Nog NG gemeentes tree uit NG-verband

Volgens KORT NUUS 6 (Aug 2023) ‘n kort nuusbrief van Koinonia Sinod

2. STIGTING VAN EERSTE KOINONIA-RING

Tydens ‘n vergadering van die Ring van Standerton, 20 Augustus 2023 by NG-Bethal Moedergemeente, is die stigtingsverklaring van die eerste Koinonia-Ring eenparig deur al ses die gemeentes in die ring goedgekeur. Die Ring van Standerton is dus die eerste ring waar al die gemeentes reeds ingeskakel het by die kategoriale kerkverband met Koinonia Sinode. Dié verband met KS hef nie noodwendig bestaande verbande op nie en gaan voort met interne reformasie.
Lees meer hier … https://koinoniasinode.org.za/standerton

3. STRAND GEMEENTE OORWEEG OM BANDE OP TE SKORT MET DIE NG KERK

Die KR het Woensdag 23 Augustus eenparing besluit om verbande op te skort met die Ring en Wes-Kaap Sinode hangende die uitkomste van die Algemene Sinode gedurende Oktober 2023.

Tesame met Tafelberg en Leeuwberg (OVS) en die 6 gemeentes van die Ring van Standerton, is daar nou agt gemeentes wat as gevolg van onSkriftuurlike besluite deur die AS, bande met die NGK opskort.

6. NG KERK KOINONIA WES-KAAP GESPREK, 23 Augustus

Sewentien persone waarvan 6 in persoon sal by Strand Gemeente praat oor die volgende:

  • Gebeure en voorgenome besluite by Strand gemeente n.a.v. opskorting van verbande by Tafelberg.
  • Gebeure by stigting van Koinonia Ring van Standerton en wat daaruit geleer kan word.

Ds Helgard J van Rensburg herinner die groep aan die metafoor van huweliksontrou eggenoot: Benadeeldes treur verskillend. Elke gemeente se situasie is uniek binne groter konteks van dieselfde ‘ontroue eggenoot’. Daar word ook erkenning gegee dat elke gemeente in ‘n ander fase van reformasie is. Elke KR besluit self.

Die kompleksiteit van die situasie vra egter oorleg – daar is kerkreg kundige raadgewers van Koinonia Sinode wat hiervoor beskikbaar is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui