Vrystaat Sinode 2023

Op 18 April 2023 belê die Vrystaat ‘n spesiale streeksinode om te besluit oor die uitvoering van artikel 37 en besluit om eerder weer in gesprek te tree met die algemene sinode.

Daar word gestem oor ses opsies. Hier volg die ses opsies en die resultaat:

Opsie Beskrywing Resultaat
A Neem nie nou ‘n besluit oor Artikel 37 nie. Wag vir AS in Oktober. 2 (0.7%)
B Geen besluit. Versoek AS om artikel 32 te wysig dat gemeentes nie geografies hoef te assosieer nie. Skep 11de sinode. 48 (16.1%)
C Voer artikel 37 uit. Breek dus weg van AS. 48 (16.1%)
D Beginselbesluit om Art 37 later toe te pas. Begin solank om VS in twee te deel. 6 (2.0%)
E Tree nie uit nie. Tree met Algemene Sinode van Oktober 2023 in gesprek om besluite oor die Skrif, huwelik, selfdegeslagverbintenisse, menslike seksualiteit, bestaan van die bose en teologiese opleiding in heroorweging te neem. (Bylaag 18 en Bylaag 19) 186 (62.2%)
F Handhaaf status quo. 9 (3.0%)
299 (100%)

Daar is ook tussen bylaag 18 en bylaag 19 gestem, wat beide uitgebreide motiverings vir Opsie E is. Die resultaat is soos volg:

  • Bylaag 18 (verwoord die beswaarde gemeentes se standpunt): 137
  • Bylaag 19 (bevestig die algemene sinode se siening): 149

Agenda: 18 April 2023 | Buitengewone Sinodesitting

Kyk ook

 

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui