Saamblyers voor stok gekry

Kyk ook:

Gekopieer vanaf Kerkbode.

**********

Saamblyers voor stok gekry

2009-11-06 PRETORIA. – Ongetroudes wat saamwoon, moet in berou daarmee na die Here gaan, maan die NG Gemeente Doornkloof sy lidmate in ’n verklaring wat deur die kerkraad goedgekeur is.

Terwyl al hoe meer ongetroudes saamwoon, waarsku die gemeente enigeen wat “vasgevang is in enige vorm van onsedelikheid om in berou daarmee na die Here te gaan, selfs al was dit ook net ’n eenmalige gebeurtenis lank gelede”. Dit sluit saamblyery in.

Die verklaring, wat deur die kerkraadsvoorsitter, ds Gerrit Maritz, onderteken is, eindig met die woorde van 1 Kor 6:10: “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.”

Volgens die kerkraad is die kwessie van saambly so ’n algemene verskynsel in die hedendaagse samelewing dat enige Christelike kerk hom duidelik daaroor behoort uit te spreek.

Die gemeente sê hoewel die Ou Testamentiese strawwe vandag nie meer toepaslik is nie, veroordeel die Bybel steeds voorhuwelikse seks ten sterkste, selfs tussen verloofdes. Moontlike besware teen die Ou Testamentiese strawwe kan volgens Doornkloof se gemeente nie gebruik word om God se riglyne te ignoreer nie. Die gemeente beroep hulle onder meer op verse soos Deut 22:21b as voorbeeld waar sulke gedrag veroordeel word: “Sy moet sterf omdat sy ’n ongehoorde ding in Israel gedoen het deurdat sy met ’n man geslagsgemeenskap gehad het terwyl sy nog ongetroud was. So moet jy hierdie soort kwaad tussen julle uitroei.”

Verskeie ander tekste in sowel die Ou as Nuwe Testament, onder meer die uitsprake van Paulus, word ingespan om lidmate te waarsku teen seks buite die huwelik.

In dieselfde asem waarmee lidmate teen voorhuwelikse seks gewaarsku word, word hulle ook gemaan teen euwels soos verkragting, prostitusie, seksuele losbandigheid en pornografie.

Veral vroue het glo ’n besondere verantwoordelikheid in terme van hulle kleredrag. Uitlokkende kleredrag in die openbaar hoort volgens die gemeente nie by Christene nie. – jean@tydskrifte.co.za

Kommentaar:

Volle verklaring
2009/11/06

Soos dikwels kry bogenoemde beriggewing dit reg om ’n effens eensydige prent van die volle verklaring van NG Doornkloof oor hierdie aangeleentheid te projekteer. Die volle verklaring is op Kerkbode-aanlyn onder Amptelik/Verklarings of op www.ngdoornkloof.org.za te lese. Dit is veral besonder belangrik om ook te gaan kyk wat in 1 Kor 6:11 staan. By God is vergewing en verlossing moontlik. – Hennie Mouton

Saamwoon
2009/11/06

As lidmaat van dieselfde gemeente is ek bly dat iemand hierdie besluit onder my aandag gebring het. Ek was heeltemal onbewus daarvan. Ek sal graag by die gemeente se leraars wil weet of hulle die besluit en die betrokke bewoording daarvan (ek verwys nie na die berig nie maar na die amptelike besluit)onderskryf. Kan dr Mouton dalk vir ons sê of dit ’n eenparige besluit van die kerkraad was?

Ek het ook die berig gelees en v ind dit is ’n heel billike weergawe van die verklaring. – Lidmaat

Eenparige besluit
2009/11/06

Daar was geen teenstem op die kerkraadsvergadering waar die finale besluit gedien het nie. – Hennie Mouton

Eenparige besluit
2009/11/06

Daar was geen teenstem op die kerkraadsvergadering waar die finale besluit gedien het nie. Daar was vooraf ook voldoende geleentheid vir alle lidmate om insette tot die besluit te gee. – Hennie Mouton

Heiligheid van die huwelik
2009/11/06

Ek het na die skakel wat Hennie Mouton gee gaan kyk, maar kon dit slegs met die uiterste moeite gelees kry, aangesien die artikel heeltemal dwars gedraai is – dus verlaat ek my op wat die Redaksie en andere hier skryf.

My opinie is dat Doornkloof gemeente van harte gelukgewens moet word met die stap wat hul geneem het om hierdie verklaring uit te reik.

Wat is ’n huwelik? Die onderwerp is so groot dat mens kwalik in hierdie beperkte ruimte reg daaraan kan laat geskied. As mens woorde uit die huweliksformulier neem, kan mens sê dat dit ’n instelling van God is waardeur een man en een vrou op ’n innige wyse ’n lewenslange verbintenis aangaan. Dit word so gedoen dat hulle verhouding ’n afbeelding is van Christus en sy gemeente.

Ek sou graag net één aspek daarvan wou aanraak: die huwelik as metafoor van God en sy volk/Christus en sy gemeente of kerk. Feitlik die hele boek van Hosea, asook sekere hoofstukke van Jeremia en Esegiël word die huwelik as metafoor gebruik om die innigheid van die verhouding tussen God en sy volk te beskryf, en hoe erg die ontheiliging daarvan is.

Die innige verhouding tussen Christus en sy kerk word ook in terme van ’n huwelik uitgedruk ( Eff 5:23, Openb 19:7-9).

Nerens in die Skrif kry ons enige voorbeeld van ’n sg. “proefhuwelik” nie. Dankie Doornkloof, vir die voorbeeld wat julle stel!

– Henrietta Klaasing

Saambly
2009/11/07

Dit is baie verblydend dat die NG Doornkloof die sonde van saambly en seks buite die huwelik (fornication) aanspreek. Dit het so algemeen en sosiaal aanvaarbaar geword, dat verliefde paartjies nie besef dat hulle die Koninkryk van God kan mis a.g.v. daarvan nie. Ek stem saam, bely dit al het jy dit jare gelede gedoen. Die Engelse NKJV stel dit baie mooi:

Do you not know that the unrighteous shall not inherit the kingdom of God? Do not be deceived; neither fornicators, nor idolaters, nor adulterers, nor abusers, nor homosexuals, (1Co 6:9)

– Roelof Coertze

Saamblyers voor stok gekry
2009/11/12

Dis baie moeilik om op die berig van Mr Jean Oosthuizen rakende Ds. Maritz en sy gemeente kommentaar te lewer sonder om kragtige woorde te gebruik .

Die berig wys net hoe ver die kerk en sy skynheilige volgelinge verwyder is van die werklikheid. Dankie tog my kinders word grootgemaak buite die fundamentalisme van die Christelike geloof.

Die slot paragraaf van die berig het my laat wonder of die artikel ’n 7 de eeuse Islam dogma is .

Na die berig kan ek duidelik verstaan hoekom Calvyn vroue as helse verbrand het , die Bybel dink die aarde is plat em dat gelowiges dink donkies kan praat .

Die hartseer van die berig is dat nie een van die lede van Ds. Maritz se kerk in ’n gestig is nie maar vrylik in die openbaar rondloop , en boonop kan lees en skryf !!!

– D West

Lofwaardig sowaar
2009/11/12

Lofwaardig, die besluit van Doornkloof. ’n Goeie ‘back to the Bible’ besluit wat positiewe resultate behoort te lewer. Ek wonder of hulle ook toe die netelige sakie van hertrouery ingesluit het. Die Bybel is darem mos baie duidelik oor egskeiding, weer trou ens. (“Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk. Matt. 5:31 en 32) Ek dink ’n hele paar dominees en broeders sal maar weer moet skei. Dan het ons nou nog nie eers geraak aan die kwessie van – en laat ons dit saggies uitspreek – masturbasie, nie. En dis maar die begin van die sedelikheids en reinheidsvoorskrifte. Inderdaad is die huwelik heilig. Die vraag is net of ’n papier van Buitelandse Sake die huwelik maak en of dit ’n getrouheidseed aan mekaar is wat ’n huwelik konstateer. Weet nie, vra maar net. Weet ook maar net dat as Doornkloof met sy hervorming op die gebied begin, hy dit sal moet deurvoer tot by elke aspek van die sedelike sfeer. Dis baie werk. Sterkte! Ek wonder maar net of hulle die ding baie goed gaan deurdink het. – Yo-Han Lee

Goeie berig oor fundamentalism
2009/11/12

Mouton

Mr. Oosthuizen se berig rakende die bespotlike besluit en verklaring van Doornkloof en ook soos opgeteken hier, www.ngdoornkloof.org.za, is ’n juiste en korrekte weergawe .

Ek dink jy as fundamentalis kry skaam wat daar staan en jy – Hennie Mouton – probeer jou rooiwangetjies verberg deur voor te gee dat die berig verkeerdelik aangehaal is . Jou hipokriet , dink voor jy praat.

– D West

Een saak op ’n slag
2009/11/12

Sekerlik kan ’n verklaring oor ’n spesifieke saak deur byvoorbeeld ’n gemeente opgestel word voordat alle sake waaroor die Bybel hom uitlaat, deur hulle uitgeklaar is. Maar NG Doornkloof het ook oor ander sake, byvoorbeeld homoseksualiteit en selfdegeslaghuwelike, al vantevore verklarings opgestel. En ja, ons baseer ons verklarings op wat in die Bybel geopenbaar is, want ons glo die Bybel is die Woord van God. Laasgenoemde skrywes is ook te vinde op www.ngdoornkloof.org.za/Geloofsgroei/Standpunte. – Hennie Mouton

God se vergifnis
2009/11/13

Mnr? D West, miskien moet jy maar net lees voor jy skryf, soos byvoorbeeld die “Volle verklaring”-kommentaar en waarna daar verwys word, hierbo. Doornkloof se verklaring eindig nie met 1 Kor 6:10 soos Jean Oosthuizen (foutiewelik of doelbewus?) berig het nie, maar met die volgende:

1 Kor. 6:10,11 : “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie. En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.”

Daar is ook predikante en opgeleide en ervare beraders (kyk onder Familiesorg/Oase/geestelike berading vir besonderhede) in die gemeente wat gekontak kan word om in die proses te help.

Jy sien mnr West, as mens besef hoe belangrik sondebesef en -berou, EN God se moontlike vergifnis is, sal jy besef dat jy net die helfte van die boodskap weergee as jy vers 11 uitlaat. – Doornkloof KR-lid

Doornkloof KR-lid
2009/11/13

Wil die agbare Doornkloof KR-lid nie maar vir ons sê wie hy is nie. Of is dit dalk die heer Mouton homself wat alweer namens die hele kerkraad probeer praat? Aangesien die Doornkloof Kerkraad nou so bedrywig is hier sal dit dalk goed wees as die here van die kerkraad vir ds Maritz wat die verklaring onderteken het vra om self die kerkraad se standpunt hier te kom verduidelik.

Ek weet van talle lidmate in die gemeente wat nie die standpunt deel soos wat dit in die verklaring bewoord word nie. Daarom sal dit goed wees om te sien hoe deursigtig is ons gemeente regtig in die praktyk en of hulle bereid is om die saak hier in die openbaar te bespreek.

Vir baie van ons in die gemeente is hierdie verklaring ’n groot verleentheid. – Lidmaat

Saambly
2009/11/13

Dit is simplistiese en verooredelende verklarings soos hierdie van die NG gemeente Doornkloof wat van die kerk ’n sirkus maak. Ek wonder of die opstellers van sulke verklarings besef dat hulle eintlik die kerk ’n onguns aandoen daarmee. Dalk moet iemand van die gemeente tog die moeite doen om die persoon hier te antwoord wat gevra het wat van wedertrouery. Wat sê die gemeente daaroor? – Gerrit

Hennie Mouton se skakel
2009/11/13

Dankie vir die skakel na www.ngdoornkloof.org.za/Geloofsgroei/Standpunte. Hennie Mouton.

Jis ek het nou lekker gelag en verstaan jou sommer ook baie beter. Jy veg ’n moedige stryd ou Hennie. Die enigste probleem is dat jy alleen veg teen ’n gewaande vyand en net met jouself in gesprek is. Lyk my jou eie gemeente neem jou nie alte ernstig op nie want dit is maar ietwat van ’n monoloog wat jy daar met jouself voer of hoe?

Dit moet seker vreeslik wees om die enigste wagter op Sion se mure te wees en niemand steur hulle aan jou nie.

Sterkte Hennie en mag daar altyd ’n windpomp of twee wees teen wie jy kan veg. Wie anders sal ons tog teen die windpompe beskerm as jy dit doen nie. – Johan

Verklaring
2009/11/14

Ek neem aan mnr Mouton kon toe nie sy leraars sover kry om sy standpunt rakende die gemeente se omstrede verklaring hier te verdedig nie. Ek het so gedag! – Lidmaat

Die Woorde van Jesus
2009/11/14

Die tydskrif Kerkbode is van die NG kerk.As lidmaat was daar ’n dag wat jy ’n gelofte afgelê het voor God en Sy gemeente om jou aan Hom Sy Woord en die kerk se toesig te onderwerp. Jesus Christus is Hoof van SY kerk.Die Here sê by herhaling in Sy Woord Gal1:7 – 10 “Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai,en dit is hulle wat julle in verwarring bring.Maar al sou een van ons of selfs ’n engel uit die hemel aan julle ’n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat ons aan julle verkondig het – die vloek van God sal hom tref!Ons het dit voorheen gesê en sê dit nou weer : As iemnd aan julle ’n evangelie verkondig wat in stryd is met die evangelie wat julle ontvang het – die vloek van God sal hom tref!

Klink dit nou asof ek die guns van mense soek of soek ek die guns van God? Probeer ek by mense in die guns kom?

As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie.”

Jesus sê self in die bergpredikasie Lukas 6:22 ” Geseend is jul wannneer die mense jul haat en julle verstoot en uitskel en julle naam vermy soos iets wat sleg is,alles ter wille van die SEUN van die mens. Wees bly op daardie dag en spring rond van vreugde want vir julle is daar ’n groot beloning in die hemel.Hulle voorvaders het immers met die profete net so gemaak.” Ja, dankie jul almal dat jul Hennie en die Doorkloof gemeente so seën en mag jul ryklik geseend wees. Intussen kan Hennie & hierdie gemeente uitsien na hul hemelse beloning !Ag en die venyn en die kamtige intimiderende opmerkings word jul vergewe en vrygespreek. Jesus het gesê “Vader vergeef hulle ,want hul weet nie wat hul doen nie ” – A.Louw

Eish!
2009/11/14

‘n Paar mense hierbo eien hulleself darem ’n paar regte toe wat hulle nie eintlik toekom nie! Kom ons maak dit prakties.

Ek is ’n wedergebore Christen. Dit beteken ’n paar goed:

  1. Ek aanvaar Jesus Christus as my Heer en God.
  2. Ek onderwerp my aan Sy gesag.
  3. Ek aanvaar Sy openbaarde woord as die lig vir my pad en die lamp vir my voet.

God se Woord is bo Homself gestel – dit beteken dat God nooit teen Sy woord sal handel nie. Is daar enige van die mense hierbo wat bereid is om te sê dat God voorhuwelikse seks maar begin aanvaar, omdat “almal” dit nou doen?

Jammer mense, maar julle besef seker nie dat God nie moderniseer nie. Hy is gister, vandag en vir ewig dieselfde. As jy nie met Sy reëls saamstem nie, het jy die probleem, nie God nie.

D West, ek bid vir jou kinders. Ek is nie meer ’n NG lidmaat nie, maar is baie dankbaar om te sien sekere gemeentes is bereid om weer na die waarheid terug te keer.

Ek glo baie sterk dat waarheid bo eenheid staan. – Coenie

d west
2009/11/15

“Dankie tog my kinders word grootgemaak buite die fundamentalisme van die Christelike geloof”

Kan nie verstaan hoekom jy nog Kerkbode lees nie? Hoop jou kinders kan saam lees. Behalwe vir een inskrywing in Burger oor opium en godsdiens het jy nog nie ander kommentaar erens gepos nie. Hoekom sal hierdie berig jou so raak? Miskien moet jy na die Heilige Gees luister vas Hy begin praat. – emeritus

x
2009/11/16

Is dit nie snaaks dat Lidmaat wil weet wie die Kerkraadslid is nie, maar hyself skryf net as Lidmaat?

In die verdere verduideliking hierbo van hoe Jean Oosthuizen verdraaide beriggewing gepleeg het, is maar grotendeels net aangehaal uit die verklaring wat sonder ’n teenstem deur die Kerkraad gevoer is. So op watter manier is “alweer” namens die Kerkraad gepraat soos Lidmaat impliseer? En waar was Lidmaat en “talle ander lidmate” toe die voorstel weke lank tot hul beskikking was, verskeie kere aangekondig is, en ’n oop vergadering gereël is? Hoe aktief is Lidmaat in die gemeente as hy dit alles gemis het? Hoeveel kere was Lidmaat die afgelope jaar in Doornkloof se kerk, en lees hy ooit die aankondigings?

Siende dat die vraag oor wedertrouery nou al twee maal gevra is — daar is ’n inset daaroor op Doornkloof se Besprekingsforums vir dié wat sou belangstel. Sinvolle Bybelgelowige bydraes sal daar waardeer word. En nee, kletskerktipe laster-, vloek en beledigende taal word nie daar toegelaat nie.

Een van Doornkloof se predikante het hierdie naweek die opmerking gemaak dat hy nie dink die verklaring kon beter gestel gewees het nie. ’n Tweede het vantevore gesê dat hy die verklaring gaan gebruik as hy saamblyers gaan besoek. Nog ’n kerkraadslid het Sondag woorde van bemoediging uit die Bybel aangehaal om soos wagters op die mure te bly waarsku waar nodig ondanks moontlike bespotting (Esg.4). Nee Johan — ons praat nie van windpompe nie, maar selfs ’n windpomp kan jou dood veroorsaak as jy speel waar jy nie behoort te wees nie. – KR-lid

x
2009/11/16

Ek is net uiters dankbaar dat ek nie in hierdie fundamentalistiese gemeente is nie. Netnou begin hulle mense met klippe doodgooi wat stokkies op die Sabbat optel (Numeri 15:32) Ek sou graag wil weet wat, volgens Doringkloof, Jesus se status is ten opsigte van binne of buite egtelik. – Andre

Leer by die Hervormers
2009/11/17

Dit help nie KR-lid gooi nou jakkalsdraaie nie. Die verklaring en die berig verskyn albei volledig hier op die Kerkbode se webwerf vir almal om te lees. Daar is g’n sprake van verdraaiing nie. Ek wonder steeds waar is ons gemeente se leraars hier midde in die seisoen van luister dan nou? Wil hulle nie asseblief kom en vertel hoe sien hulle die saak nie. Dan hoor ons dit mos uit die perd se bek en nie van “KR-lid” en dr Mouton wie se skryfstyl so verbasend eenders is nie. As ons gemeente ’n simpel en oorvereenvoudigde verklaring uitgereik het moet ons mans genoeg wees om dit te erken. Lees gerus die gematigde standpunt van die Hervormers oor saambly die naweek in Rapport en word wys. – Lidmaat

x
2009/11/18

Die debat wat hier ontketen is na aanleiding van Doornkloof gemeente se ongelukkige verklaring ten opsigte van paartjies wat saambly het dalk ’n goeie nadraai. Dit sal mense weer aan die dink sit.

Lees mens die kommentare hier is dit duidelik dit die Mouton-standpunt, as ek dit so mag noem, nie juis meer veel gewig dra nie. Dit is veroordelend, buite konteks en doodgewoon nie meer van toepassing in 2009 nie.

Mouton se pogings om saamwoon af te keur maar ’n direkte opdrag van Jesus teen wedertrouery te verontagsaam getuig van mense soos hy se selektiewe omgaan met die Bybel.

Ek het nog nie die jongste gedrukte weergawe van Kerkbode onder oë gehad nie en die webwerf weerspieël ook nog nie die inhoud van die nuutse Kekbode nie. ’n Leser uit Kaapstad fax egter vanoggend vir my ’n brief daarin van dr Martin Lazenby.

Dr Lazenby wys in sy brief doeltreffend aan hoedat ons kerkraad Skrifgedeeltes in hul verklaring uiters fundamentalisties gebruik. Hy wys ook daarop dat dit ’n baie onverantwoordelike verklaring was.

Ek wil maar net vir dr Lazenby die versekering gee ons almal in die gemeente is nie só nie een deel ook nie Mouton se sentimente nie. Trouens dit is vir meeste van ons ’n groot verleentheid.

Ek vertrou Kerkbode sak dr Lazenby se volledige brief ook op die internet plaas wanneer dit weer opdateer word. – Lidmaat

Naamlose lidmaat
2009/11/18

Sien kommentare wat boontoe op naamlose Lidmaat se bewerings gelewer is. André, as jy die Bybelse gegewens glo dat Jesus uit ’n maagd gebore is, deur die werking van die Heilige Gees, kan jy sommer self jou vraag beantwoord. – Hennie Mouton

Wat om te glo
2009/11/18

Hennie Mouton as mens kan glo evolusie is ’n illusie dat ou Noag ’n historiese figur is, die pratende slang eers voete gehad het of elke woord in die Bybel letterlik waar is dan kan mens jou seker ook glo ja. – Pieter de Waal

Huwelik? ’n Gekkespul
2009/11/18

Ek vind die verklaring en vermaning lagwekkend.

Die huwelik soos God dit bedoel het, word vandag nie eers meer in die kerk geëer nie, want wat onderteken word is ’n briefie wat bloot aan mensegemaakte landswette voldoen. Dieselfde ding wat by ’n Landdros onderteken kan word.

Die egskeidingsyfers wys duidelik watter gebrek aan respek daar vir die christelike huwelik is. Dis niks minder as ’n bespotting nie en mens kan so ver gaan om dit as laster te kategoriseer.

Gesien uit die oogpunt van landswette wat ’n huwelik bloot sien as ’n kontrak tussen twee mense, kan daar eger geen beswaar wees wanneer die kontrak nietig verklaar word nie.

Uit die oogpunt van die christelik kerk, is dit veronderstel om iets heeltemal anders te wees waar ’n kontrak nie eens van toepassing behoort te wees nie. Maar dit lyk asof die kerk klaaglik misluk het om dit te fasiliteer.

Ek dink nie daar kan vandag meer ’n sterk saak uitgemaak word teen mense wat saambly nie. Die kans is net so goed dat hulle getrou aan mekaar sal wees soos wat die Bybel dit bedoel het, as mense wat kwansuis deur die kerk in die eg verbind is.

Maar dis goed so. Die feit dat mense al meer vervreem word van die kerk, is die kerk se eie skuld en niks minder as hul verdiende loon nie. Die kerk raak al meer ’n struikelblok tussen God en die mens. – Ingenieur

Skrikwekkend
2009/11/18

Ek vind die Bybeltekste wat aangehaal word skrikwekkend. Dit praat van verkragte vroue wat met hul verkragters moet trou, van verkragters wat moet sterf, van vrouens wat moet sterf omdat hulle voorhuwelikse seks gehad het, van trou omdat jy wil seks he, van egbrekers wat dood gemaak moet word.

Ek is net bly dat die regering daar is om verkragte vrouens te beskerm en om verkragters tronk toe te stuur. Ek is ook bly dat die regering daar is om mans en vrouens wat besluit om seks, IN DIE PRIVAATHEID VAN HULLE EIE HUIS TE HE, te beskerm teen perverts wat hulle wil afloer en wil doodmaak.

Hoekom is hierdie kerk so behep met seks? Ek sou veel meer respek vir Doornkloof gehad het as hulle hulle uitgespreek het teen lidmate met 4×4 gas guzzlers wat die omgewing besoedel of lidmate wat nie bydrae lewer tot die welsyn van vigswesies nie.

Maar nee, teiken ’n minderheidsgroep in jou kerk en verneder hulle.

– Sophia

En wat nou?
2009/11/18

Ek sien dat Hennie Mouton baie lief vir praat is. Die vraag is wat die kerkraad nou aan die situasie gaan doen. Of gaan die besluit ’n stil dood sterf. Komaan hennie, lê jou plan van aksie voor. – Nuuskierig

Die Huwelik Volgens God
2009/11/18

Sover ek God verstaan mag ou mans met jong meisies trou en met soveel vroue as wat hy wil. Die Kerk eerbiedig nie God se siening oor die huwelik nie, hoekom luister ons nog na die Kerk as ons God se Woord het? – Danie

Trou – kerklike geldmaakstorie
2009/11/18

Is dit nodig om voor ’n dominee, in die kerk trou te sweer aan die persoon wat jy lieflhet en die res van jou lewe wil mee spandeer?

Ek mag verkeerd wees, maar ek kan nie onthou dat dit in die Bybel staan dat ’n dominee ’n huwelik moet bevestig nie? God weet tog beter as die dominee wat die 2 mense vir mekaar voel en wat hulle intensies is. Solank die twee mense trou aan mekaar sweer, is dit aanvaarbaar vir God.

– Gelukkige saamblyer

Wat se mens nou van alles?
2009/11/18

Nadat ek deur al die kommentare gelees het besef ek een ding, hoe min verdraagsaamheid daar tussen ons mense is. Die feit dat jy nie met iemand anders saamstem nie beteken nie dat jy hom of haar moet kruisig, stenig en verneder nie. Mense word asb groot en debateer ’n punt of saak met volwassenheid wat by julle hoort, of misgis ek my?

As belydende Christen het ek een handleiding waarna ek kan gaan om rigting vir my en my geliefdes in ons lewens te gee en dit is die Bybel. Wat ek geweldig sou waardeer het as iemand wat nie met die standpunt saamstem nie, punte uit die Bybel kon aanhaal om die huidige standpunt se sogenaamde mistantings te ontbloot, dan kan ons debateer. Indien jou opinie nie deur die Bybel gestaaf kan word nie, bly dit maar slegs net jou persoonlike opinie en is dit hoogstens interessant om daarvan kennis te neem.

Ons almal doen sonde, maar God vra van ons om in ’n bepaalde verhouding met hom te leef wat onder andere vereis dat ons, ons sondes sal bely. Maar vir sonde belydenis moet mens darem van jou sonde bewus wees en daarvoor is die standpunt geskryf, nie om veroordelend te wees nie. Slegs God kan veroordeel, of ten minste is God se veroordeling uiteindelik die oordeel wat tel. Dus, dame, heer, indien jy veroordeel voel deur die standpunt, moet jy dalk tog maar gaan kyk hoe staan jou saak met God ons Hemelse Vader.

Alle liefde en vrede vir julle almal, veral die wat nie met die standpunt saamstem nie. – Wynand

Sophia, Pieter
2009/11/18

Sophia, God haat sonde, maar vergifnis en verlossing deur geloof in Jesus Christus is moontlik, ook vir jou. NG Doornkloof is nie net bekommerd oor vigswesies en miljoene aborsies nie, maar ook oor waar mense die ewigheid gaan deurbring. As jy glo dat daar lewe na die dood is, sal jy daaroor ook bekommerd wees. Ons probeer niemand verneder nie — ons probeer mense lei tot bekering.

Pieter, elke woord in die Bybel is nie letterlik waar nie — ek het dit nooit beweer nie en glo dit ook nie. Maar dit wat byvoorbeeld as geskiedenis neergeskryf is, is letterlik waar. Daarteenoor byvoorbeeld, maak die woord van God wat met ’n swaard vergelyk word, dit natuurlik nie letterlik ’n swaard nie:

(Heb 4:12-16) Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het. Terwyl ons dan ’n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

Hoeveel van dit wat in die Bybel staan, glo jy Pieter? Jy dink blykbaar ek glo te veel wat in die Bybel staan, maar glo jy nie dalk te min nie? – Hennie

Selektiewe waarheid
2009/11/19

So Hennie, as ek jou reg verstaan hoef mens niks in die Bybel te glo wat nie geskiedenis is nie as dit jou nie pas nie. So die opdragte om n ou met klippe dood te gooi kan mens maar ignoreer word. So ook die voorskrifte oor voorhuwelikse seks? So ook al die opdragte tot moord en doodslag op familie wat jou na ander gode wil verlei. Deut 13:5-18

Het jy n handleiding van wat jy maar kan ignoreer en wat jy slaafs moet navolg? Van my kant af probeer ek so ver as moontlik van enige voorskifte of stories in die ou testament bly, Ja ek eet selfs varkvleis en kreef en ek gee my vrou n drukkie self op die verkeerde tyd van die maand! – Andre

Wette en strawwe
2009/11/19

Nee André, jy vertolk my geskiedenisopmerking verkeerd, en ek is seker jy weet dit.

Maar ek dink dit sal goed wees om iets oor wette en strawwe te sê.

Moses het verskillende soorte wette aan Israel gegee, byvoorbeeld morele wette, ordewette en godsdienstige wette, waaronder byvoorbeeld die offerwette geval het. Ek dink nie my benamings is die beste nie, maar ek probeer die beginsel verduidelik. Offerwette het deur Jesus Christus se kruisiging tot vervulling gekom en het dus verval soos in die Nuwe Testament verduidelik word. Heelwat van die ordewette het selfs nie meer in Jesus se tyd op aarde gegeld nie, want die Jode was nie die regering van die dag nie — die Romeine was. Daarom kon die Jode in daardie tyd ook nie byvoorbeeld die doodstraf uitvoer nie — slegs die Romeine kon.

In terme van morele wette, waaronder buitehuwelikse seks sou val, se strawwe, is dit dus duidelik dat die uitvoering daarvan nie net vandag anders as in Moses se tyd is nie, maar selfs in Jesus se tyd al anders was. Maar God se beskouing oor die sonde al dan nie van so ’n morele saak, het nie verander nie. Sekere godsdienstige wette, soos offers, en die eet van onrein vleis, wat pertinent in die Nuwe Testament bespreek word, het egter wel verander. Maar daar is geen aanduiding dat God sy voorskrifte in die Nuwe Testamentiese tyd rondom die seksuele verslap het nie, inteendeel Jesus wat aandui dat selfs mens se gedagtes binne God se wil behoort te wees, maak die vereistes eintlik nog strenger.

Dit beteken geensins dat slegs die volmaaktes en sondeloses vir God aanvaarbaar is nie, want Jesus se volmaakte offergawe is juis bedoel vir sondaars, soos almal van ons. Maar duidelik mag ons nie volhard in ons sonde, of dit ontken nie — “gaan en sondig nie meer nie”, het Jesus vir die prostituut gesê.

Ek glo bogenoemde gee bietjie agtergrond vir Doornkloof se stelling: “Moontlike besware teen die Ou Testamentiese strawwe kan nie gebruik word om God se riglyne vir ons gedrag te ignoreer nie.” – Hennie

Hennie stoom lustig voort
2009/11/20

Ja, Hennie bly ’n voorprater – en uitwyser van al die moontlike sondes wat die ewige verdoemenis regverdig. Maar wat liewe Hennie, gaan jy en jou kerkraad dóén aan die 50% plus lidmate van Doornkloof wat saamblyers is? Dit is só maklik om te praat. Wys ons jou kerkraad se plan van aksie na aanleiding van julle besluit. Dit is tog 100% sinloos om te praat en nie te doen nie. – Nuuskierig

Dr Lazenby
2009/11/20

Ek verwys na die gedrukte Kerkbode-brief “Saamblyers kan nie net gelos word nie” deur dr Martin Lazenby wat vandag 2009/11/20 geplaas is, en waarna hierbo al deur die onbekende Lidmaat verwys is.

Enkele aanhalings uit sy brief wys dat dr Lazenby onwaarskynlik die volledige Doornkloof-verklaring (wat in elk geval nie baie lank is nie) gelees het:

‘Die berig “Saamblyers voor stok gekry” (Kerkbode, 6 November 2009) verdien kommentaar. Dit is wonderlik dat ’n kerkraad aan die saak van saamwoon aandag gee. Die lees van die berig laat by my die volgende persepsies:

Daarby sal leiding gegee moet word aan die begeleiding van jong gelowiges in die hantering van hierdie saak in plaas daarvan om dit maar net as sonde af te skryf en verder ’n koue skouer te draai.’

Dr Lazenby verwys net na die berig wat hy gelees het, wat alreeds boontoe in hierdie kommentare soos uitgewys ’n verdraaide voorstelling is, en die laaste gedeelte in die Doornkloof-verklaring doen alles behalwe om net ’n koue skouer te draai soos dr Lazenby impliseer. – Hennie Mouton

Nuuskierig se vraag
2009/11/20

Nuuskierig, jy kan altyd ’n Lewensverrykingseminaar (www.lewensverryking.co.za) gaan bywoon as jy regtig belangstel om die antwoord op jou vraag te vind, en nie een of ander bymotief het nie. Wat hulle daar doen, is min of meer wat ons in ons gemeente ook probeer doen, deur die Here se genade. – Hennie

Saambly fiasko
2009/11/20

Dit is duidelik dat Hennie Mouton se kerkraad se verklaring oor saambly nou soos eiergeel in hul gesigte te lande te kom het. Dit is om die minste te sê ’n erge verleentheid!! Geen wonder nie een van die gemeenteleraars verdedig die verklaring hier nie. Kerkbode se berig is eerder mak geskryf as wat dit ’n verdraaiing is. Na my mening moes die berig baie groter klem gelê het op die hartelose styl waarin dit gegiet is. Ek kan maar net hoop dat die NG Kerk die saak amptelik sal heroorweeg en wegkom van die idee dat mens soos in die Bybelse tyd mense stenig al dit net met woorde. – Gerrit Van Rensburg

Herlewing is nodig
2009/11/20

Die een ding wat opvallend is in baie van Kerkbode-aanlyn se besprekings, is hoe vêr ons van ons gereformeerde wortels af weg beweeg het, en die minagting waarmee baie kerkmense vandag die Woord bejeën. Ons het beweeg van mense wat vir hulle geloof na hierdie vasteland gevlug het, na mense wat nou van hulle geloof af wegvlug. In ’n sekere sin is ons nou in geestelike ballingskap. Hoe nodig het herlewing nie in ons dag geword nie! ’n Besoeking van God – van ongekende afmetings, soos ons nog nooit tevore ervaar het nie; sondeoortuiging so kragtig dat mense se selfregverdiging sal verdwyn soos mis voor die son, en dat hulle met eerbiedige ontsag voor God sal buig; ’n herlewing so omvangryk en diepgaande dat die hele samelewing se waardes opnuut aan die Woord van God sal konformeer. Hoe nodig is dit nie dat die Bybel vir ons weer die boek van alle boeke sal word nie! Dan sal ons ervaar “geseënd is die volk wie se God die Here is” Mag God gee dat dit gou sal gebeur. – Abraham Brummer

Verstommende subjektiwiteit
2009/11/21

Gerrit, jou aandrang op ’n hartelose styl terwyl Doornkloof juis spesifiek hulp aanbied in hul verklaring, spel jou subjektiwiteit in hierdie saak so duidelik uit, dat ek nie dink enigiets meer hoef aan jou gesê te word nie. – Hennie Mouton

Nie verbaas nie
2009/11/21

Ek is geensins verbaas oor die reaksie wat die standpunt ontlok het nie. As die wereld sy sin kan kry, het Jesus nie opgestaan uit die graf nie, losbandigheid is reg, ek en die eie ek kan doen wat ek wil, geen outoriteit sal vir my se wat ek moet doen nie, selfs nie God in sy woord nie. Die wereld sal altyd die waarheid uit verband ruk om sy EIE sin te kry. – Wynand

Deliver asseblief
2009/11/24

Ek sien Hennie glo beslis daarin dat wie nie vir hom is nie, is teen hom. Hoe op aarde kan daar ’n selfmotief in wees om te vra wat die kerkraad gaan doen anders as om te praat. Ek het gaan kyk na die lewensverryking van Sors Geldenhuys. Dit kan tot R1200 per persoon kos. Ek wonder wat sê die arme broer wat nou so ongevraagd in dié debat betrek word? Ek is maar net nuuskierig. Die kerkraad kan beslis iets doen. Dit sê Martin Lazenby ook. Maar ek wed jou hierdie is ’n een-bedryf. As die gordyne sak, is alles oor. Geen plan B nie. – Nuuskierig

Kerklike Verantwoordelikheid
2009/11/25

Aan Doornkloof se gemeente; BRAVO! Die reaksie wat julle verklaring ontlok het, wys dat dit ’n teerpunt aangeraak het en ’n gevoelige hou toegedien het aan diegene wat juis ongevoelig begin raak het oor God se Woord. Die duiwel is los slegs omrede sy hok goed geskud is. Mag die NG Kerk in die breë haar regmatige plek weer inneem teen wêreldse denke en ’n algemeen selfsugtige ingesteldheid. As julle geen reaksie gekry het nie, moes julle bekommerd geraak het, maar die reaksie toon dat daar darem nog lewe daar buite is wat geraak word deur Kerke se standpunte – en ja, natuurlik sal die duiwel sulke waagmoed deur skerp aanvalle in die kiem wil smoor! Om van God se Woord en Wil afvallig te raak is so maklik omdat dit gewoonlik so aanloklik voorgestel word; maar die terugkeer is gewoonlik ’n lang en moeilike pad. Mag die NG Kerk spoedig haar terugkeer maak na die Woord van God as haar mandaat wat gesag aan die Kerk se stem gee. Mag God aan Hennie en sy medelidmate wat die moed gehad het om hierdie verklaring op te stel wat radikaal teen die huidige gety indruis, die wysheid, krag en vrede gee om die saak in liefde en ywer enduit te voer. – James Maré

X
2009/11/25

Ek het ’n voëltjie hoor fluit wat beweer dat die kerkraad en skynbaar die predikante eerder die saambly kwessie aan die klok wou hang – of eerder as ’n kompromis wou gebruik -as om die sesdagskepping en evolusie op die keper te plaas . Miskien kan broeder Mouton meer lig hieroor werp. In realiteit klink dit wel logies of hoe sê ek nou broeder Hennie Mouton.

Ek wil ook by Mouton weet of al die predikante sy spogstuk onderteken het.(Let wel AL die predikante broeder Mouton)

Dan het ’n ander voëltjie in my oor gefluit dat Mouton die fundamentalis onder die fundamentaliste is wat die sesdagskepping as Bybel korrek voorhou.

Dan sal ek graag wil weet hoe die verklaring by kerkbode uitgekom het. Is dit moontlik dat Mouton en sy groep aangedring het dat die verklaring in Kerkbode gepubliseer word.

Help asb Mouton.

– Posduif

Dominees en kerk nie nodig nie
2009/11/25

Dis jammer dat niemand gereageer het op my vorige stelling en vrae nie, dus skryf ek dit weer: Is dit nodig om voor ’n dominee, in die kerk trou te sweer aan die persoon wat jy lieflhet en die res van jou lewe wil mee spandeer?

Ek mag verkeerd wees, maar ek kan nie onthou dat dit in die Bybel staan dat ’n dominee ’n huwelik moet bevestig nie? God weet tog beter as die dominee wat die 2 mense vir mekaar voel en wat hulle intensies is. Solank die twee mense trou aan mekaar sweer, is dit aanvaarbaar vir God – Gleukkige saamblyer

Goed gesê, James!

x
2009/11/26

Ek stem heelhartig saam met James. Die debat hier in Kerkbode en elders rondom godsdienstige sake is maar net ’n simptoom van ’n diepgewortelde “siekte”. Minagting van God, sy Woord en sy gebooie is manifestasies daarvan. Dit is duidelik dat mense se sienings van die Skrif, God, die mens en sonde hul redenasies bepaal. Dit kom onder andere neer op iets wat John MacArthur in een van sy boeke geskryf het oor morele waardes, dat dit afhang van “a high view of God”, of “a low view of God” . Morele dekadensie is ’n gevolg van ’n lae siening van God, met ’n gepaardgaande lae siening van sy Woord en gebooie.

Myns insiens is die NG Kerk en sy invloedsfeer vinnig oppad om sy ryke gereformeerde erfenis die rug toe te keer.

– Henrietta Klaasing

Dominees & kerk nie nodig nie
2009/11/26

Twee mense wat die Here dien – geredde Christene m.a.w. sal dit so wil doen.Die huwelik is ’n instelling van God.Nie – christene kan maak wat hul wil. – Mina

Dominees & kerk nie nodig nie
2009/11/26

Daar is heelwat Christene wat nie in ’n kerk of voor ’n dominee wil trou sweer aan mekaar nie.

Wie is die NG Gemeente Doornkloof dus om sulke mense te veroordeel net omdat hulle nie die gemeente se tradisie wil volg nie? (en erken dit maar, dit is bloot tradisie dat die dominee die seremonie behartig of dat dit in ’n kerk geskied). Dalk moet die NG Gemeente Doornkloof met die saamblyers praat (eerder as OOR hulle, soos wat hulle met hulle proklimasie doen) om die saamblyers se motiewe beter te verstaan en die situasie te verduidelik volgens die Bybel. En dan vir die saamblyers vra om erenstig met God te praat oor die situasie. En dit dan in God se hande los om Sy wil te openbaar vir die saamblyers. Die saamblyers kan dan die dominee laat weet of God dit goedkeur of nie. En as God vir hulle gese het Hy keer dit nie goed nie, dan kan die dominee die saamblyers tug. Maar as God vir die saamblyers laat weet het Hy seen hulle, dan moet die saamblyers vir mekaar en voor God trou sweer aan mekaar. En die dominee laat weet dat hulle voor God trou gesweer het aan mekaar, sonder die dominee. En dan moet die dominee hulle uitlos, want God het gepraat.

Dominees het nie ’n alleenreg op ’n verhouding met God nie. – Gelukkige saamblyer

Gelukkige saamblyer?
2009/11/26

Die Doornkloof-verklaring het niks oor die dominee as huweliksbevestiger gesê nie. So hoekom pla dit jou so baie “Gelukkige saamblyer”? Ek vermoed eerder God is besig om in jou gewete met jou te praat. En hoekom sal God vir jou iets anders sê as wat Hy reeds vir jou in die Bybel gesê het? Hoekom gaan gesels jy nie maar met ’n Bybelgelowige dominee nie? As jou gewete jou pla, is ’n sondebesef ten opsigte hiervan sekerlik nie moeilik nie. En dan kan die dominee en enkele getuies (dalk jul ouers?) mos maar by wees as julle regtig in die huwelik voor God bevestig word, en dan voldoen julle sommer aan die staat se wet betreffende ’n wettige huwelik. Die staat, foute en al, is immers as gesag deur God ingestel. – Daniël

‘saambly voor stok gekry’
2009/11/27

ek lees met verstomming na elkeen se mening, en al wat in my gedagtes opkom is Hosea 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. Mense, die tyd is min, plaas ons liewer ons tyd spandeer aan die grootste opdrag uit die Woord: Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies. Vrede vir julle almal. – Celeste

saambly?
2009/11/27

Hierdie onderwerp herinner my aan ’n ‘ping-ball-game’ Kom nou mense, hou op, en laat ons net gehoorsaam wees aan die Woord. Laat ons terug keer na die Woord, (Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid 2Tim3v 16,17) Saam bly is nie reg in die oë van ons Almagtige God nie. Vrede – Alicia

Respek vir die Skrif
2009/11/27

Stem saam met Alicia, maar ons moet ook respek vir die Woord hê! Die regte medikasie help. Woord-medikasie genees! Maar ’n teks uit verband geruk en lukraak gebruik, kan nie iets beteken nie. Ek moes laasweek uitvind daar verskillende soorte krulblaar in my tuin. Elkeen vra sy eie soort (regte) medikasie. Asseblief, kom ons respekteer die Woord. – Nuuskierig

Dominees & kerk nie nodig nie
2009/11/28

Daniel, ek is ook ’n gelukkige (wetlike) getroude, net nie volgens die kerlike tradisie nie. Dus neem ek aan dat ek nie volgens die kerk getroud is nie, want die dominee was nie daar nie, dit was nie ’n kerk nie ens ens ens. DIT is hoekom ek so aanhou. En dit werk nie op my gewete nie, ek het voor ooggetuies trou gesweer aan my wederhelfte. En ons het jare lank saamgebly voor ons geld gehad het om te trou. As God nie daarvan gehou het nie, kon Hy maklik iets daaraan gedoen het. Maar hy het nie. So ek vra weer, wie is die kerk om mense te veroordeel sonder dat hulle weet wat die situasie is? – Gelukkige saamblyer

Doornkloof verklaring
2009/11/29

Dit is verbasend dat daar so ’n bohaai gemaak word oor die verklaring van Doornkloof. Is dit dan nie die voor die hand liggende siening van die al die gemeentes van die Here nie? Die uitspraak is uit die Heilige Woord van God en ’n verklaring hieroor is kwalikg nodig! Dit geld natuurlik ewe eens vir skei en hertrou! Wat mens verbaas is dat soveel ongelowigs hier, in die Kerkbode, kommentaar lewer op voor die hand liggende sake. En as jy ’n gelowige is, maar nog worstel met hierdie fundamentele beginsels is dit dan nie juis die tyd om die waarheid by die Gees van God te soek nie. As jy hierdie weg volg sal jy vind dat God nooit die een of ander sonde sal kondoneer omdat dit jou pas nie. Maar dat Hy wel jou oë sal oopmaak om die waarheid te sien. – Leon Potgieter

Selfde onderwerp in Rapport
2009/11/30

Rapport van gister het ’n artikel oor dieselfde onderwerp. Prys die Here dat die meeste mense wat reageer, dieselfde mening huldig as wat vervat is in die verklaring onder bespreking. Dit lyk egter die kommentators by Rapport se artikel, meer Bybel-gelowig is sommiges wat hier reageer …. Verder lyk dit vir my of die NG kerk kniediep in die moeilikheid is, soos ek in ’n vorige plasing geskryf het. – Henrietta Klaasing

Kla en sing sit die pot mis
2009/11/30

Ek is dankbaar vir die insig wat drr Chris Jones, James Kirkpatrick asook prof Adrio König aan die dag lê oor die saamblykwessie. Henrietta Klaasing want in elke koerant se brieweblad kla-sing oor alles en nog wat is verkeerd. Dit is nie die NG Kerk wat kniediep in die moeilikheid is nie. Dit is haar en mense soos die kreasionis Hennie Mouton se uitgediende denkwyses wat in die moeilikheid is.

Waarom anders is nie een enkele van Doornkloof se leraars bereid om die standpunt wat deur Moutongedryf is hier te kom verdedig nie so ge4vra is nie? Almal in die gemeente weet hy voer ’n eenmasvertoning wat weinig steun geniet. – Pieter S

Dieper probleem
2009/11/30

Ek dink die dieper probleem hier is die verstaan van die huwelik. Die huwelik is nie in die eerste plek ’n verbintenis tusssen man en vrou op grond van hulle (gevoel van?) liefde teenoor mekaar nie, maar dit is ’n goddelike instelling. “Wat God saamgevoeg het…” Dus, ’n huwelik is die resultaat as God ’n man en vrou by mekaar bring, saam voeg en een maak in Hom. Dit is dus heilig met Goddelike sanksie. Die kern van die huwelik is dus “Gees” en nie “vlees” nie. Die seksuele het geen plek daarbuite nie, want die seksuele is gewortel in hierdie Goddelike, geheiligde eenheid. Die Christelike huwelik is ’n verbintenis voor en saam met God waarin Hy die Middelpunt en samebindende Faktor is. Buite die huwelik is hierdie dimensie van Gees en goddelike sanksie afwesig, en kan ’n verhouding nie anders as gebou wees op “vlees” nie. – Philip du Toit

Kerklike tradisie
2009/11/30

Gelukkige saamblyer (wat eintlik nou wetlik getroud is as ek jou kommentaar hierbo reg verstaan), as jy met kerklike tradisie ’n duur onthaal, ’n duur trourok, ’n spesiale bruidskar, ’n duur wittebrood, duur geskenke, duur ringe ensovoorts bedoel, dan stem ek met jou saam dat dit glad nie deel van ’n troue hoef te wees nie. Ek dink wel ’n paar getuies (verkieslik van beide families) en veral jul onderneming teenoor God is nodig, asook ’n wettige huweliksbevestiger soos deur die staat vereis om dit ’n wettige troue te kan noem. Om die waarheid te sê, ek vermoed dit is dalk beter om voor ’n landdros te trou as voor ’n liberale predikant wat die Bybel se riglyne minag. Maar as julle voor so ’n troue gemeenskap gehad het, wil ek baie sterk aanbeveel dat julle in gebed daarmee na God toe gaan, sy vergifnis ontvang en sodoende jul huwelik op ’n skoongewaste fondament plaas. – Daniël

Papiere om saam te slaap
2009/11/30

I rest my case! Daniël se argument hier bo is juis die bewys van sy eie belaglike stelling. As ’n landdros vir jou ’n stukkie papier gee dan sondig jy nie deur saam te bly met die persoon vir wie jy lief is nie. Sonder die landdros se stukkie papier moet jy by God vergifnis gaan soek omdat die landdros wat dalk nie eers aan God glo nie nie vir jou ’n stukkie papier gegee het om te kan saamslaap nie. Hoe gek kan ’n mens nie raak nie!

– Gerrit

Doornkloofverklaring behou
2009/11/30

Pieter S se bewering dat die Doornkloofverklaring net ’n eenmansvertoning is, is hopeloos verkeerd. Die verklaring is op die kerkraadsvergadering van 25 November weer bespreek en geen voorstel om die verklaring terug te trek is eers ter stemming gebring nie. Hoekom die Doornkloofpredikante nie positief of negatief op hierdie forum daarop reageer nie, moet Pieter S maar self vir hulle vra. Hulle is wel heeltemal bewus van hierdie forum want ek het ’n uitdruk van hierdie artikel en al die kommentare tot op 25 November aan al die kerkraadslede verskaf.

Enigeen wat wil sien wat die oorwegend negatiewe reaksie is, op ’n poging tot goedpraat van saamwonery van ’n baie groter leserstal as wat Kerkbode-aanlyn het, moet op www.rapport.co.za se kommentare op die artikel “NG Kerk kan saamwoon dalk toelaat” gaan kyk. Die NG Kerk sal moet ophou om op die draad te probeer sit, en moet terugkeer na Bybelse waardes, nie net ter wille van gelowige lidmate te behou nie, maar ter wille van God se eer. – Hennie Mouton

Pieter S se kommentaar
2009/11/30

Pieter S, ek waardeer jou kommentaar op my kommentaar. Ek neem aan jy is ’n NG-lidmaat. Sal jy dan asseblief ’n bietjie moeite doen en die kommentaar by die Rapport-artikel gaan lees? Vir my as NG lidmaat was dit pynlik om al die skerp en ernstige kritiek teen die NG kerk te lees. Mag die leierskap se oë oopgaan! – Henrietta Klaasing

Lees beter Gerrit
2009/11/30

Gerrit, hoe kry jy dit reg om die gedeelte “en veral jul onderneming voor God” mis te lees? Die wetlike aspek is sekondêr, maar tog ook belangrik, want God het die staat oor ons gestel, ongelowig of nie — gaan kyk byvoorbeeld na die Ou Testamentiese voorbeeld van Israel in ballingskap onder Babilon, om die beginsel te verstaan. Maar as jy dink dis beter om voor ’n gelowige predikant te trou, stem ek met jou saam. – Daniël

Gelukkige saamblyer
2009/11/30

Gerrit jy slaan die spyker op sy kop. Hoe absurd is die verklaring nie as daar na ’n “dokument” gesoek moet word om ’n saak voor God as rein en reg te beskou? Doornkloof sif die muggie uit en sluk die kameel in. In die proses vervreem hulle al hoe meer mense van die kerk. Ek was onder die indruk dat heksejagtery iets is wat in die Middeleeue uitgesterf het. Miskien moet Hennie Mouton vir ons ander vertel hoe “eenparige” besluite op kerkraads-vergaderings geneem word. – Fanie van Emmenes

Saamblyery
2009/11/30

Ek het met aandag almal se argumente en teenargumente gelees oor die verklaring van die NG Gemeente Doornkloof oor saamblyery. Ek was self ©° NG lidmaat, met die klem op was. Ek stem saam dat voorhuwelikse seks sonde is, maar net so is vloek, skinder, steel, ens. ens sonde. Ek dink ons moet die sg. probleem verder gaan soek. Die Gereformeerdeleer, leer ons dat mense uitverkies is, dat jy eenmal gered altyd gered is en dat die babadoop red. Ek weet die gereformeerdes gaan my nou aanvat, maar ek gaan dit bewys. Sien artikel 34 hier onder.

ARTIKEL 34 (Heidelbergse Kategismis)

1.            DIE HEILIGE DOOP

Ons glo en bely dat Jesus Christus, wat die einde van die wet is (Rom 10:4), deur sy bloed te stort ’n einde gemaak het aan elke ander bloedvergieting wat ’n mens tot versoening of tot voldoening van sondes sou kan of wil aanwend. Hy het die besnydenis, wat met bloed gepaard gegaan het, afgeskaf en in die plek daarvan die sakrament van die doop ingestel. Deur die doop word ons in die kerk van God opgeneem en van alle ongelowiges en vreemde godsdienste afgesonder om heeltemal sy eiendom te wees en sy merkteken en vaandel te dra. Dit dien vir ons tot ’n getuienis dat Hy ewig ons God en genadige Vader sal wees. Daarom het Hy ons beveel om almal wat sy eiendom is, net met gewone water in die Naam van die Vader en die Seun en die heilige Gees te doop (Matt 28:19).

Die volgende storie bevestig dit verder. ©° Predikant doop op ©° dag sy kleinseun en nadat hy die babatjie gedoop het was sy woorde ¡°die kind was verrot van die sonde, maar nou is hy skoon gewas.¡± Ek het ook gehoor by die doop ontvang die kind die Heilige Gees. Dit is ironies dat die Gereformeerdes altyd die Charismatiese of pinkster kerke beskuldig het dat hulle sou se die doop red, daarom is hulle ook sektes genoem en uitgemaak dat hulle ©° dwaalleer verkondig. Is dit dan nou nie ©° Dwaling as ©° NG predikant dieselfde uitsprake maak nie? Hierdie predikant word nie aangespreek oor ©° dwaling nie, maar daar word ©° kerkraadsbesluit teen saamblyers geneem. Ek is van mening dat die Gereformeerdeleer self die oorsaak is van hierdie probleem, omdat jy nie ©° preek oor die wedergeboorte hoor nie omdat jy kwansuis uitverkies is, want jy is ©° Verbondskind. Jy kan maar sonde doen, dink die jongmense, want God sal een of ander tyd met jou praat. Moet nie een sonde uitsonder as ©° doodsonde nie. Soek die oorsaak van die probleem, dan kan jy dit regstel.

Abie

– Abie

Dominees & kerk nie nodig nie
2009/11/30

Dankie vir jou verduideliking Daniel. So op watter tyd betree ’n mens ’n huwelik, volgens die Bybel. Wanneer jy ’n stukkie papier het, of wanneer jy tot God bid om jou verhouding te seen? Of wanneer die 2 mense hulle ouers verlaat en mekaar “aankleef” maw wanneer gemeenskap plaasvind? – Gelukkige saamblyer

Kerklike evolusie
2009/11/30

Die kerk is voorwaar besig om evolusie te ondergaan: As ek reg onthou en die ouer mense kan my miskien reghelp hier was in die vroee 80’s die volgende die status quo.

1) Geskeides is onder sensuur geplaas en mag nie meer diakens of ouderlinge gewees het nie

2) Saamblyers was van die hel af!

3) Swart mense was onwelkom in die kerk

4) Oor gays was nie eers gepraat nie want almal was in die kas.

Natuurlik kon die dominee al 4 bogenoemde staaf want dit kon bybels bewys word. Ek onthou dit so goed – mens mag swartmense anders hanteer want hulle is nie jou naaste nie.

En toe stelselmatig begin al meer mense skei. Dominees begin skei. Die kerk besef hy kan nie langer geskeide mense stief hanteer nie, want sy inkomste begin erodeer. 1994 kom en die kerk vra omverskoning want die mag het hande geruil. Later kom al meer gay lidmate te voorskyn em weer moet die kerk sy standpunt hersien. Dieselfde nou met saamblyers. Die bybel het nie die laaste 30 jaar verander nie? Hoekom het die kerk? God het nie verander nie?

Die engelsman se “Dont bite the hand that feeds you” So bly die kerk die grense skuif om sy lidmate gelukkig te hou. Wie anders betaal die dominee se salaris?

Iets wat veel interessanter is vir my is dat ’n God wat in staat is om biljoene sterrestelsels te kan skep wat biljoene sterre bevat absoluut geen simpatie met vigs wesies het of kinders wat besig is om in die Sudan te sterf van die honger nie en ander siektes nie. Nee – dit grief hom vreeslik wat 2 volwasse mense met wedersydse goedkeuring doen in die privaatheid van hul slaapkamer.

Hoeveel meer bewyse wil mens he dat die bybel mens gemaak is? Dit pla my baie meer dat ’n baba seer het as wat dit my pla wat twee grootmense in hul kamer doen. ’n almagtige god soveel te meer. Dis eenvoudige logika – nie “komplekse” dogma nie.

– Kettiekop

Fanie se Stellings
2009/11/30

Fanie sê:”In die proses vervreem hulle al hoe meer mense van die kerk.” Hierdie redenasie is al holrug gery en geensins die waarheid nie. Die Kerk is juis besig om leeg te loop as gevolg van die Kerk se ruggraatlose styl. Geen besluite word meer geneem suiwer op grond van wat God se Woord sê nie maar daar word al verder oorgeleun na die wêreld se geskree; na menseregte waarin elkeen se oggendgebed is “Laat MY wil geskied!”; nie God se wil nie.

Die Kerk, by name die NG Kerk, het sedert 1990/2000 begin om haar rug op God te draai. Ek is seker, as hier nie nou deur die NG Kerk ’n Bybelgefundeerde beleidsbepaling omtrent die huwelik en saamblyery gaan kom nie, bars ons deur die 90 grade omdraai weg van God af (as ons nie alreeds daar verby is nie). Met Dr James Kirkpatrick as Voorsitter van die ATLAS is dit te betwyfel of ’n Bybelgefundeerde beleid die lig sal sien. In sy resensie van die boek: “ Die Bybel: Verantwoordelik Lees is Krities Lees” het hy in die Kerkbode op 18 Sept 2009 in ’n ondersteunende trant die volgende opgemerk: “ Nürnberger huiwer nie om te sê dat die Bybel foute het en dat sekere tekste inderdaad onaanvaarbaar is nie. Dit tas op geen manier die gesag van die Bybel aan nie en hy wys dit uit wanneer hy met die groot tradisies in die Bybel werk. Hy is nie bang om te wys dat die tekste oor die maagdelike geboorte en die hemelvaart nie regtig sê wat die dogma dit wou laat sê het nie.” Met so ’n ingesteldheid is die kanse goed dat ons weereens ’n vae, moeilik aanvegbare, filosofiese uiteensetting te wagte kan wees wat subtiel die Bybel se eintlike bedoeling gaan relativeer.

As die gebruik van tug soos voorgeskryf deur die Woord van God nou verder ook as “heksejagtery” uitgekryt word, het dit laat geword in die geskiedenis van die Kerk. Die opdrag is duidelik in 1 Kor 5:11-13 dat die Kerk gesuiwer moet word. En dit gaan nie oor mense buite die Kerk nie maar juis hulle wat binne die Kerk sit en hulle-self “broeders” noem maar onsedelik, geldgierig, kwaadpraters, dronkaards of bedriërs ens is. Maar met ons post-modernistiese inslag was dit seker nie God wat dit gesê het nie maar Paulus in sy eie wysheid!

Mag God ons genadig wees deur die leierskap van die Kerk se oë oop te maak om raak te sien hoe ver sy al gevorder het om die wêreld se sieninge aan te hang en daarmee te simpatiseer ten koste van haar eie verhouding met God!

– James Maré

Kerk en Predikant nie nodig
2009/12/01

Gelukkige saamblyer,jou vraag oor wanneer ’n mens volgens die bybel die huwelik betree, word miskien die beste beantwoord deur die volgende aanhaling uit die 1953 vertaling van die Afrikaanse Bybel : “En Isak het haar in die tent van sy moeder Sara ingebring en Rebekka geneem,en sy het sy vrou geword; en hy het haar liefgehad (Gen.24:67 )”. Lees ook die King James Version, en vele ander vertalings. Die burgerlike huwelik met sy trou sertifikaat is ’n baie laat ontwikkeliking wat deur die kerk oorgeneem is. Dit beteken nie dat mense links en regs mekaar mag vat en los nie. Die huwelik (sonder papiere) is steeds ’n onderneming (verbond ?)wat twee mense aangaan voor God, en is veronderstel om ’n lewenslange verbintenis te wees. – Fanie van Emmenes

VERKLARING HERBEDINK
2009/12/01

Hennie Mouton gee ’n wanvoorstelling van die gebeure tydens die kerkraadsvergadering van 25 November. Die verklaring is inderdaad weer bespreek. Een van die leraars het hom skriftelik van die verklaring gedistansieer “sonder om daarmee in enige opsig te kenne te gee dat [hy] saamblyverhoudinge goedkeur of meen dat dit op een of ander wyse Bybels geregverdig kan word”. As redes is aangegee (i)die verskynsel van saamwonery is nie behoorlik gedefinieer nie; (ii)Tekste word buite konteks aangehaal en belangrike Bybelgedeeltes oor die huwelik (Hebr 13:4, Efes 5:21-32, I Petr 2:11 en 3:1-7)ontbreek; (iii) Die verklaring is erg kasuïsties (wetties) en moralisties. In plaas van die verhoudingsterm “liefde”, wat ook die samevatting van die Wet behels, fuksioneer die legalistiese terme “uitgevang”, “straf”, “strafoplegging”, “sterk veroordeel”, “doodgemaak”, “in die hel beland”, “sonde” en “grense”. Jesus het sy kerk opgeroep tot ’n getrouheid aan die Wet wat méér inhou as dié van die Fariseërs en skrifgeleerdes. Daarvan getuig die verklaring nie. In plaas van ’n oproep om uit die versoening en genade van God te lewe, word daar van die sondaar verwag om onder die juk van ’n nuwe legalisme te buig; (iv) Die “lewe deur die Gees”, waarvan Paulus in Romeine 8 praat, is nie in die verklaring die voorwaarde vir vrymaking en lewe (teenoor sonde en dood) nie. Die mens se berou oor en bedoeling om sy sonde te laat staan, het eerder die vergifnis tot gevolg. Vrees vir straf, die dood en hel moet die sondaar tot inkeer bring – nie die liefde en genade van God in Christus Jesus nie; (v) Die Jesus-gesindheid en -voorbeeld, soos in Johannes 4 en 8 gedemonstreer, funksioneer hoegenaamd nie in die verklaring nie; (vi) Die manier waarop die Bybel gebruik word, is onrusbarend. Deutr 22 vers 21b het niks met saambly te doen nie. Hosea 5 vers 7 handel oor Israel se ontrouheid teenoor die Here. Die “ongetroudes” in I Kor 7 vers 8 en 9 dui waarskynlik op die “wewenaars”, aangesien daar eers in vers 25 oor die “jong ongetroudes” gehandel word en ’n ander Griekse woord vir hulle gebruik word. In I Kor 7 vers 36 dui die “maagd” op ’n oujongnooi en het die “iemand”, aldus die beste verklaring, met haar pa te doen, wat liefs toestemming tot die huwelik moet gee, omdat sy verby die fleur van haar lewe is (en sy op die rak gaan bly!). Daar is nie in Matt 1 vers 18-25 ’n verwysing na Deutr 22:21 nie, maar na Deutr 24:1. Ens.;

‘n Wyser benadering sou wees om by die huwelik self as heilige en eerbare instelling van God te begin. [Terloops, hier sit iemand soos Chris Jones, as hy reg aangehaal is,die pot mis as hy meen dat die huwelik bloot ’n menslike instelling is!] Die huwelik is deur God aan ons gegee, nie net met die oog op voortplanting en seksuele genieting nie, maar ook met die oog op sekuriteit en geborgenheid. Die huwelik is ’n instelling waarvan die waarde reeds deur God bepaal is. Die Bybel ken nie iets soos ’n proefhuwelik nie. Verder is die huwelik ook daar vir die samelewing. Daarom sal daar altyd konsent en amptelikheid wees as dit by die huwelik kom. Dit beskerm die samelewing teen ontrouheid, losbandigheid en sedelike verval. Daarby word seksualiteit in die Bybel voorgehou as ’n daad van volkome oorgawe. Dit is die bekroning van die belofte van onvoorwaardelike en lewenslange trou aan mekaar. Enige seksuele verhouding buite die huwelik om, bedreig en vernietig uiteindelik dit waarvoor die huwelik in sy wese staan. Dit versteur en verwoes ons verbintenis met God, ons onderlinge verbintenis as huweliksmaats, ons gesinne en die morele vesel van ons samelewing. Dit sien ons vandag al te goed. Saamwoonverhoudings is verkeerd, want dit minag die huwelik as heilige en eerbare instelling van God (sien 1 Tess 4:3, Hebr 13:4). Ons moet gelowiges wat buite die huwelik saamwoon, verseker van God se liefde en ons liefde vir hulle. Ons moet hulle nie oordeel en veroordeel nie. Ons moet hulle met die gesindheid van Jesus persoonlik rondom die Woord van die Here ontmoet en saam met hulle na die wil van die Here vir ons lewe soek. Ons moet ook na hulle nood en behoeftes luister. Ons kan niemand egter meer gehoorsaam weesas die Here self nie. Ons moet vir Hom opstaan en vir Hom dien met ons hele lewe. Daarom moet ons ook seker maak dat ons eie huwelikslewe in ooreenstemming is met God se voorskrifte daarvoor. Ons moet bid dat God se Gees ons almal in sy waarheid sal lei.

Daar is by die kerkraadsvergadering voorgestel dat ’n tweede, verbeterde verklaring opgestel word. Weens die opsteller van die verklaring se onverbiddelikheid en die feit dat hy hom die reg voorbehou om uiteindelik te besluit wat in so ’n verklaring staan, is die verklaring as “water onderdeur die brug” beskou en is daar besluit om van die saak af te stap. – Leraar Doornkloof

Wie lieg?
2009/12/01

En nou Hennie Mouton? Wie lieg? Ag nee wat, ek het lanklaas in my lewe iemand met soveel eiergeel op sy gesig gesien soos jy op die oomblik. Wat die kommentaar op Rapport se webblad betref, wat probeer jy nou eintlik sê? Moet die NG Kerk hom nou laat lei deur hoofsaaklik naamlose kommentare van ’n klomp fundamentaliste?

Ag nee jy weet tog seker van beter as dit ou Hennie. Daai kommentaar is dieselfde ou Roomse gevaar, gay gevaar kommentaar. G’n niks van enige beredenering ten opsigte van die argument nie.

Ons is verby sulke oppervlakkige teologie. Slegs diegene wat nog glo slange het eers Hebreeus gepraat en die aarde is 6 000 jaar oud steur hulle nog aan sulke kommentaar. – Pieter

Beskuldigings
2009/12/01

Ek hou geheel en al by my verklaring hierbo dat: “Pieter S se bewering dat die Doornkloofverklaring net ’n eenmansvertoning is, is hopeloos verkeerd. Die verklaring is op die kerkraadsvergadering van 25 November weer bespreek en geen voorstel om die verklaring terug te trek is eers ter stemming gebring nie.”

Let daarop dat die “Leraar Doornkloof”, soos hy homself hierbo noem, die enigste predikant was wat beswaard was oor die verklaring, al het hy tog verklaar dat “sonder om daarmee in enige opsig te kenne te gee dat [hy] saamblyverhoudinge goedkeur of meen dat dit op een of ander wyse Bybels geregverdig kan word”. Laasgenoemde is eintlik waaroor dit gaan, en daarom kan mense wat die Leraar Doornkloof as rede wil gebruik om saamblyverhoudings goedgekeur te kry, dit nie doen op grond van sy huidige skrywes nie.

Die Leraar Doornkloof se laaste paragraaf is baie nader aan ’n wanvoorstelling as enigiets wat ek geskryf het. Ek het selfs voor hy sy betoog gelewer het, nadat ek sy skrywe net vlugtig kon deurgegaan het, want dis eers aan die begin van die vergadering uitgedeel, gesê dat dit jammer is dat dié Leraar geen kommentaar vooraf gelewer het toe hy oorgenoeg tyd gehad het nie, want heelwat van die positiewe stukke in sy skrywe sou ek graag wou gebruik het om die verklaring te verbeter. Daarom was dit geen probleem vir my om myself bereid te verklaar om na ’n verfyning van die verklaring te kyk sonder om die kern te verander, soos ’n ander predikant voorgestel het nie. Let op die woorde “sonder om die kern te verander”. Daar was nog vier ander predikante teenwoordig. Ek herhaal ook hier net weer dat een predikant in die eerste kerkraadsvergadering, waar die finalisering van die verklaring aanvanklik gebeur het, selfs gesê het dat hy die verklaring sal wil gebruik as hy met saamblyers gaan praat. Ek herhaal ook weer dat daar geen teenstem op daardie vergadering was teen die verklaring as sulks nie.

Ek hoop van harte nie hierdie loop uit op nog verdere beskuldigings tussen my en die Leraar Doornkloof nie. Hy ken my adres en my e-pos-adres, en as dit dan moet, kan hy die saak maar weer in die kerkraad opneem. Maar eintlik stem ons oor die kern saam, soos een van die ander predikante by implikasie gesê het.

Gemeet aan die reaksies op www.rapport.co.za, het hierdie verklaring van Doornkloof waarskynlik presies op die regte tyd gebeur. – Hennie Mouton

Bybelgebruik
2009/12/01

Ek is nuuskierig om te weet hoekom die kerkraad van Doornkloof homself verhard en nié sy verkeerde Skrifgebruik regstel nie. Leraar van Doornkloof keur nié saamblyverhoudings Bybels goed nie. Maar hoe is dit moontlik dat iemand wat die lerende amp beklee (uit genade) se pleidooie (lei ek af) op dowe ore val (op ten minste ’n deel van die kerkraad plus Hennie Mouton) dat die verkeerde Skrifgebruik in die verklaring ten minste reggestel moet word? ’n Kerkraad in die Gereformeerde tradisie moet tog minstens die Bybel waardig wees – en reg kan lees! Maar dit is vir my duidelik dat ons geestelike toestand beroerd is as ons die Bybel op ’n tref en trap manier gebruik. Leraar van Doornkloof het minstens gevra dat sy kerkraad sal terugdraai na die ongelukstoneel toe, hom sal vergewis van die skade en verantwoordelikheid neem vir die situasie. As hy sê dit is water onderdeur die brug, is dit nag … – Nuuskierig

Broederlike verskille?
2009/12/01

Dit is werklik jammer dat hierdie oop forum nou die plek moet word waar twee mense van dieselfde gemeente mekaar aanvat – een nogal ’n naamlose leraar? As buitestaander sou ek soos Hennie Mouton reken dat Leraar Doornkloof oorgenoeg tyd gehad het om veranderinge aan te bring en in die vergadering te opper, eerder as om dit op hierdie wyse te doen. – Henk Marais

Leraar herbedink
2009/12/01

Ek dink leraar herbedink is besig om mis te dink. Aan die een kant herbedink hy nou sy gemeente se verspotte verklaring maar aan die ander kant meen hy dr Chris Jones sit die pot mis. Wil die leraar nou op twee stoele sit of wat?

Kan die naamlose leraar asseblief vir ons sê presies in watter teks staan daar God het die huwelik ingestel? Let wel ek praat van die die HUWELIK soos ons dit vandag ken dominee. Is dit ’n Ou Testament ding of ’n Nuwe Testament ding.

Pleks hy net sê ja dit wás ’n dom verklaring en ons moet dieper oor die saak dink. Net soos met die opstanding word daar so met woorde gespeel dat g’n mens meer wat bedoel word nie.

Sê tog liewer julle wéét nie. Dan is julle ten minste eerlik en kan ek daarmee saamgaan.

– Weer gedink

Maak jou eie afleidings
2009/12/01

Mens kan net jou eie afleidings maak – Mouton staan openlik by sy standpunt & ’n naamlose leraar vat hom “broederlik ” aan.

En as daar nou regtig so ’n vreeslike verskil is,kan mens dit nog verstaan – daar is seker maar ’n ander “dwalende” slang in die gras.

Kan / mag net ’n ds die Bybel lees en interpreteer?

Is dit nie ironies dat die kerkleiding op Wereldvigsdag hieroor moet redeneer nie? Wat gaan die geskiedenis nie eendag hieroor sê nie? Hoe kan ons verwag die wêreld moet verander as “Christenekerkleiers” ’n vriend van die wêreld “wil wees” en daarmee ’n vyand van God!

– Ralie Roelofse

Maak jou eie afleidings
2009/12/01

Mens kan net jou eie afleidings maak – Mouton staan openlik by sy standpunt & ’n naamlose leraar vat hom “broederlik ” aan.

En as daar nou regtig so ’n vreeslike verskil is,kan mens dit nog verstaan – daar is seker maar ’n ander “dwalende” slang in die gras.

Kan / mag net ’n ds die Bybel lees en interpreteer?

Is dit nie ironies dat die kerkleiding op Wereldvigsdag hieroor moet redeneer nie? Wat gaan die geskiedenis nie eendag hieroor sê nie? Hoe kan ons verwag die wêreld moet verander as “Christenekerkleiers” ’n vriend van die wêreld “wil wees” en daarmee ’n vyand van God!

– Ralie Roelofse

abcd@gmail.com
2009/12/01

@ Hennie Mouton

Ek sit hier met ’n afskrif van ’n brief waar een van die Dominees heftig beswaar maak teen die verklaring en het dit ook duidelik gestel dat hy hoegenaamd nie die verklaring onderteken het nie.

Ek vra jou weer Mouton, het AL die predikante die dokument onderteken?

Hoe het die verklaring by Kerkbode en Mr Jean Oosthuizen gekom ?

Het iemand aangedring dat die verklaring in die Kerkbode gepubliseer word , en indien dit wel so is , wie het aangedring dat Kerkbode die verklaring publiseer .

– Posduif

Leraar Doornkloof
2009/12/01

Die kommentaar van leraar van Doornkloof en Hennie Mouton se kommentaar daarop,wys maar net weer dat Hennie net glo wat hy wil of wat hom in ’n bepaalde situasie pas. Nerens keur leraar saamblyery goed nie, al wat hy probeer doen is om ’n sekere prosedure tydens die kerkraads-vergadering aan die kaak te stel. Leraar se dat daar ’n tweede verklaring opgestel is,maar weens die onverbiddelikheid van die voorsteller(Hennie Mouton)is die tweede voorstel nie ter tafel gele nie. Soos ek dit verstaan moes die tweede voorstel as ammendament op die eerste voorgestel gewees het,en moes daar tot behoorlike stemming oorgegaan word. Soveel vir Mouton se “eenparige” besluit. Ek wag nog op sy verduideliking hoe so ’n eenparige besluit werk? Leraar kan ook gerus onder sy eie naam skryf soos die meeste van ons ander. Die inkwisisie is iets van die verlede Ds. – Fanie van Emmenes

vancollerpierre@yahoo.com
2009/12/01

@ Kettiekop

Kerklike ewolusie inderdaad.

Die Bybel is nie verhewe bo die ewolusie proses nie. Dit het al in die vroegste begin evoleer soos onder andere die drie-eenheid is ingeskryf is om substansie aan 325 te gee. ( Want daar is drie wat getuig in die Hemel ….)

Die Bybel het die tyd van die toets gedop. Verligters kan eenvoudig nie meer die 6 dag skepping van paar duisend jaar gelede in enige gesprek verdedig nie . Die Bybel moet aangepas word om God se verleentheid toe te smeer.

Watter vrou dra nog ’n hoed in kerk ? Wie stenig homoseksuele persone ( behalwe Mouton) of vir die wat voedsel op die Sabbat vergader .

Wie gooi sy kinders vir bere of slaan hulle koppe stukkend as hulle vir ou mense lag of ongehoorsaam is ( behalwe Mouton)

Vroue mag tot vandag in die kerk praat en glo dit …daar is vroue wat al op preekstoele staan .

Evolusie in werking , lewendig voor jou eie oë.

– Pierre van C

Huwelik as instelling van God
2009/12/01

My toetrede tot die debat was slegs om daarop te wys dat daar, soos dit ’n gesonde gemeente betaam, verskil in mening is oor die betrokke verklaring. Daar is by herhaling in die debat navraag gedoen oor waar die leraars van die gemeente in dié aangeleentheid staan. Ek kan noem dat minstens drie leraars in mindere of meerdere mate van die eintlike opsteller van die verklaring verskil.Miskien het ons nie almal ons huiswerk vooraf gedoen nie; miskien het ons nie almal besef dat die verklaring ook buite die gemeente aan die groot klok gehang sou word nie; miskien was ons te besig met ander dinge; miskien is ons ook net moeg om elke keer op alles te reageer waaroor mense met ander wil twis. Vergewe ons ons versuim in dié verband, asseblief. Henk Marais weet ongelukkig nie hoe die verklaring tot stand gekom het nie, anders sou hy nie met ’n verwyt of ’n beskuldiging gereageer het nie. By hom vind ek in elk geval geen liefde nie! Oor Hennie Mouton se reaksie swyg ek liewer, behalwe om te sê dat gelowiges ook van mekaar kan verskil en dat ons mekaar die ruimte daarvoor moet gee. ‘Weer gedink’ skryf self naamloos, maar klink nogal bitsig oor my eie naamloosheid. Dit is sy goeie reg om naamloos te bly, soos dit seker ook myne is, of nie? Hy vra egter ’n baie goeie vraag, naamlik waar dit in die Bybel staan dat die huwelik ’n instelling van God is. My liewe naamlose vriend: Gaan lees net Bybelgedeeltes soos Markus 10 vers 1 tot 12 (die oudste evangelie en nogal Jesus-woorde, wat ons as Christene baie ernstig en ook vir eg opneem. Is daar regtig onder ons twyfel dat Jesus beaam het dat “God hulle man en vrou gemaak” het en “wat God dan saamgevoeg het, mag ’n mens nie skei nie”.), Matteus 19 vers 8 (waar die “van die begin af” immers na God self terug herlei moet word), Efesiërs 5 vers 21 tot 32 (waar die hemelse verhouding die beeld van die aardse huwelikslewe van die gelowiges genoem word en nogal ’n geheim wat eers ontdek moet word).

Niks het wesenlik oor duisende jare verander as dit by ons hedendaagse verstaan van die huwelik kom nie. Daar word wel in ons dag allerlei pogings aangewend om naas die huwelik ander soorte lewensverbintenisse wetlik te laat registreer of om die voorregte en verpligtinge wat op die huwelik van toepassing is ook vir ander lewensverbintenisse wetlik te probeer verkry. In ’n sekulêre samelewing is dit natuurlik moontlik en gebeur dit ook inderdaad. Vir gelowiges, en dit het kerke nou wêreldwyd gesê, is daar maar net een sodanige lewensverbintenis, en dit is die huwelik. Dit word op Bybelse gronde aanvaar en daaroor is daar relatiewe eenstemmigheid. Al probeer mense om saamblyverhoudinge te ver-Christelik en te ver-kerklik, word daar elke keer gestuit voor die Bybelse getuienis oor die huwelik en die tradisie rondom die huwelik wat vanuit die Ou Testament via die Nuwe Testament na die Christelike kerk oorgeloop het. Daarby word dit nou reeds vir meer as 20 eeue deur die Christelike kerk gehandhaaf.

Wat is die huwelik vandag anders as wat dit in Christus se tyd was, naamlik ’n monogame, lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou, waartoe ouers hulle toestemming gee, wat in die openbaar bevestig word, wat onder die seënende ‘hand’ van God geskied, wat op liefde en trou gegrond is en sekuriteit en geborgenheid waarborg, wat feestelik saam met familie en vriende gevier word, wat juridies (en verkieslik ook staatsregtelik) erken word en wat slegs teen die wil van God (en ook maar net wanneer een van die huweliksgenote deur owerspel die huweliksband reeds vernietig het)ontbind kan word.

‘Weer gedink’, hierdie is nie ’n spel met woorde nie. Dit mag vir jou “dom” klink en oppervlakkig voorkom. Maar so is dit ongelukkig. Daarby staan ons as gelowiges, omdat ons daarmee by Jesus self en sy Woord staan. Natuurlik kan jy by jouself of by enigiemand anders staan. Jy kan jou eie ding ook doen. Die regte en die veilige opsie bly die huwelik. Dit sê saamwoners keer op keer as hulle uiteindelik besluit om tog in die huwelik te tree? Hoekom sou hulle so “dom” wees om dit tog te doen, as dit nie ook vrede in hulle harte bring nie?

Weens die disrespek vir die huwelik is ons land, wat seksueel oordraagbare siektes betref, op die rand van ’n katastrofe. Dit lyk of net die respek vir die huwelik as ’n gawe van God ons van selfvernietiging kan red! Het iemand regtig ’n beter of ’n ander plan as God om ons teen onsself te beskerm? ‘Weer gedink’ het blykbaar ’n ander oplossing. Maar hy is so besig om ander aan te val en met vra te bestook, dat hy of sy nie self tot ’n antwoord kan kom nie. Laat ons ’n bietjie hoor wat is die ander volhoubare alternatiewe vir die huwelik. Saamwoon? – Leraar Doornkloof

Geheime leraar (broederbond)
2009/12/01

Ai maar die geheimsinnige leraar kan baie praat. Ongelukkig baie woorde maar weinig inhoud. Kyk, ek is allesbehalwe aan dr Mouton se kant en reken sy standpunte is lankal uitgedien. Maar ten minste is hy konsekwent. Anders as die geheimsinnige leraar spring hy nie hot en haar en heen en weer nie.

In sy laaste poging tot ’n antwoord pleit “leraar” om vergifnis vir die verklaring maar voer aan dat hulle nie geweet het dit sal aan die groot klok gehang word nie. Bid jou dit aan! As dit dus nie vir Kerkbode en Jean Oosthuizen se berig was nie was ons almal in die gemeente geflous!!

Dankie Kerkbode! Nou weet ons. Was dit nie vir Kerkbode en Mouton nie sou daar g’n haan na gekraai het nie. Leraar is dit aan sy gemeente en die res van die lesers hier verskuldig om te sê wie hy is. Tensy hy natuurlik skaam is vir sy standpunt.

Dit is heel iets anders om onder ’n skuilnaam ’n brief aan ’n koerant te skryf en om homself so te verontskuldig as leraar. As dit nie een van die leraars is wat hier skryf nie behoort al die gemeente se leraars hulle standpunte hier te kom stel.

Dankie tog dat gemeentes se donker gekonkel nie meer ongesiens kan verbygaan nie!

– Weer gedink

Geheime leraar
2009/12/01

Ai maar die geheimsinnige leraar kan baie praat. Ongelukkig baie woorde maar weinig inhoud. Kyk, ek is allesbehalwe aan dr Mouton se kant en reken sy standpunte is lankal uitgedien. Maar ten minste is hy konsekwent. Anders as die geheimsinnige leraar spring hy nie hot en haar en heen en weer nie.

In sy laaste poging tot ’n antwoord pleit “leraar” om vergifnis vir die verklaring maar voer aan dat hulle nie geweet het dit sal aan die groot klok gehang word nie. Bid jou dit aan! As dit dus nie vir Kerkbode en Jean Oosthuizen se berig was nie was ons almal in die gemeente geflous!!

Dankie Kerkbode! Nou weet ons. Was dit nie vir Kerkbode en Mouton nie sou daar g’n haan na gekraai het nie. Leraar is dit aan sy gemeente en die res van die lesers hier verskuldig om te sê wie hy is. Tensy hy natuurlik skaam is vir sy standpunt.

Dit is heel iets anders om onder ’n skuilnaam ’n brief aan ’n koerant te skryf en om homself so te verontskuldig as leraar. As dit nie een van die leraars is wat hier skryf nie behoort al die gemeente se leraars hulle standpunte hier te kom stel.

Dankie tog dat gemeentes se donker gekonkel nie meer ongesiens kan verbygaan nie!

– weer gedink

Doornkloof se Leraar
2009/12/01

Kan Ds Doornkloof Leraar net vir ons verduidelik wat die doel van sy plasing was. Dit maak vir my gladnie sin dat hy in wese nie ’n probleem met die kern van die verslag het nie maar dan ’n afbrekende verslag skryf wat slegs dui op interne verskille wat nie veel met die hele debat rondom hierdie onderwerp te make het nie. Dit lyk altevol veel na vuil wasgoed wat hier opgehang word met ’n geurtjie selfgelding.

Dit is so jammer dat die Ds nie die sensitiwiteit aan die dag gelê het om midde in die hewige debat waarin Hennie Mouton by verskeie geleenthede aan beledigings onderwerp is, die verskille wat hulle het, (wat duidelik nie wesenlik is as dit oor die kern van die saak gaan nie), met die gesindheid van Jesus met Hennie pesoonlik gaan bespreek het soos dit ’n Herder betaam nie.

Ek kannie in die tweede plasing van Ds Leraar enigsins sien dat wat Hennie Mouton hier op hierdie blad gesê het teenstrydig is met die Ds se siening nie. Die sterk saak wat die verklaring gehad het voor die plasing en aanval van die Ds Leraar af, is in ’n groot mate gestuit.

Of sou die Ds Leraar se probleem met die verklaring eerder lê op die vlak van die Kerklike tug en waarskuwings aan mense omdat ons Kerk feitlik totaal van alle vorme van tug ontslae geraak het?

– James Maré

Wel gedaan, Doornkloof!!
2009/12/02

Dit is vir my erg dat soveel mense blykbaar vir Hennie en die kerkraad van Doornkloof kwalik neem dat die Bybelse beginsels duidelik gestel is. Vir diesulkes is dit skynbaar bloot ’n geleentheid om te verwyt en klippe te gooi – nie om volwasse debat te voer of punt vir punt te probeer uitwys waarin die kerkraad gefouteer het nie. Eintlik laat hulle (die ontevredenes) die indruk: “Die beste manier om myself uit die beskuldigdebank te kry, is om die ‘fluitjieblasers’ aan te val” of “Ek kan dit nie bekostig dat die Bybel sou waar wees nie”. Hulle laat ook die indruk dat hulle nie glo dat die Bybel God se Woord is nie. Dit laat my wonder waarom hulle dan hoegenaamd hulle stemme hier laat hoor.

Ek het darem ’n woordjie vir “Nuuskierig”: As jy hoegenaamd in God en Sy Woord glo, moenie van die kantlyn af staan en skreeu nie – gaan vra liewer vir die kerkraad hoe jy kan help met die “plan van aksie”, of selfs “plan B”. Dit is mos immers jou plig as jy jouself beskou as ’n dissipel van Jesus (Luk.14:27) of ’n kind van God (Rom.8:14). Dieselfde geld natuurlik ook vir die ander anonieme lidmate wat te skaam is om hulleself te identifiseer en van agter hulle maskers/skuilings bly skiet.

Aan Hennie en die kerkraad: Ek wil julle graag bemoedig en sterkte toewens met julle (skynbaar reuse-)taak. God se Woord waarsku ons immers dat die wêreld ons sal haat en bespot maar, soos Paulus vir Timoteüs bemoedig het: “Verkondig die Woord, hou aan, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering” (2Tim.4:2). Mag die Here julle die nodige wysheid, insig en moed gee en julle nie te skaam vir julle taak nie. Hou maar aan die reddingstou uitgooi. Sien Eseg.3:17vv. & Hebr.6:10. God het dit werklik bedoel!

Laastens: Ek kan geen veroordeling in julle verklaring vind nie, net die erns waarmee God die saak bejeën en ’n aanbod van hulp. Daarom dink ek die beriggewing dat saamwoners “voor stok gekry” is, is subtiel-onregverdig.

– Ds. Gideon Aggenbag

Saamblyers voor stok gekry
2009/12/02

Medegelowiges, is dit nie vir julle ook aan die een kant skrikwekkend om te sien hoe die waarhede van Mat 7:13-27 in hierdie ‘thread’ uitkristalliseer kant maar terselfdertyd hoe bemoedigend dit is om te sien die Skrif is en bly betroubaar nie? – Pieter Swanepoel

Staan tog op dominee!
2009/12/02

Doornkloof se leraarspan bestaan uit dr Johan Ernst, ds André Verster, ds Emile Rademeyer, ds Nelus Lindeque en ds Gerrit maritz.

Een van hulle is die onbekende leraar wat hier skryf. Maar wie? As die gemeente se eie leraars nou al bang of skaam is om te sê wie is wie dan is dit inderdaad laat in die nag.

Dit gaan nie hier oor die Mouton verklaring wat ek terloops ook nie goedkeur nie. Dit gaan oor die mannemoed of gebrek daaraan van leraars om op te staan en getel te word.

Ek verwelkom ook die feit dat Kerkbode sy plig gedoen het om die verklaring te publiseer.

Die kerk kan mense nie aan die een kant oproep tot robuuste gesprekke en Seisoene van Luister maar self wegkruip agter skuilname wanneer dit gaan oor sake soos die nie. Dit is tyd om op te staan en getel te word. Is jy man of muis? – Gerrit

James Mare se kommentaar
2009/12/02

Volgens James is my aanhaling dat die kerk mense vervreem met sulke verklarings soos die van Doornkloof oor saamblyery,holruggery en nie waar nie,tog se hy in sy eerste sin die kerk loop leeg as gevolg van haar gebrek aan duidelike uitsprake oor die huwelik en saamblyery. Wat hy dus se is dat die kerk wel leeg loop,hy verskil net oor die oorsake. James het duidelik ’n sterk neiging na tug in die kerk,wat op sigself prysenswaardig is,solank onthou word dat die doel van die Christelike tug die behoud van die lidmaat is en nie die doel het om die kind van God wat gesondig het (en ja,kinders van God sondig wel,somtyds nogal erg) weg of uit te dryf nie. Paulus praat met die Korintiers oor die broeder wat gesondig het in 2 Kor.2:6-11 : “nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig,anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor. Daarom vra ek julle: Bewys liefde aan hom. Vers 10:as julle hom iets vergewe,vergewe ek hom ook—vers 11: Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar al te goed”.

James,die voortbestaan van die kerk hang nie af van besluite oor die huwelik,saamblyery,losbandigheid of enige ander sonde nie. Die voortbestaan hang af van die verkondiging van die reddende genade van God in Christus Jesus. Gesang 218 van die ou gesangboek stel dit so: Hou Christus self Sy kerk in stand – vergeefs die hel se woede.

Die Bybel praat oor al hierdie werke van die vlees in 1 Kor.6 : 9-11 “Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie juuleself mislei nie;geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bebrieers sal deel kry aan die koninkryk van God nie”. En dan die wonderlike nuus : Vers 11 “En so was party van julle juis ook. Maar julle het julle sonde laat afwas,julle is geheilig,julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van God”.

As iemand die Here Jesus Christus ken as Saligmaker en Verlosser en sy/haar lewe volledig oorgee aan God,is hy/sy per se soos verse 11,12 dit stel, geheiligde,vrygespreekte kinders van God,in die Naam van Jesus Christus,waarvan Paulus se : “Daar is dus nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie”. Jy is of binne of buite. As jy binne is sal jou lewe dit toon,want as ons aan Christus behoort,moet ons ook so lewe soos Hy gelewe het. Dit doen die Gees van God in Sy kinders. Hy lei ons in al die waarheid en herrinner ons aan dit wat Jesus gese en gedoen het. As iemand buite is moet die evangelie, die goeie nuus, aan so ’n persoon verkondig word dat God ons met Homself versoen het in Christus Jesus en dat daar waarlik verlossing en vrymaking is van alle sonde,sodat so ’n persoon ook werlik lid van die geheiligde gemeente van Christus kan word. – Fanie van Emmenes

Ek wil graag help!
2009/12/02

Broer Gideon Aggenbag is nogal opgewerk. En ’n klinkklare bewys hoe ons dinge van mekaar aanneem wat nie so is nie. Ek is nie nog een van die anonieme lidmate van die gemeente nie. Ek woon ver van Centurion af! Ek is wel ’n lidmaat van die NGK wat baie bekommerd is oor die toekoms van die gemeente. Jy kan nie net praat nie. Ek daag die KERKRAAD uit om sy plan van aksie wat as agtergrond tot die verklaring reeds gereed moes wees toe die besluit geneem is, op die tafel te lê. Ek is wel 100% bereid om te help indien die KERKRAAD skriftelike voorleggings vra. Dit sal ek dan onder my eie naam doen! Ook ’n Plan B. Maar nou moet broer Aggenbag darem ook billik wees. Hoe op aarde gaan broer Hennie Mouton in ’n Plan B belangstel as hy klaar A gesê het? – Nuuskierig

Nuuskierig van Elders
2009/12/03

Nou hoekom sou Doornkloof enigsins oorweeg om Nuuskierig van Elders, wat nog nie eers laat blyk het dat hy of sy met die kern van hul verklaring saamstem nie, te vra vir sy hulp in die verdere werk ten uitvoer van die verklaring? Terloops, Nuuskierig van Elders, jou vroeëre opmerking dat die verkeerde Skrifgebruik in die verklaring reggestel moet word, is bietjie ingewikkelder as wat jy dink want dit is tot dusver maar net Leraar Herbedink wat beweer het dat daar verkeerde Skrifgebruik plaasgevind het. Dit is glad nie noodwendig so ’n gegewe soos die Leraar voorgee nie. Nuuskierig, wil jy nie maar jou siening van die saak waaroor die verklaring gaan, hier vir almal uitspel nie. Wie weet, dalk stel iemand tog belang in jou aanbod. – Daniël

Doornkloofverklaring duidelik
2009/12/03

Ek het weer die verklaring van Doornkloof deurgelees en kan my heeltemal daarmee vereenselwig.Trouens die bewoording en gesindheid waarin dit aangebied word, is verseker ernstig, maar in liefde. Daar is intense behoefte vir hierdie tipe verklaring vandag, want mense maak net soos hul dink en wil soos in die tyd van die Rigters. Hierdie hele aksie is eintlik so tipies van die NGK vandag nl dat ’n beduidende persentasie lidmate honger na toewyding aan die Here en Sy Woord en baie predikante is te bang om standpunt in te neem – waarskynlik

vanweë vriendskap met die wêreld, mensevrees(moontlike verlies aan kerkinkomste,) die menings en druk van liberale kollegas en gebrek aan ’n leerbare gees. Dis jammer,maar dit sou baie beter vir die saak van die Koninkryk en u gemeente gewees het Ds Leraar Herbedink as u Mouton ondersteun & bygestaan het ipv om hom in die steek te laat.Henk Marais is reg. Watter getuienis is dit? Leraars moet wakker skrik uit hul ontkenning en bid vir ’n leerbare gees en ophou om lidmate te wil hanteer asof hul kinders is. Hierdie verklaring is ’n ernstige waarskuwing wat deurgegee moet word, anders sal die bloed van die hande van die leiers eendag geeis word. Jesus sê in Matt5:20 ” As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as die` van die Skrifgeleerdes en die Fariseers nie,sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie”! Die dunk wat lidmate het van die NGK leierskap het weereens ’n “nosedive” gevat. – Ralie Roelofse

Die Jesus-toets
2009/12/03

Jou vooroordele teen iemand wat nie saam met jou A sê nie, is so sterk dat jy my nie eens die naam wat ek gekies het, gun nie! Die venynige stertjie “van Elders” moet jou baie goed laat voel. Gelukkig is dit Elders altyd mooiweer en warm! Maar kom ek bepaal my by die saak. In enige voorlegging oor die verklaring sal ek my in ’n inleidende paragraaf bepaal by die deurslaggewende beginsel van Matteus 23: 23. Let wel, nié om te veroordeel nie. Wat my betref, is al die lede van die kerkraad Christene. Nie skrifgeleerdes, Fariseërs en huigelaars nie. Maar die onderliggende beginsel, dit waarna die Boodskapvertaling verwys as dinge wat gedoen moet word wat regtig vir God saak maak, geld vir ons Christene ook. Die 1983 vertaling noem dit die dinge wat volgens die wet van God die swaarste weeg. The Message noem dit “the absolute basics”. Dit is die onderlinge beginsel van geregtigheid (om almal ’n regverdige kans te gee), barmhartigheid (om vir almal opreg om te gee) en betroubaarheid (so te lewe dat mense weet dat hulle ons kan vertrou). KERKRAAD, plaas elke naam van elke saamblyer langs dié beginsel en kyk of julle in die geval van elke naam in julle modus operandi die Jesus-toets slaag. Net om te begin, sien. Want as ons met mense werk, is kitsoplossings nie die antwoord nie. As julle maar net in een opsig nie die toets slaag nie, begin asseblief die proses van vooraf. Dit is nie julle beraders wat die toets moet slaag nie. Die KERKRAAD moet die toets slaag. Wees gerus, my nuuskierigheid is bevredig. Julle sal nie meer van my hoor nie. – Nuuskierig

Geregtigheid en genade
2009/12/04

Liewe Nuuskierig, het jy dalk al gedink hoe goed jy self die geregtigheidstoets geslaag het toe jy die kerkraad van hartsverhardheid beskuldig het, en dit nogal oor ’n moeilike onderwerp soos Skrifgebruik? Jy wil elkeen blykbaar in beginsel kans gee om te verduidelik waarom dit wat hy of sy doen, nie sonde is nie, selfs al spel die Bybel dit reeds uit. Die verklaring daarenteen is gebaseer op die beginsel dat God deur sy Woord bepaal wat sonde is. Dit beteken hoegenaamd nie dat daar nie met mense in gesprek getree word nie. Soos dikwels kom hierdie argumente maar net weer terug op die gesag van die Skrif. En probeer tog insien dat die verklaring nie enigiemand bloot veroordeel en laat staan nie, maar juis uitnooi tot gesprek en oplossingsaksies. Die bestek van die verklaring was nie om die oplossingsaksies volledig uit te spel nie, maar behoort in beginsel neer te kom op: sondebesef en berou voor God, ’n eerste of hernieude bekering (want sonder ’n Vader-kind-verhouding sal niks bereik word nie), ’n verandering van die huidige situasie, wat mag lei tot ’n verbreking van die bestaande verhouding of ’n huweliksbevestiging. God se genade word juis vertoon deurdat Hy nie net sy geregtigheid toepas nie, maar ons as mense in sy genade nog ’n kans gee. – Daniël

Hand in eie boesem?
2009/12/05

Is enige iemand enigsins bereid om hand in eie boesem te steek hier?!

Is dit nie juis ons swakkere menslike verdraaiing van wat ’n huwelik regtig is, wat die waardigheid van ’n huwelik in twyfel getrek het nie?

Is ’n saambly verhouding wat in liefde plaasvind volgens Bybelse beginsels van die verhouding tussen man en vrou nie baie meer geloofwaardig as ’n “huwelik” waar daar liefdeloosheid en misbruik is nie? – Schalk

Geregtigheid en genade
2009/12/07

Liewe Nuuskierig, het jy dalk al gedink hoe goed jy self die geregtigheidstoets geslaag het toe jy die kerkraad van hartsverhardheid beskuldig het, en dit nogal oor ’n moeilike onderwerp soos Skrifgebruik?

Andersins wil jy elkeen blykbaar in beginsel kans gee om te verduidelik waarom dit wat hy of sy doen, nie sonde is nie, selfs al spel die Bybel dit reeds uit. Die verklaring daarenteen is gebaseer op die beginsel dat God deur sy Woord bepaal wat sonde is. Dit beteken hoegenaamd nie dat daar nie met mense in gesprek getree word nie. Soos dikwels kom hierdie argumente maar net weer terug op die gesag van die Skrif. En probeer tog insien dat die verklaring nie enigiemand bloot veroordeel en laat staan nie, maar juis uitnooi tot gesprek en oplossingsaksies.

Die bestek van die verklaring was nie om die oplossingsaksies volledig uit te spel nie, maar dit behoort in beginsel neer te kom op: sondebesef en berou voor God, ’n eerste of hernieude bekering (want sonder wedergeboorte en lewe deur die Heilige Gees sal niks bereik word nie), en ’n verandering van die huidige situasie, wat mag lei tot ’n verbreking van die bestaande verhouding of ’n beëindiging van die seksuele omgang tot en met ’n huweliksbevestiging. God se genade word juis vertoon deurdat Hy nie net sy geregtigheid toepas nie, maar ons as mense in sy genade nog kanse gee. – Daniël

Huwelik vs Saambly
2009/12/08

Schalk, die wreedheid van een daad kan tog nie as regverdiging dien vir die ignorering of kondonering van ’n ander daad nie? Die feit dat daar liefdeloosheid binne ’n bepaalde huwelik is, maak nie die huwelik ’n ongewenste instelling nie. Die gedrag en optrede binne daardie verhouding is ongewens en moet aangespreek word! Dit is ’n sonde in eie reg en word ook in die Woord aangespreek.

Maar ja, jy is reg in die sin dat ons, wat binne die huwelik staan soos God dit wil hê, dikwels teenoor mekaar optree asof ons mekaar se vloerlappe is en nie as God se geskenke aan mekaar waarin ons mekaar aanvul en dien nie. Ons besef te min dat ons huwelik, groot getuieniswaarde het!

Maar dit is nie die huwelik as instelling deur God se skuld nie, maar ons eie swakheid en sondige aard wat ons nie in bedwang bring en hou nie.

Saamblyery word soms so idillies voorgehou (nes die vrug van die kennis van goed en kwaad) maar presies dieselfde situasies speel hulle binne so ’n verhouding af. Die verskil is net dat dit baie makliker is om uit so ’n verhouding pad te gee met soms baie meer traumatiese gevolge, as uit die huwelik. – James Maré

Saamwoon vs Huwelik
2009/12/09

Baie skrywers laat dit klink asof al die persone/paartjies wat saamwoon dit in liefde doen en altyd gelukkig is, en die wat getroud is misbruik mekaar, baklei, is ongelukkig ens ens. Dis ’n illusie!

Ek en my vrou (WETTIG GETROUD!) was gister 8 Des 25 jaar getroud en deel van die lekker daarvan was dat ons kon terugkyk en saam lag oor sakke sout saam opgeëet.

Die skrif vertel vir ons die huwelik is deur God ingestel tussen een man en een vrou en of Salomo met sy baie vroue en byvroue nou ’n “bespotting” daarvan gemaak het of nie, dit is wat God sê. Verder verkondig ons dat die Here die regering van ’n land gebruik om geregtigheid te laat geskied en orde te handhaaf – daarom dat persone se huwelikstatus deur die staat toegeken en erken word.

Die “bottomline” van alles is – dit gaan nie oor wat ek en jy doen of nie doen – maw die nakom van ’n klomp wette nie – dit gaan alles oor ’n heilige leefwyse voor ’n heilige God. En dan kan ek nie sien dat daar ruimte is vir ’n verdraaiing van God se instellings nie. – jac

Rimpels op die water
2009/12/09

Soos ’n klein klippie in die middel van die dam rimpels tot by die walle veroorsaak, het Doornkloof se gehoorsaamheid in die uitreik van hul verklaring wyd getref. In ’n artikel in Beeld vandag sê dr Ben du Toit namens Atlas (leer & aktuele sake) dat die saak spoedig aandag gaan geniet. Vir dié wat nie die Beeld kry nie, lees hier:

http://www.beeld.com/Content/In-Diepte/1978/e496ca2a5e594b5ebbb6ed416297179a/08-12-2009-11-46/Kerk_wil_lappies_nie_laat_rondl%C3%AA

– Henrietta Klaasing

Saambly en die NG Kerk
2009/12/10

As die NG Kerk saambly goedkeur kan ons sekerlik opreg vra of ons predikante nog werklik hulle sout werd is, om nie eers te vra of hulle nog die sout van die aarde is nie.

Oor apartheid was die kerk onomwonde seker dat dit ‘volgens die Skrif’ geregverdig is, om net na 50 jaar verskoning te vra aangesien dit uit ‘die hel aangevuur’ was.

– Alida

Gaaaaap
2009/12/10

“The infliction of cruelty with a good conscience is a delight to moralists – that is why they invented hell.”

— Bertrand Russell

The inspiration of the Bible depends on the ignorance of the person who reads it.”

-Robert G. Ingersoll

– Kettiekop

Waar is die liefde?

2009/12/18

Soms praat die Here deur die een persoon in ons midde wie se stem ons nie WIL hoor nie, net eenvoudig omdat ons te hardkoppig en SONDIG is. Ons moet oppas dat ons nie deur ons “verharding van ons harte” en ons oordeel meer mense van die Here vervreem as wat ons vir Hom wen nie. Dit is goed om standpunt in te neem, maar die HOE is selfs belangriker. Dit is ook weereens vir my jammer dat die verantwoordelikheid “veral” voor die deur van vroue geplaas word met “hul” kleredrag. Kom ek raai, daar is geen/ bitter min vroue op jul kerkraad? – Beth

Immoraliste

2009/12/18

Sjjjjjt Kettiekop slaap!

Hy haal Bertrand Russell aan wat sê:”The infliction of cruelty with a good conscience is a delight to moralists – that is why they invented hell.”

James sê :”And immoralists diligently follow that road to hell – that’s why God invented Heaven”

en “Only immoralists will confuse loving reprimand with the affliction of cruelty”

Word wakker Kettiekop! Jy mag dalk net die ewigheid mis! – James Maré

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui