Teologie voor nuwe kairos-oomblik

*******

Teologie voor nuwe kairos-oomblik | Kerkbode

Kerkbode, 10 November 2006

DIE Afrikaanse teologie staan voor ’n geweldige uitdaging en kruispad, sê prof Julian Müller, hoof van die departement praktiese teologie aan die Universiteit van Pretoria.

Prof Müller het tydens ‘n lesing aan die universiteit se lenteskool gesê die klagtes van leerdwaling wat die afgelope tyd teen dosente by die universiteit ingedien is, het die beeld van kerk en teologie in Suid-Afrika verskroei.

“Die indruk wat gewek is, is dat teologie inderdaad iets gevaarliks is om jou mee besig te hou. Kollegas van ander vakgebiede het by herhaling aan ons gesê hoe dankbaar hulle is dat hulle nie in die teologie doseer nie. want hulle word nie aan bande gelé deur konvensies nie. Hulle kan hulle wetenskap eerlik en onbevange beoefen.”

Prof Müller sê in die teologie is dit skynbaar nie moontlik nie. “As jy in dié vakgebied werk, moet jy die heeltyd oor jou skouer loer om seker te maak dat jy nie onder skoot kom nie. En dan gaan dit nie oor die goeie en gesonde kontrole van ‘n wetenskaplike gemeenskap nie. maar die neerdrukkende kontrole van leerpuriste wat hulleself aanstel as die polisie van die suiwere leer.”

Hy sê so ‘n toestand is soos die dood in die pot vir die beoefening van die teologie en terwyl dit voortduur, is daar nie sprake van lente in die teologie nic.

Tog is dit volgens prof Müller juis die gebeure van die afgelope jaar wat die teologie in ons konteks weer voor ‘n kairos-oomblik te staan gebring het. Hy sê hy is oortuig daarvan dat daar opnuut “n oproep is om te kies vir ‘n teologie wat die uitdaging aanvaar om:

  • ‘n teologie vir mense te wees.
  • sy eie voorlopigheid te verwoord:
  • moedig te dekonstrueer aan die magsdiskoerse in die samelewing; en
  • verbeeldingryk en waagmoedig nuwe taal te gebruik om ons ervaring van menswees voor die aangesig van God te verwoord.

Prof Müller het gepleit dat die teologie sal ophou om vir mense vanuit reeds geformuleerde standpunte te wil voorskryf hoe hulle oor hulleself, oor die wêreld en oor God behoort te dink en eerder begin om by hulle te hoor hoe hulle hulleself ervaar.“Ons moet dan van daaruit saam met hulle nadink oor die konneksies tussen die verskillende verhale waarmee hulle hulle eie realiteite konstrueer.”

– jean@tydskrifte.co.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui