Juig! verkla oor vrykoop van gays

Kyk ook:

Die volgende artikel is van Rapport gekopieer.

**************

Juig! verkla oor vrykoop van gays

2009-10-27

Johannes de Villiers in Johannesburg

Nie met ’n gejuig nie, maar ’n gebrom. Dit is hoe mnr. Johan Strydom gereageer het toe hy die jongste uitgawe van die Christelike tydskrif Juig! opgetel het.

Strydom, die redakteur van Vuurkairos, ’n webjoernaal vir gay Christene, het ’n amptelike klag by die persombudsman teen dié tydskrif aanhangig gemaak nadat Juig! ’n artikel gepubliseer het oor hoe gay mense van homoseksualiteit genees kan word.

Strydom was voorheen in die nuus toe hy die NG gemeente Moreletapark in Pretoria suksesvol gedagvaar het nadat dié kerk hom afgedank het omdat hy gay is.

Dié keer het hy die stryd opgeneem oor die artikel “Vasgevang? Nee vrygekoop” waarin ’n Juig!-korrespondent, Ina Neele man, skryf homoseksuele mense kan heteroseksueel word indien hulle onder meer ’n verhouding met God het, by ’n kerk en selgroep aansluit en opreg aanvaar “dat dit ’n drog redenasie is om te sê jy kan nie van homoseksualisme bevry word nie”.

Sy vertel ook hoe sy ná ’n jare lange stryd heteroseksueel geword het. Strydom meen die artikel wakker diskriminasie teenoor gays aan en grens aan geloofs terro-risme. “En dít deur ’n geestelike tydskrif.”

In sy klag skryf hy dat Juig! hul eie kernwaardes oortree. Juig! beweer in dié opsomming van hul waardes dat hulle nie teen mede-Christene baklei nie, maar Stry dom meen hulle maak gay Christene verdag. Juig! beweer ook dat hulle die Liggaam van Christus wil verenig, maar Strydom meen hulle saai net twis. Juig! ignoreer boonop volgens Strydom alternatiewe Skrifinterpretasies.

Erin Georgiou, redakteur van Juig!, meen as Strydom nie van hul artikels hou nie, hoef hy die tydskrif bloot nie te lees nie. “Dis ’n Christentydskrif vir Christene. Ons leringe kom letterlik uit die Bybel.”

Mnr. Joe Thloloe, persombudsman, het bevestig dat hy Dinsdag die klag ontvang het.

‘Verlos van die perverse gees’

’n Uittreksel uit Juig! se artikel ‘Vasgevang? Nee, vrygekoop’ deur Ina Neeleman: “Ek was 11 jaar vasgevang in die gay-leefwyse en het in 1994 my rug op die kerk gedraai . . . omdat hulle van my verwag het om homosek-sualiteit agter te laat, en dit was vir my net eenvoudig onmoontlik!

“ . . . (Ek en ’n kennis) het gaan koffie drink en tydens die sessie het hy die ‘woord’ met my gedeel. Binne sekondes was ek verlos van die perverse gees wat homoseksualiteit ’n reg in my lewe gegee het.

“Laat my toe om by te voeg dat dit ’n drogredenasie is om te sê jy kan nie van homoseksualisme bevry word nie. Die feit is – Jesus red ons, bevry ons, genees en herstel ons sodat ons dié mense kan wees wat Hy ons gemaak het.”

  • Onderskrif: Mnr. Johan Strydom lees die tydskrif Juig! | Foto: Deon ferreira

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui