Liggaamlike opstanding uiteindelik deur NG-moderator duidelik erken

Kyk ook:

Hennie Mouton het onderstaande op facebook/kerkbode geplaas.

Ek, Daniel Louw, is egter glad nie so oortuig daarvan dat Nelus aan ’n letterlike opstanding glo nie. Hoe kan jy in ’n letterlike opstanding glo en dan steeds vriende wees met mense wat Ferdie Mulder uitgewerk het? In ’n persoonlike e-pos aan my het Ferdie gesê dat Nelus hom in 2005 tydens die opstandingsdebakel sterk by Julian Müller en Jurie le Roux geskaar het teen Ferdie.

Mense soos Nelus praat uit twee monde.

***********

Hennie Mouton -> Kerkbode

Nadat behoudendes so lankal vra vir duidelike en ondubbelsinnige verklarings van die NG-leierskap oor essensiële Christelike sake, het Nelus Niemandt nou uiteindelik op een van die laaste kommentare van facebook.com/kerkbode/posts/395585470470084 (of by Wie val wie aan?) die volgende geplaas:

[Dit is Daniel Louw wat hom skynbaar tot die punt beweeg het, laasgenoemde draad is ook hier gekopieer.]

Nelus Niemandt skryf:

Op hierdie Sondag waar ons die opstanding vier, dink ek met instemming aan Marius Nel (nou in Stellenbosch) wat sê: Die Nuwe Testament getuig dat Jesus met ’n verheerlikte liggaam uit die dood opgestaan het wat nóg aan tyd of ruimte, nóg aan sonde of verganklikheid onderworpe is. Die opgestane Jesus kan loop, eet en praat. Sy dissipels kan aan Hom vat, maar Hom nie bind nie, en sy volgelinge Hom herken aan sy woorde, dade (broodbreek) en wonde. Volgens die Evangelies het Hy na sy dood nie net geestelike voortgeleef nie. Hy het liggaamlik opgestaan om daardeur die herskepping wat God aan alle gelowiges sal skenk met die voleinding sigbaar te maak. Hy staan daarom nie net soos Lasarus met ’n liggaam wat histories en fisies beperk is op nie, maar met ’n verheerlikte een wat sowel die fisiese, as die historiese dimensies van ons bestaan, oortref.

Dis inderdaad iets om voor dankbaar te wees. Die onmiddellike vraag is egter nou wat die optrede gaan wees ten opsigte van die NG-teoloë, -predikante en veral –dosente wat anders leer.

[Op die laaste vraag het Nelus nooit geantwoord nie, maar hy het net so verdwyn van die gesprek soos by verskeie vorige geleenthede waar dit ook gegaan het oor belangrike vrae, selfs spesifiek aan hom.]

Kommentare

Albert Cruywagen

‎*sug*

Henrietta Klaasing

Klink baie soos die hedendaagse politiek in Suid-Afrika, dink maar net aan vóór Polokwane , die verbasende gebeure te Polokwane en nou so ’n paar jaar daarna … so waai die wind, so waai my jas

Hennie Mouton

Albert, stem jy darem saam met Nelus se uitspraak?

Albert Cruywagen

Maar natuurlik! Ek het nog nooit daarvan verskil nie.

Hennie Mouton

Mooi Albert, dan behoort jy en Nelus nou grotendeels saam te stem met Ferdie Mulder se boek oor die opstanding en dat daar probleme is met sommige van die NG-dosente aan UP se siening oor die saak.

Alwyn van der Merwe

Ek wonder of die klag teen Mulder nou teruggetrek gaan word…

Albert Cruywagen

Mulder het sy eie graf gegrawe.

Stefaan de Jager

Hieruit lei ek af dat Nelus glo dat die Lasarus gebeure nie net ’n verhaal was nie, maar dat sy opstanding uit die dood ’n historiese gebeure was soos Jesus se liggaamlike opstanding. As ek dit reg het, glo Julian Muller dat die Lasarus gebeure net ’n storie, ’n gelykenis was. Ferdie se “Opgestaan” hou dus inderdaad meer water as Muller se “Opstanding.”

Pierre Grigor

Hoekom is dit belangrik dat Jesus fisies moes opstaan?..

Albert Cruywagen

Pierre: Die groot saak is wat mens daaroor preek en wat mens agv daarvan doen.

Pierre Grigor

Ek stem saam Albert, maar ’n fisiese opstanding is tog nie die bewys dat daar lewe na die dood is nie… Of dat die dood nie is nie…?

Albert Cruywagen

Pierre: Van die fisiese lewe na die dood weet ons niks, behalwe wat in die Bybel staan, en dis alles geestelike terme, nie fisiese beskrywings nie.

Catherina Hayden

Pierre, want Jesus het self gesê Hy gaan, onthou jy? Hy praat van die Tempel afbreek en weer in drie dae opbou. (‘n Donderdag kruisiging pas eerder hier as die Vrydag s’n wat die kerk eeue glo, want hoe verklaar jy aan ‘sceptics’ die 2 nagte. Sien wat Dave redeneer op die TBC website daaroor- nogal interessant. ). Indien Jesus nie opgestaan het nie was Hy mos ’n leuenaar.

Catherina Hayden

As onderwys student het ek rooi gesig voor die kinders gestaan en my les het plat geval toe ek by die 2 nagte vassit. Nou weet ek van beter. 🙂

Pierre Grigor

Ek stem saam Albert. Ek sal graag later weer daaroor wil gesels. Het gou ’n afspraak wat ek moet nakom.

Henrietta Klaasing

Pierre is jy opgelei as predikant en is jy in een van die susterskerke? Weet jy dan nie van Kategismus Sondag 17 nie?

Vraag 45: Watter nut het die opstanding van Christus vir ons?

Antwoord: Ten eerste het Hy deur sy opstanding die dood oorwin sodat Hy ons die geregtigheid wat Hy deur sy dood verwerf het, deelagtig kon maak (a). Ten tweede word ons nou ook deur sy krag tot ’n nuwe lewe opgewek (b). Ten derde is die opstanding van Christus vir ons n betroubare waarborg van ons salige opstanding (c). (a) Rom 4:25; 1 Pet 1:3; 1 Kor 15:16. (b) Rom 6:4; Kol 3:1, 5; Ef2:5, 6. (c) 1 Kor 15:20, 21.

Henrietta Klaasing

Jesus se opstanding was die bewys dat God Christus se offer aanvaar en die versoening gegee het, en Hy word deur sy opstanding weer in heerlikheid herstel.

Alwyn Van Schoor

Sy opstanding was die proklamasie deur God … “want Hy het ’n dag bepaal waarop Hy regverdig oor die wêreld gaan oordeel deur ’n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan” (Hand. 17:31). Wie is hierdie “Man” anders as die Koning van Dan. 7:14, “die Seun van die mens”? God het bewys gelewer: Jesus is die Messias!!

Somerset Morkel

Die uitspraak van Nelus Niemandt m.b.t. die fisiese opstanding is verblydend, maar die vraag is of mens die uitspraak kan vertrou. Dit kan wees dat hy daarin gedwing is deur die kritiek wat die laaste tyd teen hom uitgespreek is, en dat hy besluit het – in die lig van hoe die wind waai – om hom so uit te spreek. (Mens noem dit kerkdiplomasie). So gaan dit met mense wat nie onomwonde met die basiese waarhede in die Skrif identifiseer nie.. hulle land in dilemmas, en daar is nie VERTROUE by die hoorders nie.

Hennie Mouton

Albert, Nelus se verklaring hierbo waarvan jy “nog nooit verskil het nie”, verklaar dat Jesus na sy dood in Sy opstandingsliggaam kon eet en aan gevat word. Dit is fisiese beskrywings en jy kan dus nie sê dat daar in die Bybel slegs geestelike terme gebruik word betreffende die lewe na die dood nie. Daar is geestelike EN fisiese terme.

Hennie Mouton

Somerset, sy hopelike reaksie op die vraag oor ander NG-teoloë wat dan anders glo as hy nou, sal bietjie ’n aanduiding gee, as dit ooit gaan kom. ’n Mens hoop maar dit kom nie nou net uit dat hul standpunte ook maar vir hom reg is nie.

Alwyn van der Merwe

Hierdie klomp bely met die mond (vir wat dit werd is) presies dieselfde as wat Ferdie Mulder oor geskors is. Gaan hulle ook nou die integriteit aan die dag lê en bedank of hulself laat skors? Kans is skraal. Gaan hulle ook die integriteit aan die dag lê en ten minste vir Mulder om verskoning vra? Kans is nog skraler.

Palefaces speak with forked tongue.

Pierre Grigor

Henrietta, die Kategismus staan my nou nie aan nie. Dis die geskrifte van ’n klomp ou omies van die ou tyd wat ’n klomp ou goed gesê het.

Die teologie van die opstanding van Jesus wou bloot net wys dat daar wel lewe na die dood is. Jesus het nie die dood oorwin sodat ander nou ook nie meer hoef dood te gaan nie, want wat het dan van al die mense geword wat voor hom dood is? Die Evangelies wou slegs sê dat hulle ook nie dood is nie en dat niemand nog ooit dood gegaan het nie. Jesus se opstanding het nie die dood oorwin nie, maar we’ll gewys dat die dood nog altyd oorwin was. Dis presies wat Paulus in 1 Kor 15 wil sê. Die Opstandingsteologie wil mense bemoedig deur te sê dat die dood geen angel het nie en sodoende die mens bevry van die vrees vir die dood waaraan (volg Heb 2) so baie verslaaf is.

Daarom is die teken van Jona nie die feit dat Jesus 3 dae in die graf was nie, want Jesus was dood terwyl hy in die graf was terwyl Jona nie dood was terwyl hy in die vis was nie. Jesus se gees was egter nie dood nie omdat gees nie kan doodgaan nie. Die teken van Jona is daarom nie dat die mens doodgaan en dan weer fisies opstaan nie, maar dat die mens NOOIT doodgaan nie omdat die gees van die mens nooit doodgaan nie.

Jesus se opstanding het vere te doen met ’n vlees wat opstaan, maar het alles te doen met die gees van die mens wat NOOIT doodgaan nie.

Wat wil ek nou weer in ’n liggaam verder gaan leef as ek alreeds ’n rondte in die liggaam gehad het; veral nogal in my vorige liggaam?

Albert Cruywagen

Hennie: Daarom aanvaar ek slegs die terminologie wat die Bybel gebruik word, en nie wat hedendaags deur mense gebruik word nie (wat hierdie saak betref) – soos heel tereg Nelus die Bybel aanhaal.

Albert Cruywagen

wyn: “…vir wat dit werd is”. Jou onregverdige, beswadderende, agterdogasaiende woorde skrei ten hemele.

Catherina Hayden

Albert, en Dave nog baie meer…………….

Hennie Mouton

Albert, jy kom met onsinnige pogings tot verduidelikings — jyself het die woorde “geestelike terme” gebruik betreffende hierdie saak wat nie as sulks in die Bybel voorkom nie.

Alwyn van der Merwe

Albert, as iemand nie glo in ’n maagdelike geboorte nie, nie glo dat die hel bestaan nie en nie glo dat Jesus werklik opgestaan het nie, maar tog sê dat hy elke Sondag die Apostoliese Geloofsbelydenis bely, hoe is dit onregverdig om te sê “vir wat dit werd is”?

Die persoon glo duidelik nie wat hy bely nie.

Maar dit daar gelaat. Nelus het hier presies dieselfde bely wat Mulder bely het en tog is Mulder daarvoor geskors. Hoe is dit regverdig? Die liberale spul se dubbel standaarde en selektiewe toepassing van tug is wat onregverdig is.

Barend Nel

Of Nelus nou dieselfde as Mulder bely het, het niks met Mulder se skorsing te doen nie. Mulder is beslis nie geskors oor wat hy bely het nie! Hyself het ook nog nooit so iets beweer nie. Hy is geskors oor die MANIER waarop hy ’n vendetta gevoer het teen van sy dosente met wie hy oor hulle geloof verskil het.

Jaco De Beer

Dis maar dieselfde vendetta wat hier aangaan. Die mense in beheer het “ander” geloof teen die Woord van God. Lidmate sal keuses maak. Hou dop…

Hennie Mouton

Barend, volgens die amptelike dokumentasie van die saak teen Ferdie Mulder is jy waarskynlik reg. Maar almal weet dat dit onderliggend gegaan het oor Ferdie en die UP-dosente se verskil in opinie oor die opstanding van Jesus. As dit nie so was nie, kan Nelus en Albert en dalk selfs jy mos nou maar erken dat julle met Ferdie se siening van die opstanding saamstem.

Gerhard Pietersen

So noudat nelus sy geloof bely het wat is die probleem nou weer?

Jaco De Beer

Gerhard, ek is nuuskierig. Wat is Houtbaai gemeente en wat glo julle?

Coert Welman

Selfs al stem hulle verbatim saam met Ferdie sal hulle dit nooit erken nie.

Henrietta Klaasing

Pierre, jy sê: “Henrietta, die Kategismus staan my nou nie aan nie. Dis die geskrifte van ’n klomp ou omies van die ou tyd wat ’n klomp ou goed gesê het.”

Pierre, Pierre – met alle respek en in liefde, wil jy nie maar wéér dink wat jy hier sê nie? Die OU goed wat die OU omies in die OU tyd geskryf het? Wil jy daardeur sê dat die nog OUER Woord van God jou ook nie nou aanstaan nie? Want dit is op God se Woord gebaseer. As jy daardie plaksel van my behoorlik lees, EN VERAL die gedeeltes uit die Woord van God, mag jy dalk tot ander insigte kom. Hier is hulle weer:

Rom 4:25; 1 Pet 1:3; 1 Kor 15:16 (lees maar verder ook ); Rom 6:4 (lees maar verder hier ook ); Kol 3:1, 5; Ef 2:5, 6; 1 Kor 15:20, 21 (lees maar die hele hoofstuk).

Henrietta Klaasing

Studente wat antwoorde gesoek het, kon dit destys in Ferdie Mulder se tyd nie by prof. Niemandt kry nie:

“Al die “opwinding”, “nuwe lewe” en “hoop” wat die gesprek tussen geloof en wetenskap kan en behoort te bring vir die teologie het opgeeindig in ongesonde verhoudings, spanning en geestelike dood. Ons studente het kom hulp soek by Prof Niemandt maar geen woord van ondersteuning gekry nie.”

Lees self die artikel: “Verrassende wetenskap uit Duitsland wat geloof bou en nie vernietig nie!

In die Nuus
www.opgestaan.com

Pierre Grigor

Henrietta, wil jy nou wragtag die Kategismus met die Bybel vergelyk. Jou gedurige beheptheid met die belydenisskrifte frustreer my. Ek wil oor die Bybel praat, nie oor snert nie.

Jaco De Beer

Pierre, jy is altyd n vreeslike agresiewe persoon. Dit sal jou baat om meer taktvol te wees. En die belydenis skrifte is gebaseer op die Woord en in baie gevalle bevat dit ook verwysings na die Woord. Al wat dit poog om te doen, is om die sentrale waarhede van “die geloof” wat die gereformeerdheid voor staan te bely.

Pierre Grigor

Jaco, die feit dat ek dinge blatant sê beteken nie eks agressief nie. En die feit dat iemand anders dit nie so doen nie, impliseer nie noodwendig dat hy of sy nie aggressief is nie.

Jy het menige maal baie beledigende dinge op hierdie blad kwytgeraak terwyl jy agter die Bybel skuil. Daarom het ek al dikwels vir jou gesê dat jy arrogant is.

So moenie vir my preek terwyl jy in ’n glashuis staan nie.

Renier Lourens

Jaco, ek verstaan nie jou heksejagtery nie- jy is nie eers ’n lidmaat nie maar wel ’n baptis. Om nou vir Gerhard te vra oor houtbaai gemeente is nie agv belangstelling nie want ons ken jou motiewe teen die tyd.

Ek wonder of jou heksejag is agv die moontlikheid dat jy jouself nie op ’n ander gebied kan uitleef en laat geld nie, nou wil jy hier jou eie ego kom streel om sodoende jou selfbeeld te try red?

Jaco De Beer

Renier Lourens, dis baie interessant dat jy op my fokus as baptis terwyl daar baie van jou ateïstiese vriende hier plaas wat deel van jou profiel is. Die feit dat ek ’n baptis is, hou so min water teen jou argument as jy na jou profiel gaan kyk en diesulkes wat hier laster. Hulle het God al openlik belaster hier en daaroor se jy niks omdat jy saam met hulle in die bed is. Ek sal nie iemand op my profiel toelaat wat God laster nie. Baie van daai vriende van jou wat openlik hier die kerk aanval en God teenstaan het niks met die NGK uit te waai nie. Miskien raak my plasings jou so dat dit jou aanspreek en nou fokus jy op my. Die ware kerk is nie die NGK nie, maar gelowiges wat beseel is met die HG. Ek is deel van hulle en die van hulle wat hier is ken my en ons deel dieselfde oortuigings. Verder sal ek en ons almal die leuen bestry met die Woord en dit sal ouens soos jouself wat liberaal is en dalk die pad verlaat het aanspreek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui