Kry my in

Kyk ook:

Die volgende storie is kom uit J. Vernon Mcgee se kommentaar oor 1 Johannes 2:19, aangegee as Through the Bible with J. Vernon McGee.

Afrikaans: Kry my in

Laat my toe om hierdie verhaal aan jou oor te vertel. Ek het dit op ’n paar verskillende maniere gehoor, maar ek weet nie watter weergawe akkuraat is nie. Jare gelede in Londen, in die krotbuurte, was daar ’n vrou uit die onderwêreld, ’n prostituut. Sy het ’n seuntjie gehad, en sy was ernstig siek. Sy was bang, want sy het geweet sy is sterwende, daarom het sy haar seuntjie na ’n predikant gestuur om, soos sy dit gestel het, “my in te kry.” Sy het vir die mannetjie gesê: “Gaan kry ’n predikant om my in te kry.”

Die mannetjie is dadelik daar weg op soek na ’n kerk. Hy het ver stap voor hy by ’n baie indrukwekkende kerk aangekom het. Hy het omgestap na die pastorie, en die klokkie gelui. Die predikant het die deur oopgemaak en na hierdie klein seuntjie gekyk en gesê: “Wat wil jy hê?”

Die seuntjie het geantwoord: “My ma is besig om te sterf. Sy wil hê jy moet kom om haar in te kry.” Aanvanklik het die predikant gedink dat die seun bedoel dat sy ma dronk êrens is en hy nie geweet het waar sy is nie en daarom stel hy toe voor: “Kry ’n polisieman. Dit reën vanaand en ek wil nie nou uitgaan nie. Kry ’n polisieman om haar by die huis te kry.”

Die seuntjie sê toe: “Sy is reeds by die huis. Sy is nie dronk nie. Sy is by die huis in die bed, en sy is besig om dood te gaan. Sy soek iemand om haar in te kry, en sy het vir my gesê om ’n predikant te kry. Sal jy asb kom?”

Die liberale predikant was vir ’n oomblik stomgeslaan. Hy het geweet dat hy nie hierdie versoek sou kon weier nie, daarom het hy sy jas en sambreel geneem en saam met die kind gegaan. Hulle het geloop en geloop en het uiteindelik by ’n baie swak deel van Londen gekom en die krakende trappe gevind wat gelei het tot by ’n slaapkamer.

Die predikant het die hele pad by homself gedink: Wat sal ek vir haar sê? Ek kan nie vir haar sê wat ek nog altyd vir my gemeente verkondig nie. Hy het altyd vir sy gemeente gesê dat hulle fyn gekultiveerde mense is en dat hulle dit moes volhou. Hy het gedink: Wat op dees aarde kan ek vir haar sê? Ek kan nie eens vir haar vertel om tot bekering te kom nie. Sy behoort tot bekering te kom, maar dit is nou te laat. Wat kan ek vir haar sê? Toe onthou hy dat sy moeder altyd in sy jeugjare Joh 3:16 aangehaal het en in desperaatheid wend hy hom na daardie vers toe hy langs die vrou gaan sit. Hy was eintlik nie baie vertroud met die vers nie, maar hy het dit aan haar voorgelees:

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

Die vrou wou saam met hom die vers deurgaan en vra: “Beteken dit ten spyte van die soort mens wat ek is, al wat ek hoef te doen is net om in Jesus te glo?”

Hy het gesê: “Wel, dit is wat hier staan. Dit sê dat God Sy Seun aan ’n kruis laat sterf het. Dit sê: ‘Soos Moses die slang in die woestyn opgelig het, so moet die Seun van die mens verhoog word’ (sien Joh 3:14). Dit is wat ek hier lees, so dit is wat jy moet doen.”

Hierdie arme vrou het net voor haar dood, Jesus Christus as haar Verlosser aanvaar. Die prediker het die storie later self vertel en gesê: “Daardie aand het ek nie alleen vir haar ingekry nie, maar ek het ook myself ingekry.”

My vriend, is jy seker dat jý in is? Is jy seker dat jy Hom vertrou en dat Hy jou Verlosser is?

English: Get me in

Let me pass this little story on to you. I have heard it told several different ways, and I don’t know which way is accurate. Years ago in London, living down in the slums, there was a woman of the underworld, a prostitute. She had a little son, and she became terribly sick. She was frightened because she knew she was dying, and she sent her little son to get a minister, as she put it, “to get me in.” She told the little fellow, “You go get a minister to get me in.”

The little fellow went out looking for a church. He had to go a long way before he found a very imposing looking church. He went around to the rectory, and the minister came to the door when he rang the bell. The minister looked at this little urchin and said, “What do you want?”

The little boy replied, “My old lady is dying. She wants you to come and get her in.”

At first the minister thought the boy meant that his mother was out drunk somewhere, so he said, “Get a policeman. It’s raining tonight, and I don’t want to go out. Get a policeman to get her home.”

The little fellow said, “She’s already home. She’s not drunk. She is home in bed, and she is dying. She wants somebody to get her in, and she wants me to get a minister. Would you come?”

That liberal minister was stunned for a moment. He knew that he should go, that he couldn’t turn down a request like that, so he got his coat and umbrella, and he went with the little fellow. They walked and walked and came finally to a very poor section of London and found the creaky stairs which led to an upstairs bedroom.

All the way over, the minister had thought, What will I say to her? I can’t say to her what I have always preached to my people. He had always told his congregation that they were people of culture and refinement, that they were to keep that up and continue to be very cultured and refined. He thought, What in the world can I say to her? I can’t even tell her to reform. She ought to be reformed, but it is too late now. What can I tell her? Then he remembered that as a boy his mother had always quoted Joh 3:16, and in desperation he turned to that verse when he sat down beside this woman. It actually wasn’t too familiar to him, but he read it to her:

“… God so loved the world, that he gave his only begotten Son, that whosoever believeth in him should not perish, but have everlasting life.”

The dear woman wanted to go over the verse with him. She said, “Do you mean that in spite of the type of person I am, all I have to do is just trust in Jesus?”

He said, “Well, that is what it says here. It says that God gave His Son to die on a cross. It says, ‘As Moses lifted up the serpent in the wilderness, even so must the Son of man be lifted up’ (see Joh 3:14). That is what I read here, and so that is what you are to do.”

This dear woman, before she died, right there accepted Christ as her Savior. The preacher himself told the story afterwards, and he said, “That night I not only got her in, but I got myself in.”

My friend, are you sure that you are in? Are you sure that you have trusted Him and that He is your Savior?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui