Dino-na-voëls (2): Dinosourusse met vere

Kyk ook:

Dinosourusse het nooit vere gehad nie en voëls het nie uit hulle geëvolueer nie.

Feduccia (kyk New four-winged feathered dinosaur?) is ’n paleo-ornitoloog (spesialiseer in voëlfossiele) en evolusionis en sê self dat hy nie glo dat voëls uit dinosourusse geëvolueer het nie. Al hierdie fossiele kom uit Sjina en dit is waarskynlik namaaksels wat deel is van ’n geldmaakskema.

Ook is die datering van die verskillende fossiele ’n probleem. Navorsers dateer die eerste voël 124-128 miljoen jaar gelede, maar dit is ~25 miljoen jaar jonger as Archaeopteryx (153 miljoen jaar gelede) wat ’n volledige voël is, en dit is ongeveer 10 miljoen jaar jonger as die gesnawelde voël Confuciusornis (135 Ma)! Dus is die volgorde:

  • 153 Ma gelede: Archaeopteryx wat ’n volledige voël was.
  • 135 Ma gelede: Die gesnawelde voël Confuciusornis – na bewering die eerste voël met ’n regte bek, ipv ’n kaak met tande soos die Archaeopteryx.
  • 124-128 Ma gelede: Die eerste voël in sy eenvoudigste vorm.

Soos Fedducia dit self stel: “Jy kan nie ouer as jou oupa wees nie.”

Dit laat hom egter nie afsien van evolusie nie. Kyk wat sê Feduccia:

These creationists are confusing an argument about minor details of evolution with the indisputable fact of evolution: Animals and plants have been changing. The corn in Mexico, originally the size of the head of a wheat plant, has no resemblance to modern-day corn. If that’s not evolution in action, I do not know what is.

Daar is twee probleme met hierdie stelling:

  1. Diere en plante het verander, dit is waar. En koring in Mexico het moontlik drasties verander, maar koring wat verander in koring verklaar onmoontlik hoe mense uit bakterieë gevorm het nie. Koring wat verander na ’n ander spesie, het nie genetiese inligting bygekry nie. Vir evolusie om waar te wees, moet mens kan bewys dat een soort van ’n plant of dier genetiese inligting bygekry het om ’n ander soort te vorm. Soos Jonathan Sarfati in die artikel sê: “Wow, so the best proof of goo-to-you evolution he can come up with is corn turning into corn?! But he has yet to prove that this is an increase in information, which would be required to turn scales into feathers
  2. Feduccia is ’n kenner in voëlfossiele, maar gaan soek sy bewyse vir evolusie in ’n ander veld, waar hy met geen gesag kan praat nie.

Verder is daar GROOT verskille tussen landdiere en voëls. Om miskien die twee belangrikstes te noem:

  1. Die longe is totaal verskillend: voëls het spesiale lugvaartlonge waar lug aan die een kant ingaan en die ander kant uit, terwyl landdiere longe het waar die lug uitgaan waar dit inkom (kyk The Unique Structure of Avian Lungs).
  2. Voëls se beenstruktuur is heeltemal anders ontwerp om baie lig te wees.

(Kyk Dino-na-voëls (1): Voëls se lugvaart longe breek dino-na-voël teorie vir meer hieroor.)

Hoekom die skepping-evolusie kwessie belangrik is

Richard F., Alberta, Canada, in a letter to CMI, received 30th January 2005, wrote the following:

A tattooed young man came to the mike and asked [the speaker]: “Do you believe in an old earth or a young earth?”
[The speaker] said that there were intelligent people on both sides and he was not going to get bogged down on that topic. The important topic he said is the resurrection of Jesus and not worry about Genesis.
After the service I approached the young man … He was not happy with [the speaker’s] answer. He said that he came to believe in a God and in Jesus as a result of reading Jonathan Sarfati’s book Refuting Compromise.
He told me that for the last 15 years he had been an atheist and now he was half way through the book and as a result came to believe.
He mentioned how important he felt it was to believe in a young creation because of the difficulties associated with old earth belief and the effects of sin. A co-worker in the restaurant where he works had given him a copy of Refuting Compromise.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui