Hoe om met ’n liberale teoloog te praat (as jy moet)

HOE OM MET ’n LIBERALE TEOLOOG TE PRAAT (AS JY MOET)

 

Die kanse dat jou paaie al met die van ’n liberale teoloog gekruis het is baie groot, veral as jy ’n student aan ’n universiteit is of indien jy baie tyd op die internet spandeer. Liberale teoloë is ’n wesenlike gevaar vir mense wie se geloof swak is of vir hulle wat soekende is.

Wat word bedoel met ’n liberale teoloog? Dit is moeilik om alle liberale teoloë onder een kam te skeer aangesien hulle ideologië van persoon tot persoon verskil omdat elkeen van hulle hul eie verskuilde agenda het. Die term “teoloog” is ook misleidend want ’n beduidende aantal van hulle is niks anders nie as naturaliste. Die naaste aan ’n duidelike omskrywing van liberale teoloë is dat hulle hulself vereenselwig met Jesus, Paulus en die Bybel maar op so ’n wyse dat die kernboodskap van die Bybel verdraai word. Hulle gebruik grepe uit die Bybel om hul ideologieë te verdedig maar verwerp alles wat nie binne die raamwerk van hul agendas pas nie, as mites. Die Christus “mite”, ongegronde eise van sameswering teorieë, ondeursigtige logika en die gebruik van onaanvaarbare vertalings van die oorspronklike teks van Bybel is hulle forte. Nog ’n gebied waar hulle uitblink is dat hulle teorieë oor die Bybel wat nie bevestig kan word nie as feite verkondig terwyl hulle in dieselfde asem harde feite wat tot die Christendom se beskikking is verwerp. Die wyse waarop hulle die kronologie van die geskiedenis in die Bybel verdraai om hulle liberale voorveronderstellings te pas is lagwekkend.

Dit is ’n mors van tyd om met liberale teoloë te redeneer. Hulle is so gepanser in hul eie denkwyse dat daar geen hoop is om, selfs met ’n ses kilogram hamer, sin in hulle koppe te probeer inslaan nie. Die enigste rede waarom jy met ’n liberale teoloog in gesprek behoort te treë is wanneer dit tydens ’n openbare optrede geskied waar hy of sy ander mense kan beinvloed. Liberales is ’n klad op die beeld en getuienis van die kerk en hulle behoort as sulks gehanteer te word.

Kom ons bekyk en beoordeel die liberale teoloog se mees algemene strategie om ander mense te oortuig van sy of haar standpunt.

 

METODE 1

“Ek is ’n christen (Alhoewel ek X, Y, Z beginsels verwerp).”

My respons? Ja, en ek is ’n gebakte aartappel (alhoewel ek nie bros en bruin aan die buitekant en sag en wit aan die binnekant is nie).

Die stukrag van hierdie taktiek is dat die liberale teoloog as deel van die binnekring van die kerk beskou wil word eerder as iemand buite die kerk. Daar is mos nie ’n beter manier om diegene te bereik wie jy graag wil beinvloed deur voor te gee dat jy een van hulle is nie? “Jy kan my vertrou, ek is ook ’n Christen soos jy.” Net daar skep hy of sy die geleentheid om valshede kwyt te raak wat baie Christene nie kan betwis nie as gevolg van hul gebrek aan kennis en as gevolg van die omstandighede van die tyd waarin ons leef (kitskos geloof). Ons mag nie toelaat dat die liberales hiermee wegkom nie.

Indien die naam “Christen” iets beteken moet dit ’n spesifieke betekenis hê en so ’n betekenis bestaan soos dit oor eeue heen deur die volgelinge van Christus gedefinieer was. Mag ons die naam “Christen” herdefinieer bloot omdat iemand dalk ’n hartaanval sal kry indien ons dit nie sou doen nie? NATUURLIK NIE!! Indien jy die kern aspekte van die christelike geloof, wat die meerderheid Christene oor die eeue heen bely het, verwerp, mag jy jouself nie ’n Christen noem of selfs voorgee om ’n Christen te wees nie. Dit sou intellektuele oneerlikheid wees.

’n Komiese wyse om die spot te dryf met ’n liberalis is om hom of haar ’n Nazi te noem. Uit die aard van die saak sal hy of sy beledig voel maar verduidelik dan jou stelling so: “As jy jouself ’n Christen noem te spyte daarvan dat jy kern beginsels van die Christendom verwerp, dan mag ek jou ’n Nazi noem alhoewel jy besinsels soos ariese verhewenheid en doodskampe verwerp. Jy is bloot ’n liberale Nazi.

 

METODE 2

Ons moet verdraagsaam wees teenoor mense met ander godsdienstige oortuigings. Alle gelowe lei op hul eie manier na God.

My respons? Die meeste Christene is verdraagsaam maar eenvoudig nie op dieselfde wyse waarop die liberaliste aandring nie.

In verband met die pluralistiese siening dat alle gelowe na God lei, blyk dit die liberales ondervind dat logika eenvoudig te ongemaklik vir hulle is. Laat ek verduidelik. Daar is ten minste twee soorte godienste: Die eerste glo dat daar net een weg tot God en die tweede dat daar verskeie weë tot God is. Indien die eerste opvatting korrek is dan is die tweede opvatting verkeerd en visa versa. Om meer spesifiek te wees, elke godsdiens het ’n eie stel riglyne oor wie God is; tog weerspreek elke godsdiens alle ander godsdienste op een of ander wyse. Indien twee godsdienste mekaar nie weerspreek nie sou hulle in wese een godsdiens gewees het. Dus kan nie meer as een godsdiens korrek wees in hul siening van God nie. As alle godsdienste reg is dan is alle godienste verkeerd.

’n Maklike wyse waarop jy ’n liberale teoloog op hierdie punt kan teregwys is om vir hom of haar te vra waarom hulle die behoudende Christendom nie kan verdra nie. Wat jy hiermee wil bereik is om vir hom of haar ’n dilemma te skep. Volgens die liberaliste sy eie vereistes moet hulle die behoudende Christendom verdra en dus geen ander godsdiens verdra nie as gevolg van die “eksklusiwiteit “ van die christelike geloof; of hulle moet die behoudende Christendom nie verdra (soos hulle veronderstel is om te doen) nie en daarmee hulle eie teorie van verdraagsaamheid in die voet skiet. Sit dan terug en geniet ’n bakkie springmielies terwyl jy die vertoning geniet waar hy of sy hulself uit die situasie probeer loswikkel.

 

METODE 3

Geskiedenis word altyd deur wenners herskryf.

My respons? Hierdie is ’n vreemde aanname gesien in die lig van die feit dat die enigste mense wat blatant die geskiedenis herskryf juis die liberaliste self is; en hulle is deur die bank die grootste klomp verloorders wat daar is.

Hierdie strategie is ’n tipiese poging om die bewyse wat ons in verband met bybelse geskiedenis het te omseil sodat die liberale teoloog sy sameswering teorie kan bevorder. En dit is briljant! Indien jy mense kan oortuig dat Paulus die Christelike geloof gekaap het en dit verander het soos wat dit hom gepas het, (skies tog Dr Stephan Joubert, dalk krap ek nou op ’n plek waar dit nie jeuk nie) kan jy hulle ook oortuig om te glo dat die vroeë kerk se geloof in Jesus enigiets is wat jy wil hê dit moet wees.

Ons kan hierdie metode volg met enige ander populêre persoon. Ghandi? Hy was ’n rooivleis etende, geweer swaaiende kapitalis! Wat kon gebeur het was dat die media hom misverstaan het want sy volgelinge het verdraaide uitsprake aan hom toegedig om hul eie politieke agenda te bevorder. Martin Luther King Jnr? Hy het glad nie bestaan nie. Wie ons op die silwerdoek gesien het was ’n akteur. Dit was alles maar net ’n sameswering van linkses in die VSA regering. (Die gebruik van hierdie voorbeelde is nie om enigiemand te na te kom nie. Dis maar net ’n oefening in “reductio ad absurdum”).

Gebruik hierdie voorbeelde wanneer jou paaie met dié van ’n liberale teoloog kruis en wanneer hy of sy jou voorbeelde as belaglik afkraak antwoord jy hom of haar as volg: ”Presies!”  Jy het jou punt duidelik gestel. Indien hy of sy die waagmoed het om onweerlegbare bewyse van die werk en lewe van die persone in jou voorbeelde aan jou voor te lê het dit tyd geword om sterk standpunt in te neem en vir hom of haar daarop te wys dat hy of sy so pas die verrotte karkas van die liberale teologie vol gate geskiet het. Studies oor die geskiedenis werk nie so nie (of dit behoort nie so te werk nie).

In baie gevalle is al bewyse wat ons oor bybelse geskiedenis het, die verslae van antieke historici of ’n dowwe lyn van argeologiese inligting. Indien ons almal konsekwent die metodes van liberale teoloë sou toepas sal ons niks bruikbaar hê om uit die geskiedenis te leer nie. Dit sluit selfs die gebeure van 5 minute gelede in, want daar kon dalk in die laaste 4 minute en 59 sekondes ’n uitgebreide sameswering gewees het wat jou kan breinspoel en jou geheue kan aantas. Ag nee wat, ons kan mos nie so lewe nie! In ’n mate sal ons die voordeel van die twyfel moet gee aan dit wat ons as geskiedkundig ag. Die antieke historici is die naaste aan ooggetuies waaroor ons beskik.

 

METODE 4

Jesus was ’n marxistiese vegetariër wat die regte van homoseksueles verdedig het en Hy het ’n sonaagedrewe voertuig bestuur.

Ek het nog nie sulke uitsprake uit die mond van ’n liberale teoloog gehoor nie, maar hulle misbruik en verdraai die woorde van ons Verlosser op só ’n wyse dat ek hierdie opskrif met opset so geskryf het om die absuditeit van sommige van hul uitsprake te beklemtoon. Ja, selfs Jesus word nie ontsien deur die belaglikhede van teologiese liberaliste nie. Die meerderheid liberale teoloë het een of ander politieke appeltjie te skil en dit kom duidelik na vore in hul “teologie.” Wanneer dit hulle pas word Jesus self uiteindelik die grootste advokaat vir hul teorieë. Dit is ook geen wonder nie, want wie kan dan nou met Jesus redeneer? Indien Jesus ’n sosialis was, hoe kan Christene dan kapitaliste wees?

Eerlik waar, hoeveel kan ons aflei uit Jesus se doen en late tydens sy lewe op aarde, oor sy politieke sienings? Dit is nodig om te verstaan dat die meeste van die politieke knelpunte waarmee ons vandag worstel nie in die Palestina van die eerste eeu bestaan het nie. Die mense van daardie tyd het groter uitdagings gehad om te oorleef as om hulle te bemoei met beleid rakende aborsie en homoseksuele verhoudings. Dit is ’n gruwelike vergryp om te glo dat dinge soos ekonomiese en omgewingsbeleid ernstige knelpunte vir die Jode van daardie tyd was. Uitsprake oor aborsie en homoseksualiteit was in die oë van die Jood maklik om te hanteer: Dit was teen die voorskrifte in die Torah en daarom was sulke gebruike onwettig in die Joodse gemeenskap.

Voorts moes Jesus, die apostels en die vroeë kerk versigtig wees met uitsprake rakende politieke aangeleenthede. So moes Jesus byvoorbeeld die situasie met die Jode wat Hom hul politieke leier wou maak met groot omsigtigheid hanteer (Joh 6:15). Hy het genoeg pret gehad om sy Mesiasskap, (Joh 3) en ander aspekte van sy leeringe aan sy volgelinge te verduidelik. Daar was dalk een geleentheid waar Hy ’n beduidende politieke uitspraak gemaak het maar dit was slegs omdat die Fariseërs vir Hom ’n strik probeer stel het (Matt 22:17-21). En waarom moes Hy ook? Die politiek van die dag was basies dat die woord van die Romeine wet was. En waarom sou die magtige Romeine aandag geskenk het aan die uitsprake van ’n “nomadiese Joodse prediker” wat uit ’n agterwêreldse provinsie gekom het? Ten beste sou Jesus geïgnoreer word en ten slegste sou Hy hanteer gewees het as ’n politieke insurgent en ’n onbeduidende bedreiging vir die “Pax Romana”. Daar was geen dryfkrag vir Jesus om die lof van kommunisme te besing of om die boosheid van kapitalisme aan die kaak te stel nie. Dieselfde geld vir die apostels en die leiers van die vroeë kerk.

********************

Bostaande artikel het nie ten doel om die moontlikheid te ontken dat ons Bybelse beginsels kan neem en dit toepas op die bestaande politieke sfeer van demokratiese bestelle van vandag nie. Die punt is net dat dit ’n gruwelike onreg teenoor die intellektuele integriteit van Jesus en die Bybel skrywers is om woorde in hul monde te lê oor sake waaroor hulle geen rede gehad het om iets oor te sê nie.

Soos u seker sal opmerk is hierdie artikel nie geskryf met die doel om liberale teoloë ernstige op te neem nie en dit sal hulle seker oneindig irriteer. Dit is juis die punt! Die liberales wil hê ons moet hulle ernstige opneem. Daar mag dalk swakker gelowiges wees wat dink dat die liberales iets te sê het wat die moeite werd is om na te luister. Wanneer hulle egter ernstig opgeneem word sal dit vir hulle die groen lig wees om voort te gaan met die propagering van die onsin wat hulle verkondig. Dit is tot almal se voordeel dat liberale teoloë niks meer van die Christen gemeenskap ontvang as die misnoeë wat hulle verdien nie. Vir té lank het ons mense toegelaat om hul eie outoriteite te wees bloot omdat hulle die gawe het om hulle dwase sienswyses te kommunikeer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui