Pepuda wetgewing verandering

Die leierskap van Moreletapark Gemeente het die volgende nuusbrief ongeveer op 14 Junie 2021 aan lidmate uitgestuur:

Pepuda = Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act

************

Pepuda wetgewing verandering

Beste gemeentelede en vriende,

Daar heers groot kommer oor die voorgestelde veranderinge aan die gelykheidswetsontwerp genaamd Pepuda. Dit gee alle persone ‘n gelyke reg om, sonder diskriminasie op grond van ras, godsdiens, seksuele orientasie, ens., ‘n lid van enige kerk of godsdienstige organisasie te word, en daar as ‘n leier of werknemer te dien, al verskil daardie persoon se geloofsoortuigings radikaal van die betrokke kerk/organisasie. Reeds op die agtergrond van die huidige gelykheidswet teiken aktiviste godsdienstige organisasies vir die geringste vorme van sg. haatspraak. Die wysiging gaan dit amper onmoontlik maak vir iemand wat van haatspraak aangekla word, om homself wetlik te verdedig. Enige vorm van diskriminasie word baie subjektief gesien, en hang af van hoe die sg. diskriminasie die een waarteen “gediskrimineer” was, laat voel het, maak nie saak wat die oorspronklike bedoeling van die sg. “oortreder” was nie.

Met hierdie wysiging verloor ‘n godsdienstige organisasie/kerk sy outonomiteit, en sy reg om sy eie doktrines te bepaal en sy interne sake op eie diskresie te hanteer, sonder die inmenging van die Staat in sy godsdiensbeoefening. Die Minister kry die mag om regulasies uit te vaardig en af te dwing oor hoe sg. diskriminasie aangespreek moet word en gelykheid gepromoveer moet word binne die organisasie.

Die sfeer van regsaanspreeklikheid gaan drasties vergroot en kerke en werkgewers gaan aanspreeklik gehou word selfs vir die (onintensionele) gedrag van hul werknemers/lidmate asook mense wat indirek die diskriminasie veroorsaak het. Vir sulke oortreders kan daar boete, tronkstraf of sluiting van so organisasie tot gevolg he. Aktiviste sal ongelooflik baie druk kan plaas op konserwatiewe gelowiges om hul geloof en lewenswyse te kompromiteer. Byvoorbeeld, as ‘n persoon van ‘n ander geloofsoortuiging aanstoot neem wanneer ‘n leraar sê dat Jesus die enigste Weg, Waarheid en Lewe is, kan hy of sy die betrokke leraar en kerk gaan aankla van diskriminasie teen sy eie nie-Christelike geloofsoortuiging.

Daar sal spesiaal begroot moet word vir skadevergoeding. Vir ‘n inleidende gesprek, gaan luister na ‘n Afrikaanse onderhoud HIER en kyk na meer volledige inligting op die FORSA WEBBLAD.

Lees ook oor “potentially detrimental and far-reaching implications for religious freedom in South Africa”.

Advokaat Nadine Badenhorst van FORSA (Freedom of Religion SA) meen dat indien die wysiging op die wetgewing toegestaan word, dit ‘n doodskoot sal wees vir godsdiensvryheid in ons land en uiterse nadelige gevolge teweeg sal bring. Kyk gerus na haar dringende oproep HIER.

Dis absoluut van kardinale belang dat ons as Christene reageer op die voorgestelde wysiging van wetgewing, anders kan ons verwag dat ‘n vloed van regsake sal volg teen ons, en mense van ander geloofsoortuigings, bloot omdat ons ons geloof uitlewe. Om jou stem te laat hoor kliek HIER vir ‘n templaat waar jy of jou organisasie jou besonderhede kan invul en teken. Stuur dit dan aan fbhayat@justice.gov.za voor 30 Junie.

Die leierskap van Moreletapark gemeente is eensgesind in ons bekommernis oor die voorgestelde wysigings. Ons wil lidmate dringend aanmoedig om die voorgestelde opponeringstemplaat te voltooi en na die Departement van Justisie te stuur.

Vriendelike groete

Leierskap: Moreletapark Gemeente

1 thought on “Pepuda wetgewing verandering”

  1. ek stem nie saam met nuwe wetgewing nie ,ek wil my DRIE ENIGE GOD VAN HEMEL EN AARDE dien volgens bybelse voorskrifte

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui