemand van julle het gedoen wat reg is nie. Maak dat julle van My af wegkom! Daar sal julle huil en op julle tande kners wanneer julle Abraham en Isak en Jakob en al die profete binne-in die koninkryk van God sal sien, terwyl julle self buitentoe weggejaag word.”
  • Wat sê jy van Johannes se verdraagsaamheid in 2 Joh v10-11: “As daar iemand na julle toe kom wat ’n ander leer bring, moet julle hom nie in julle huise ontvang nie en hom selfs nie groet nie, want wie hom groet, is saam skuldig aan die kwaad wat hy doen.”

Gerhard, julle moet julleself die vraag afvra of 2 Tim 4:3 nie op julle van toepassing is nie: “want daar sal ’n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor.”
Het jy nie jou eie god geskep wat gebaseer is op die God van die Bybel nie?

Gaan dink mooi…

Jean Oosthuizen

Ag Daniel loop hou jou seepkisprekies op ’n ander plek. Jy verveel my grensloos met jou aangeplakte vroomheid. Witgepleisterde grafte soos jy was ook nou nie juis een van Jesus se gunstelinge nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui