Staat sal reguleer wat kerke ‘mag en nie mag sê nie’

Kyk ook:

Pepuda = Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act

********

Staat sal reguleer wat kerke ‘mag en nie mag sê nie’ | Netwerk24

Deur Johan Eybers

13 Junie 2021

Voorgestelde wysigings aan die sogenaamde Gelykheidswet is die grootste bedreiging vir godsdiensvryheid en vir vryheid oor die algemeen sedert die land in 1994 ’n demokrasie geword het.

Só sê adv. Nadene Badenhorst, regsadviseur van die Christen-drukgroep Freedom of Religion South Africa (ForSA), oor die Wysigingswetsontwerp op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onbillike Diskriminasie.

Skriftelike voorleggings daaroor kan nog tot einde vandeesmaand ingedien word.

Madelein Botha, regsadviseur vir die Volle Evangelie Kerk van God in Suidelike Afrika, waarsku veral oor die klousule wat die minister verplig om regulasies en gedragskodes vir instansies uit te vaardig om diskriminasie te elimineer en gelykheid te bevorder.

“Dit sal kerke en ander instansies verplig om hul grondwet, doktrine en interne gedragskodes by die venster uit te gooi om gehoor te gee aan wat die staat voorskryf. “Die staat sal kerke, geloof en geloofsoortuigings kan reguleer. Dit sal aan kerke mag voorskryf wat hulle mag glo en nie mag glo nie, wat hulle mag sê en nie mag sê nie en hoe hulle dit mag uitleef.”

Die wysigings bepaal volgens Botha almal het die reg om lidmate, leiers en pastore in die kerk te wees, “selfs in gevalle waar iemand se geloofsoortuigings en waardes lynreg teen die geloofsoortuigings van die kerk is”.

Badenhorst sê as ’n predikant preek dat iets soos aborsie of selfdegeslagverhoudings verkeerd is in die oë van die Here, is hy en die kerk ewe skuldig aan diskriminasie as ’n lidmaat weier om ’n aborsie uit te voer of weier om ’n diens aan ’n gay-paartjie te lewer wanneer hulle trou.

ForSA is veral bekommerd oor die klousule wat bepaal die staat sal regshulp aan die klaers verleen. Aktiviste se klagte gaan met belastingbetalersgeld gefinansier word terwyl jy groot regskoste sal moet aangaan om jouself teen ’n klag te verdedig, sê sy.

Botha sê: “Die wet se bepalings oor aanspreeklikheid is verregaande. Sou iemand aanstoot neem deur ’n plasing van ’n gemeentelid op sosiale media waarin hy ’n gedeelte uit ’n preek aanhaal, kan die persoon wat die plasing gemaak het, die prediker en die geloofsinstansie aanspreeklik gehou word vir diskriminasie.”

Ingevolge die wysigings hoef ’n mens nie eens die opset te hê om te diskrimineer nie: Jy is skuldig aan diskriminasie selfs al het jy nie geweet jy diskrimineer nie.

Dr. Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, sê die appèlhof het die definisie van haatspraak in die wet – wat bepaal iets wat “kwetsend” teenoor ’n groep mense is, is ook haatspraak – reeds in Desember 2019 ongrondwetlik verklaar.

Die hof het die parlement 18 maande gegee om die definisie aansienlik te vernou.

In die lig van die appèlhofuitspraak is dit verregaande dat onbedoelde diskriminasie in die wysigingswetsontwerp bygevoeg is, sê Claassen.

“Diskriminasie is van nature altyd opsetlik. Jy kan nie per ongeluk diskrimineer nie. Om te diskrimineer is om ’n alternatiewe keuse bo ’n ander te kies. Daar bestaan nie iets soos ’n onbedoelde keuse nie.”

Ds. Cassie Aucamp, voorsitter van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) se deputate-owerheid, sê: “Hierdie beoogde wetswysigings getuig weer van die regering se obsessie om die marionetmeester van die totale samelewing te wees.”

Oor die staatsregshulp aan die klaers sê hy: “Dié staatsfinansiering van die eiser tesame met die feit dat die bewyslas by die verweerder lê om sy onskuld te bewys, maak kerke de facto weerloos teen enige klag van diskriminasie of beweerde haatspraak.

“Die feit dat opset en intensie om te diskrimineer volgens die voorgestelde wysigings nie vereis word nie, ontmagtig kerke in hul roeping om die waarheid van die Evangelie as hul geloofsoortuiging te verkondig.”

Prof. Koos Malan, ’n dosent in publiekreg aan die Universiteit van Pretoria (UP), sê organisasies, waaronder kerke, moet kan differensieer en ongelyk behandel ten einde ’n bestaan te voer omdat lede vir lidmaatskap moet kwalifiseer en hulle aan die doelwitte en interne reëls van die organisasie moet onderwerp. “Dit word deur die wysigingswet verwerp.”

Hy sê die omskrywings in die wet is baie breed en subjektief en kan misbruik word.

“As iemand meen dat hy van voordele uitgesluit word, sy waardigheid gekrenk is of daar laste en verpligtings op hom geplaas word, kan hy aanvoer dat daar teen hom gediskrimineer word.

“Dit beteken dat enigiemand op grond van iets soos kleinserigheid, moedswilligheid of wat ook al aanspreeklik gehou kan word vir diskriminasie ingevolge die wet.”

1 thought on “Staat sal reguleer wat kerke ‘mag en nie mag sê nie’”

  1. “The foundation of irreligious criticism is: Man makes religion, religion does not make man. Religion is, indeed, the self-consciousness and self-esteem of man who has either not yet won through to himself, or has already lost himself again. But man is no abstract being squatting outside the world. Man is the world of man – state, society. This state and this society produce religion, which is an inverted consciousness of the world, because they are an inverted world…

    Religious suffering is, at one and the same time, the expression of real suffering and a protest against real suffering. Religion is the sigh of the oppressed creature, the heart of a heartless world, and the soul of soulless conditions. It is the opium of the people.

    The abolition of religion as the illusory happiness of the people is the demand for their real happiness. To call on them to give up their illusions about their condition is to call on them to give up a condition that requires illusions. The criticism of religion is, therefore, in embryo, the criticism of that vale of tears of which religion is the halo.

    Criticism has plucked the imaginary flowers on the chain not in order that man shall continue to bear that chain without fantasy or consolation, but so that he shall throw off the chain and pluck the living flower. The criticism of religion disillusions man, so that he will think, act, and fashion his reality like a man who has discarded his illusions and regained his senses, so that he will move around himself as his own true Sun. Religion is only the illusory Sun which revolves around man as long as he does not revolve around himself.”
    ― Karl Marx, Critique of Hegel’s Philosophy of Right

    Hierdie is baie duidelik die pad wat ons land stap: Eers was God die Wetgewer, die Seun die Verlosser en die Heilige Gees die Boodskap-gewer. Nou is God die idee, die Seun her-identifiessrbaar met wie- of watookal jou geloof se redder is (ateis? geen probleem, dis jyself) en die heilige gees… wel, watter gees jou yoga/ medikasie/ verbeelding aan jou voorstel. Terloops, Yoga is deel van hinduisme.

    Deut. 12:30 “…dat jy nie na hulle gode vra en sê nie: Hoe het hierdie nasies hulle gode gedien? —dat ek ook so kan doen.” Christen yoga? Dit is presies wat hier verbied word.

    Maar lucifer se doel is nie soveel om aanbid te word in sy vele gedaantes nie, as wat dit is om oor die Liggaam te heers. Daarom dat die Hoof Jesus Christus, die Seun van God, eers moet her-definieër en later uitgewerk word, vervang met ’n kragtelose “Jesus” van die mens se eie gedagtes.

    Lucifer se doel is nie om aanbid te word nie; dit is om gehoorsaamheid aan die Vader te vermy. Hy het nie vir Eva gesê om hom te aanbid nie; hy het haar gelei om “haar beste self te wees wat sy kan wees.” Hy het haar gelei om “selfstandig sonder haar man te wees”- Adam was sover ons kan aflei, by haar, tog het die gesprek nie na sy kant toe gedraai nie. Hou in gedagte dat La Veyan satanisme en humanisme vir alle doeleindes, dieselfde ding is: verheerliking van die mens. Menseregte. La vey het selfs genoem dat hy nie aan ’n wese “satan” glo nie.

    En dan is daar Crowley se stelling: “Do what thou wilt, shall be the whole of the law”. En dit is ook die uiteinde waarheen menseregte gaan. Nog meer: dit is waarheen demokrasie gaan. Die mense se wil sal geskied, nieteenstaande wat God se Wet sê.

    En voordat sosialisme kan posvat, moet ’n grondslag van demokrasie gelê word.

    Daar word baie gemaak in die VSA, van Thomas Jefferson se stelling, dat daar ’n skeiding tussen regering en geloof moet wees: wat gerieflik uitgelaat word, is dat hy gesinspeel het daarop dat die staat nie vir die kerk mag sê wat om te sê nie. Die staat benodig die kerk vir leiding, in gevalle waar die Reg moet gedien word.

    Waar dit gebeur, waar God se Wet die hoogste gesag is, is vrede, rykdom en gemeensaamheid.

    Waar die staat vir die kerk sê wat om te sê, noem ons dit Noord-Korea. Kuba. China. Venezuela. USSR. Daar is en was kerke… maar die staat het reeds besluit wat gespreek mag word, hoeveel lede daar mag wees, hoe lank dienste moet wees… Sien “Tortured for Christ” deur Richard Wurmbrand. Gemeentes wat nie geregistreer is nie, wat spreek wat die Here spreek, wat onheiligheid uitwys, hulle word so spoedig moontlik doodgedruk, die lede vervolg, gemartel en vermoor ter will van die naam van Jesus.

    PEPUDA is ons land se sleutel tot vervolging. Maar wat verwag mense in ’n land waar die man wat oneindige vermoring van die ongeborenes laat wettig het, wat elke jaar op sy verjaardag moordenaars en verkragters laat vrylaat het, as ’n nasionale held vereer word?

    Israel was God se oogappel, en selfs nou, ten spyte van hul verwerping van Jesus Christus, beskerm Hy hulle steeds teen die nasies om hulle wat hulle wil verwerp. Want Hy het ’n belofte aan Abraham en Isak en Jakob wat Hy nie sal breek nie. Ons? Ons is die wilde olyf, inge-ent op die mak olyf. Daar Hy beskerm ons as hevolg van ons verbintenis tot Israel deur Jesus Christus. Maar hou in gedagte: toe Israel se leiers lank genoeg teen Hom gerebelleer het, het Hy hulle aan hul vyande oorgegee. En “die Here se tempel is by ons!” het hulle gespog, geskreeu, gepleit. En nogtans het Israel na Assirië gegaan en Juda na Babilon. Want Hy is nie gepla oor wat jy sê, as jou handel nie volgens Sy Woord is nie.

    Drie keer noem Jesus Christus in Johannes 14, dat die wat Hom lief het, sy woorde hou, sy gebooie gehoorsaam. En nog meer deur die evangelies. Die Liggaam is daar wat sy uit die Kerk MOET uit, sodat sy nie in die hoer van Babilon, die moderne kerk, se straf sal deel nie. Want soos wat Nebukadneser deur God gebruik is om Israel te straf, sal die kommunisme gebruik word om die kerk te straf.

    Luk 6:46  En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie? 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui